
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Markus 3:13-15 Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf..(AFR20)
Ek glo nie dat een van ons dink dat God deur óns ‘n wesenlike verskil in hierdie wêreld kan maak nie. Deur ander ja, maar nie deur ons nie. En dis tog snaaks dat God die merkwaardigste dinge deur gewone mense doen.
As ek of jy Jesus was, en ons kon net twaalf dissipels kies om die pilare van die Koninkryk van God op aarde te vestig, hoe sou ons die werwingsproses hanteer het?
Sou ons in koerante en aanlyn adverteer? Gesoek: 12 apostels. Moet die Koninkryk van God gaan verkondig, sodat hulle geslaan en doodgemaak kan word vir hul geloof?Sou ons iemand kry om volgens CV's ‘n kortlys van kandidate vir onderhoude op te stel? Wat van aanlegtoetse?
Wat het Jesus gedoen? Hy het die hele nag in gebed deurgebring en
ons lees in:
Markus 3: 13–15 Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf. (AFR20)
Jesus het groot planne vir hierdie manne gehad. Hulle sou die stigters word van hierdie 'kerk' wat gedurende die volgende (ten minste) tweeduisend jaar, miljarde lewens sou transformeer.
Ja-nee, dit was groot planne. Daarom het Hy nie die bes gegradueerdes van die beste teologiese universiteite gekies nie. Nee. Hy het eenvoudige, relatief onopgevoede mense soos vissermanne, mense wat sosiaal verwerp is en sondaars, soos tollenaars, gekies. Hy het gewone mense, net soos ek en jy, gekies.
Hy het hulle nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.
Wat 'n uitnodiging! As God jou roep, beteken dit dat Hy jóú wil hê. Gaan.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 3:7,8 Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen (AFR20)
Daar is 'n rede waarom godsdienstige reëls vervelig, hol en betekenisloos voel. Dit is omdat hulle is. Jesus het self gesê Hy het gekom om ons vry te maak van hulle; en weet jy, wanneer Hy ons vrymaak, is ons inderdaad vry.
Ek word nog steeds aangegryp deur die skrille kontras tussen reëlgebaseerde godsdiens aan die eenkant en die werklikheid van ons God van genade aan die anderkant. Genade so groot, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir my en vir jou te ly en te sterf.
Die realiteit is ongelukkig dat godsdiens, deur middel van reëls, mense steeds dwarsoor die wêreld manipuleer en onderdruk. Maar Jesus stel 'n skrille kontras teenoor hierdie onderdrukking, wat eeue lank die wêreld en die lewens van miljoene mense oorheers. Kyk wat staan in:
Markus 3:7,8 Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. (AFR20)
Interessant nè; hierdie groot skare mense wat uit verskillende dele kom om Jesus te volg. Dink ‘n bietjie. Al hierdie mense het sekerlik in God geglo en op Saterdae die sinagoge of tempel besoek. En tog het hulle alles agtergelaat en kilometers ver, te voet oor berg en dal gereis, om Jesus te hoor. Ongelooflik!
En ek dink dis hier waar die geheim lê. Ons weet almal wanneer iemand opreg is. En Jesus se egtheid, sy wonderwerke, sy genesings en sy waarheid, kry jy beslis nie tussen die grafstene van godsdienstige reëls nie.
Ons word nie gered en dan geroep om 'n godsdiens, of 'n denominasie of mensgemaakte reëls te volg en altyd skuldig te voel nie.
Ek en jy word geroep om Jesus te volg.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 2:18,19 Johannes se dissipels en die Fariseërs was besig om te vas. Hulle kom sê toe vir Hom: “Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” En Jesus antwoord hulle: “Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (AFR20)
Ek het grootgeword met wettiese godsdiens. Vir my het dit gevoel dat wanneer ‘n mens Jesus volg, jy 24/7 'n dwangbaadjie sal moet dra. Ek vermoed dat baie mense vandag nog so dink. Maar sê-nou dis nie wat God in gedagte gehad het nie?
Een van die dinge wat my die meeste van Jesus aantrek, is die feit dat dit nie vir Hom oor reëls gegaan het nie. Hy het baie gepraat oor ons verhouding met God en hoe ons die manier waarop ons leef, moet verander; maar Hy gee nie hierdie gevoel van 'n klomp rigiede reëls om na te volg nie.
Ek dink ons mense kan die neiging hê om die goeie dinge van God te neem en dit in reëls te verander. Godsdiens en reëls gaan blykbaar hand aan hand. Maar ek is nie seker of dit is wat God in gedagte het nie.
Party van die mense het Jesus eendag uitgedaag oor die aspek van vas. Ons lees in:
Markus 2:18 Johannes se dissipels en die Fariseërs was besig om te vas. Hulle kom sê toe vir Hom: “Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” (AFR20)
Met ander woorde, hulle het gevra: "Waarom kom julle nie die reëls van die spel na nie en hoekom volg julle nie die godsdienstige reëls soos almal nie?" Dit is nie 'n onredelike vraag nie. Maar daar staan in:
Markus 2:19 En Jesus antwoord hulle: “Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (AFR20)
Weet jy wat dit my van God vertel? Hy wil eerder hê dat ons 'n verhouding met Hom moet geniet, as om 'n klomp reëls na te jaag.
En die snaakse ding is, hoe meer ons Hom geniet, hoe meer wil ons ons lewe vir Hom leef. Ek wonder soms of godsdienstige reëls nie die kern van God se genade heeltemal misverstaan en misloop nie.
Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 9:10,11 Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”(AFR20)
My idee dat ek nie goed genoeg vir God is nie, het my vir amper twintig jaar weerhou daarvan om my lewe aan Hom te gee. Twintig jaar! Toegegee; ek weet ek kan in myself nooit goed genoeg vir God wees nie. Maar die een ding waarop ek nie gereken het nie, was Jesus.
Ek dink as Jesus my dorp sou besoek, sou ek Hom graag wou oornooi vir ete. Dit is altyd lekker om die baas vir aandete te hê. Dink aan die dorp waar jy woon. Al die mense wat vir Jesus werk - die biskoppe of predikante of ouderlinge of evangeliste of wie ook al - hulle is sekerlik diegene wat 'n maaltyd saam met die Baas verdien.
Stel jouself die scenario voor: Jesus neem die bus van die lughawe af en Hy stop nie eers by een van die kerke of huise van enige van hierdie goeie en goddelike predikante nie. Aikona. In plaas daarvan gaan Hy reguit hotel toe. En weet jy dis nie die vyfster een nie, dis daardie regtig ongure kroeg in die stad. Dis die plek waar daar altyd moeilikheid is – waar mense dronk word en waar daar dikwels ‘n messtekery of ‘n geskietery voorkom; om nie eens van prostitusie praat nie. Dié soort plek, waarin jy nooit gesien sou wou word nie. Kan jy dit in jou verbeelding sien?
Nou kan jy dink: Berni, jy maak dit alles op. Glad nie. Want dit is presies waar Jesus telkens beland het, en dit het die godsdienstige leiers van sy tyd tot in die droesem van hulle gebeentes geskok.
Matteus 9:10,11 lees: Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” (AFR20)
Dis 'n baie goeie vraag. Hoekom?
Miskien het Jesus nie net vir die geestelike elite gekom nie. Miskien stel Hy baie meer belang in die doodgewone ouens, die sondaars, soos ek en jy.
Dis ons unieke Jesus!
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 2:4,5 Omdat hulle hom vanweë die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle 'n deel van die dak bokant waar Hy was, opgelig, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die slaapmat waarop die verlamde gelê het, laat afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.” (AFR20)
Baie mense het die idee dat 'n persoonlike een-op-een verhouding met Jesus, totaal onmoontlik is. Hoe kan dit moontlik waar wees? As elkeen van die twee miljard Christene op die planeet 'n persoonlike verhouding met Hom sou wou hê, hoe sou Hy die kapasiteit daarvoor hê? Hoe sou Hy die tyd daarvoor kon maak?
Het jy al ooit in 'n stampvol kerk gesit met soveel mense, wat elkeen ‘n deel van God wil hê, en begin wonder: “Is daar vir my ook ‘n gaatjie, of is al hierdie ander mense vir Hom belangriker?”
Ek onthou die eerste keer wat ek 'n kerk binnegestap het, nadat ek my lewe aan Jesus gegee het. Dit was net 'n gemeente van ongeveer dertig mense; en tog onthou ek dat ek so geïntimideerd gevoel het.
Hulle het almal die woorde van die liedjies geken en geweet hoe om te bid. Hulle het die ‘kerktaal’ geken, die ‘Christianese’ soos dit in Engels genoem word. Maar ek, ek het absoluut niks geweet nie. Hier was beslis geen plek vir my nie.
Maar ek het geleer dat daar 'n tyd was toe Jesus omring was deur ‘n groot skare en hoe ‘n paar manne hul verlamde vriend na Jesus wou bring vir genesing.
Markus 2: 4,5 lui: Omdat hulle hom vanweë die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle 'n deel van die dak bokant waar Hy was, opgelig, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die slaapmat waarop die verlamde gelê het, laat afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.” (AFR20)
Om 'n gat in die dak te breek bo-kant die sensasionele nuwe prediker is 'n baie ekstreme manier om Sy aandag te trek, of hoe?
Maar kyk hoe Jesus reageer in Markus 2:5: Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.”
Het Jesus hom vererg? Geensins! Hy was verbaas en beïndruk deur hul geloof, en Hy het die man genees.
Jy sien, Jesus het altyd plek vir nog een.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 1:22 Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie. (AFR20)
Prediking, preke ... het dit regtig nog in die 21ste eeu bestaansreg? Wie stel vandag nog belang daarin, as 'n YouTube-video van vier en 'n half minute te lank is om ons aandag te hou? Sekerlik nie veel mense nie. Dit is uitgedien. Of is dit nie?
Ek onthou toe ek as 'n jong seun kerk toe gesleep is om vir 'n uur op ‘n harde kerkbank stil te sit. ‘n Volle uur, kan jy dit glo? Om nie eers van die preek te praat nie; ‘n man wat net daar staan en vervelig voortdreun.
Wat my betref kon hy net sowel “Bla, bla, bla,” gesê het. Ek dink nie ek is die enigste volwassene met daardie herinneringe nie. En ek is sekerlik ook nie die enigste wie se persepsie van wie God werklik is, hierdeur vertroebel is nie.
Vroeg in sy openbare bediening het Jesus by 'n sinagoge in Kapernaum ingegaan en die mense begin onderrig. Maar as jy lees, sien jy dat Jesus se toehoorders dit heeltemal anders ervaar het, as hoe ek dit in my jonger jare moes verduur.
Markus 1:22 Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie. (AFR20)
Waarom was dit? Waarom was sy leer en prediking so anders as die preke waaraan hulle gewoond was?
Omdat Jesus bemagtig was deur die Heilige Gees, het Jesus, die Woord van God, slegs gesê wat God wou hê Hy moes sê, en daarom was daar ‘n egtheid wat niemand kon mis nie. Dit was klokhelder.
Indien jy ooit moet preek, sorg dat dit aan hierdie twee vereistes voldoen: dat dit deur die Gees bemagtig word en waar en eg volgens die Skrif is.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 2:16,17 Toe die skrifkenners onder die Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (AFR20)
As ons eerlik is, sal ons graag wil hê dat Jesus 'n aangename, gemaklike, simpatieke Verlosser moet wees; een wat ons sal aanmoedig om te wees wie ons graag wil wees en om te lewe soos ons graag wil. Die probleem is dat Jesus nie so is nie!
Ek wonder of ons Christene nie sekere dinge agterstevoor doen nie. Jy weet, om die wa voor die perde in te span nie?
Ons "gaan kerk-toe" soos ons nog altyd kerk-toe gegaan het. Hoekom?
Slegs omdat dit is, wat ons nog altyd gedoen het. En dan dink ons dat ons “kerk-toe-ganery” al is wat van ons gevra word; dit is mos ons “roeping”? En hierdie “roeping” bepaal ook die manier waarop ons Jesus sien ... uit ons mooi, netjiese kerkbanke, netjies in rye agtermekaar...
Dink jy is ek onredelik? Dink jy werklik dat Jesus vir ons, in die gemak van 'n gekussingde kerkbank, heeltemal anders behandel, as wat hy byvoorbeeld dwelmverslaafdes behandel?
Ek kom self uit 'n gemaklike middelklas-agtergrond en ek was geskok toe ek die eerste keer in die Bybel van Jesus gelees het. Hy was nie soos ek verwag het Hy sou wees nie. Ek het verwag dat Hy baie soos ek sou wees, maar ek het ontdek Hy iemand was wat die wêreld omgekeer het. Hy het nie gekom om almal gemaklik oor hulself te laat voel nie. Hy het melaatses genees, saam met prostitute gekuier en die geveinsdheid van die godsdienstiges ontbloot. Ons lees in:
Markus 2:16,17 Toe die skrifkenners onder die Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (AFR20)
Hoe sou die kerk gelyk het, as ons almal Jesus se voorbeeld gevolg het?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 3:16,17 en 4:1 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”.
Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.
Wanneer dit moeilik gaan en ons probleme ervaar, is dit maklik om te dink dat ons op een of ander manier buite God se wil is. Voorspoed en geluk is tog ‘n teken van God se seën ... is dit nie?
Ek weet nie of jy gedoop is nie, maar my doop was 'n redelike gewone gebeurtenis. Moenie my verkeerd verstaan nie, dit was regtig spesiaal vir my, maar dit was ... gewoon. Aan die ander kant, toe Jesus gedoop is, word ons vertel in:
Matteus 3:16,17 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”
Ongelooflik! As dieselfde met my gebeur het, sou ek gedink het, “Halleluja! Nou’s my kop deur! Dis hoe sukses in die Koninkryk van God mos lyk.”
Maar wat direk daarna met Jesus gebeur het, het my onkant gevang. Luister hoe Matteus dit stel in hoofstuk 4 vers 1: Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.
Eintlik is dit 'n bietjie sagkens gestel. In die oorspronklike Grieks staan dat die Gees van God Hom gedryf of in die woestyn uitgegooi het. Maar, net na hierdie bonatuurlike doop en God se bevestiging, word Jesus deur dieselfde God na die woestyn gedryf; om honger te ly, om alleen en swak en kwesbaar te wees en dan deur die duiwel versoek te word. Dit was 'n groot omwenteling. Dit is nie wat jy sou verwag nie.
En tog, is dit presies wat God met sy Seun gedoen het. Dis nogal iets om in gedagte te hou die volgende keer as jy 'n moeilike tyd beleef.
God se plan is nie altyd om ons gemaklik te laat voel nie, maar sy plan is perfek.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 1:9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop
Dis maklik om ons te verbeel dat ons nie goed genoeg vir God is nie. God het Jesus gestuur om ander mense te red – dié wat soveel meer waardig as ons is. Ons sal heelwaarskynlik nie goed genoeg wees om te kwalifiseer nie.
Ek lees nou die dag my Bybel en hierdie een vers tref my:
Markus 1:9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
Jy woon waarskynlik nie in dieselfde wêrelddeel as ek nie. Maar waar ons ook al woon, ons kan almal aan 'n plek, 'n dorp of 'n voorstad, wat goor is, dink. Die soort plek waar ek of jy nooit sal wil woon nie. Ek is seker jy kan aan so ‘n plek dink. Miskien is dit ook nie so ver van waar jy woon nie.
Weet jy, in Israel in die eerste eeu, as jy een van die magtige godsdienstige manne was, dié vernames met 'n hoek-kantoor naby die tempel in Jerusalem, was daardie plek, die dorp Nasaret in die provinsie van Galilea. Jy sou by die blote noem van die naam jou neus opgetrek het, en soos iemand anders eenkeer gedoen het, vra: “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?”
En tog het God besluit om sy Seun, Jesus, in 'n arm gesin gebore te laat word en opgelei te word as 'n skrynwerker op ‘daardie plek’, nie in Jerusalem, die magsentrum nie, maar in Nasaret, daardie niksseggende ou plekkie 'n paar dae te voet in ‘n noordelike rigting.
Het jy al ooit gewonder - wat sê dit van God?
Die feit dat die Skepper en die Verlosser, God self, hierdie wêreld in diepe nederigheid binnegekom het, sê vir my alles; dit sê dat Hy nie net vir die vernames en die elite gekom het nie, Hy het gekom vir die gewone mense soos ek en jy.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”
Christenskap is nie 'n godsdiens nie, dit is nie 'n stel reëls om te volg nie – dit werk soos ‘n huwelik. Net soos die huwelik, is die Christendom 'n verhouding waarin ons gedrag verander, omdat ons ‘n liefdesverhouding met God het. Dis die groot verskil!
Ek het onlangs 'n verskriklike konflik in 'n Christelike organisasie waargeneem, waar mense regtig sleg optree het. En hierdie onenigheid het my oë weer oopgemaak vir hoe ongelooflik belangrik sterk verhoudings is.
Verhoudings is soos brûe wat ons tydens die goeie en slegte tye in die harte en lewens van ander mense inbou. Brûe wat bedoel is om sterk te staan tydens storms wat onvermydelik uitbars.
Ja, ek weet, dis harde werk om so 'n sterk brug te bou, maar dink net dat wanneer die storm woed, dit wonderlik is om verhoudings te hê wat die toets deurstaan het? Kyk in Lukas 3 wat die heel eerste ding is, wat Johannes die Doper oor Jesus gesê het:
Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”
Dit was 'n radikale stelling oor iets baie seldsaam, want tot op daardie stadium was die Gees van God nog net aan 'n handjievol uitgesoekte leiers en profete gegee.
Dit blyk egter dat God hierdie plan gehad het om 'n kragtige verhouding met elkeen van ons op te bou; deur ons met sy Gees te deurdrenk. Dit is wat dit beteken om gedoop te word; om in iets gedompel, deurdrenk en deeglik getransformeer te word.
In hierdie geval is dit die plan van God om ons te doop, te deurdrenk en radikaal te transformeer deur die uitstorting van Sy Gees op ons. Dis 'n brug wat gebou is deur die lyding van sy Seun. Dit is 'n verhouding wat vir ewig sal hou.
Word gedoop - deurdrenk en deeglik getransformeer - deur die Heilige Gees.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners