Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Job 19:25,26 Maar ek, ek weet: My Losser leef! Uiteindelik sal Hy op aarde opstaan. Nadat hulle my vel so afgeskeur het, sal ek, 'n mens van vlees en bloed, God sien (AFR20)
As dit voel asof alles om jou in duie stort, as jou probleme en pyn dreig om jou te oorweldig en dit voel asof niemand, selfs nie eers God, aan jou kant is nie ... wat dan? Hoe sal jy reageer? Wat sal jy glo?
Ek is nie seker of jy al ooit die verhaal van Job in die Ou Testament gelees het nie, maar dit is een waarna ek keer op keer terugkom, want dit is 'n ontnugterende verhaal oor lewenswaarhede.
Job is een van die goeie ouens. Hierdie man was opreg en onberispelik in sy optrede; hy het vir God ontsag gehad en die kwaad vermy ( Job1:1). En tog laat God, vir redes wat nooit vir Job, of vir ons, heeltemal duidelik is nie, toe dat die duiwel hom aanval. In die proses verloor Job alles wat vir hom saak maak, behalwe sy eie lewe.
Sy vriende is ook van geen hulp nie. Hulle kom bymekaar en sê vir hom: “Job, jy moes iets regtig sleg gedoen het vir God om jou so te straf." Ai, wie het vyande nodig, met sulke vriende?
Job roep telkens weer tot God. “God, waarom doen U dit aan my? Dis nie regverdig nie. Ek het niks verkeerd gedoen nie. Hoe lank gaan U hiermee aanhou?” Miskien het jy ook al so gevoel?
Maar te midde van een van sy klaagliedere kom Job tot hierdie gevolgtrekking ...
Ons lees in: Job 19:25,26 Maar ek, ek weet: My Losser leef! Uiteindelik sal Hy op aarde opstaan. Nadat hulle my vel so afgeskeur het, sal ek, 'n mens van vlees en bloed, God sien.(AFR20)
Te midde van al sy pyn en probleme, te midde van alles, het Job geweet dat God, sy Verlosser, leef. Sy vertroue op God is nie geskend nie. Hy het geweet dat Hy God eendag sou sien. Dit was genoeg. Dit is altyd genoeg.
En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 9:6 Hulle het toe vertrek en die land van een dorpie na die ander deurreis, terwyl hulle die evangelie verkondig en oral siekes gesond maak. (AFR20)
Dit is 'n baie ongemaklike gevoel wanneer Jesus ons roep om iets te doen, wat ons dink bo ons vuurmaakplek is. Met so ‘n uitdaging is daar baie op die spel. Die kanse vir mislukking is skrikwekkend. En tog, wanneer ons die eerste stap moet neem, is daar iets wat die Here wil hê ons moet weet.
Krag-loop is deesdae die ‘in-ding’. Trek jou harddloopskoene aan en krag-loop jouself fiks en gesond! Goeie raad. Maar moenie dink dis 'n nuwe idee nie.
Jesus het destyds al twaalf sy dissipels op 'n ander tipe krag-lopie na die omliggende dorpe gestuur om mense van Hom te vertel. Hulle het te voet gegaan en Hy het hulle opdrag gegee om niks saam te neem nie; geen kos, geen geld, nie eens vars klere nie.
Maar Jesus het vir hulle iets baie beter gegee as al daardie dinge. Hy het hulle sy krag gegee; die mag om demone uit te dryf; die krag om mense te genees; die krag om Sy woorde in hul harte te spreek. Dit was omtrent 'n krag-loop!
In Lukas 9:6 staan: Hulle het toe vertrek en die land van een dorpie na die ander deurreis, terwyl hulle die evangelie verkondig en oral siekes gesond maak. (AFR20)
Hierdie manne was nog nie jare lank onder Jesus se leiding nie. Hulle was nie die slimste godsgeleerdes uit Jerusalem nie, maar werkende manne uit die platteland van Galilea. En tog het hulle op hierdie reis gegaan, want hulle was bemagtig deur Jesus, om die goeie nuus te vertel. En - luister mooi hierna - hulle het mense oral genees.
Dis ongelooflik. Jesus roep ons dikwels om iets buite ons natuurlike vermoëns te doen; maar ons vergeet so maklik, dat sy opdrag altyd met sy krag gepaard gaan.
Maar weet jy, as ek terugkyk na my eie lewe, was die situasies waar Hy my geroep het om iets buite my vermoëns te doen, nog nooit sonder om vir my sy krag en sy voorsiening te gee, om dit mee te doen nie.
Nie een keer nie. Sy opdrag kom altyd met sy krag.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Deuteronomium 8:3 Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens leef van elke uitspraak uit die mond van die Here.(AFR20)
Oukei, ons het almal al die preek gehoor: "U moet u Bybel lees." Ja, ja, ek weet ... maar... As ons maar net na sy Woord kan luister, sodat Hy met ons kan praat en ons nie hoef te lees nie. As dit net so was …
Verlede week het ek vir Max, die ateljeebestuur, waar ek my radioprogramme opneem, gebel. Ek skakel altyd vooruit om hom te herinner dat ek op pad is om opnames te kom doen, maar daar was geen antwoord nie. Hm, dit het my 'n bietjie bekommerd laat voel. Toe ek hom 'n bietjie later weer bel, sê hy ewe skaam: “Ek kon nie my foon kry toe jy lui nie.”
Ons het lekker gelag toe ons terugdink aan die ou dae toe die telefoon nog aan die muur gekoppel was.
Maar dit het my laat dink aan hoe ons met God kommunikeer. Ek wonder hoeveel mense wat beweer dat hulle Christene is, selfs nou hulle Bybel kan vind. Sommige kan seker, maar 'n hele klomp sê seker: Wel, ek dink dit is in 'n kas of êrens in 'n laai.
Jou Bybel is soos jou telefoon, maar in plaas daarvan dat dit net Berni is wat bel, is dit God. Stel jou voor dat Hy op die oomblik gereed is om 'n belangrike, kragtige waarheid met jou te deel om jou te help met ‘n situasie wat jy vandag gaan ondervind. Soms hou jy die telefoon vas ...maar jy luister nie wat die ander persoon sê nie.
Jou Bybel is net soos jou telefoon. Tensy jy dit optel en luister, sal jy nooit hoor wat God sê nie.
Miskien is dit waarom soveel Christene se lewens in 'n gemors is. Miskien is dit hoekom hulle dit so moeilik vind om die intieme verhouding met God waarna hulle smag, te vind. Ons lees in:
Deuteronomium 8:3 Hy het jou nederig gemaak, jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy nie geken het nie en jou voorouers ook nie geken het nie, sodat Hy jou kon laat verstaan dat die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar dat die mens leef van elke uitspraak uit die mond van die Here.(AFR20)
Lees jou Bybel.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 9:4,5 Watter huis julle ook al binnegaan, bly daar oor totdat julle weer daarvandaan vertrek. En as enigiemand julle nie verwelkom nie – wanneer julle daardie dorp verlaat, skud die stof van julle voete af as getuienis teen hulle.” (AFR20)
Een van die groot versoekings van hierdie wêreld waarin ons leef, is die begeerte om God te hervorm tot 'n beeld wat vir ons baie makliker is om te aanvaar. Daar is inderdaad dinge van God wat selfs Christene wil ignoreer.
Is dit nie amper onbegryplik dat Jesus iemand kan verwerp nie? Is dit? Of is dit nie?
Jesus stuur sy dissipels twee-twee uit op 'n sendingreis. Soos ons weet, is praktiese ervaring per slot van rekening 'n redelik normale deel van die opleiding in sendingwerk. Maar Hy sê vir hulle dat hulle geen proviand mag saamneem nie. O en terloops, hulle sal ook hul eie akkommodasie moet vind. En dan voeg Hy by:
Lukas 9:4,5 Watter huis julle ook al binnegaan, bly daar oor totdat julle weer daarvandaan vertrek. En as enigiemand julle nie verwelkom nie – wanneer julle daardie dorp verlaat, skud die stof van julle voete af as getuienis teen hulle.” (AFR20)
Wag nou! Dit pas mos nie heeltemal by die beeld van 'n sagte, liefdevolle Jesus nie? Skud die stof van julle voete af... Maar weet jy, dit was 'n simboliese waarskuwing vir diegene wat die Evangelie verwerp, dat hulle ook eendag deur God verwerp sal word.
Dit is snaaks hoe diegene wat nie eens in God, of in 'n hemel of hel glo nie, die feit dat God hulle tot die ewige hel gaan verdoem, baie aanstootlik vind.
Dit is nogal snaaks dat hulle so voel, maar jy moet onthou dat ons in 'n wêreld leef, wat om die ‘eie-ek’ sentreer. En in 'n wêreld waar ons vertel word dat "alles om my draai," is dit maklik om God ook deur daardie lens te begin sien.
Maar laat ons dit mooi verstaan. Ja, God het ons lief. Ja, Hy sal ons vergewe, maar slegs as ons op Jesus, sy Seun, vertrou; net as ons ons lewens regruk en na Hom toe terugkeer.
Dit is God se voorwaardes. Dit is!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 6:7,8 Hy het die twaalf nader geroep en begin om hulle twee-twee uit te stuur. Hy het vir hulle gesag oor die onrein geeste gegee. Ook het Hy hulle beveel om niks vir die pad saam te neem nie, behalwe net 'n wandelstok – nie brood of 'n reissak of geld in die gordel nie. (AFR20)
Ek het al gehoor hoe mense sê dat: “God nooit vir jou vra om iets te doen wat bo jou vuurmaak plek is nie.” Hm, ek weet nie op watter planeet hulle woon nie, want God vra my byna altyd om dinge te doen wat my uitdaag om buite my gemaksone te beweeg.
Verbeel jou vir ‘n oomblik dat jy Jesus is. Jy besluit om jou dissipels op 'n korttermyn uitreiking te stuur; om dít wat hulle geleer het, in praktyk te gaan doen. Dit klink goed. Nou moet jy met die reis beplanning begin ...
Reg so, wat moet ek organiseer? Hulle reisplan, akkommodasie, vervoer, en ja, hulle sal natuurlik geld nodig hê. Ek bedoel, ek kan hulle nie met leë hande uitstuur nie.
Maar kyk hoe Jesus dit gedoen het in:
Markus 6:7,8 Hy het die twaalf nader geroep en begin om hulle twee-twee uit te stuur. Hy het vir hulle gesag oor die onrein geeste gegee. Ook het Hy hulle beveel om niks vir die pad saam te neem nie, behalwe net 'n wandelstok – nie brood of 'n reissak of geld in die gordel nie. (AFR20)
Regtig? Hoekom sou ‘n mens dit doen? Dis eenvoudig. Omdat die belangrikste ding wat daardie dissipels moes leer, was nie dat hulle die mag gehad het om demone uit te dryf nie. Nee, die belangrikste ding wat hulle moes leer, was om op Jesus te vertrou. Die belangrikste ding wat hulle moes leer, was dat, wanneer God jou 'n opdrag gee, Hy jou ook die middele gee om dit uit te voer.
Soms dink ons aan God as 'n soort bestuurder van ‘n groot besigheid, 'n strategiese beplanner, ‘n uitvoerende hoof en ‘n raadgewende ghoeroe, alles in een. Maar dan slaan jy die bal heeltemal mis en verkeer jy beslis onder ‘n wanindruk van wie Jesus is.
Sy weë is nie ons weë nie. Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Ja, Hy betrek ons by sy planne. Ja, daardie dissipels moes ongetwyfeld onderweg verstandige keuses maak. Maar die belangrikste ding wat hulle moes leer, was om op Jesus te vertrou.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 19:21 Daar is baie planne in 'n mens se hart maar die raad van die Here –dít kom tot stand.(AFR20)
Dit is so irriterend wanneer jy 'n goeie plan het oor hoe jou lewe moet verloop, en op die een of ander manier ontspoor daardie plan heeltemal. Waarom laat God dit toe? Waarmee is Hy besig?
Elkeen van ons kan ongetwyfeld terugdink aan 'n oënskynlik nietige besluit, wat die gang van ons lewens verander het.
Ek onthou dat ek eendag, toe ek nog net 'n paar maande lank 'n Christen was, uit die kerk gestap het, en op die ingewing van die oomblik, 'n brosjure van 'n plaaslike Bybelkollege opgetel het. En dit was terwyl ek aan dié kollege studeer het, dat ek met die bediening van Christianityworks in aanraking gekom het. Deesdae kan ek die liefde van God elke week met miljoene mense oor die hele wêreld deel en dit alles, net omdat ek ingedagte ‘n brosjure opgetel het.
Soms tree ons op asof ons in beheer is van ons eie lot. Asof ek, as ek 'x' en 'y' doen en hard werk, 'z' sal bereik. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek glo in goeie beplanning en harde werk.
Maar glo my, dit is al te maklik om dinge uit perspektief te ruk. En vir my is die verhaal van daardie brosjure 'n kragtige getuienis. In
Spreuke 19:21 staan: Daar is baie planne in 'n mens se hart maar die raad van die Here – dít kom tot stand.(AFR20)
Dit is natuurlik dat ‘n mens vir jouself ‘n beeld van jou lewensloop voorstel. Maar weet jy, dit is God self wat die roete vir ons bepaal, want dit gaan vir Hom daaroor dat sy doelwitte met ons bereik word.
Moet dus nie die volgende keer, as daar ‘n onverwagte kinkel in jou lewenspad is, verbaas wees nie. Moet ook nie teleurgesteld voel nie, want God is besig om sy magtige planne en doelwitte ín en deur jou te laat gebeur.
Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Samuel 16:7 Maar die Here het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy rysige gestalte kyk nie, want Ek het hom afgekeur. Dit gaan immers nie oor wat die mens sien nie, want: “Die mens kyk na wat hy sien, maar die Here kyk na die hart.”(AFR20)
Dit is een ding om te sê: "Ek glo in God, ek glo in Jesus," maar dit is 'n heel ander ding om ons harte en gedagtes oop te maak, om Hom binne te laat en Hom toestemming te gee om met sy liefde en krag diep binne-in jou te werk. Ja, dit ... dít is 'n heel ander ding.
Ek en my vrou het ‘n ruk gelede in 'n ou 19de-eeuse huis gewoon. Ons het die huis opgeknap om dit te moderniseer. Ons het die onstabiele vloerplanke vervang, die verkrummelde pleisterwerk herstel, die skeefgetrekte vensterrame reggemaak en die elektriese bedrading vervang.
Maar terwyl die lang en morsige opknappingswerk aan die binnekant gedoen is, het die indrukwekkende ou fasade - wat jy van die straat af kon sien - vuil en vervalle gebly; totdat die verwers op 'n dag daardie finale laag aan die voorkant van die huis geverf het. Toe kon die res van die wêreld sien wat daar was; 'n pragtig gerestoureerde outydse huis, eerder as 'n vervalle ou murasie soos vroeër.
Vir die res van die wêreld het die finale laag die verskil gemaak. Maar vir ons is dít wat aan die binnekant gebeur het, die ding wat regtig saak gemaak het.
Ons leef in 'n wêreld wat op die uiterlike fokus. Dit is wat vir hulle saak maak ... maar dis nie dieselfde vir God nie. Vir Hom is die belangrikste dít, wat binnekant aangaan.
Toe sy profeet, Samuel, 'n koning vir Israel moes aanwys lees ons in:
1 Samuel 16:7 Maar die Here het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy rysige gestalte kyk nie, want Ek het hom afgekeur. Dit gaan immers nie oor wat die mens sien nie, want: “Die mens kyk na wat hy sien, maar die Here kyk na die hart.”(AFR20)
Om God die reg te gee en om Hom toe te laat om daardie broodnodige opknappings aan die binnekant te doen - dit is wat regtig saak maak. Dis waar God sy magtigste werk doen. Dit is waar sy Gees uiteindelik sal woon.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 4:29 Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi.(AFR20)
Ons ken almal die idioom: om iemand op sy baadjie te takseer. In 'n boekwinkel of biblioteek, haal jy die boeke wat aantreklik lyk, van die rak af. Maar die waarheid is - en ons weet dit almal - die omslag vertel nie die volledige verhaal nie.
Daar is 'n bekende joernalis wat net om die draai van my woon. Hy is 'n uitgesproke ateïs. Dit blyk dat sy pa 'n predikant was en dat hy nie veel van sy pa gehou het nie.
Nou ja, hierdie man is indrukwekkend: hy is slim, wel ter tale en wyd belese. Ek het baie van sy werke gelees en op die oog af het hy goeie en geldige redes om God te verwerp. Sommige redes is intellektueel. Sommige van sy argumente is redelik geldige kritiek op georganiseerde godsdiens.
Jesus het baie mense genees en kragtige boodskappe gelewer en dit was ook wat Hy in sy tuisdorp, Nasaret, kom doen het.
Aanvanklik was die inwoners beïndruk deur wat Hy gepredik het, maar toe begin sy bure en familie vrae vra: 'Wie dink hierdie man is hy? Is dit nie die kind van Josef en Maria nie? Jaag Hom weg.” En toe het die goeie inwoners van Nasaret so kwaad geword vir Hom en in...
Lukas 4:29 staan: Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi. (AFR20)
Dis darem oordadig - dink jy nie so nie?
Dit val my op dat hierdie joernalis en die mense van Jesus se tuisdorp iets in gemeen het.
Hulle het nooit regtig gestop om te luister of met Hom te gesels nie. Hulle het nie probeer om Jesus, wat beweer dat hy die Seun van God is, regtig te leer ken nie. Soveel mense is gretig om Jesus te verwerp. Hulle vorm opinies, sonder om ooit te ontdek wie Hy is en of Hy regtig bestaan.
Dis regtig hartseer.
En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 5:36,39 Jesus het egter in die verbygaan gehoor toe die berig oorgedra word, en sê toe vir die leier van die sinagoge: “Moenie ontsteld wees nie – glo net!”
Hy gaan toe in en vra vir hulle: “Waarom gaan julle so tekere en huil julle? Die kindjie het nie gesterf nie, maar slaap net. (AFR20)
Jy weet hoe dit gaan. Jy word gekonfronteer met 'n probleem, 'n hindernis, wat heeltemal onoorkombaar lyk. Jy wens dat jy kan glo dat Jesus jou sal kan help, maar jy het net nie die geloof dat Hy jou kan help nie.
Het jy al ooit in 'n moeilike situasie, in 'n moeilike verhouding, finansiële probleme of gesondheidsprobleme ... na jou PROBLEEM gekyk, en gedink: "Nie eens God kan dit regmaak nie." Het jy al ooit só gevoel?
Die afgelope paar dae kyk ons in Markus na Jesus, die groot menigte wat Hom volg, Jaïrus, die leier van die sinagoge, wie se dogter op haar sterfbed was en 'n lastige, stinkende vrou wat haar hand na Jesus uitgesteek het.
Jaïrus val voor Jesus se voete neer en smeek Hom om sy sterwende dogter te kom genees. Maar Jesus word vertraag deur die onwelriekende vrou, wat deur die skare druk om genees te word. Dit neem alles kosbare tyd.
Intussen kom die nuus dat Jaïrus se dogter oorlede is. Hoe het Jaïrus op daardie oomblik gevoel? In die steek gelaat deur God? Magteloos, verlore, beroof? Was hy kwaad vir daardie vrou? As... ja, ons ken almal daardie gevoel van as...
Markus 5:36,39 lui: Jesus het egter in die verbygaan gehoor toe die berig oorgedra word, en sê toe vir die leier van die sinagoge: “Moenie ontsteld wees nie – glo net!” 39. Hy gaan toe in en vra vir hulle: “Waarom gaan julle so tekere en huil julle? Die kindjie het nie gesterf nie, maar slaap net. (AFR20)
As jy die res van die verhaal lees, sien jy hoe Jesus die meisie inderdaad weer uit die dood opgewek het.
Wat laat ons dink dat Jesus, wat die heelal geskep het, nie die mag het om ons probleme, wat vir ons onoorkombaar lyk, te kan oplos nie?
Weet jy, Jesus het nooit geraas met iemand omdat hy te veel geloof in Hom gehad het nie. Nie een keer nie!
“Moenie ontsteld wees nie – glo net!”
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 5:28-34 want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?” Maar sy dissipels het vir Hom gesê: “U sien dat die skare van alle kante af teen U druk, en tog vra U, ‘Wie het aan My geraak?’ ” Hy het om Hom bly rondkyk om die een te sien wat dit gedoen het. Toe die vrou besef wat met haar gebeur het, het sy bewend van vrees voor Hom kom neerval en Hom die volle waarheid vertel. Hy sê toe vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees genees van jou kwaal.”(AFR20)
In 'n wêreld waarin voorkoms, status en sukses so belangrik is, dink ons soms God het dieselfde standaarde. Ons dink baie maklik dat ons nie belangrik genoeg is, dat God Hom met ons sal bemoei nie, omdat Hy te besig is om ander mense, wat meer waardig is, te help.
Ja, absoluut! Dit is so maklik om die verkeerde indruk van God te kry, om jou voor te stel dat Hy soos ons almal is!
Laat ons weer by Jesus aansluit, daar waar Hy deur 'n groot menigte gevolg word. Onthou, een van die mense in die skare is die vrou, die een wat onrein is, die sosiaal uitgeworpene, die een wie se naam nooit genoem word nie. Sy het gehoor van hierdie man, Jesus, wat genees. In haar desperaatheid van twaalf jaar se pyn en lyding, gaan sy na Hom.
Kyk in Markus 5:28-34 hoe groot haar geloof is: ...want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?” Maar sy dissipels het vir Hom gesê: “U sien dat die skare van alle kante af teen U druk, en tog vra U, ‘Wie het aan My geraak?’ ” Hy het om Hom bly rondkyk om die een te sien wat dit gedoen het. Toe die vrou besef wat met haar gebeur het, het sy bewend van vrees voor Hom kom neerval en Hom die volle waarheid vertel. Hy sê toe vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees genees van jou kwaal.”(AFR20)
Kyk net; haar geloof het Jesus se genesende krag, ondanks haar haglike omstandighede en lae status, vrygestel.
Jy moet jouself nooit verbeel dat Jesus nie tyd vir jou het nie, en dat Hy Hom nie met iemand soos jy sal ophou nie. Sy standaard, word nie bepaal deur posisie of status nie, maar eenvoudige geloof. Jou geloof.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners