
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Jesaja 55:8,9 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Ek wil jou iets vra: As jy God was, sou jy die wonderlike dinge wat jy doen, geheim hou, of sou jy wou hê dat almal moet sien dat jy die magtige, die almagtige God is?
Hier is iets wat nie sin maak nie. Jesus kom van 'n bergtop af. ‘n Ongelooflike wonderwerk, die verheerliking op die berg, het pas plaasgevind. Maar kyk wat lees ons in:
Matteus 17: 9 Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: "Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie."
Waarom doen Hy dit? Waarom maak Hy dit nie openlik duidelik vir almal presies wie Hy is nie?
Ek het altyd gedink, dat ek eendag, as ek die Bybel deeglik genoeg bestudeer het, God sou kon verstaan. As ek hierdie stukkie hier, en daardie teologiese kwessie daar, kon bemeester- sou ek Hom beslis kon verstaan.
Maar hoe meer ek Hom leer ken, hoe meer besef ek die waarheid van dit wat God oor Homself in Jesaja 55: 8,9 sê: My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Dit wil voorkom asof my God soveel groter is as my mooi, netjiese boekrakke vol leerstellings. Ook maar goed, nè!
Hier is die knoop. God openbaar Homself nooit heeltemal aan ons nie. En daardie raaisel, die ‘cloud of unknowing' soos een skrywer van ouds dit stel, is deel van die ontsag en verwondering van ons verhouding met Hom.
‘soos die hemel hoër is as die aarde, is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes’
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 53:3,5 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie
Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
As ek en jy swaarkry, veral as ons weet dit nie ons skuld is nie, en wanneer die lyding verskriklik onregverdig lyk, vra ons onsself af : Hoe kan God dit toelaat? Hoe kan Hy dit so laat voortduur?
Lyding is iets wat ons laat twyfel aan die bestaan van ‘n liefdevolle, almagtige God. Dit maak nie sin dat Hy liefdevol EN almagtig is, as Hy nie die lyding stop nie. Kan Hy nie ten minste die onregverdige soort lyding, soos kinders met kanker en vroue in slawerny stop nie? Hoekom doen Hy dit nie?
Ek het nie al die antwoorde nie, maar wat my voete onder my uitslaan, is die feit dat Jesus na hierdie wêreld gekom het, nie net om vir ons te wys hoe God regtig is nie, maar in die eerste instansie om verskriklik te ly. Ja, Hy het gekom om die straf vir jou en my sonde op sy skouers te neem, sodat ons vergewe kan word; sodat ons die gratis gawe van die Ewige Lewe kan hê.
Jesaja het sy lyding eeue tevore al voorspel. Ons lees in:
Jesaja 53: 3,5 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie...
Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Lyding is eenvoudig deel van die lewe; al sou ons dit so graag anders wou hê. Nee, ek weet nie waarom God 'n heelal geskep het wat lyding insluit nie. Maar, wat ek wel weet, is dat Hy self verskriklik gely het.
Jesus is geslaan en wreed deur sy hande en voete aan 'n kruis vasgespyker, waar Hy stadig in ontsettende pyn versmoor het.
Die God wat ek ken, is die God wat saam met ons ly.
Dit is Sy Woord. Vars...vir jou... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 9:18-20 Op 'n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?”
Hulle antwoord: “Johannes die Doper; party sê weer: Elia, en party: 'n profeet van die ou tyd het opgestaan.”
“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.”
Dit lyk asof daar deesdae soveel opsies bestaan wat spiritualiteit betref. En as ons dan een vorm van godsdiens uitkies, wil ons dit verander om ons te pas. Dit moet ons dien.
Ja, ontwerpers-godsdienste is deesdae die oplossing. 'n Bietjie hiervan, 'n bietjie daarvan en jy het die resep vervolmaak! Dis wat ék glo!
Dit is natuurlik niks nuuts nie. Toe Jesus na die Aarde gekom het, wou hulle hê Hy moet voldoen aan hulle raamwerk van wie Hy moet wees... Kyk wat staan in:
Lukas 9:18,19 Op 'n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?”
Hulle antwoord: “Johannes die Doper; party sê weer: Elia, en party: 'n profeet van die ou tyd het opgestaan.”
“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.”
Die mense wou hê dat Hy in hul verwysingsraamwerk moes inpas. As 'n volk wat deur die Romeinse oorheersers onderdruk is, het hulle gehoop Hy bring 'n godsdienstige en militêre oplossing. Dit is waarom hulle so verward was. Wie is hierdie man? Hoe kan ons Hom laat inpas by ons begrip van wie God is, van spiritualiteit, godsdiens en die lewe?
Is dit nie ook hoe ek en jy Jesus in ons lewens kniehalter nie? Probeer ons Hom in 'n boks stop waarin dit lyk asof Hy nie pas nie? Maar as ons Hom die Here van ons lewens wil maak, sal dit nie werk nie. Net die waarheid sal
“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Toe antwoord Petrus: “Die Gesalfde van God.” (Lukas 9:19)
Wat ons van Jesus dink - maak saak. Hoe ons Hom in ons gedagtes, ons harte, ons lewens plaas, is belangrik. Hoekom? Omdat God God is, en Jesus God die Seun is en nie die persoon wat ons Hom wil maak nie.
Laat Jesus vandag die Koning van die Konings en die Here van die Heersers wees.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 8:22-26 Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?” Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.” Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”
Het jy al ooit vir 'n deurbraak gebid; vir 'n wonderwerk gebid? Maar dan, wanneer God jou gebed verhoor, betrap Hy jou onverwags? Wag ‘n bietjie, Here, dit is nie heeltemal waarvoor ek gevra het nie!
Jy weet mos dat ons almal wil hê dat dinge volgens óns plan moet verloop? Moeders moet perfek wees. Kinders moet hulself goed gedra. Jou baas by die werk moet vriendelik wees. Leiers moet wys wees ... en God... hoe wil ons hê Hy moet wees? Ons wil hê dat God liefdevol, vriendelik, getrou en almagtig moet wees. Maar kom ons sê dit eerlik vir mekaar, ons wil hê dat Hy ook voorspelbaar moet wees. Is ek reg? Maar kyk wat maak Hy in:
Markus 8: 22-26 Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?”
Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.”
Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”
Kan jy dit vat? Jesus het eintlik op die man se oë gespoeg. Dit laat my 'n bietjie ongemaklik voel. En in elk geval wil ek nie hê dat my God so moet optree nie; dis darem nie mooi nie. Ek wil hê dat Hy konvensioneel en voorspelbaar moet wees.
Dink jy dat daardie blinde bedelaar vir een oomblik omgegee het dat Jesus pas in sy oë gespoeg het? Natuurlik het hy nie! Binne enkele minute was hy nie meer blind nie. Hy kon sien! Halleluja!
Moet dus nie verbaas wees as die Here sy volgende wonderwerk in jou lewe op 'n onkonvensionele manier afskop nie.
Dit is God se Woord. Vars... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Esegiël 16:49 Jou suster Sodom se sonde was dat sy en haar dogters selftevrede en rustig in hoogmoed en oorvloed geleef het en vir die mens in nood en die arme niks oorgehad het nie.
Die meeste van ons het gisteraand in 'n sagte, warm bed met 'n dak oor ons kop en kos in ons maag gaan slaap. Ek praat nou van die meeste van ons, nie van almal nie. Is dit nie snaaks hoe maklik ons daardie eenvoudige luukshede as vanselfsprekend kan aanvaar nie.
Ek vermoed dat ons almal gehoor het van die stede Sodom en Gomorra, die stede wat God vernietig het. Hoekom? Wel, ons onthou hulle seksuele onsedelikheid. Ons lei immers die woord sodomie af uit die stad se naam - Sodom.
Maar luister na wat God as hulle ware sonde beskou het. Ons lees in
Esegiël 16:49 Jou suster Sodom se sonde was dat sy en haar dogters selftevrede en rustig in hoogmoed en oorvloed geleef het en vir die mens in nood en die arme niks oorgehad het nie.
Dit is werklik ontnugterend. Die meeste van ons dink dat ons in betreklik beskeie omstandighede leef. Ek en my vrou woon in 'n woonstel op ‘n bedienings-salaris. Ons leef gemaklik, maar nie uitspattig nie. Ek is seker dat jy, as jy na jou omstandighede kyk, nie 'n woord soos 'ryk' sou gebruik om jouself te beskryf nie.
Wat ons nie besef nie, is dat ons, in vergelyking met miljarde mense in ontwikkelende lande; diegene wat honger ly; wat sterf weens gebrek aan skoon drinkwater en basiese mediese sorg, in weelde leef.
Wat was Sodom se werklike sonde? Met soveel te ete, met soveel vrye tyd... het hulle nie arme en hulpelose mense gehelp nie.
Jy en ek kan al die verskonings onder die son maak: “Ek het nie soveel om te gee nie. Watter verskil kan ek moontlik maak?” Maar terwyl ons God se medelye met die armes ignoreer, is ons niks beter as die Sodomiete in sy oë nie!
God het 'n magtige hart wat klop vir behoeftiges wat hulself nie kan help nie. Ons ignoreer dit en loop ‘n ewige risiko.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Handelinge10:1-4 In In Sesarea was daar 'n man met die naam Kornelius, 'n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid.Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: “Kornelius!”Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink
Dit is hartseer dat nasies militêre mag moet gebruik om hulself te beskerm - maar hulle doen dit. En die onvermydelike gevolg van militêre aksie ... is lyding; sterftes, beserings, fisies sowel as emosioneel.
Byna elke land dwarsoor die wêreld het ‘n spesiale dag waarop hulle gevalle soldate herdenk. Vandag is ‘Memorial Day’ in die VSA, waar die Amerikaners hul helde vereer.
'n Gedenkteken is 'n monument, of enigiets anders, byvoorbeeld ‘n gedenkdag, wat as herinnering dien aan iets of iemand wat ‘n offer gebring het. So ‘n gebeurtenis is iets waarop ons almal, te midde van die bedrywigheid van die lewe, ‘n rukkie lank ons gedagtes laat gaan... net om te onthou. Dít is wat hierdie teksgedeelte so interessant maak:
Handelinge 10: 1-4 In Sesarea was daar 'n man met die naam Kornelius, 'n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid.
Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: “Kornelius!”
Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: “Wat is dit, Meneer?”
Die engel sê toe vir hom: “God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink.
Kornelius was 'n godvresende man, 'n goeie man wie se offers - sy gebed en sy hulp aan die armes - vir God soos ‘n gedenkteken was.
'n Gedenkteken! Iets wat God raakgesien het. Iets wat God onthou het en waarop Hy gefokus het, te midde van alles wat Hy moes doen.
Soms, as ons opofferings maak deur God en ander te dien, voel dit asof niemand dit raaksien nie en dat niemand die koste en die pyn daarvan verstaan nie.
Maar niks, niks kan verder van die waarheid wees nie, want ...
jou gebede en jou aalmoese is soos 'n gedenkteken vir God.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 28:27 Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.
Ek wonder wanneer ek woorde soos “armoede”, “honger” en “hongersnood” gebruik, of dit vir jou net ‘n baie vae begrip is? Iets wat jy op armlengte beskou en nog nooit ervaar het nie. Hmm?
n Paar jaar gelede het ek tydens 'n Christelike konferensie in Indië middagete geëet. Ek hou nogal van Indiese kos, maar toe die kerrie, wat vir my gevoel het soos die sewe-en-twintigste warm kerrie in een week, weer op die tafel verskyn, was my liefde vir kerrie totaal iets van die verlede!
Die warm kerrie was nog erger vir my Kanadese kollega, Bob. Daardie warm kos was vir hom pynigend.
Hoe dit ook al sy, ek en Bob (wat nou beide al 'n bietjie ontevrede voel) sit langs 'n jong man, Barun, van Bangladesj. Hy was besig om sy kos met soveel smaak te geniet dat ons hom gevra het: "Wat eet jy tuis in Bangladesj?"
Hy het sy vurk neergesit en met ‘n stem wat wil-wil breek, geantwoord: “Ek en my vrou en ons twee kinders eet meestal rys. Maar soms het ons nie genoeg rys nie. Daardie dae eet ons nie.”
Ek sal nooit vergeet wat ek op daardie oomblik gevoel het nie. My hart wou breek met die wete dat hy, sy vrou en sy kinders sommige dae niks geëet het nie.
Tot op daardie oomblik was armoede vir my net 'n konsep. Maar nou het dit vir my ‘n menslike gestalte aangeneem. Nou was die leë magies van sy kinders vir die eerste keer in my lewe ‘n werklikheid. Ons lees in:
Spreuke 28:27 Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.
Hierdie God, hierdie magtige God, het 'n sagte hart vir die armes.
En laat ek jou hier direk konfronteer ... tensy ons daardie hart deel, tensy ons iets aan armoedeverligting doen, kan ons nie bely dat ons Sy kinders is nie!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 113:7,8 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.
Ek weet nie of jy al ooit so honger was, dat jy van honger wou omkom nie; maar dit kan nie 'n baie aangename gevoel wees nie. Veral as jy weet dat daar geen hoop op hulp is nie. Veral as jy sien hoe jou kinders ly. Nee, my vriend, dit moet 'n verskriklike ding wees. Verskriklik.
Byna elke tweede aand sien jy op die TV berigte oor arm mense op die skerm. 'n Ramp hier. 'n Oorlog daar. Kinders wat iewers sterf.
Die waarheid is dat daar elke dag ongeveer 25 000 mense weens honger en armoede sterf. Weet jy, gedurende hierdie paar minute wat ons vandag saam deurbring, sal net meer as sestig mense weens wanvoeding sterf.
En weet jy wat die werklike probleem is? Ons kyk daarna en dink: “Nou ja, dit is so ‘n groot probleem, dat nie ek 'n verskil daaraan kan maak nie. As God God is, dan is Hy die enigste Een wat groot genoeg om dit te hanteer. Daar’s niks wat ek kan doen nie. Miskien ‘n kind borg? Watter verskil gaan dit maak?”
En so doen ons ... niks.
Wat dink God hieroor? Wat voel Hy as Hy aan die armes en behoeftiges en die wat honger is, dink? Kyk wat staan in:
Psalm 113: 7,8 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.
As ons so iets lees, moet ons onsself sekerlik afvra: 'Hoe kan ek net hier sit? Hoe kan ek ... niks doen nie?'
Dwarsdeur die hele Bybel, is die een ding wat jy nie kan miskyk nie, sy ongelooflike hart vir die armes, die onderdruktes, die gemarginaliseerdes, die lydendes en die sterwendes.
En terwyl jy die Bybel lees, is die ander ding wat jy ook nie kan miskyk nie, die feit dat Hy ons almal oproep om saam met Hom hande te vat om iets hieraan te doen!
Hoe kan ons handjies gevou sit en toekyk?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 16:11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Ek wonder of jy soms aan 'volgende'- sindroom ly. Die volgende ding wat ek koop, die volgende ervaring wat ek het, die volgende fase in my lewe - dan sal ek gelukkig wees. Sommige mense leef hul hele lewe so, en vind nooit die tevredenheid en die vervulling waarna hulle soek nie.
Ek wonder soms waarom dit my so lank geneem het om dít uit te vind. Verstaan my mooi, ek is nie dom nie, regtig nie. En tog het dit my die eerste ses en dertig jaar van my lewe geneem om dit uit te vind.
Ek sou elke dag opstaan, dieselfde dinge doen, gaan werk; suksesvol wees ... en ek was. Gaan werk, geld maak ... en ek het. Gaan werk, 'n loopbaan gevestig, 'n deftige motor gery, alles gekoop wat ek wou koop... Ek het al daardie dinge oor en oor en oor en oor en wéér gedoen. Maar hoe meer ek dit gedoen het, hoe meer het ek besef dat ek onvervuld gevoel het. Toe het ek net harder probeer en meer gedoen.
Ek het die helfte van my lewe gesoek na daardie een ding wat my van binne sou vul; daardie een ding wat my uiteindelik van daardie trapmeul sou laat afklim; daardie een ding wat my hart met 'n stil tevredenheid sou vul. 'n Vreugde. 'n Vrede. Daardie een ding ...
In Psalm 16:11 staan: U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Hoe meer ons van die dinge wat hierdie wêreld bied, gebruik, hoe leër kan ons voel. Maar hoe nader ons aan God, wat sy Seun, Jesus, gestuur het om vir ons te sterf, kom; hoe meer ontdek ons dit wat ons so lank al misgeloop het.
By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Dis wat ons almal nodig het; dit is dit!
En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Eksodus 3:17 Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.’
Daar is deesdae so ‘n groot verskeidenheid van goeie dinge, groot dinge daar buite, waarop ek en jy ons geld kan spandeer. Soveel meer dinge as wat daar was, toe ek grootgeword het. Nou vra ek myself af: hoekom is mense dan nie nou gelukkiger as destyds nie?
n Rukkie gelede was ek redelik siek met die een of ander virus. My stem was hees, my koors was hoog en ek het so gedreineer gevoel, en geen energie gehad nie. En skielik het my liggaam instinktief gesmag na warm melk en heuning.
Met my eerste slukkie, stroom die energie terug en voel ek dadelik baie beter. Dit is 'n uitstekende kombinasie, melk en heuning. As die liggaam daardie spesiale iets nodig het, is die kombinasie van melk en heuning net die beste.
Dit is 'n kombinasie waaroor God eintlik iets te sê het. Kom ons kyk in:
Eksodus 3:17 Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.’
Is dit nie wonderlik dat God vir die Israeliete hul eie land belowe nie, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. So eenvoudig, so wondermooi.
Ek dink dat ons soms die eenvoudige, mooi dinge wat God rondom ons sit, net om ons te versterk, en te seën, aan te moedig en te laat glimlag, al te maklik mis kyk.
Ons raak so meegevoer deur die dinge wat ons dink is belangrik, dat ons die voortreflike dinge waarmee God ons wil seën, misloop. Hoekom is dit? Wat is dit wat ons laat vrede maak met die tweede beste; om na die apteek te jaag en walglike suigtablette te koop in plaas daarvan om net 'n bietjie melk en heuning te drink?
Waarom doen ons dit?
Ek weet nie, maar ek dink dat ons dikwels die pot mis sit!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners