
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Die idee dat die Bybel 'n preutse, ou, godsdienstige boek is wat tot 'n ander era behoort, is deesdae redelik populêr. Daar is baie mense, selfs Christene, mense wat beweer dat hulle in Jesus glo, wat dink die Bybel is uitgedien.
As ons eerlik wil wees, is daar sommige dinge wat jy in die Bybel lees, wat vandag baie minder relevant lyk, as wat dit miskien was, toe dit destyds geskryf is. Dit was immers 'n ander kultuur en 'n ander tyd.
Dit is waarom dit so maklik is om die Bybel af te maak as irrelevant. Die rol van vroue het tog wesentlik verander. Deesdae is hul rol nie meer ‘n kontensieuse vraagstuk nie. Vroue is deesdae in baie gevalle hoogs opgeleide, effektiewe leiers met soveel om te bied. Hoe kan ons dan nog glo wat die Bybel oor die rolle van mans en vrouens sê?
Ons weet deesdae meer oor sielkunde, fisiologie en seksualiteit. Hoe kan ons glo wat die Bybel oor dié spesifieke onderwerpe sê? Ja, daar is nogal baie verskillende aspekte waarna die kritici verwys...
Die fout wat ons maak, is egter om te aanvaar dat die Woord van God destyds, toe dit geskryf is, meer gewild was, as vandag. Dit was nie. Die Israeliete het profeet na profeet verwerp en doodgemaak. Hulle het selfs God se eie Seun aan 'n kruis gespyker, omdat hulle nie gehou het van wat Hy gesê het nie. Nee, daar is niks nuuts onder die son nie. God se Woord was nog altyd ongewild. Kyk wat staan in:
Romeine 15: 4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.
Maar as God praat, doen Hy dit om ons te help. Die doel van dit in die Bybel opgeteken is, is sodat ons daaruit kan leer; sodat ons dinge deur sy oë kan sien. Die vraag is dus: sal ons die boodskapper skiet, of sal ons na God luister?
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 8:24,25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
Ek is seker dat mense jou al deur die jare teleurgestel het; en nie net mense nie, ook situasies en omstandighede. Jy spaar vir 'n heerlike vakansie, maar dit val deur die mat. Dit stel teleur. Dit breek jou hart.
Teleurstelling is 'n baie algemene reaksie as gevolg van iets of iemand wat nie aan ons verwagtinge voldoen nie. Mense laat ons in die steek en omstandighede stel dikwels teleur.
'n Paartjie raak verlief, trou en verwag dat die die res van hulle lewe die perfekte romanse sal wees, maar met al die druk van die lewe is dit allesbehalwe - veral sommige dae. Maar, weet jy, as ons toegee aan daardie gevoel van teleurstelling, kan dit nie net 'n vernietigende impak op die huwelik hê nie, maar ook op ons verhouding en die lewe oor die algemeen.
Alhoewel teleurstelling 'n normale reaksie is, is dit ook ongelooflik vernietigend as ons daarin verswelg raak. Wat kan ons daaraan doen …
Wel, ek dink dat dit alles neerkom op wie, of op wat ons ons hoop vestig. Teleurstelling gaan immers oor die gaping tussen ons verwagtinge en die uitkomste.
Die lewe sonder hoop is op die ou end nie die moeite werd nie. Waarop vestig jy jou hoop?
Romeine 8: 24,25 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.
In hierdie wêreld gaan ons beproewinge hê; mense gaan nie aan ons verwagtinge voldoen nie en daar gaan teleurstellings wees.
Maar wanneer ons ons hoop op Christus vestig, oorkom ons teleustellings vinnig en verloor dit die angel wat ons moedeloos maak. Die hoop wat jy op Hom vestig, is die een ding wat jou nooit sal teleurstel nie.
Hoop op Hom, wag geduldig en jy sal beloon word.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 23:17,18 Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy 'n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
Weet jy wat my vies maak? Weet jy wat my die harnas in jaag? Dit is wanneer dit lyk asof slegte mense, oneerlike mense, onbeskofte mense, manipulerende mense, voorspoedig is. Hulle doen al die verkeerde dinge, breek al die reëls en steeds laat God hulle daarmee wegkom.
Ja, dit ontstel my. Dit ontstel ons almal, omdat dit ons aangebore gevoel van geregtigheid skaad. Goeie gedrag moet beloon word met goeie uitkomste. Slegte gedrag moet gestraf word met slegte uitkomste.
As die wêreld maar net so eenvoudig was! En tog sien ons die selfsugtiges wat ander mense vertrap, die manipuleerders en die leuenaars in magsposisies en prominente poste. Wag 'n oomblik, dit is nie regverdig nie! En tog ... gebeur dit.
As jy dit telkens sien gebeur; as jy sien hoe die rykes en beroemdes leef met geld wat op verkeerde maniere bekom is, kom die duiwel en fluister in jou oor: 'Jy kan ook so ‘n lewe hê. Ek kan dit vir jou gee. Kom, volg my.’ Dit sit jou aan die dink... Miskien kan ek hê wat hulle het.
En so word die saadjie van afguns gesaai. Dit is hoe dit werk. Die duiwel wil ons verlei om tot op hulle ‘sukses’ vlak te styg, terwyl hy die hele tyd besig is om ons in die put af te sleep.
Die enigste manier om die vyand te verslaan, is om antwoorde in die Woord van God te kry. Kyk wat staan hier in:
Spreuke 23: 17,18 Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy 'n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
Ons oorkom die strikke van die bose, wanneer ons met ‘n skoon gewete en met eer en respek teenoor God leef. Ons styg bo die boosheid uit en ons harte word vol van ‘n oorweldigende hoop op Hom, wanneer ons werklik in opregtheid voor God wandel.
'n Hoop wat nooit sal teleurstel nie. Nooit nie!
Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien;
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 7:10 want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.
Wanneer ons 'n fout maak (en wie het nog nie?) dan het ons twee keuses. Ons kan in moedeloosheid voortploeter, of daaruit leer. Ons kan dit óf as 'n verskoning vir nog foute gebruik, óf ons kan die voorwaarts en opwaarts benadering neem. Watter een kies jy?
Dis ‘n nuwe dag. Ons ken almal daardie gevoel wat ons ervaar wanneer ons wakker skrik en ons skielik onthou van daardie dom ding wat ons gister gedoen het. Daardie persoon wat ons seergemaak het. Hoe ons God gefaal het. En dit voel soos ‘n pyl deur die hart.
Die vraag is, wat doen jy met die droefheid en hartseer? Daar is 'n paar verskillende maniere om dit te hanteer. Die regte manier of die verkeerde manier. Die een manier kan ‘n positiewe uitkoms in jou lewe hê - die ander, nee wat, beslis nie. Luister hoe God dit deur die apostel Paulus stel in:
2 Korintiërs 7:10 want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.
Kom ons praat eers oor die verkeerde soort droefheid, die een wat ons in die wêreld kry, die een wat tot die dood lei. Wanneer mense so 'n soort hartseer ervaar, lei dit dikwels tot 'n afwaartse spiraal, tot slegter gedrag, tot moedeloosheid, tot hulle eenvoudig moed opgee.
Maar die soort droefheid wat God behaag, is die soort wat ons lei om ons lewens te verander. Dit is opregte berou wat tot bekering lei – dit beteken letterlik om ons lewens om te keer, weg van die verkeerde wat ons gedoen het, en terug na God toe.
want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
Die verlede het vir baie mense so 'n ongelooflike greep oor hulle, dat dit hul hede verwoes en hulle van hul toekoms beroof. Die berou oor dinge uit die verlede kan dit doen. Maar ek glo dat God jou vandag wil bevry van die berou oor jou verlede deur die krag van sy Woord.
Kan ek jou vandag vra: wat is die een ding in jou verlede wat jy wens nooit gebeur het nie? Die één ding, wat jy sou wou uitwis, as jy die horlosie kon terugdraai? Wat sou jy anders gedoen het, om dit te verhoed of reg te stel?
En, wees eerlik met jouself – watter houvas het dié een ding vandag nog oor jou lewe? Vir baie mense is die antwoord op die vraag ‘n teer saak.
Spyt is 'n gevoel van hartseer of teleurstelling oor iets wat gebeur het. Miskien is dit iets wat jy gedoen het of nie gedoen het nie.
Sê nou jy kan vry wees van die verwyt? Sou jy graag wou hê dat God jou vandag vry maak van die verwyte van jou verlede? Want laat ek jou sê, dit is absoluut wat Hy wil doen. Ons sien in:
Jesaja 43: 18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
God is besig om jou lei skoon te vee. In Christus het die verlede geen mag oor jou nie. Maar weet jy, Hy vee dit nie net skoon, sodat dit skoon sal wees nie. Hy vee dit skoon, sodat Hy 'n nuwe ding kan doen.
Jy sal groei soos 'n jong boom wat by ‘n waterstroom geplant is. God gee jou die versekering as Hy sê: Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Prediker 3:1,2 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
Die seisoene volg hulle eie kringloop. Of ons nou daarvan hou of nie, of ons dit so wil hê of nie, of ons warmer of koeler weer, droër of natter weer verkies, ons het geen beheer daaroor nie....
Lente, somer, herfs, winter ... lente, somer, herfs, winter. Ons kan niks daaraan doen om dit te verander nie. Dink byvoorbeeld net aan die kontras tussen 'n vleisbraai in die somer en 'n winterpotjie..
Soms bevind ons ons egter in 'n fase van ons lewe waarin ons liewer nie wil wees nie, 'n moeilike en ‘n ongemaklike fase, miskien? En ons instink is om in opstand te kom - asof ons die winter op die een of ander manier in die somer kan verander. Maar die waarheid lees ons in:
Prediker 3: 1,2 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
As jy oortree het, moet jy dit natuurlik regstel. As jy 'n slegte keuse gemaak het, doen dan wat jy kan om dit om te keer. Ek sê nie ons moet handjies gevou sit nie. Maar terselfdertyd lei God ons altyd met 'n doel deur hierdie seisoene. Soms wil ons graag nuwe dinge te plant, maar Hy is nog besig om die oues uit te trek.
Seisoene is God se idee. Hulle was nog altyd. Lente, somer, herfs, winter ... daar is niks wat ons kan doen om dit te verander nie. Hoe gouer ons vrede maak daarmee, hoe vinniger sal ons maniere vind om die seisoen waarin ons is, te geniet.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 6:16-18 “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Vir baie mense is hulle gewig 'n netelige kwessie. As jy een van daardie maer graatjies is, is jy waarlik geseënd. Maar die res van ons is nie soos jy nie. Mense eet hulself dood ... en God? Hy begeer dat ons elkeen die wonderlike liggaam wat Hy vir ons gegee het, sal respekteer.
Dit lyk asof daar deesdae 'n konstante voorraad voedsel is. Ja, ek weet dat daar nog steeds byna 'n miljard mense aan hongersnood ly, maar terwyl hulle van honger omkom, word die res van ons al hoe vetter.
As iemand wat my lewe lank vreeslik gesukkel het met my gewig, is dit 'n onderwerp wat my baie na aan die hart lê. Met voedsel in groot oormaat beskikbaar, is die probleem dat ons nooit ophou eet nie. As gevolg hiervan, bly ons insulien vlakke hoog en dit is onvermydelik dat ons gewig optel. Dit is 'n bose kringloop wat ons, ongelukkig, as heeltemal normaal beskou.
Teen hierdie agtergrond is die gedagte aan vas ondenkbaar. (Ons moet tog seker nou nie self "honger ly nie"!) Maar God praat nogal baie oor vas. Baie!
Matteus 6: 16-18 As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Ja, vas met 'n positiewe gesindheid is 'n uitstekende manier om nader aan God te kom. Maar ons weet ook nou dat dit in hierdie era van oorvloedige kos en konstante eet, meer voordele vir die gesondheid inhou as wat iemand ooit verwag het.
Die antieke wysheid van God is wonderlik. Dit word nooit oud nie.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 5:38-42 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”
As jy 'n slegte persoon in jou lewe teëkom – jy weet mos, daardie "idioot" wat dit glad nie snap nie, wat dit nooit sál snap nie - hoe reageer jy? Handhaaf jy jou geloof, of daal jy tot sy vlak?
Of ons dit nou wil weet of nie, ons is geprogrammeer om te fokus op ons eie gemak. Ons is gekondisioneer deur 'n ekonomiese stelsel wat deur woord-konkelaars en adverteerders aan ons voorgehou word: werk hard, verdien geld, spandeer dit op jouself. Hulle is die mense wat beloof dat hierdie selfgesentreerdheid ons lewens beter sal maak.
En daardie kondisionering veroorsaak dat ons negatief reageer te midde van teëspoed. Ons is immers "geregtig" daarop om goed te voel. Ons "verdien" die beste. Maar die lewe werk nie so nie. Ons houding is verkeerd, maar ons gebruik ander mense se gedrag as verskoning. Dis tog die bullebakke, die slegtes en die onregverdige mense wat ons so laat optree...
Ek sal hom bykom! Hoe durf hy my so behandel?
Soos ek gesê het, is ons gevoel van geregtigheid ons verskoning vir onbetrokkenheid. Maar sê nou ... verdra my net ... wat sal die uitkoms wees, indien ons die slegte mense in ons lewens as geleenthede vir karakter-groei gebruik? Ons sien in:
Matteus 5: 38-42 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.”
Besluit self. Onbetrokkenheid, of die ekstra myl?
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”
Geloof is 'n interessante gedagte. Daar word vir ons gesê dat ons toegang tot God kry deur in Jesus te glo. Maar ek wonder soms of ons begrip van wat dit beteken om in Hom te glo, effe kortsigtig is.
Daar is baie mense wat beweer dat hulle Christene is. Hulle glo in God, hulle glo in Jesus; hulle glo dat hulle hemel toe gaan wanneer hulle sterf. Goed. Miskien is dit wat jy glo? Maar hoe kan jy seker wees? Hoewel baie van ons dink dat dit vir ons 'n kaartjie na die hemel bied, het Jesus iets baie ontstellends oor hierdie onderwerp gesê in:
Matteus 7: 21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”
Dit is baie duidelik gestel – geen grys area nie. Wat sê Jesus? Dis eenvoudig: al sê ons dat ons glo en noem Hom selfs "Here," is dit nie genoeg nie.
Maar weet jy, dit sal ook nie help om dinge te doen nie, selfs goeie dinge om Hom te beïndruk nie ... nie eers regtig kragtige dinge, wat ons beweer dat ons in Sy naam doen nie.
Baie sal daardie dag vir My sê... Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af,
Sjoe!
Die persoon wat die koninkryk sal binnegaan is net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
Die bewys van 'n egte geloof, 'n werklike geloof, is gehoorsaamheid. Dis hoe jy seker kan wees.
En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Vergifnis is 'n snaakse ding. Ons besef almal dat dit 'n goeie idee is, maar wanneer ons iemand wat ons seergemaak het, moet vergewe, is dit 'n heel ander saak. Maar wat van God wat jou vergewe en vir my vergewe vir die dinge wat ons verkeerd gedoen het?
Kyk, ek weet nie waar jy op jou lewenspad is nie; of jy in God glo of nie, maar verdra my maar. Laat ons net vir 'n oomblik aanvaar dat God inderdaad God is. Dat Hy bestaan. En dat Hy vol liefde en almagtig is.
As hierdie God nou 'n plan vir jou en my lewe gehad het, hoe sou dit lyk? As Hy waarlik ons Vader in die Hemel is, dan wil Hy die beste vir ons hê, nie waar nie?
Maar hoe lyk daardie 'beste'?
Wel, om te begin, dink ek dat dit vergifnis moet insluit. Vergifnis beteken dat Hy diegene, wat glo dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om te sterf vir hul misdrywe, vrystel. Hy kies om al die dinge waarvan hulle 'n gemors gemaak het, te vergeet. Hy het immers die begrip 'vergewe en vergeet' uitgedink.
Ek onthou dat ek op ‘n punt gekom het, waar al my "gemors" tot 'n redelike groot hoop opgehoop het ... en die gevolge daarvan het my lewe verwoes. As jy op daardie plek is en uiteindelik tot jou sinne kom, dink ek die vraag wat jy jouself vra is: Sal God my regtig vergewe? Ek bedoel kyk na die gemors wat ek gemaak het. Kan ek Hom vertrou om my te vergewe?
Ek wonder of jy al ooit dieselfde gevoel het. As jy het, dan kry jy die antwoord in: ...
1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners