
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Romeine 12:11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Ek het oor die jare gesien hoe baie mense foute maak – en hier sluit ek myself in! Ek het nie probleme met eerlike foute nie. Maar daar is twee dinge waarmee ek wel 'n probleem het: Luiheid en oneerlikheid.
As ‘n leier wil ek graag 'n kultuur in ons organisasie skep waar mense se mislukkings oorgesien word as hul hulle bes probeer het. Foute is deel van die lewe. Ons leer uit ons foute, sodat ons dit nie herhaal nie. Ons neem eienaarskap van ons foute; ons blameer niemand anders daarvoor nie; ons staan op en beweeg aan.
Maar luiheid is iets wat ek eenvoudig nie kan verdra nie. En tog is dit iets wat jy al te dikwels by gelowiges sien. Mense sê baie maklik: Wel, ons is almal broers en susters. Dit gaan alles oor liefde. Ek kan maak wat ek wil. Maar dit is beslis nie wat God van ons vra nie. Ons sien in:
Romeine 12:11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Josef in die Ou Testament het baie hard gewerk te midde van so baie onreg en teëspoed, maar hy het sy gawes telkens tot eer van God gebruik.
Jy sou Jesus nooit as lui kon bestempel nie, nè? Wat laat ons dan dink dat luiheid aanvaarbaar is wanneer ons God dien?
My vriend, mense daar buite sterf sonder Jesus. Hulle moet van Jesus hoor. Jy het gawes en vermoëns wat die res van ons nie het nie. Gawes en vermoëns waardeur God kragtig kan werk, om mense na Homself te trek.
Kan ek 'n die vertaling uit Die Boodskap van daardie vers vir jou gee?
Romeine 12:11. Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe.
Moenie lui wees as dit by God kom nie.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 13:9,10 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.
Deesdae lyk die grens tussen reg en verkeerd baie wyer en veel gryser. In werklikheid is dit maklik om na iets te kyk en regtig nie meer te weet of dit nou reg of verkeerd is nie.
Dit is waar, nè? Mense wil die grens tussen reg en verkeerd uitwis. Dit was vroeër swart en wit, maar deesdae is dit een groot grys massa, met so ‘n spikkeltjie swart daar êrens en 'n klein wit randjie aan die ander kant.
Al die outydse Bybelse beginsels waarop ons regstelsel gegrond was, is neusie verby! Dit is natuurlik niks nuuts nie. Solank daar sondaars soos ek en jy op hierdie die aarde is, word begrippe van sedelikheid, etiek en gedrag daagliks verder verwater.
Al wat verander het, is dat dit soveel ingewikkelder geword het. Ons moet almal op eiers loop; ons moet so versigtig wees dat ons nie vir iemand aanstoot gee met ons spesifieke vorm van reg en verkeerd nie. Maar eintlik is dit werklik nie so ingewikkeld nie. Dit is regtig nie moeilik nie. Kyk wat staan in:
Romeine 13: 9,10 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.
Ons weet daar is reëls en soms wil mense dit verander; dit bietjie na links of 'n bietjie na regs, of 'n bietjie op, of bietjie af skuif. Ek en jy stem dikwels nie saam met die veranderinge nie. Soms ontstel dit ons, maar jy weet, hier is die kern van die saak. Dit is so eenvoudig:
“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” selfs as jy nie met hulle saamstem nie.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Korintiërs 2:9,10 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.
Jy weet hoe dit gaan. Die daaglikse sleurwerk verlam jou. Dag na dag na dag. Jy voel voos. Jy voel leeg. Jy begin jouself afvra waaroor dit gaan en waarom jy aanhou doen wat jy doen. Jy verstaan mos waarvan ek praat. . .
Die gemiddelde lewensverwagting vir albei geslagte in die wêreld van vandag is 73,2 jaar. Dit is 26 736 dae, 7 uur, 12 minute. En in ons lewe - van kindsbeen af, deur ons tienerjare, ons volwasse lewe en tot in jou oudag doen ons telkens dieselfde ding oor en oor. Daarom is die daaglikse sleurwerk maar net ‘n deel van die realiteit van ons menslike bestaan.
As jy 'n kamera in my studeerkamer sou gehad het, sou jy my dag na dag daar sien sit. Op dieselfde stoel, by dieselfde lessenaar waar ek dag na dag op dieselfde sleutelbord sit en tik. Ek staan gewoonlik so teen omstreeks 3 uur in die oggend op. Vandag is Donderdag en dis 05:00 en hier sit ek weer besig om ‘n VARS boodskap voor te berei.
Dit maak nie saak waarvoor jy geroep word nie, daardie sleurwerk en herhaling van die dinge wat jy doen, kan sy tol eis. Daarom glo ek vandag met my hele hart dat die Gees van God 'n woord van bemoediging, van lewe en van vreugde in jou hart wil inblaas wanneer jy moedeloos voel.
1 Korintiërs 2: 9,10 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.
Gee die Heilige Gees vandag daardie geleentheid van om die diep geheimenisse met jou te deel.
... “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,”... Aan ons dan het God ...die diepste geheimenisse van God... deur die Gees bekend gemaak...
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke11:27 Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.
Die afgelope paar dae het ons in God se Woord probeer ontdek hoe Hy wil hê ons moet reageer op die toenemende gety van boosheid in hierdie wêreld. Die antwoord is om kwaad met goed te beveg.
Dit klink so eenvoudig, totdat jy dit probeer uitleef. Dit is in daardie situasie wanneer jy die ander ou se nek wil omdraai, of dalk net wil wegkruip en in ‘n bondeltjie gaan lê totdat die storm van die bose verbygegaan het. Maar weet jy, nie een van hulle sal werk nie. Nie een van hierdie reaksies is wat God van ons vra nie. Kom ons kyk wat Hy wil hê ons moet nastreef:
Spreuke 11:27 Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.
Wat 'n wonderlike konsep; om die goeie na te jaag. Om elke dag met ‘n positiewe gesindheid op te staan; om met jou hele hart en met elke vesel van jou wese die goeie na te streef; daaraan te dink, dit te sê en te doen. Ja, my vriend en wees verseker jy sal teëstand kry in hierdie wêreld wanneer jy opstaan vir dit wat goed is. Die bose sal woedend word vir jou. Glo my.
Maar jy weet die goeie persoon staan altyd kop en skouers bo die ander uit. Die mense sal raaksien dat jy anders is. Binnekort sal jy ‘n reputasie as 'n goeie, ordentlike, eerlike, liefdevolle persoon ontwikkel. Wanneer jy ywerig na die goeie soek, sal jy guns vind; nie slegs die guns van mense nie, maar die guns van God.
Dink mooi: wat is die alternatief? Om die begeertes van die vlees na te jaag en kwaad met kwaad te vergeld? Hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk?
Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Amos 5:14 Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.
Ons leef vandag in 'n wêreld gehul in boosheid. En weet jy, die versoeking, vir my en vir jou, is so groot om kwaad met kwaad te vergeld.
Ek of jy sal sekerlik nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Ons sal beslis nooit na dieselfde vlak neerdaal as daardie verskriklike mense wat losbandigheid en verleiding, leuens en sedeloosheid, haat en histerie aanmoedig nie. Beslis nie!
As dit waar is, waarom is my sosiale media-terugvoer boodskappe propvol van sogenaamde Christene wat kritiek uitspreek oor diegene met wie hulle nie saamstem nie? Hierdie mense verdedig ongegronde samesweringsteorieë, asof dit die waarheid is. Hulle gooi vet in die vuur, eerder as om die lig van Christus se liefde in hierdie wêreld te laat skyn. Hoe moet ons dan reageer?
Amos 5:14 lui: Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.
Dit is al te maklik vir Christene om eiegeregtig te wees. Om te aanvaar dat God aan ons kant is. Ons is reg en hulle is verkeerd en ek gaan, met die geregverdigde woede van God aan my kant, daarvoor baklei. Regtig?
Chuck Swindoll stel dit so: In die Bybelboek Amos, hou God sy volk verantwoordelik vir hul mishandeling van ander. Dit wys herhaaldelik hoe die volk weier om God se uiteensetting van geregtigheid te aanvaar.
My vriend, God se geregtigheid is gewortel in liefde. Liefde wat vry maak. Daarom stel Hy jou of my nooit as regter, jurie en laksman aan nie. Dis nie ons funksie nie, is dit?
Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe! Dan sal die Here die almagtige God so by julle wees soos julle sê dat Hy is.
Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 1:16,17 Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.
Boosheid vier deesdae hoogty. Aan die eenkant is dit eintlik niks nuuts nie. Dit was nog altyd die geval. Maar het jy opgelet, dat boosheid hand oor hand toeneem? Boosheid word nie net aangemoedig nie, maar ook toegejuig.
Dit is nie maklik om te maak asof boosheid nie bestaan nie, is dit? Die temperatuur styg. Dit is asof die vlamme van die hel aan ons voete lek. Onwettige boosheid is nie net die norm nie, dit word gewettig. Dit lyk asof dit oorneem...
Wat moet ons as volgelinge van Christus doen? Ek sal jou vertel wat ek baie Christene, miskien selfs ek en jy, sien doen. Hulle veg terug. Hulle skree en bulder: Ek is geregtig op my eie opinie. Ek is geregtig op vryheid van godsdiens. Ek is geregtig ...
Die probleem is egter dat die Bybel nie praat oor dinge waarop ek of jy in hierdie wêreld geregtig is nie. Om die waarheid te sê, in beide die Ou en die Nuwe Testament, is die enigste reg wat ons het, die reg om te ly, vir die naam van my Here Jesus Christus.
Wat moet ek aan die saak doen? Hoe moet ek en jy reageer op hierdie toename in boosheid?
Ons lees in: Jesaja 1: 16,17 Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.
God beveel ons, om nie slegs nie soos die bose mense daar buite op te tree nie, máár om eers voor ons eie deur te vee. Om goed te doen. Om mense regverdig te behandel. En dan, ongeag wat die koste is, om ‘n stem te wees vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie. Vir die weduwee, vir die weeskind ... vir die ongebore baba.
Dit is presies wat Jesus gedoen het, en dit het Hom sy lewe gekos.
Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Vrede is 'n onderwerp waarna ek telkens terugkom, want 'n lewe van vrede is een van die grootste geskenke wat ons ooit uit die hand van God kan ontvang ... daarom leer Hy ons om na vrede te streef; om dit 'n prioriteit in ons lewens te maak.
Het jy op hierdie oomblik vrede? Vrede in jou hart van harte, diep binne-in jou waar jy woon; waar jy voel; waar die dinge wat regtig saak maak, aangaan. Is daar vrede of is daar woelinge?
Is jy vervul met 'n oorweldigende gevoel van die vrede wat Jesus belowe het te midde van vervolging en versoeking, of voel jy in die geheim bekommerd?
As jy miskien meer soos laasgenoemde voel, is daar 'n Woord, die Woord van God, wat ek vandag met jou wil deel.
2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Dit is hoe Paulus sy brief aan die gemeente in Tessalonika afsluit. Het jy al opgelet dat ons die slotwoorde dikwels miskyk. Maar dit is deel van die Woord van God, daarom weet ons dat dit lewend en kragtig is en skerper is as 'n tweesnydende swaard. En my vriend, God se Woord wil vandag, en elke ander dag onder alle omstandighede vir jou vrede gee; Sy vrede.
So dikwels is die omstandighede waarin ons verkeer heeltemal buite beheer. In hierdie einste brief het Paulus 'n paar moeilike, gevaarlike en angswekkende dinge aangespreek.
Maar uiteindelik spreek hy God se vrede oor die gemeente. Dit is wat ek nou met jou wil doen. Is jy gereed om dit te ontvang? Sal jy dit glo?
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 55:23 Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.
Laat ek jou iets vra. Watter laste dra jy op die oomblik? Wat is dit wat jou onderkry? Watter een ding in jou lewe sou jy graag wou weg wens?
Dit kan 'n lastige irritasie wees, of 'n volslae aanslag. Nou ja, wat doen ons daaraan? Ons bid tot God.
God ... verander dit, maak dit reg, laat dit verdwyn! Here, waarom luister U nie na my nie? Waarom neem dit so lank?
Jy wil natuurlik hê dat die pyn moet verdwyn. Maar soms is pyn 'n noodsaaklike hulpmiddel in die hande van 'n liefdevolle God. Miskien is 'n beter manier om dit te hanteer deur die raad in
Psalm 55:22 te volg: Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.
Het jy al ooit daaraan gedink dat die woord ‘sorge’ letterlik beteken ‘dit wat Hy in jou sorg geplaas het’? Met ander woorde, voordat ons toelaat dat ons sorge ons platvee, het ons twee opsies. Ons kan God vra om die sorge weg te neem; maar dan weet ons nie of dit wel sy Wil is en of dit nou die regte tyd daarvoor is nie. Of alternatiewelik, kan ons die las wat Hy ons oplê, aan Hom oorgee. Ons kan dit oorgee aan hierdie God vir wie niks te veel is nie. Hierdie God wat jou onvoorwaardelik liefhet, wat vir jou sal sorg, wat jou nooit in die steek sal laat nie.
'n Wyse ou prediker met die naam S.H.B Masterman het gesê dat God ons dikwels bemoedig, nie deur die lewensomstandighede te verander nie, maar deur ons houding daaroor te verander.
Soms is die rede waarom Hy daardie las op ons gelaai het, om ons te verander op die manier, wat slegs 'n las kan.
Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 31:25 Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
In die Bybel word daar telkens vir ons gesê dat ons 'sterk moet wees'. Hm, ja. . . . Dit is maklik vir God om dit te sê, maar het Hy regtig 'n idee hoe ons hier op aarde sukkel? Weet Hy hoe ons voel? En dan sê Hy: Wees dus sterk. Dis nie so maklik nie. . .
Net buite my studeerkamervenster is daar 'n massiewe bloekomboom. Dit is regtig groot, waarskynlik meer as dertig meter hoog. Dit het 'n enkele, sterk stam en tientalle massiewe sytakke. Dis ongelooflik, maar hierdie majestueuse boom, swaai gedurende stormwinde van links na regs... Hoe dit nie omval nie, sal ek nooit verstaan nie.
En tog het hierdie massiewe, majestueuse, kragtige boom sy lewe as 'n klein boompie, waarop ek of jy kon trap en dit doodmaak, begin. Maar na baie dekades word dit nie net hoog nie, maar ook sterk.
Met ander woorde, dit neem tyd om krag te ontwikkel. Ek wonder of dit nie is wat God bedoel as Hy in Psalm 31:24 sê: Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
Ons het gister gesien dat hierdie woord 'vertrou' in die oorspronklike Hebreeuse taal waarin dit geskryf is, beteken om met 'n gevoel van afwagting, hoop en vertroue op die Here, te wag.
Om te wag is nie maklik nie. Soms moet ons 'n dag of 'n week wag. Ander kere laat die Here ons maande of selfs jare wag sodat ons kan leer. En terwyl ons afwagtend wag, word ons sterk. Ons sien dit nie altyd terwyl dit gebeur nie, maar dit is presies wat gebeur.
Mense draai eendag om en kyk na jou en wat hulle sien is 'n dapper man of 'n vrou vol moed.
Moenie moed verloor nie, wag op die Here en skep nuwe moed. Hy maak jou sterk.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!
Dapperheid is die vreemdste ding. Ons bewonder dit in ander mense; ons wil dit almal hê; ons wil hê dat ander mense moet dink ons is dapper, en tog is dit iets wat ons hoop ons nooit op die proef sal hoef te stel nie. Want as jy dapper moet optree, beteken dit dat iets wat sleg is met jou gebeur.
Kan ek jou vandag vra om die gesig van die dapperste persoon in jou lewe in jou geestesoog te sien? Die persoon wat met talle onverdiende uitdagings gekonfronteer was, en tog volhard het, en daardeur 'n baie beter persoon geword het.
Wie is daardie persoon in jou lewe? En as jy een woord moet gebruik om te beskryf hoe jy hom of haar sien, wat sou daardie woord wees? Vir my is dit "bewondering". Ons bewonder dapper mense. Maar as ons onsself met daardie persoon vergelyk, sien ons onsself as lafhartig.
Wat is dapperheid? Martin Luther King Jnr. het dit so gestel: Dapperheid is 'n innerlike besluit om ondanks struikelblokke en angswekkende situasies deur te druk.
Wanneer jy deur hindernisse en skrikwekkende situasies gekonfronteer word, voel ons nie so dapper nie, nè? Sê my, waar kry jy dapperheid? Hoe kan jy onverskrokke wees as jou broek bewe?
Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!
Let op die twee dinge: Eerstens beteken die woord 'vertrou' in die oorspronklike Hebreeus om met 'n gevoel van afwagting, geduldig, op die Here te wag. Tweedens, ‘hou goeie moed.’ Hou moed? Waar kry ek dit? Van die Here jou God.
Jou God is die Koning van die konings en die Here van die here en Hy is gereed om jou te bemagtig. Wag geduldig met vertroue op Hom.
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

955 Listeners