God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Krag om Jou Siel te Red

    Send us a text

    Jakobus 1:21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

    Sommige van die dinge wat God sê, is nie lekker om te hoor nie en dit gee maklik aanstoot. Hoe reageer jy wanneer jy een van daardie moeilike gedeeltes in die Bybel raakloop?

    As God ons net sou toelaat om op ons eie, vrolike manier aan te gaan, ons grille en begeertes te bevredig en, indien nodig, inspring om ons uit ons moeilikheid te help! As ons eerlik sou wees, is dit dikwels hoe ons dink. Miskien nie hardop nie, maar beslis diep binne-in ons harte. En dan lees ons 'n gedeelte soos hierdie in:

    Jakobus 1:21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

    Hy draai beslis nie doekies om nie. Hy praat van morele vieslikheid en perversiteit. Ons het almal ‘n donker, sondige natuur wat binne-in weggesteek is. En nou en dan, as ons onder druk geplaas word, steek dit kop uit en ons wonder: waar kom dít vandaan?

    Miskien ervaar jy dat dit keer op keer gebeur, amper asof jy geen beheer daaroor het nie. God sê vir my om al die vieslikheid en perversiteit te stop, maar hoe? Wel, die antwoord kom in die tweede deel van die vers: ek moet ootmoedig die woord aanneem wat God in mygeplant het, want dié woord kan my red.

    'n Kragtige, transformerende, lewensveranderende transaksie vind plaas wanneer ons die Woord van God met 'n oop, nederige hart ontvang. Het jy dit gesnap? Dit red ons siele. Dit maak ons vry. Dit herstel ons na die beeld van God waarna ons geskape is. Die moeilike, ongemaklike, selfs die gedeeltes van die Skrif wat aanstoot gee, is deur God daargestel om jou siel te red. Ontvang dit nederig en gehoorsaam.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Aantreklike Mense

    Send us a text

    1 Samuel 16:7 Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

    Skoonheid is subjektief. Hm. Ons idee van wie mooi is en wie nie, verskil van kultuur tot kultuur en dit het met die verloop van tyd inderdaad baie verander.

    Watter gedagtes gaan deur jou kop as jy iemand vir die eerste keer ontmoet? Hoe beïnvloed sy fisiese voorkoms jou idee van die persoon? Dit is 'n uitdagende vraag, want die meeste van ons behandel mense heeltemal anders, as ons hulle as 'aantreklik’ beskou. 

    Ek woon in 'n woonstel naby 'n ouetehuis. Baie van die inwoners is fisies redelik afgetakel; gevolglik is dit baie maklik om hulle te ignoreer asof hulle nie bestaan nie. Maar namate ‘n mens hulle leer ken, ontdek jy dat baie van hulle ongelooflike mense is, wat uitstaande lewens geleef het.

    Ek het onlangs 'n prentjie gesien van die gerimpelde gesig van 'n ou vrou, met die woorde: Hoe anders sou ons idee van skoonheid nie gewees het nie, as ons oë net siele, in plaas van liggame, kon sien?

    En weet jy, dit is 'n baie goddelike perspektief. God het die profeet Samuel na 'n man met agt seuns gestuur toe hy 'n nuwe koning vir Israel moes uitkies. Die oudste seun was Eliab.

    1 Samuel 16: 7 Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

    Dieselfde geld vir die res van die seuns, totdat hy uiteindelik by David, die jongste, en in sy oë die mees onlogiese keuse, kom. En wat het gebeur? Dawid het die grootste koning geword wat Israel ooit gehad het. Hoekom?

    Want Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Watter Jesus Volg Jy?

    Send us a text

    2 Korintiërs 11:3,4 Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand 'n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik 'n ander gees en 'n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.

    Weet jy dat daar in Jesus se tyd in Israel baie ander manne was wat beweer het dat hulle die Messias is, wat deur God gestuur is om Israel te red?

    Dit was verwarrend vir die Jode, wat wanhopig gewag het op die Messias wat in die Skrif beloof is. Hulle het nie geweet watter een die ware Messias is om te glo en te volg nie.

    Dit is vandag in baie opsigte dieselfde. Baie van die dinge wat Jesus gesê het, was onpopulêr. In Johannes 6:66 word ons vertel dat dit die rede was waarom baie mense opgehou het om Hom te volg.

    Hierdie onpopulêre dinge, veroorsaak soms heftige besware teen die idee dat Jesus die Één is. Vra maar vir enige ateïs, en hy sal heelwat besware kan aanteken. Dis presies wat ons van ‘n ateïs sou verwag. Maar wat ons nie verwag nie, is dat sekere Christene Jesus tot ‘n baie meer ... aanvaarbare karakter wil verander.

    Soos een kommentator geskryf het, Selfs belydende Christene misken God se goddelikheid. Vir baie het Christus ‘n ‘pop’ -Jesus geword wat met sy selfoon agteroor lê en ‘Sports Illustrated’ lees.

    Maar selfs dit is niks nuuts nie. Kyk wat skryf Paulus aan die kerk van die 1ste eeu in:

    2 Korintiërs 11: 3 en 4 Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ‘n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ‘n ander gees en ‘n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.

    In watter Jesus glo jy? Watter Jesus volg jy?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie Vergeet Wie Jy Is Nie

    Send us a text

    Johannes 1:11-13 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.

    Ek weet nie van jou nie, maar een van die dinge wat ek opgemerk het, is dat, as ons nie versigtig is nie, dit maklik is om te vergeet wie ons is. Ja, jy vergeet dat, as jy in Jesus glo, jou identiteit jou toegang tot sy seëninge gee. 

    Onlangs het my dogter, in haar vroeë dertigs, wakker geword met 'n ongelooflike seer rug. Sy kon skaars beweeg. Wat dit baie problematies gemaak het, was die feit dat sy 'n baba het. Geen pynstiller of enigiets anders het 'n verskil gemaak nie.

    Ek het haar die nommer van my chiropraktisyn gegee. Omdat nuwe pasiënte gereeld weke lank vir 'n afspraak moet wag, het ek vir haar gesê: "Onthou om hom te vertel wie jy is." Met ander woorde, dat sy my dogter is.

    Sy het binne enkele ure 'n afspraak gehad. Haar identiteit as my kind het die verskil gemaak. Dit het haar toegang gegee tot 'n seëning wat sy nie daarsonder sou gehad het nie. En dieselfde geld vir ons identiteit - jou identiteit - in Christus.

    Johannes 1: 11-13 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.

    Ek weet dat dit soms moeilik is om jou lewe vir Christus te leef. Ek weet hoe maklik dit is om af te dwaal, om te vergeet wie jy is, en gevolglik dié seëninge, wat met jou identiteit in Christus gepaard gaan, te verbeur.

    Weet jy dat as jy in Sy Naam, die naam van Jesus, wat jou kom red het, glo, dan is jy 'n kind van die lewende God. Jy het 'n nuwe identiteit wat die deur oopmaak vir ongelooflike seëninge. 

    Moet nooit, ooit vergeet wie jy is nie.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Groei tot Seën van Ander

    Send us a text

    2 Petrus 1:5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. 

    Voel jy soms of jou geloof onder druk is? Ervaar jy dat mense jou wil stilmaak, verkleineer en vir jou sê dat geloof in Jesus belaglik is? Nou ja, vandag het ek goeie nuus vir jou.

    Ja, deesdae lyk dit asof almal daarop ingestel is om ons te vertel dat die idee om Jesus op ‘n eenvoudige manier te volg, geen plek in 'n sekulêre samelewing het nie. Talle Christene getuig nie meer nie en het hulle ywer verloor in plaas daarvan om te groei in hulle geloof.

    Maar laat ons 'n oomblik stilstaan en konsentreer op die ongelooflike seëninge wat ons in Christus het: Vergifnis van al ons sonde, versoening met God, 'n nuwe lewe hier op hierdie aarde, ‘n ewige lewe in Sy Teenwoordigheid. En ons lees in:

     2 Petrus 1: 5-8 hoe om daardie geloofsgroei te ervaar: En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

    Met ander woorde ons doel is om te groei in ons geloof in Christus; om te verander om die heerlikheid van Christus uit te straal met die heerlikheid wat steeds toeneem sodat ons vrug dra wat ander sal seën.

    Onthou die ongelooflike seëninge wat jy elke dag in Christus ontvang het. Groei daarin en word verryk. Toon aan hierdie wêreld wat jou getuienis wil vernietig, dat jou lewe deur Christus getransformeer is.

    Moenie toelaat dat die wêreldse mense jou beïnvloed nie. Stort sy liefde op hulle uit. 

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jy Kan Die Wêreld Verander

    Send us a text

    Spreuke 4:18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;

    Ons het seker almal die geheime begeerte om 'n impak op hierdie wêreld te maak; om 'n positiewe verskil in die lewens van die mense rondom ons te maak. Maar hoe doen jy dit nou eintlik in 'n wêreld wat daarop uit is om homself te vernietig?

    Die toenemende vlaag van konflik is iets wat elke dag rondom ons aangaan: Op wêreldwye skaal onder die supermoondhede. Op nasionale vlak in ons politieke stelsels. Op sosiale vlak met geslagspolitiek en die omgewingskwessies. In gesinne met verhoudings wat verbreek word.

    Ja, ek weet, die wêreld was nog nooit perfek nie, maar dit lyk net asof dit erger word en dat dit ons van alle kante bekruip. Vir my voel dit of daar ‘n duisternis oor ons samelewing en selfs oor ons lewens toesak. Dis nie ‘n mooi prentjie nie. En dit is tog nie die manier om te lewe nie, of hoe?

    Maar kom nou, watter verskil kan één van ons ou mensies in elk geval in die lig van hierdie kruipende duisternis maak? Die antwoord is, ‘n baie groot verskil. Kyk wat staan in:

    Spreuke 4:18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;

    'Leef reg.' 'Doen goed.' Dit klink mooi, maar net so 'n bietjie te eenvoudig, nè? Maar as ek en jy, dag na dag, in die aangesig van onheil kies om vriendelik te wees; om ordentlik en eerlik te wees in 'n wêreld waar so baie mense die teenoorgestelde houding het en as ons kies om ten spyte van omstandighede vir Jesus te volg, gebeur daar 'n ongelooflike ding.

    Jou lig sal begin skyn. En soos die opkomende son, sal dit al hoe helderder word totdat hierdie donker wêreld met die volle lig van die dag gevul word. My vriend, die lig van jou nederige gesindheid in Christus, het die mag om die stygende duisternis te oorrompel; dit het die krag om die wêreld te verander.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Luister

    Send us a text

    Johannes 14:25,26 “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

    As God net met ons sou praat! As die hemel net sou oopgaan en God sou praat wanneer ons Hom nodig het. As Hy net in daardie moeilike oomblikke, in daardie oomblikke waar ons onbekwaam voel om aan te gaan, in daardie oomblikke waar ons God se wysheid nodig het, net met ons sou praat. As dit maar so maklik was…

    Stel jou voor dat jy een van die twaalf dissipels is. Jy staan elke oggend op. Jy gaan lang ente stap en uitdagings langs die pad beleef. Maar as daar 'n situasie opduik, een waarvoor jy nie opgewasse voel nie, as jou eie wysheid ontbreek, nou-ja ... al wat jy hoef te doen, is om na Jesus te draai en Hom te vra. Hy is immers net daar by jou. Dit sou opwindend gewees het, nie waar nie?

    Natuurlik is Hy deesdae nie in sigbare vorm by ons nie, maar Hy het geweet dat daar tye in ons lewens sou wees wanneer ons sy wysheid nodig sal hê. Tye wanneer ons gekonfronteer word met dinge wat ons nie alleen kan hanteer nie. Hoe weet ons dit? Want teen die einde, voordat Hy gekruisig is, het Hy dit aan sy dissipels gesê:

    Johannes 14: 25,26 “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 

    Die Heilige Gees sal ons die dinge vertel wat Jesus vir sy dissipels gesê het. Dit is die belofte. En Hy praat vandag nog hoofsaaklik deur die Bybel met ons, maar ook op allerlei ander maniere. 

    Soms praat die Here deur ander mense. Dis nogal interessant hoe ek jare gelede in my hart van 'n spesifieke sonde oortuig is, terwyl ek na 'n kinderfliek gekyk het. 

    Moenie 'n fout maak nie, as jy in Jesus glo, leef die Heilige Gees in jou en Hy sal jou in die waarheid lei. Luister na Hom. Hy is baie slimmer as jy.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • As Baarmoeders Vensters Gehad Het

    Send us a text

    Spreuke 6:16-19 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, 'n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.

    Dit lyk asof die Bybel soms stil is oor belangrike kwessies. Een daarvan - 'n gewilde onderwerp hier in die 21ste eeu na Christus - is aborsie. Is 'n fetus 'n persoon, of troef die vrou se "reg om te kies" die reg van die ongebore kind?

    Dit is 'n sensitiewe onderwerp wat wêreldwyd groot verdeeldheid veroorsaak. Maar kom ons laat die “regte” en politieke aspek vir 'n oomblik buite die bespreking. Dit is natuurlik voor die hand liggend dat as iets lewendig is, kan dit groei en ontwikkel. Selfs kankers groei en ontwikkel, maar dis iets anders; dit word waar moontlik uitgesny of vernietig as ongewenste menslike weefsel.

    In die geval van 'n fetus, begin die hart reeds binne vyf weke na bevrugting klop. Teen week nege maak hy of sy hul mond oop en begin suig. Unieke vingerafdrukke is teen week tien gevorm. Teen week dertien begin hulle gaap. As dit 'n dogtertjie is, het sy op week twintig, sewe miljoen eierselle geproduseer. Seuns daarenteen begin om teen twaalf jaar testosteroon te produseer.

    Is dit dus 'n fetus of 'n kind? Is dit 'n stuk menslike weefsel ... of 'n mens?

    Ek het onlangs iemand hoor sê dat as ‘n baarmoeder vensters gehad het, aborsie onmiddellik verbied sou word. Ek is redelik seker dat dit waar kan wees... want as jy na die feite kyk, is dit duidelik dat ons hier van 'n persoon praat, wat na die beeld van God gemaak is.

    Spreuke 6: 16-19 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, 'n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.

    Ek steur my nie aan politieke vraagstukke nie, maar ek gee baie om vir die lewe van 'n kind.

    God haat hande wat met bloed bevlek is.

    Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Waarom Verraad So Pynlik Is

    Send us a text

    Matteus 26:14-16 Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal. Van toe af was hy op die uitkyk na 'n geskikte geleentheid om Jesus te verraai.

    Wanneer laas het iemand jou verraai? Jy het hulle vertrou, jy het hulle eerbaar behandel en hulle geseën. En toe eendag skielik draai hulle teen jou en steek jou in die rug.

    Ons het sekerlik almal al so iets ervaar. Ons weet daar is min dinge wat so seermaak soos die verraad van 'n vriend. Ja, die hartseerste ding van verraad is dat dit nooit van jou vyande af kom nie. 

    Wanneer jou vyand jou aanval, is dit nie ‘n verrassing nie; dis net wat jy van hom sou verwag. Dit is immers wat vyande doen. Ja, dit kan die lewe enersyds moeilik en pynlik maak, ja, dit kan jou selfs in vrees laat lewe, maar aan die anderkant het jy dit in elk geval van jou vyand verwag. In ‘n sekere sin is dit dus glad nie verraad nie.

    Nee, verraad kom van iemand naby jou, 'n vriend of 'n geliefde. Ons het hulle vertrou en dan, skynbaar sonder waarskuwing, draai hulle hulle rug op ons:

    Matteus 26: 14-16 Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal. Van toe af was hy op die uitkyk na 'n geskikte geleentheid om Jesus te verraai.

    Dertig silwerstukke. Natuurlik was dit baie geld, maar was dit regtig die lewe van die Seun van God werd? Judas was een van die twaalf. Hoe kon hy Jesus verraai? Dit is verskriklik dat dit iemand in hulle binnekring was, wat so iets kon doen. Dis waarom dit so seer gemaak het.

    Wanneer jy die volgende keer verraai voel, gaan na Jesus. Hy het dit al ervaar. Hy verstaan heeltemal. Maar weet jy, Jesus het in liefde  gereageer op hierdie verskriklike verraad. 

    Die volgende keer wanneer ‘n persoon naby jou so ‘n pyl deur jou hart skiet, gaan dadelik na Jesus. Hy kan daardie seer genees.

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vryheid moet Opbouend Wees

    Send us a text

    1 Korintiërs10:23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.

    Jesus het belowe dat as Hy ons vry maak, sal ons werklik vry wees! Regtig, heeltemal vry. En tog beteken vryheid verskillende dinge vir verskillende mense. Wat beteken vryheid vir jou? 

    Dit was beslis ‘n baie interessante tyd toe die Nuwe Testament destyds geskryf is. Dit is die tyd toe die Christendom gebore is uit Judaïsme. Ons nuwe verhouding met God, naamlik die 'Nuwe Verbond' is gebore uit ons ou verhouding met Hom, die 'Ou Verbond'.

    Dit het beteken dat die nuwe gelowiges, diegene wat geglo het aan die dood en opstanding van Jesus, die Seun van God, vry was van 'n hele klomp ou reëls. Dit was skielik aanvaarbaar om byvoorbeeld varkvleis te eet. Skielik het baie van die godsdienstige rituele van die verlede nie meer saak gemaak nie.

    Daarom skryf Paulus in:

    1 Korintiërs 10: 23,24 Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.

    Met ander woorde, jy moet nie jou nuutgevonde vryheid gebruik as lisensie om te doen net wat jy wil nie. Moet dit nie nou sien as die reg om op ander mense te trap nie. Dit was destyds in daardie konteks waar en dit is vandag nog waar.

    Hopeloos te veel Christene is gefokus op hul vryhede, hul regte, dit waarop húlle geregtig is ... en hulle vergeet dat dit dikwels ander mense kan seermaak wanneer hulle daarop aandring. Ons vergeet dat ons dikwels op ander trap as ons opstaan.

    As die Seun van die mens (Jesus) jou vrygemaak het, dan is jy inderdaad vry ... Ja, maar alles is nie opbouend nie. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. 

    Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners