God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Twyfelende Hollander

    Send us a text

    Judas 1:22,23 Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk...

    Ons twyfel almal soms. Ons twyfel oor ons eie vermoëns, maar ons twyfel ook soms oor God. Ons is onseker of Hy sal doen wat Hy sê Hy sal doen. Ons twyfel selfs daaraan dat ons eendag die ewigheid saam met Hom sal deurbring.

    Ons het Jare gelede, hier by Christianityworks, ‘n skenking van $500 van ‘n onbekende skenker ontvang. Ek het die man se adres in die telefoongids opgespoor om hom te bedank, (dit wys jou net hoe lank gelede dit was!)

    Sy stem het baie swak geklink. Dit blyk toe dat hy op sy laaste is met terminale kanker. Hy vertel my dat hy nie eers meer seker is of hy gered is of nie. Ek het die volgende dag die vliegtuig gehaal om hom te gaan besoek. Die vlug het meer gekos as die $500 wat hy geskenk het; iets wat ons destyds nie regtig kon bekostig nie. Ek moet ook vir julle sê, dat ek heel senuweeagtig gevoel het, aangesien ek nie besonder pastoraal begaafd is nie. 

    Maar toe ek daar aankom, vertel hierdie bejaarde man my, in sy swaar Hollandse aksent, sy storie. Hy het sy lewe lank in Jesus geglo, maar nou in sy laaste dae het hy begin twyfel. Hy het baie vrae gehad: Is daar werklik 'n God? Is hy werklik deur Jesus gered? Was sy lewe goed genoeg om hemel toe te gaan? Of sal hy tot die vuur van die hel verdoem word?

    Judas 1: 22,23 Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk...

    Hierdie dierbare man was bang dat hy sy redding verloor het, maar ek het hom gerus gestel en God het sy geloof herstel. Ons het met trane in ons oë mekaar omhels en ooreengekom om weer in die hemel te ontmoet. Hierdie gebeurtenis was een van die grootste voorregte van my lewe.

    Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk ...

     Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Onvernietigbare Vennootskap van Geloof

    Send us a text

    Matteus 14:30,31 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

    Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

    Dit lyk na 'n goeie plan om in geloof op te tree, dis mos die regte ding om te doen, nie waar nie? Ja, maar wat gebeur as jy in ‘n klein bootjie vaar en die onweerswolke verskyn en die see skuim. Tree jy nou in geloof op? Jy maak seker ‘n grap!

    Jy ken seker die verhaal van die dissipels wat een nag tydens ‘n storm in ‘n boot onkant gevang was? Die arme manne was oorweldig deur die gevaarlike branders en bang dat hulle gaan verdrink. Maar toe kom Jesus vroeg die volgende oggend op die water na hulle toe aangestap!

    Petrus vra Jesus om hom te beveel om uit die boot te klim en na Hom toe te stap. Toe Jesus dit doen, neem Petrus een van die grootste geloofstappe wat jy ooit in die Bybel sal kry. Hy klim, te midde van hierdie hewige storm, uit die boot om saam met Jesus op die water te loop. Dis darem vir jou geloof wat jy nie aldag kry nie! 

    Matteus 14: 30,31 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

    Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”  

    Wat 'n aanklag; maar ‘n baie goeie vraag: waarom het jy begin twyfel? 

    Jesus sê met ander woorde, ek weet daar woed ‘n gevaarlike storm. Ek weet dat jy ’n baie dapper ding doen deur op die water te loop. Maar het jy 'n idee met wie jy hier te doen het?

    Dit is wat Jesus eintlik gesê het. En natuurlik het Hy dadelik vir Petrus gegryp, hom gered en die storm laat bedaar.

    As ek en jy ons onvolmaakte geloof in ons volmaakte Jesus stel, ontdek ons dat dit 'n onvernietigbare vennootskap is. Omdat Jesus altyd, altyd ons geloof, hoe klein dit ook al mag wees, eer.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie Hierdie Waarheid Miskyk Nie

    Send us a text

    Jesaja 41:8-10 Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

    Ek weet nie van jou nie, maar ek wil beslis nie 'n gebrek aan geloof en vertroue op God hê nie. Maar dit is iets waarmee elke persoon wat in Jesus glo, soms stoei. Dit is net menslik.

    Dink aan 'n probleem waarmee jy op hierdie oomblik worstel. Miskien is jy een van die gelukkiges wat nie op hierdie oomblik in ‘n krisis verkeer nie, maar daar is tog seker 'n ‘moeilike situasie’ wat jou van jou vrede wil beroof?

    As daardie ‘moeilike situasie’ baie van jou aandag aftrek, is dit so maklik om van ander belangrike dinge te vergeet. Hoe meer ons op die negatiewe fokus, hoe minder onthou ons die werklikheid van wie God is. Dit was Israel se probleem op 'n besonder moeilike tydstip in hul geskiedenis.

    God het hulle deur die profeet Jesaja aan hierdie kragtige waarheid herinner. Ons lees in:

    Jesaja 41: 8 tot 10 Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

    Israel het die kragtige drieledige waarheid uit die oog verloor, naamlik: (a) God het hulle uitgekies, (b) Hy het reeds wonderlike dinge vir hulle gedoen en (c) Hy het, as hulle God, kragtige dinge namens hulle gedoen.

    Hoe maklik is dit om die waarheid uit die oog te verloor as jy op jou probleme fokus?

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vertrou Volkome op die Here

    Send us a text

    Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop

    Ons weet dat ons geloof in Jesus moet hê. Ons weet op ‘n akademiese vlak, dat ons veronderstel is om Hom onder alle omstandighede te vertrou. Maar wanneer dinge sleg gaan, help die kennis ons nie. Die vraag is - presies hoe moet ons in Hom glo?

    Daar is so baie gedeeltes in die Bybel wat ons vertel om op God te vertrou. Maar as duisternis jou omring; as jou visie vertroebel is; as jou emosies handuit ruk en as jou omstandighede teen jou draai – dan gaan jy nie sommer op jou eie bo jou omstandighede uitstyg nie! Maar hoe is jy dan veronderstel om op God te vertrou? 

    Spreuke 3: 5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. 

    Dit werk nie om op jou eie manier oplossings vir jou probleem te probeer kry nie. Jy probeer jou bes, maar as jy op jou eie insig staatmaak, werk dit nie. Wat jy dan nodig het, is 'n hartsbesluit. 'n Tweeledige hartsbesluit.

    Die eerste deel lui soos volg: wat ook al gebeur, wat ook al die omstandighede, selfs al sou dit my my lewe kos, staan ek vas en vertrou op my God. En die tweede deel? Wel, terwyl hierdie ellendige storm woed, gaan ek Hom eer in alles wat ek dink, sê en doen; met my hele lewe.

    Klink dit maklik? Nee, maar weet jy, daar daal 'n kalmte oor jou siel neer as jy ‘n vaste standpunt ingeneem het, en as jy daardie hartsbesluit geneem het. Jy weet nie hoe Hy dit gaan doen nie, maar jy weet dat Hy op 'n stadium dinge gaan regmaak.

    Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Bely jou Ongeloof

    Send us a text

    Markus 9:19,22-24 Jesus sê toe vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.”…

    “Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” 

    “ As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.”

    “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.”

    Geloof is vir Jesus baie belangrik. En nou praat ons van ons vertroue in Hom, veral in tye wanneer dit vir ons moeilik is.

    Dit is regtig 'n groot dilemma. Wanneer jy in moeilike omstandighede verkeer, wanneer jy desperaat is en so graag wil hê dat Jesus jou moet help, ontwyk geloof jou dikwels.

    Moenie dink jy is al een wat so voel nie. 'n Man het sy duiwelbesete seun na die dissipels gebring. Die seun kon nie praat nie, en hy het gedurig epileptiese aanvalle gekry, maar die dissipels kon nie die demoon uitdryf nie. Ons lees inMarkus 9:19 dat toe Jesus daar aankom, sê Hy vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.”… 

    Hoekom noem Hy sy dissipels ‘n ongelowige geslag? Dis eenvoudig - hulle geloof was gebrekkig. Maar plaas jouself nou vir 'n oomblik in die pa se skoene. Hoe dink jy voel hy nou wanneer hy Jesus se teregwysing hoor? Kyk hoe twyfel hy nou oor sy eie geloof:

    Markus 9: 22 tot 24 "Van kleins af," antwoord hy, "en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons."

    " 'As U iets kan doen,' sê jy," antwoord Jesus. "Vir die een wat glo, kan alles."

    "Ek glo," roep die seun se pa dadelik uit. "Help my in my ongeloof."

    Jesus het baie goed geweet dat Hy die kind kan genees, maar die man was verward - hy wou glo, maar iets in hom het getwyfel. Hy het in wanhoop uitgeroep: Ek glo ... help my ongeloof. Maar dit was genoeg. Jesus het die demoon uitgedryf en die seun is genees.

    Ons geloof hoef nie volmaak te wees nie. Bely jou ongeloof voor Jesus. Dit is meer as genoeg.

    En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Saai Saad van Vrede

    Send us a text

    Jakobus 3:18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak..

    Gister het ons gesels oor die ongewone wysheid wat ons nodig het om konflik op 'n goddelike manier te benader. Ons het gepraat van die wysheid van God wat vir my en vir jou beskikbaar is. Die probleem is egter dat ons dit dikwels nie gebruik om vrede te maak nie.

    Ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie vrede in hul lewens wil hê nie. Miskien is daar uitsonderings op die reël, maar die meeste van ons smag na vrede.

    En tog is die wêreld waarin ons leef, allesbehalwe vreedsaam. Of dit nou die sosiale, politieke, godsdienstige, rasse- of ideologiese vlak verdeeldheid is, wat ons samelewing uitmekaar skeur, of selfs die persoonlike konflik in ons eie gesinne, woonbuurte of werksplekke ... hierdie vrede waarna ons almal smag, lyk na 'n lugspieëling in die woestyn.

    Hoe dink jy, wat wil God hê moet jy doen om die konflik te hanteer wat in jou lewe aan die gang is? En toemaar, jy’s nie alleen nie, ons het almal die een of ander vorm daarvan! Of miskien het jy nog nie gehoor hoe Hy jou roep om iets te doen nie. Nou-ja hier kom dit:

    Jakobus 3:18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Die Nuwe Lewende Vertaling van dieselfde vers lui: Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. 

    Die oorspronklike Griekse manuskrip praat van mense wat 'vrede maak.' Ek hou ook van die NLV-vertaling, want dit sê so mooi vrede is iets waaraan ‘n mens moet werk. Dit gebeur nie net nie. Dinge val nie net in plek nie. Ons moet die konfliksituasies met God se wysheid benader, maar ons moet verstaan dat ons daaraan moet werk.

    Trouens, as jy jouself 'n kind van God noem, dan lê jou rol om, namens Hom, as 'n vredemaker op te tree, naby die bokant van jou posbeskrywing.

    As jy dus nadink oor die konflik waarby jy tans betrokke is; wat kan jy doen om vrede te bewerkstellig? Want soos jy die saad van vrede saai, sal jy die seëninge daaruit oes.

    Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ongewone Wysheid

    Send us a text

    Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

    Kan jy dink aan ‘n situasie toe jy betrokke was by 'n spul mense wat openlik in konflik gewikkel was? Mense met uiteenlopende standpunte wat skynbaar nie ooreenstemming kon bereik nie. Watter rol het jy in daardie fiasko gespeel?

    Dit verg baie wysheid om konflik te hanteer. Party mense hardloop weg en vermy die konflik, maar dít laat situasies onopgelos en dit laat wonde wat nie genees nie. Ander mense rol hul moue op en duik kop-eerste in. Soms wen hulle, soms verloor hulle, maar oor die algemeen laat dit verhoudings én hul reputasie aan flarde.

    Nee, om konflik te hanteer, vereis ongewone wysheid. Ons lees in:

    Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

    Dit is nogal 'n stewige lysie, nè. Die wysheid wat God ons wil gee, behels suiwer motiewe en 'n prysenswaardige geaardheid. Dink net hoe anders jy konflik met hierdie soort wysheid sou hanteer. Stel jou voor hoe jy konflik sou benader met 'n opregte begeerte om diegene in die moeilikheid met 'n gesindheid van regverdigheid en eerlikheid te help.

    Dink nou weer terug aan daardie situasie waar jy met openlike konflik gekonfronteer was en besluit hoeveel anders dit sou uitgewerk het, indien jy goddelike wysheid gehad het! Ja, ek weet dit is nie maklik as jy op die slagveld is nie. Maar weet jy watter wonderlike ervaring dit is wanneer jy 'n godvresende persoon met sulke ongewone wysheid raakloop!

    Ongelukkig is sulke mense baie skaars. Wees dus een van hulle. Toon te midde van konflik aan die wêreld die ongewone wysheid van God. 

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Neem Standpunt In

    Send us a text

    Daniël 1:8,9 Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie. God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël.

    Die meeste mense rebelleer nie met voorbedagte rade teen God nie. Dit gebeur soms, maar weet jy, dit begin meestal met een of twee klein kompromieë wat uiteindelik tot 'n volslae rebellie lei.

    In die Ou-Testamentiese tyd was God se volk volgens wet beveel om hulle van sekere kosse te onthou. Dit was maklik om die wette in hul eie land te onderhou, maar toe hulle omstreeks 586 Voor Christus deur die Babiloniërs gevange geneem en tot slawe gemaak is, het dinge radikaal verander. Een van hulle, die jongman, Daniël, bevind hom in die paleis van koning Nebukadnesar.

    Stel jou Daniël se kultuurskok voor. Hy is weggevoer uit sy land, die Babiloniërs het Jerusalem verwoes, die tempel met die grond gelykgemaak en aan die wêreld verklaar dat die God van die Israeliete verslaan is.

    Daniel kom as slaaf voor die dilemma te staan of hy die kos wat voor hom geplaas is, moet eet of nie. Eer ek die God, van wie gesê word dat Hy verslaan is, of eet ek die kos? Kom ons kyk wat gebeur in. 

    Daniël 1: 8 en 9 Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie. God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël.

    Daniel besluit om ‘n standpunt, wat hom sy lewe kan kos, in te neem. Dit verg geloof en moed, maar God is getrou en hy het die hoofpaleisbeampte oortuig om die toegewing te maak. 

    Ons bevind ons vandag nog in dieselfde dilemma. Vloei ek saam met die stroom, of eer ek God en staan ek op vir dít wat ek weet reg is? Al te dikwels neig ons, uit vrees vir die verskriklike gevolge en verwerping, na die wêreldse voorwaardes.

    Luister mooi. God eer diegene wat Hom eer. Neem 'n standpunt in.

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wie is Regtig God se Kinders?

    Send us a text

    Johannes 1:11,12 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word

    Ek sit nou die dag in 'n Bybelstudie saam met 'n klomp mense wat ek nog nie so goed ken nie, toe een vrou verklaar: “Ons is almal kinders van God. Elke mens is deur Hom geskape.” Is sy reg, of nie? Wie is die kinders van God?

    Dit is waar dat elke mens wat ooit geleef het, na die beeld van God geskape is. Dit staan in die eerste hoofstuk van die Bybel (in Genesis 1:27, indien jy belangstel). Maar beteken dit dat die ongeveer agt miljard mense op aarde, plus almal wat al dood is, kinders van God is?

    Dit is beslis wat die wêreld ons wil wysmaak. God is immers 'n liefdevolle God en Jesus het alle mense liefgehad en aanvaar. Natuurlik is ons almal kinders van God! Dit maak nie saak hoe jy by Hom uitkom nie - en daar is baie verskillende maniere, baie verskillende godsdienste, baie verskillende interpretasies – maar Hy sal jou aanvaar net soos jy is, ongeag hoe jy glo. Dit is die wêreld se beskouing van 'n liefdevolle God. Maar wat sê Hy?

    Johannes 1: 11 en 12 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

    Daar is 'n skerp kontras tussen diegene wat Jesus verwerp het en diegene wat in Hom geglo het, nè? Ek kan maklik dink dat Jesus in die eerste eeu baie teëstand ervaar het. Hy was radikaal en Hy het die godsdienstige hiërargie openlik uitgedaag. Dit was destyds nie so maklik om in Hom te glo nie.

    Sover ek kan sien, is dit steeds die geval, want ons moet teen die stroom van hierdie wêreld op swem, om Hom te volg. Maar aan diegene wat in Hom glo, gee Hy die reg om kinders van God te word.

    Die vraag vir elkeen van ons is dus: is ek 'n kind van God?

    Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Dieptes van jou Siel

    Send us a text

    Johannes 1:4,5 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

    Ons is baie lief daarvoor om die skuld op iemand anders te pak, wanneer dinge in ons lewens verkeerd loop. Dit is almal se skuld, miskien selfs God s'n, beslis nie myne nie!

    Weet jy, miskien lag ons daaroor, maar dis net omdat ons weet dat dit waar is. Net omdat ons al keer op keer ander mense vir ons flaters blameer het. Wanneer ons in die koue, harde lig van die dag na ons omstandighede kyk en die probleme objektief ondersoek, sal ons dikwels moet aflei dat ons self, ten minste gedeeltelik, daartoe bygedra het. 

    Maar ons doen dit nie. Ons verkies om nie skuld te erken nie. Ons blameer die res van die wêreld eerder as om verantwoordelikheid vir ons eie dade te aanvaar. En hoe meer ons dit doen, hoe meer ons in die duisternis leef, hoe meer word ons 'n slagoffer, eerder as ‘n oorwinnaar. Maar sodra ons Jesus in die prentjie inbring, verander dinge:

    Johannes 1: 4 en 5 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

    As ons blind is vir ons eie foute, het ons iemand nodig om lig in daardie donker plek te laat skyn. Ons moet ons probleme eerlik identifiseer, net soos dit is. Jesus het nie gekom om net daar buite in die duisternis ‘n lig te skyn nie. Sy hoofdoel was om sy lig in die donkerste dieptes van óns siele te skyn. Om ons lewe te gee, sy lewe, in oorvloed. 

    Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

955 Listeners