Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Handelinge 3:19,20 Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.(NLV)
Wanneer ons in die versoeking kom, is dit die duiwel wat ons met iets verleideliks, iets aantrekliks uitlok. Pasop! Dit is 'n kragtoer, want hy beloof altyd die een of ander voordeel, wat uiteindelik net na ons vernietiging sal lei.
Dis sy ou laai. Kom ons kyk hoe hy dit doen: Versoeking is aanloklik. Dit moet wees, hoe anders sal hy ons in sy strik laat beland? Die versoeking om te lieg, laat jou dink dit hou ‘n finansiële of ander voordeel vir jou in. Die versoeking om gerugte te versprei, om te skinder, is ‘n uitdaging, want dit sal jou belangrik laat lyk, omdat jy die een of ander geheim ken, wat ander nie ken nie.
Die “voordele” (as jy dit inderdaad so kan noem) is altyd korttermyn. Al wat dit doen is om die uiteindelike vernietiging waartoe dit lei, te bedek. ’n Kompulsiewe leuenaar se leuens sal blootgelê word en sy reputasie sal verwoes word. ’n Skinderbek sal uiteindelik verhoudings vernietig. Jy verstaan mos wat ek sê.
Dit is so belangrik om weg te draai van ons sonde, want die belofte van heiligheid en geregtigheid voor God, is waar. ’n Belofte wat meer werd is as goud.
Handelinge 3:19,20 Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.(NLV)
Ons het gister oor die eerste helfte van daardie vers gesels; kom ons fokus vandag op die tweede helfte. Al hou die vyand se beloftes ‘n korttermyn voordeel in, beteken die belofte van God Sy teenwoordigheid, wat ons oor en oor en weer sal verkwik.
Kom ons stop net daar en laat dit insink. Wanneer ons wegdraai van sonde en in ons gebede, in ons begeertes, in ons gedagtes, ons woorde en dade na God wend – sal ons Sy Teenwoordigheid ervaar. 'n Teenwoordigheid wat ons lewens voortdurend sal verfris.
Tye van verfrissing en oplewing. Dit is die kragtige belofte van God vir diegene wat hulle bekeer.
En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Handelinge 3:19,20 Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.(NLV)
Die afgelope paar dae het ons gesels oor die uiters belangrike onderwerp, naamlik die oorwinning oor die mag van sonde in ons lewens, sodat ons dié mense kan wees wat God ons gemaak het om te wees. Die vraag is egter, hoe doen ons dit?
Ja, ek weet die teorie is nie genoeg nie. Ja, dis reg, Jesus het aan die kruis gesterf sodat ons vergewe kan word en die mag van sonde oor ons lewens gebreek kan word. Ja, nog steeds reg, Hy het weer opgestaan sodat ons 'n nuwe lewe kan hê. Dit is alles goeie nuus, maar hoe leef ons dit uit? Hoe word dit ‘n werklikheid in ons lewens? Hoe bekeer ons ons en leef ons vry van sonde?
Hand 3:19,20 Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.(NLV)
Bekering behels ‘n ommekeer, en dit is nie voordat ons tot inkeer kom, dat ons sondes uitgewis word nie. Kom ons dink na oor hierdie proses. Hoe kom jy tot inkeer? Wel eerstens, moet jy, soos die verlore seun, tot insig kom en erken dat hierdie lewe van sonde nie werk nie. Dit beteken om jou trots te sluk en te erken dat jy verkeerd is.
Verder moet jy jou tot God wend en bid en vra vir sy vergifnis. Vra Hom om sy Gees kragtig in jou uit te stort.
Maar dan volg daar is nog 'n kritieke stap - om nie terug te draai nie. Gaan voort op die pad van bekering. Werk saam met God. Laat toe dat die Gees jou lei om jou reaksie op die snellers wat jou tot sonde lei, te heroorweeg. So sal jy nuwe reaksies, wat nuwe gewoontes skep en wat uiteindelik jou gedragspatroon word, vestig.
God nooi ons uit na 'n kragtige vennootskap wat kragtige seën inhou.
Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Efesiërs 1:16-20 ... Ek ... vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken... Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. (NLV)
Ons het die afgelope paar dae gesels oor die oorwinning oor sonde – en onthou, dit beteken om die oorwinning oor sonde wat Jesus vir ons aan die kruis behaal het, uit te leef. Ons het ook gesien dat ons krag nodig het, om dit te doen. Ware krag.
Wanneer ons van ware krag praat, raak menige Christen moedeloos omdat dit nie vir hulle ‘n realiteit is nie. Ons wil so graag uit dankbaarheid vir dít wat Jesus gedoen het, vir God eer, maar tog swig ons weer en weer voor dieselfde sonde.
Dis nogal ‘n dilemma. So baie mense – miskien die meeste - kom tot die gevolgtrekking dat hulle nooit die krag sal hê om die oorwinning wat Jesus belowe het, uit te leef nie. Nou ja, ek is hier om jou vandag, namens Hom, te vertel dat dit nie waar is nie. Kyk na Paulus se gebed in:
Efesiërs 1:16-20... Ek ... vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken... Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. (NLV)
Met ander woorde, jy het reeds meer krag as wat jy ooit sal nodig hê. Opstandingskrag. Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het. Die einste krag wat jy nodig het om die vryheid oor die sonde, waarna jy smag, te kry.
En weet jy, daardie krag word ‘n werklikheid wanneer ons kies om die Woord van God bo die duiwel te glo. Dis waar die krag lê: In God se Woord deur Sy Gees. Want waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.
Glo net! Die krag is reeds joune.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.
Oorwinning oor sonde, veral daardie één sonde wat aanhou terugkom om jou keer op keer te pootjie, is aan die eenkant 'n uitgemaakte saak; maar aan die anderkant is dit iets wat menige Christene ontwyk.
Dit is 'n ernstige probleem, nè? Jesus het ons vrygemaak en tog hou ons aan met sondig. Kom ons praat nou eers oor die waarheid dat Jesus ons vrygemaak het van die mag van sonde.
Romeine 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
Daar is dit swart op wit – die krag van die Kruis maak ons vry van die mag van sonde. Gister het ons gepraat oor die rol wat ons verstand daarin speel. Neuroplastisiteit werk so: gewoontes is in ons brein soos voetpaadjies in die veld. Dit verg moeite om ‘n nuwe voetpaadjies oop te trap en terwyl ons dit doen, groei die ou verkeerde paadjies toe. God het ons breine so wonderbaarlik gemaak dat ons, met volgehoue deursettingsvermoë, slegte gewoontes in goeies kan verander.
Maar wag nou, so maklik is dit nie. Deur diep aan ons sondige gewoontes te dink en dit in ons koppe te probeer regstel, werk nie. As dit die geval was, sou ons nie vir Jesus nodig gehad het nie. Wat ons kortkom is werklike krag - die krag wat die Heilige Gees ons kan gee.
2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.
Ek en jy kan dit nie op ons eie doen nie. Ons het krag van die Heilige Gees nodig. God het dit altyd geweet. Daarom het Hy sy Gees die oomblik toe ons in Jesus geglo het, in oorvloed op ons uitgestort.
en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?
Dis een ding, om te weet dat Jesus gesterf het en weer opgestaan het om ons van sonde te bevry. Maar dit is 'n heel ander ding om daardie waarheid uit te leef; om 'n einde te maak aan daardie één sonde wat jou aanhoudend pootjie.
En dit is ‘n probleem, nie waar nie? Ons weet dat Jesus aan die kruis gesterf het om die prys vir ons sonde te betaal en ons vry te maak van die mag wat dit oor ons lewens het. Maar die probleem is dat sonde – veral daardie één sonde wat ons voortdurend teister – blykbaar voortduur.
Romeine 6:1,2 Dink jy dus dat ons moet aanhou sondig sodat God ons meer en meer genade sal gee? Natuurlik nie! Ons ou sondige lewe het geëindig. Dit is dood. So hoe kan ons voortgaan om in sonde te lewe?
Ja, dit is 'n retoriese vraag, maar die antwoord is redelik maklik. Dit lyk asof ons net weer en weer daarin teruggly.
Kom ons fokus vir die oomblik op daardie "één sonde" in jou lewe. Wat is dit? Vir my is die sonde wat ek moes hanteer, woede. Wat is joune? En as jy daaraan dink, is daar altyd 'n sneller, iets wat dit aan die gang sit. Dit is tyd om jou sneller te identifiseer. Wat is dit? En watter plan kan jy maak om wanneer dit die volgende keer gebeur, die regte keuse te maak, eerder as jou gewone slegte een?
Jy het 'n wonderlike brein wat in staat is om homself te herbedraad. Ons noem dit neuroplastisiteit. Jou brein sal outomaties wil terugbeweeg na die verkeerde keuse wanneer hy daardie sneller ervaar; maar wanneer jy jou nuwe plan in werking stel, en dit aanhoudend herhaal, skep dit nuwe gedragspatrone.
God het 'n plan. Hy het vir Jesus gestuur om jou van sonde vry te maak. Dit is tyd dat ek en jy ons planne hersien, om met sy plan ooreen te stem.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 3:34-36 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
Kan ek jou vandag vra, is Jesus jou lewe? Wat ek daarmee bedoel, is dit: is Jesus werklik die Here van jou lewe? Het jy alles wat jy is, alles wat jy het, elke hoop, elke droom tot Sy beskikking gestel?
“Jesus is Here” rol redelik maklik van menige Christen se tong af. Maar is dit werklik waar? Die woord "Here" in die Nuwe Testament is afgelei van ‘n woord wat "oppergesag" beteken.
Vorm Jesus die belangrikste deel van jou lewe? Is die wil van God jou top prioriteit in jou daaglikse lewe? Want weet jy, dit wat ons glo en dit wat ons doen, is wat Jesus betref, twee kante van een en dieselfde muntstuk.
Johannes 3:34-36 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
Jesus sê vir ons wat God sê - Hy is ten volle gevul met die Heilige Gees en Hy het mag oor alles. Met ander woorde, Hy het oppergesag. Hy is oppermagtig. Dit is onteenseglik die volle waarheid.
Nou ja, hier is die twee kante van daardie een muntstuk. Luister weer na God:
Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
Om te glo, is om te doen en om te doen, is om te glo. Goed, my vriend, noudat ons die waarheid mooi verstaan: dat hoe ons ons lewens leef, die bewys is van ons geloof in Jesus, kan ek jou weer vra: is Jesus werklik die Here van jou lewe? Is Hy jou lewe … of nie?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 3:29,30 . . . Daarom is ek nou met blydskap vervul. Hy moet meer word en ek minder.
Een van die dinge wat Jesus gesê het wat Hy hier op die aarde kom doen het, was om die gevangenes vry te laat. Nou ja, die meeste van ons het nog nooit aan onsself as gevangenes gedink nie, of hoe?
Wel, wat van jou? Hoe klink die idee dat Jesus vir jou uit jou gevangenskap kom vrylaat het? As jy my daardie vraag gevra het voordat Jesus aan my deur kom klop het, sou ek gesê het dit is nie van toepassing op my nie. Maar as jy my vandag dieselfde vraag vra, sal my antwoord wees: Hallejuja, dankie, Jesus!
Want die grootste ding waarin ek vasgevang was, was my ego, my gevoel van selfbelang, my begeerte om goed geag en bewonder te word. En dan ook daardie oorheersende begeerte om populêr te wees, om mense te betower met my briljantheid. Dit was 'n aaklige ding wat uiteindelik my lewe verwoes het.
Jesus se neef, Johannes die Doper, was ‘n man wat groot skares kon lok. Hy was 'n rare woestynbewonende, kameelhaardraende, sprinkaan- en heuningetende vreemdeling. Maar die hand van God was op hom om die harte van mense voor te berei om Jesus te ontvang om letterlik, die weg vir die Here voor te berei.
Maar toe Jesus op die toneel verskyn, het die skares Johannes begin verlaat en na Jesus gestroom. Dit het Johannes se dissipels eindeloos ontstel. Hulle het na hom toe gegaan en gekla – Haai, hierdie Jesus ou is besig om al die aandag van jou af weg te neem. Wat gaan ons doen? Maar kyk, dit is hoe Johannes hulle geantwoord het:
Johannes 3:29,30 . . . Daarom is ek nou met blydskap vervul. Hy moet meer word en ek minder.
En dit, dit is hoe die lewe van 'n Christus-volgeling moet lyk. Dit maak nie saak in watter uithoek van die wingerd die Here ons laat werk nie, dit gaan nie oor ons nie. Dit gaan oor Hom. En wanneer al die eer aan Jesus toekom, dan word ons uiteindelik uit ballingskap bevry.
Hy moet meer word en ek minder.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Efesiërs 1:1 Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. . .
Ons het almal al somtyds klein en onbeduidend gevoel - miskien is dit hoe jy nou voel. Klein … onbeduidend. En in hierdie suksesgedrewe wêreld waarin ons leef, dink ons dit is 'n slegte ding.
Daar is iets in elkeen van ons wat smag na erkenning. Ons begeer dat mense verblind moet word deur ons sukses. Die apostel Paulus was een van daardie ouens. Voordat hy Jesus op die pad na Damaskus ontmoet het, was sy naam eintlik Saulus. Hy was vernoem na Israel se eerste koning, 'n man wat lank, aantreklik en ydel was. Saulus was uit die stam van Benjamin, 'n lid van Israel se regerende liggaam, die Sanhedrin, en hy het aan die beste skole gestudeer.
Hy noem homself 'n Fariseër onder Fariseërs, 'n vervolger van die kerk en hy beskou homself as regverdig onder die wet. As iemand die reg gehad het om suksesvol genoem te word, was dit hy. Maar toe hy Jesus op pad na Damaskus ontmoet het, het die Here vir hom 'n nuwe naam gegee. Hy sou nie meer Saulus wees nie, maar Paulus. En dis die naam wat hy altyd daarna gebruik het.
Efesiërs 1:1 Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. . .
Nou maar watter verskil maak ‘n naam? Nee, my vriend, dit maak ‘n reuse verskil in die Hebreeuse kultuur. Jou naam het jou as persoon gedefinieer. Jy weet wat die naam "Paulus" beteken? Dit beteken letterlik "klein".
Hierdie eens arrogante, beledigende en suksesvolle man, Saulus, moes Paulus word om in die hande van God bruikbaar te wees; om 'n apostel te word wat deur God uitgestuur is om sy werk te doen; om uiteindelik amper die helfte van die boeke van die Nuwe Testament te skryf.
Hy moes ‘klein’ gemaak word. Hy moes verneder word.
Wanneer jy in Christus is, moet jy nooit, nooit bang wees om klein te wees nie. Nederigheid is in werklikheid 'n goeie ding.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Gister het ons gesels oor hoe klein, hoe ontoereikend, hoe leeg ons soms voel wanneer ons voor God kom. Jy ken daardie gevoel, God is so groot, so ongelooflik groot, so liefdevol, maar jy het vandag net mooi niks om vir Hom te gee nie?
Ons het almal al daardie gevoel van ontoereikendheid ervaar. Daardie dae wanneer jy voel dat jy nie eers jou kop kan oplig om God te aanbid nie. Dit is 'n ontstellende gevoel. Ons voel asof ons Hom in die steek laat.
Hierdie groot God, die Skepper van die Heelal, die Een wat Jesus gegee het as 'n offer vir ons sonde … en ons het niks om vir Hom te gee nie? Dis hartseer, nè. En tog ken God al ons swakhede. Hy weet hoe die lewe ‘n mens se siel kan wegskeur. Hy weet hoe moeilik dinge kan wees, fisies, emosioneel en geestelik.
En dit, my vriend, is juis waarom die Skepper van die heelal, die Een wat dit alles bymekaar hou, afgekom het om een van ons te wees.
Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Van die begin af het God daarna verlang om by Adam en Eva in die tuin van Eden te wees. Teen die tyd wat die aandwind opkom, het Hy saam met hulle gestap. En ons sien ook in die Ou Testament hoe God in die Tabernakel, die Tent van samekoms in die woestyn, saam met Israel gewoon het. So ook later in die Tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.
Maar hier sien ons hoe Christus nader aan ons kom. Die Woord, die logos, Jesus deur wie alle dinge geskep is, het 'n mens geword om – letterlik by ons te “tabernakel” – om onder ons te kom woon.
Jesus is God wat nader aan ons kom. Naby jou, naby my.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Konings 8:27,28 “Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar vandag tot U rig.”
Nou-ja sê my, wat is jou begrip van God? Is Hy van ewigheid tot ewigheid? Is Hy verhewe bo alles? Is Hy die Skepper van die heelal? Hoe verstaan jy in jou hart en verstand die realiteit van wie God werklik is?
Nou die dag, in my eie vroeë oggend stiltetyd van gebed en Bybellees, het ek gevind dat ek na God toe gaan met niks om te gee nie. Dit het gevoel asof ek niks gehad het om oor te bid nie. Daar was net niks daar nie. En die rede waarom ek dit met jou deel, is dat dit van tyd tot tyd met ons almal gebeur, en tog wil nie een van ons dit aan onsself erken nie, wat nog te sê, daaroor praat.
Ons ken die teorie – God is van ewigheid tot ewigheid, Hy is verhewe bo alles, Hy is die Skepper van die heelal. Maar ons is so klein, so onbeduidend, so leeg party dae, dat dit byna onmoontlik is om daardie waarheid vas te vat.
Terwyl koning Salomo voor die volksvergadering van Israel gebid het toe die Verbondsark, wat die teenwoordigheid van God self bevat, in die nuutgeboude tempel ingebring is, is dit wat hy gesê het in:
1 Konings 8:27,28 Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar vandag tot U rig.”
Ja, God is heeltemal te groot vir ons om te begryp, maar Hy smag daarna om hier by ons op aarde te woon. Hy smag daarna om na ons gebede te luister. Wanneer jy te klein voel, heeltemal onvoldoende, en met niks om te gee nie, onthou, Hy is hier saam met jou.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners