God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Om Sondaars te Red

    Send us a text

    Matteus 27:32-37 Op pad kom hulle ’n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom opgekommandeer om Jesus se kruis te dra. Hulle kom toe by die plek aan wat Golgota genoem word – dit beteken Kopbeenkoppie. Hulle gee toe vir Hom ’n mengsel van wyn en bitter kruie om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. Nadat hulle Jesus gekruisig het, het die soldate sy klere verdeel deur die gooi van dobbelsteentjies. Hulle het daar rondgesit en Hom bewaak. Hulle het ’n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.” (NLV)

    Gister het ons gesels oor hoe om jou vyande lief te hê – een van daardie baie ongemaklike dinge waaroor Jesus gepraat het. En dit was nie net iets wat Hy gesê het nie, Hy het daarvoor gelewe en gesterf.

    Dit maak nie saak wie jy is nie, waar jy woon, of wat jy glo nie, maar jy weet, soos ons almal, dat Jesus aan 'n kruis vasgespyker is. Byna almal op die planeet weet dit - selfs al verstaan nie almal waarom dit gebeur het nie. Maar dit is tog so maklik om die wrede werklikheid van Sy kruisiging te ignoreer, nè?

    Matteus 27:32-37 Op pad kom hulle ’n man met die naam Simon teë. Hy was van Sirene afkomstig. Hulle het hom opgekommandeer om Jesus se kruis te dra. Hulle kom toe by die plek aan wat Golgota genoem word – dit beteken Kopbeenkoppie. Hulle gee toe vir Hom ’n mengsel van wyn en bitter kruie om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. Nadat hulle Jesus gekruisig het, het die soldate sy klere verdeel deur die gooi van dobbelsteentjies. Hulle het daar rondgesit en Hom bewaak. Hulle het ’n plakkaat, met die rede vir Jesus se kruisiging daarop, bokant sy kop vasgesit. Dit het gelui: “DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.”(NLV)

    Dit is verskriklik om die gruwel van die kruisiging weer te hoor, maar hoe sal dit klink as jy deur Jesus se oë daarna kyk? In die middel van die 19de eeu het 'n man met die naam Octavius Winslow dit so gestel:

    Jesus was so ernstig om sondaars te red deur Homself te offer, dat Hy eintlik die boom geskep het waarop Hy sou sterf, en die manne wat Hom aan die vervloekte hout sou spyker, van kleins af gevoed het.

    Ek weet nie van jou nie, maar daardie woorde slaan my voete onder my uit. Dit gee 'n hele nuwe betekenis aan Sy opdrag aan ons, om ons vyand lief te hê.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Mense waarvan jy nie Hou nie

    Send us a text

    Matteus 5:43-48 43“Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen. “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie? “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief.”(NLV)

    Ek het vandag 'n vraag vir jou. Nee, eintlik twee. Eerstens, hoeveel mense het jy in jou lewe, wat jy werklik nie kan verdra nie? En tweedens, hoe behandel jy hulle wanneer jy hulle raakloop?

    Toemaar, jy is nie die enigste een wat ongemaklik voel daaroor nie. Daar is tans verskeie mense in my lewe van wie ek glad nie hou nie. Daar is een spesifieke persoon waaraan ek nou dink. Hy is 'n boelie. Hy boelie nie vir my nie, maar ek sien hoe hy sy personeel op die verskriklikste maniere boelie. Daar is 'n paar ander ook. Wat van jou?

    Ons instinktiewe reaksie teenoor daardie mense is waarskynlik om hulle te haat. Soms wens ons selfs dat hulle iets verskriklik moet oorkom. Ja, ons wil hulle partykeer vertel wat ons van hulle dink; ons wil skinder oor hulle, of hulle op een of ander manier terugkry. Dit is maar hoe ons koppe werk. Maar kyk wat Jesus daaroor sê in:

    Matteus 5:43-48 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen. “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie? “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief.” (NLV)

    Onthou net dat jy nooit iemand sal ontmoet vir wie God nie lief is nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Krag vir Vandag

    Send us a text

    Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 

    Die Goeie Nuus van Jesus kom in twee dele. Vergifnis vir ons sondes deur sy offer aan die Kruis, en 'n nuwe lewe van nou af tot in ewigheid. Met ander woorde, vergifnis van die verlede, en krag vir die hede.

    En dit is wonderlike nuus, nie waar nie? Maar ek het nou die dag iets gelees wat lui:

    Die hedendaagse Christendom is geneig om meer te preek oor vergifnis van die verlede as oor mag vir die hede. Jesus het nie net gekom om ons te vergewe nie, maar om ons aan die brand te steek vir sy doel en sending hier op aarde, vandag!

    Dis nogal waar, nè? Daar word so baie gefokus op Jesus se offer vir ons aan die Kruis. Dit is baie belangrik, want dit is immers die grootste liefdesdaad in alle ewigheid. Ja, ons moet stilstaan by Golgota en oorweldig word deur die grootheid van God se liefde, en ons harte moet met dankbaarheid en ons oë moet met trane gevul word.

    Maar ons moet ook van daardie heuwel na die leë graf stap om die opgestane Christus te ontmoet, want Hy wil ons met krag vul. Die krag om heilig te leef. Die krag om sy wil te doen. Die krag om ander lief te hê soos Hy ons eerste liefgehad het. Die apostel Paulus skryf vanuit sy dodesel:

    Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

    Uit daardie verskriklike plek, het Paulus die mense aangemoedig, vermaan en God geprys … met soveel krag dat God vandag nog, deur hom, met ons praat.

    Dit is natuurlik noodsaaklik dat jy die wonderlike vergifnis vir jou verlede, wat jy in Christus het, verstaan. Maar, mag jy dan soos Paulus, smag om Christus te ken en die krag wat Hom uit die dood opgewek het, te ondervind.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Konformiteit versus Moraliteit

    Send us a text

    Mattheus 5:10-12 Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”(NLV)

    Deesdae is die druk om van God se Waarheid af te wyk, baie groot. Miskien het jy ook gevoel dat mense jou in ‘n blik probeer druk om sy Waarheid as die irrelevante gebabbel van 'n verouderde kerk te beskou?

    Ek voel dikwels so ... uit pas, met die hoofstroom denke. Nie net oor een of twee kwessies nie, maar oor baie kwessies. Daar is kere wanneer ek wonder of dit alles die moeite werd is om gedurig teen die stroom op te swem. Dis harde werk en daar is tye wanneer ek in die versoeking kom om op te gee.

    Miskien het jy ook al so gevoel?

    Ek dink die wêreld haat jou, wanneer jy, wat in Jesus glo; Hom onvoorwaardelik glo en daardie Christus-eerste-besluit in jou lewe neem. En dit maak seer, want al wat jy probeer doen, is die regte ding. Al wat jy probeer doen, is om 'n godvrugtige en vreedsame lewe te lei. Maar die druk op ons om te konformeer, is intens, is dit nie?

    Matteus 5:10-12 Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”(NLV)

    Konformiteit is om te doen wat almal doen, ongeag wat reg is. Moraliteit, aan die ander kant, is om te doen wat reg is, ongeag wat al die ander mense doen.

    Kies wat reg is, want jou beloning in die hemel sal groot wees. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Ongesonde Versuim

    Send us a text

    Jakobus 1:22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. (NLV)

    Op 'n sekere stadium in jou lewe het elkeen wat sê dat hy in Jesus glo, 'n belangrike keuse om te maak. Hy moet besluit of hy werklik sal doen wat Jesus vir hom sê, en of hy net met sy lewe sal voortgaan soos gewoonlik?

    Een van die dinge wat ek opgelet het by mense wat bely dat hulle in Jesus glo, is dat dit soms is vir hulle baie moeilik om hulle los te skeur van dít waaraan hulle gewoond is, en te doen wat Hy vir hulle sê – vir ons sê – om te doen. 

    Nou ja, baie van daardie dinge is nogal ongerieflik om te gehoorsaam. Wees lief vir jou vyand. Draai die ander wang. Stap die ekstra myl. As ons eerlik is, sal ons erken dat ons in ‘n mindere of meerdere mate, almal daarmee sukkel. Maar soos ek gesê het, iewers langs die pad moet ons elkeen 'n besluit neem.

    Óf ons neem Hom ernstig op, en begin ons lewens op sy manier leef, óf ons gaan voort soos gewoonlik, en ignoreer die dele waarvan ons nie hou nie. Die eerste opsie vereis 'n besluit, maar die tweede een vra geen besluit nie. Waar is jy op jou geestelike reis? Het jy al ‘n besluit geneem … of nie?

    Jakobus 1:22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. (NLV)

    Met ander woorde, as ons bloot hoorders van die Woord is, eerder as doeners, en as ons op die ou trant voortgaan, is ons lewe ‘n klug. Ons leef 'n leuen.

    Ek het iemand eenmaal hoor sê: jy hou dalk 'n Bybel in jou hand, jy preek selfs daaruit, maar leef jy daaruit? Dit is 'n baie goeie vraag, want as dit nie jou lewe verander nie, bedrieg jy jouself.

    Miskien is vandag die dag om daaroor na te dink. Miskien is vandag die dag vir jou om daardie Christus-eerste-besluit vir eens en vir altyd te neem.

    Komaan! Wees 'n dader van die Woord, nie bloot 'n hoorder wat die res van jou lewe as 'n leuen leef nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Beide Genade en Waarheid

    Send us a text

    Johannes 1:14,16,17 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.... Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

    Ek bekommer my oor politiese groeperinge onder Christene. Nie omdat ek nie my eie sienings het nie, maar omdat dit my seermaak om te sien hoe Christene hulself hierdeur definieer, eerder as deur hulle verhouding met Jesus.

    Jy sien dit oral, nie waar nie? Links teen regs. Vaksineerders teen anti-vaksineerders. Pro-lewe teen pro-keuse. Dis wat jy verwag van die wêreld daar buite, waar sonde hoogty vier. Maar jy verwag dit nie onder Christene, waar ons volgens Jesus gekenmerk behoort te word deur ons liefde vir mekaar nie.

    Tog lyk dit of Christene aan die een kant van die politiese skaal in staat is om, soos Carey Nieuwhof dit stel: genadelose waarheid met soveel venynigheid uit te deel, dat dit mense met die skerp lem van die waarheid verpletter. En dikwels is die teenpool, 'n genade sonder ‘n swym van waarheid.  Hier geld die slagspreuk: "as dit goed voel, doen dit", en dit lei niksvermoedende mense na 'n ewigheid sonder Christus.

    Kyk net in watter gemors is God se kerk, met skeurings wat so diep loop, dat niemand die krag het om hulle probleme op te los nie. Maar kyk na Jesus se antwoord in:

    Johannes 1:14,16,17 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.... Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

    Het jy gesien? Jesus is vol genade en waarheid. En dit is presies waartoe ek en jy ook geroep is, nie politiese groeperinge nie. Is dit maklik om terselfdertyd genadig en eerlik te wees? Glad nie! Dis hoekom ons elkeen vir Jesus nodig het, sodat ons vol genade en waarheid kan wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Genade Sonder Waarheid

    Send us a text

    Romeine 1:32 Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is. (NLV)

    Ons het die afgelope paar dae oor die waarheid gesels. God se Waarheid. En ons het gesien dat waarheid sonder genade maar net 'n klipharde namaaksel is. Waarheid sonder genade is glad nie God se waarheid nie. Maar wat van genade sonder waarheid?

    Politiese groeperings is deesdae 'n alledaagse ding. Maar weet jy, regs van daardie spektrum is dit nie te moeilik om genadelose smouse van God se waarheid te vind nie. Mense wat, soos Carey Nieuwhof dit stel, ander sal vermorsel met die skerp lem van die waarheid. Ons het dit almal al gesien.

    Maar aan die teenoorgestelde kant van daardie politiese spektrum, na links, kry jy genade sonder waarheid. Laat ek weereens vir Carey Nieuwhof aanhaal: 

    Verwyder waarheid uit genade en jy het nie genade nie, maar 'n ruggraatlose namaaksel. (Jy sien seker, dat dit die skadukant van liberalisme is.) 

    Ek weet, hierdie verwysings na links en regs, na konserwatisme en liberalisme kan sommige mense ontstel, maar ek wil nie een groep hier bo die ander stel nie. Die belangrikste ding is om God se Waarheid, God se Woord in ons hedendaagse situasie te gebruik. Hier is Sy Woord oor genade sonder waarheid in:

    Romeine 1:32 Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is. (NLV)

    Jy kan iemand liefhê en jy kan vol genade teenoor hulle wees, maar tensy jy ook God se waarheid as maatstaf gebruik, dan gee jy vir hulle ‘n ruggraatlose namaaksel van genade. Jy sê dan in werklikheid, vergeet van al daardie morele goed in die Bybel, dit is outyds. Dit is nie meer van toepassing nie, want deesdae is enigiets, en alles, oukei.

    Maar dit is eenvoudig nie waar nie. Genade sonder waarheid lei tot 'n ewigheid sonder Christus.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Waarheid oor Genade

    Send us a text

    Galasiërs 6:1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. (NLV)

    Die afgelope paar dae het ons oor die waarheid gepraat. God se Waarheid. Maar selfs Christene gebruik dikwels sy waarheid op so ‘n manier soos 'n wapen, dat dit verwoesting saai, eerder as om genesing te bring.

    Waarheid sonder genade is 'n gevaarlike ding. En ongelukkig sien jy al te dikwels hoe “Christene” sonder genade oordeel. ’n Man vir wie ek baie respek het, Carey Nieuwhof, stel dit so:

    Jesus het gesê Christene moet bekend staan as mense wat innig liefhet. Maar studies toon dat ons in die oë van baie nie-Christene bekend staan as mense wat ongenadig oordeel. Die probleem is dikwels nie dat ongelowige mense geen Christene ken nie. Die probleem is dat hulle wél Christene ken. En dat hulle goeie rede het om nie van ons te hou nie.

    As dít ons nie laat regop sit en kennis neem nie, weet ek nie wat sal nie. Hy sê verder: Verwyder genade van die waarheid en jy het eintlik glad nie die waarheid nie, maar 'n koue, klipharde namaaksel.

    Hoe maklik, hoe ongelooflik maklik, is dit nie vir ons om in 'n gees van veroordeling, op mense neer te sien en te dink dat ons die regte ding doen nie?

    Galasiërs 6:1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie. (NLV)

    Sê my: Wat is jou eerste reaksie wanneer jy sien iemand doen iets wat jy weet absoluut verkeerd is? Is dit om hulle te veroordeel, of is dit om hulle in 'n gees van sagmoedigheid te help??!

    Laat ek dit weer sê: wanneer ons genade uit die waarheid verwyder, het ons nie meer waarheid nie, maar 'n koue, klipharde namaaksel.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Vind die Regte Kerk

    Send us a text

    Titus 1:9 Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.

    Ek weet nie waar jy staan in terme van jou verhouding met Jesus nie, maar 'n integrale element van daardie verhouding is om deel te wees van sy liggaam; deel van die familie van gelowiges.

    Een van die vrae wat ek gereeld gevra word, is, hoe kies ek die regte kerk om by in te skakel? En omdat dit so 'n belangrike vraag is, is dit iets waaroor ek nogal baie praat. 

    Dit is maklik om, wanneer jy 'n kerk soek om deel van te word, jy op die sigbare dinge fokus. Die demografie van die gemeente, die styl van aanbiddingsmusiek, die kinderprogram, die gemak om soontoe te gaan, die beskikbaarheid van parkeerplek, selfs hoe sag die sitplekke is.

    Maar in 'n era waar ons minder en minder bekommerd is oor die waarheid en meer gefokus is op ons gemak en gerief, loop ons die risiko om die belangrikste ding te mis.

    Titus 1:9 Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.

    Die oorspronklike Griekse teks van daardie gedeelte praat van "gesonde leer"! Wie stel belang in die leerstelling? Dis outyds. Nee wag, die leerstelling vertel ons of die kerk God se waarheid verkondig. Daar is nie een van ons wat nie nodig het om God se waarheid, God se liefde en God se krag in ons harte te beleef nie. Want daar is nie een van ons wat nie die een of ander sonde in ons lewens het om te hanteer nie.

    Soos iemand eenkeer gesê het, moenie die kerk naaste aan jou huis soek nie. Soek die kerk naaste aan die Bybel. Dit is waar jy genesing vir jou siel sal vind.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Opvatting versus Waarheid

    Send us a text

    2 Timoteus 1:13,14 Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het. Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

    Een van die dinge wat ek opgelet het, is die feit dat dit deesdae vir ons baie maklik is om van die waarheid af te dwaal. Miskien het jy ook al agtergekom hoe groot die invloed van die voortdurende stroom van media boodskappe is? 

    Dit lyk asof mense baie ywerig is om hul menings te lug, hetsy in die tradisionele media of in die troebel golf van die sosiale media. Maar weet jy, dit maak nie saak hoe hard daardie stemme mag skree nie; ‘n mening bly ‘n mening en dit is nie altyd die waarheid nie.

    Dink net aan die media wat jy verbruik, die mense na wie jy luister. In watter mate het hulle jou alreeds beïnvloed? Bepaal hulle hoe jy dink en wat jy glo? En hoe meer ons die media glo, hoe meer sleep dit ons weg van God se Waarheid.

    Dit is nie 'n probleem wat uniek is aan ons 21ste eeuse mediagedrewe lewe nie. Kyk hoe die apostel Paulus dit gestel het toe hy in die eerste eeu aan sy jong dissipel Timoteus, geskryf het in:

    2 Timoteus 1:13,14 Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het. Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

    Met ander woorde, kom terug na God se Woord. Ken sy waarheid, glo sy waarheid, leef sy waarheid, dit maak nie saak hoe hard die wêreld se opinies die teendeel skree nie. Want wanneer jy al hoe nader aan Jesus kom, word sy wysheid, sy nederigheid, sy liefde, sy genade – wat direk teenoor die lawaai van die wêreldse opinies staan - soos ’n skat vir jou siel.

    Dit maak nie saak hoe oordonderend die wêreld se opinies mag wees nie; hulle is geen plaasvervanger vir God se waarheid nie. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners