God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Dink Mooi wat jy Sê

    Send us a text

    Jakobus 3:9-12 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

    Ek dink nie daar is een persoon op hierdie aarde wat nie al spyt was oor iets wat hy of sy gesê het nie. Ai, as ons dit maar net kon terugtrek. As ons net daardie dom ding wat by ons monde uitgekom het, kon uitvee. Maar dit werk nie so nie.

    Wat ons sê en hoe ons dit sê, is 'n venster in ons siel. Ek en jy, kan 'n wonderlike beeld voorhou. Ons kan respekvol en nederig én godvresend optree, maar eendag glip iets aakligs uit, wat die hele wêreld wys wat regtig binne aangaan.

    Ek bedoel, jy is lief vir God, nie waar nie? Jy wil Hom eer, maar soms bring ons tong ons in groot verleentheid.

    Jakobus 3:9-12 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

    Daar is nie 'n enkele persoon wat jy ooit sal ontmoet, wat nie na God se beeld geskape is nie. Daar is ook niemand vir wie God nie net so lief het, soos Hy vir jou het nie. En om God die een oomblik te loof, en dan in die volgende oomblik iemand vir wie Hy lief is, te vervloek, is absolute skynheiligheid.

    Wie is die mense in jou lewe, van wie jy regtig nie hou nie? Miskien is dit tyd om te begin bid dat God jou hart teenoor hulle sal verander. Miskien is dit tyd om te begin fokus op jou houding teenoor hulle. Hoekom? Omdat God hulle liefhet.

    Dink daarom tog baie mooi wat jy sê. . .

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Lewe of Sterwe

    Send us a text

    Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

    Ek dink dat ten spyte van die feit dat ons almal al probleme ondervind het, selfs tragedies wat ons nie vir ons grootste vyand sou toewens nie, ervaar het, is dit waar om te sê dat die meeste van ons, ons lewe vir niks ter wêreld sal verruil nie.

    Toemaar, ek weet daar is party dae wat ons wens dat ons nooit gebore is nie. Ek was ook al daar. Maar as jy terugstaan en na jou ervarings kyk, sien jy daar is 'n rykdom van lewe, selfs in die teëspoed. En as jy na die goeie tye kyk, besef jy daar is soveel om na uit te sien.

    Ek onthou 'n paar jaar gelede, net voor ek en my vrou op 'n oorsese vakansie, waarvoor ons jare lank gespaar het, sou vertrek, het ek by myself gedink: "Ek hoop nie die Here besluit om terug te kom voordat ons terug is nie.” Ek kry lag vir myself, maar jy verstaan wat ek bedoel? 

    Maar as jy toelaat dat hierdie tipe van gedagtes hand uitruk, is daar 'n groot risiko dat ons uiteindelik vasklou aan die lewe op hierdie aarde. ‘n Gevaar dat ons ons eie lewe bo alles stel, al weet ons vir seker dat dit eendag tot 'n einde sal kom.

    En dit beïnvloed die manier waarop ons leef. Dit veroorsaak dat ons ons lewens hoofsaaklik vir onsself leef. So ‘n selfsug is nie net ongesond nie, maar wanneer ons enigiets belangriker as God beskou, al is dit ons eie lewens, wel, dan is dit, in sy taal, afgodery.

    Net ingeval jy in daardie strik getrap het – en ek weet dis baie maklik om daar te beland – onthou hierdie woorde:

    Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

    Leef jou lewe vir Christus, nie vir jouself nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Met ‘n Gewillige Hart

    Send us a text

    Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

    Wanneer ek terugkyk na die pad waarop God my gebring het, kan ek die groot werk wat Hy in my hart gedoen het, sien. Maar as ek vorentoe kyk, weet ek dat Hy nog nie klaar is nie. Wat van jou?

    Die lewe is 'n reis en my gebed is dat jy ook, wanneer jy terugkyk na die pad waarop God jou gebring het, sal kan sien hoe Hy jou deur al jou op- en afdraandes laat groei het, jou verfyn en gepoets het. Die persoon wat jy vandag is, behoort soveel meer volwasse, baie nederiger en meer godvrugtig te wees, as wat jy byvoorbeeld vyf jaar gelede was.

    En hierdie reis wat teoloë ‘heiligmaking’ noem (alhoewel ek verkies om daaraan te dink as rehabilitasie) is ’n lewenslange proses. God het soveel meer werk om in jou te doen, net soos Hy ook in my moet doen.

    Maar soms lyk dit asof daardie werk stilstaan. Soms voel dit vir ons asof ons nie vorentoe gaan nie. Maar weet jy wat besig is om te gebeur? Ons is besig om agteruit te gly; terug te val in ons ou lewe van sonde.

    Hoekom gebeur dit? 'n Groot deel daarvan, dink ek, is dat ons teen sy dissipline in opstand kom. Die idee van gehoorsaamheid was immers nog nooit 'n besonder gewilde een nie ... nie waar nie? Kyk wat sê: 

    Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

    Sjoe! Hier is iemand wat daarna smag om God se wil te ken en om Hom te gehoorsaam. En dit is hierdie verlange wat nie net sal keer dat jy teruggly nie, maar dit sal jou geestelike groei laat versnel.

    ...verlustig jou in sy voorskrifte, en gehoorsaam Hom. 

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Loof die Here

    Send us a text

    Psalm 149:4-6 Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning. Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. Die roem van God klink uit hulle mond, en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,

    Daar is tye wanneer ons lus het om God te loof en te prys, maar as ons eerlik wil wees, is daar tye wanneer ons nie daarvoor lus is nie. Maar daar is ook tye wanneer ons soveel rede het om Hom te loof, maar ons kom net nie daarby uit nie.

    Daar was 'n tyd in Israel se geskiedenis toe God hulle 'n groot oorwinning oor hul vyande gegee het. Destyds was die gevaar van oorlog, en die verskriklike werklikheid van oorlog, 'n deel van hulle lewe. Net soos dit ongelukkig vandag nog, op baie plekke in die wêreld ‘n probleem is.

    Groot oorwinnings was dus rede vir groot feesvieringe. En die beste manier om fees te vier, is om die Here te loof.

    Psalm 149:4-6 Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning. Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. Die roem van God klink uit hulle mond, en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,

    Dit is regtig uitbundige taal, nè? Daar is 'n uitgelatenheid in daardie paar verse wat jy net nie kan miskyk nie.

    Dink ‘n bietjie terug, aan die laaste keer wat die Here jou op ‘n besondere manier geseën het. Miskien was dit 'n emosionele oorwinning, 'n genesing of 'n finansiële deurbraak? Jy het onder druk gevoel, jy was bang en moontlik bekommerd oor jou toekoms, maar Hy het jou daaruit gered.

    Sê my, het jy dit gevier? Het jy van vreugde in jou bed gesing? Het jy sy lof uitgeroep? En indien nie, waarom nie?

    Laat lofsange tot God se eer jou hart vul en juig daaroor die volgende keer as iets goeds in jou lewe gebeur. Gee Hom al die eer vir wat Hy gedoen het. Want die volgende keer as jy in die moeilikheid is, sal dít jou help as jy terugdink aan die magtige oorwinnings wat Hy in jou verlede al vir jou gegee het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jy Is Myne

    Send us a text

    Jesaja 43:1-3 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

    Een van die mees algemene simptome wat ons almal tydens moeilike tye in ons lewens ervaar, is 'n gevoel dat ons van God geskei is. Dit voel amper asof Hy ons verlaat het; amper asof Hy ons vergeet het.

    Nou ja, daardie gevoel van skeiding van God is eintlik net natuurlik wanneer jy op een of ander manier seergekry het. Pyn het 'n manier om ons emosioneel te isoleer van diegene rondom ons, en inderdaad ook geestelik van dié Een wat ons kan red. 

    Wanneer jy daardie gevoel van afstand van God ervaar, wees gerus -  jy is nie die enigste een wat so voel nie. Ek het beslis ook al so gevoel, ten spyte van die feit dat ek al lankal ‘n Christen is. Nou ja, wat is die antwoord? Hoe kan jy die mure wat jou brose emosionele toestand om jou oprig, met die doel om jou te isoleer en jou alleen te laat voel, hanteer?

    Die antwoord is om God toe te laat om in daardie eensame plek met jou te praat. Die antwoord is om te glo wat Hy vir jou sê oor die emosies wat jou wil onderkry:

    Jesaja 43:1-3 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

    Die waarheid is dat God jou nooit verlaat het nie. Die waarheid is dat Hy net daar by jou is, want Hy is die Here jou God. Hy is jou Verlosser.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Pasop vir Vals Leraars

    Send us a text

    2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.

    Wanneer ons iets met totale oorgawe glo, soos ek byvoorbeeld die Goeie Nuus van Jesus Christus glo, is daar 'n risiko. Daar is trouens, 'n groot risiko dat ons passie ons op die verkeerde pad kan lei.

    Toe ek, nadat ek groot verraad beleef het, my lewe aan Jesus gegee het, was ek op 'n besonder kwesbare plek in my lewe. En net so angstig as wat ek was om in Hom te glo, was ek ook versigtig om nie in my kwesbaarheid, om die bos gelei te word en in een of ander kultus te beland nie.

    Ek dank God dat Hy my na 'n klein kerkie gelei het waar die pastoor getrou, nederig en kragtig die Woord van God vir ons geleer het. Ek het dit destyds nie besef nie, maar in sy lewe, en in die lewens van die handjievol ander lede van hierdie oënskynlik onindrukwekkende kerkie, het dit alles oor Jesus gegaan, nie oor hulle nie. Maar dit is nie altyd die geval nie, selfs in sommige van die groot, klaarblyklik suksesvolle, groeiende kerke is daar skewe klemverskuiwings. Ons lees hierdie waarskuwing in:

    2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.

    Pasop vir dwaalleraars, hulle vestig die aandag op hulleself, eerder as op Christus.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Maak Seker van die Feite

    Send us a text

    Johannes 16:13,14 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.

    Fopnuus is nie net 'n politieke cliché nie. Dit is 'n diepgaande probleem, vol swak akteurs en selfs skelm regerings, wat doelbewus sosiale saamhorigheid ondermyn, deur leuens op 'n massiewe skaal te vervaardig.

    Vryheid van spraak en die gebrek van aanspreeklikheid op daardie platforms, het die sosiale media baie mag gegee. In reaksie op al die fopnuus, het sommige platforms (veral Facebook, maar ook ander) "feite-kontrole"-regimes in plek gestel.

    Dis ‘n oulike idee, maar die probleem daarmee is dat die waarheid, in hierdie tyd waarin ons leef, baie afhanklik is van wie daarna kyk. Die politieke en ideologiese perspektief van die sogenaamde feite-kontroleerders, word deur baie mense as net nog 'n dimensie van die vals-nuus-probleem beskou.

    Nou ja, hoe bepaal óns, wat in Jesus glo, wat die waarheid werklik is? Ons lees hoe Jesus dit gestel het in:

    Johannes 16:13,14 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.

    Dit is so maklik om vasgevang te word in ‘n ideologie hier, of ‘n dogma daar; tot op die punt waar baie Christene se politieke agendas meer relevant is, as dít wat Jesus ons geleer het.

    As Hy waarlik die Here van ons lewens is, dan moet sy Woord die belangrikste element in ons lewens wees; sy Gees van waarheid moet ons harte en verstand oorheers, sy troon is die enigste troon waarvóór ons knieë moet buig.

    Laat die Gees van die waarheid toe om Jesus in jou lewe te verheerlik, terwyl jy al die ander gode versaak.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Praat!!

    Send us a text

    Spreuke 31:8,9 Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

    In enige samelewing, in enige gemeenskap, is daar wenners en daar is verloorders. En wanneer jy gelukkig genoeg is om een van die wenners te wees, is die neiging om al hoe minder besorg te wees oor die lot van die verloorders.

    Ek verstaan dat daar verskillende sienings oor die COVID-inenting is. Daar was oor die afgelope nege maande of so, ‘n wedloop vir nasies om in te ent, om sterftes te verminder en terug te keer na 'n mate van normaliteit.

    Die ryker nasies het baie goed gevaar, met hoë inenting syfers en ‘n dalende dodetal. Hulle kon bekostig om groot hoeveelhede entstof op te koop toe pryse hoog was, en die wedloop te wen.

    En as jy, soos ek, in een van die ryk lande woon waar ons weer ons vryhede geniet, is dit ou nuus. Maar as jy in Sirië, of in dele van Afrika en in ander ontwikkelende lande woon, sê die kenners dat dit waarskynlik tot 2030 sal duur om dieselfde vlakke van dekking te bereik.

    Dit is ongelykheid op 'n makro skaal. Maar ongelykheid vind ook op 'n plaaslike mikrovlak plaas.

    Spreuke 31:8,9 Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

    My vriend as jy toevallig een van die wenners is met ander woorde kos op jou tafel het, 'n dak oor jou kop en boonop 'n sagte bed het om in te slaap - kwalifiseer dit jou as ‘n wenner. Maar moenie diegene rondom jou, wat verloor, vergeet nie.

    Praat namens hulle. Help hulle wanneer hulle in die moeilikheid is. Staan op vir wat reg is. Beskerm die regte van die armes en diegene wat hulp nodig het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Aanspraakmakers

    Send us a text

    Galasiërs 6:1-3 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.

    Ons leef in ‘n era waar mense leef asof hulle op allerhande regte aanspraak kan maak. ‘Ek verdien beter as dit! Ek is tog geregtig daarop om te sê en te doen wat ek wil. Hoe durf hulle vir my sê wat om te doen?’ Maar aan die anderkant weet ons dat ons almal verantwoordelik moet wees, om in vryheid te kan lewe.

    Dit is een van die groot paradokse van die lewe. Aan die eenkant wil ons almal graag vry wees. Dink net, watter een van ons het nie, toe ons grootgeword het, gegrief gevoel oor die grense wat ons ouers gestel het nie? En tog, as ons onsself vandag nog soos kinders gedra het, sou ons lewe ‘n groot gemors gewees het, nie waar nie?

    Ja maar, met hierdie toenemende aanspraak op allerhande regte wat hedendaagse denke oorheers, is daar baie van die mense wat so dink, wat teen enige verantwoordelikheid rebelleer. En dit gebeur nie net iewers daar buite nie. Dit gebeur ook onder God se kinders. Nie een van ons is immuun daarteen nie. Ons lees in:

    Galasiërs 6:1-3 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.

    Daar is baie om oor na te dink in hierdie drie verse, maar die kern van wat God hier sê, is dat dit nie korrek is om ons so bo ander te verhef nie. Ons is geskape om teenoor mekaar verantwoordbaar te wees. Wedersydse aanspreeklikheid, is 'n onbetwisbare goddelike beginsel.

    Ons moenie onsself flous nie. Nie een van ons is bo die wet verhewe nie, en niemand het die reg om nie verantwoordbaar te wees nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • “Haat is Verbode”

    Send us a text

    1 Johannes 4:19,20 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.

    Toe ek grootgeword het, is ek nie toegelaat om die woord "haat" te gebruik nie. Ek is beslis nooit toegelaat om iemand te haat nie. Dit was streng verbode. Selfs om te sê dat ek dít of dát haat, is afgekeur.

    Daardie outydse beginsels, waaroor ek vandag dankbaar is dat my ouers dit in my ingedril het, word vandag oral vervang met woede en venynige opmerkings. Kyk maar net na die pers, die televisie, die sosiale media … en selfs ook na die manier waarop mense hul lewens leef.

    Kan ek jou vandag vra, watter dinge haat jy? Wees eerlik met jouself. Dink mooi, is daar dalk iemand wat jy haat? Dít is nog 'n ernstiger vraag. Die rede waarom ek dit vra, staan in:

    1 Johannes 4:19,20 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.

    Haat was nie slegs verkeerd uit my ouers se perspektief nie, maar dit is ook uit God se perspektief sonde. Hoekom? Want God is liefde. Toe God die volste reg gehad het om mense soos ek en jy te straf vir ons rebellie en sonde, toe Hy die volste reg gehad het om ons te haat, wat het Hy gedoen? Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om vir ons te ly en te sterf. Ons het lief, want God het ons eerste liefgehad.

    En wat Hy hier sê, is dat ons nie aan die eenkant kan beweer dat ons een van sy kinders is, en aan die anderkant iemand haat nie. Hy sê baie duidelik vir ons dat dit eintlik daarop neerkom dat ons Hom haat.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners