God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Kuns Van Luister

    Send us a text

    Spreuke 18:13 Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.

    Een van die naarste dinge wat ‘n mens kan doen, is om iemand in die rede te val, of selfs net stil te bly en ongeduldig te sit en wag vir jou beurt om weer te praat, sonder om te luister wat hy sê.

    Ek weet nie van jou nie, maar ek is van nature ‘n prater en nie 'n luisteraar nie. Ek dink dis hoekom ek doen wat ek doen. Ek vind dit baie maklik om idees in woorde om te sit. Dis iets wat vir my moeiteloos is.

    Maar die kwesbare deel van daardie gawe is die begeerte om altyd te praat en nooit te luister nie. Ek moes leer, en steeds aanhou leer, om stil te bly en regtig na mense te luister met die doel om te verstaan wat hulle standpunt is en wat hulle regtig sê. Kyk wat staan in:

    Spreuke 18:13 Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.

    Dis nou 'n ware stuk goddelike wysheid! Ons maak ‘n gek van onsself wanneer ons mense oordeel en antwoord sonder om te luister. Daar word gesê dat ‘luister’ die kuns is om oordeel in nuuskierigheid te verander. Dis baie waar. Ek dink die probleem is dikwels dat ons nie regtig belangstel in die ander persoon of wat hy dink nie.

    Maar wanneer ons wel in hulle belangstel, wanneer ons regtig wil hoor wat hulle op die hart het, sien ons die persoon in ‘n ander lig – hy is skielik fassinerend en insiggewend en so verrykend. Die kuns lê daarin om lank genoeg stil te bly om hulle te hoor praat, en na hulle te luister met 'n gesindheid van nuuskierigheid, eerder as van oordeel. 

    Dit wil sê: Laat mense klaar praat, voordat jy hulle probeer antwoord. Op hierdie manier sal jy jouself nie in die verleentheid stel en soos ‘n dwaas lyk nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Opvattings Bepaal Gedrag

    Send us a text

    1 Timoteus 6:3-5 As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

    Ek weet nie van jou nie, maar ek kan myself baie maklik vet om die oë smeer, oftewel mislei. Soveel kere in my lewe het ek vas geglo in iets, maar my lewe in die teenoorgestelde van daardie oortuiging geleef. Dit het nooit goed uitgewerk nie.

    Daar is 'n fassinerende verhouding tussen wat ons glo en wat ons doen. In die ou Latyn word wat ons glo, doxis genoem en wat ons doen, praxis. Of in Afrikaans – doktrine en praktyk. Doktrine of leerstelling is nou nie een van my gunsteling woorde nie, maar dit is die term wat gebruik word vir dit wat ons glo.

    Martyn Lloyd Jones skryf die feit dat Christene van hul geloof afvallig word toe aan die volgende: Sodra jy dwaal in jou doktrine, sal jy baie gou dwaal in jou gedrag; jy kan nie leerstellings van gedrag skei nie.

    Ek stem absoluut saam. Wanneer ons onverskillig is oor wat ons glo, gaan ons gedrag in sy peetjie in. Kyk wat sê die apostel Paulus oor daardie einste onderwerp in:

    1 Timoteus 6:3-5 As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

    Hy gee 'n ontstellende lys van slegte gedrag, wat voortspruit uit verkeerde leerstellings; verkeerde geloof. Slaan ag daarop, as jy 'n Christus-volgeling is. God het baie moeite gedoen om die Bybel deur die eeue te laat skryf en te laat bewaar. Dit is wat ons glo. Hier staan dit, moenie daarvan afdwaal nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie in die Slagyster Trap Nie

    Send us a text

    Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. 

    Dit is soms maklik om in belaglike argumente ingetrek te word. Heeltemal te maklik. En voor jy weet, in plaas daarvan om Jesus te volg, in plaas daarvan om goed te doen, is jy in die slagyster van politieke dogma ingesuig.

    As jy in Jesus glo en as jy ernstig is om Hom elke dag te volg, gaan die wêreld nie baie in hulle noppies met jou wees nie. En hierdie kritiek lei dikwels daartoe dat Christene die behoefte het om hulself en hul geloof te verdedig.

    Maar weet jy jou verweer kom dikwels in wettiese, politieke en ideologiese argumente na vore. Philip Yancey stel dit so:

    C.S. Lewis het opgemerk dat byna alle oortredings van die Christelike geskiedenis ontstaan het, wanneer godsdiens met politiek verwar word. Die kerk kon dikwels nie die versoeking weerstaan om in politiek, wat sonder genade funksioneer, betrokke te raak nie.

    Ons lees in:

    Titus 3:7-9 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.

    Dwase argumente is sinneloos en nutteloos. Het jy dit gesnap? Gebruik liewer jou lewe as getuie. Want dan gaan dit nie oor mag of daaroor om ‘n argument te wen nie. Dit gaan oor genade.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Satan in die Eindtyd

    Send us a text

    2 Korintiërs 4:3-5 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus.

    Elke dag, wanneer ek die nuus lees en sien hoe negatief mense teenoor mekaar optree, slaan die verskriklike boosheid van hierdie wêreld my voete onder my uit. Dit bring ‘n mens van stryk bring af en jaag jou die harnas in, nè?

    Ek wil nie veralgemeen en te kenne gee dat almal boos is nie, maar soms kyk jy na die politieke, ekonomiese en sosiale stelsels waarin ons leef, en jy vra jouself af: hoe het ons tot op hierdie laagtepunt gekom? Hoe het ons, as mense wat na God se beeld gemaak is, so laag gedaal? En om dinge nog erger te maak, het ons nie slegs saam met die menigte gedaal nie, maar hulle gedrag toegejuig. Hoekom kan mense dit nie raaksien nie?

    Weet jy, ons leef in 'n tyd waarin Satan nie eers meer die moeite doen om ondergronds te werk nie; en tog kan die wêreld hom steeds nie herken nie.

    2 Korintiërs 4:3-5 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus.

    Met ander woorde, ons kan die ongelowiges nie blameer nie. Satan het mense verblind vir die liefdevolle waarheid van die Goeie Nuus in Jesus Christus. As jy dan 'n gelowige is, as jy 'n dissipel van Jesus Christus is, moet dan nie daardie bose mense en bose stelsels daar buite blameer nie. Moenie hulle verdoem nie. Moet hulle nie vermy nie.

    Hulle kan nie die lig van die Goeie Nuus sien nie. Vind eerder 'n manier om hulle lief te hê. Vind 'n manier om vir hulle te vertel dat Jesus Christus die Here is.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • As Jy Lus Voel om Iemand te Klap

    Send us a text

    Efesiërs 4:2,3 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

    Party mense kan so ongelooflik irriterend wees, nie waar nie? Jy beplan 'n dag van vrede en vreugde; jy wil God eer en dan … skielik kom die een of ander idioot en ruïneer alles. 

    Dit het verseker al met ons almal gebeur en dit gaan beslis weer vorentoe gebeur. Daardie moeilike mense is oral om ons en hulle wil ons van die goeie en goddelike dag wat ons beplan het, beroof.

    Ek het nou die dag die volgende baie snaakse boodskap op sosiale media gelees: My probleem is dat ek Jesus wil volg en terselfdertyd mense wil klap.

    Ja, dit is komies, maar dis ook in die kol, nie waar nie? Dit spreek van ‘n dilemma wat ons almal soms in die gesig staar. Natuurlik wil ons vir Jesus volg. Ja, ons wil Hom eer. Maar my vriend, daardie krapperige mense maak dit so ongelooflik moeilik.

    Nou ja, wat is die oplossing? Hoe versoen ons ons begeerte om Jesus te volg met die begeerte om die moeilike mense in ons lewens op hulle plek te sit?

    Efesiërs 4:2,3 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

    Die antwoord is dus om elke dag met 'n nederige en sagte gesindheid te benader. Vir jou kan dit natuurlik kom, maar ongelukkig nie vir my nie - met die gevolg dat dit iets is waaroor ek gereeld bid. En God verhoor daardie gebed deur Sy Gees van geduld en aanvaarding in ‘n mens se hart te gee.

    En weet jy, daardie gevoel van God se vrede het 'n kalmerende uitwerking op jou. Hoe versoen jy jou begeerte om Jesus te volg en om mense te klap?

    Vra Hom om jou in daardie situasies te help om altyd nederig en sagmoedig te wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Godsdiens wat die Vinnigste Groei

    Send us a text

    Jesaja 14:13,14 Jy het mos vir jouself gesê: 'Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde. Ek sal opklim tot in die hoogste hemele. Soos die Allerhoogste sal ek word.’(NLV)

    Weet jy, mense sê die wêreld se vinnigste groeiende godsdiens is: wag -  hou jou asem op … selfaanbidding. Ek het geen empiriese data om dit te rugsteun nie, maar kyk net om jou rond. Ek dink nie dit is verregaande om so iets te beweer nie. 

    Jy mag dalk betrokke wees in sosiale media? Miskien nie? Dit bied deesdae verskeie platforms vir self publikasie en self reklame. Daar is Instagram en Tik-Tok vir die jonger generasie en Facebook vir ons meer, sal ons sê, chronologies gevorderde mense.

    “Selfies” is volop. Mense wys ons voortdurend net 'n fyn skyfie van hul lewens - die beste ou snytjie van die koek. As jy jou lewe vergelyk met al die "goeie goed" wat jou "vriende" oor hulself plaas, sal jy tot die gevolgtrekking moet kom dat jou lewe 'n absolute mislukking is.

    In werklikheid is dit egter 'n onregverdige vergelyking tussen werklikheid en fantasie. Ja, selfaanbidding word inderdaad ‘n tendens wat vir baie mense heeltemal aanvaarbaar is. Maar dis niks nuuts nie, ons lees in:

    Jesaja 14:13,14 Jy het mos vir jouself gesê: 'Ek sal na die hemel toe opklim en my troon bo God se sterre neersit. Ek sal regeer op die godeberg ver in die noorde. Ek sal opklim tot in die hoogste hemele. Soos die Allerhoogste sal ek word.’(NLV)

    Dit is omstreeks 750 v.C. oor 'n koning geskryf. Dit word ook algemeen aanvaar as die verhaal van Satan se val uit die hemel. In beide gevalle is hulle sonde die begeerte om hulleself tot op God se vlak te verhef. Met ander woorde, om God te verdring - om Hom van sy troon af te stoot.

    Is dit nie die definisie van selfaanbidding nie? En as jy so daarna kyk, is dit absoluut gek. Moenie in die mag van selfaanbidding ingesuig word nie. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Om Bedagsaam Voor jou God te Leef

    Send us a text

    Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)

    As ons een menslike eienskap moet identifiseer wat deesdae oënskynlik by baie mense ontbreek, sal dit … nederigheid moet wees; dit beteken om 'n beskeie opinie van jou eie belangrikheid te hê.

    Ek het nou die dag 'n ontstellende artikel gelees. Die titel is: Wil jy meer selfversekerd klink? Taalkenners sê: Vermy hierdie elf woorde en frases wat jou “swak” laat lyk.

    En weet jy, dat byna elkeen van daardie elf woorde, wat hulle voorstel dat 'n mens moet vermy, kom daarop neer dat jy elke gesindheid van nederigheid uit jou gesprek moet verwyder. Die wêreld se raad is dat jy arrogant en sterk moet klink, want nederigheid word deur baie mense as 'n swakheid beskou.

    Maar kom ons kyk hierna vanuit 'n ander perspektief; uit God se perspektief.

    Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)

    Dink daaroor na. God beskou nederigheid nie as ‘n swakheid nie. Dit is nie eers 'n spesiale en besondere kenmerk om te hê nie. Dit is 'n fundamentele deel van wat dit beteken om goed te doen in God se oë.

    Dit is egter nie net nederigheid op sy eie nie, maar nederigheid terwyl ons daagliks en uurliks saam met God deur die lewe wandel. Met ander woorde om dienswillig; sonder eiegeregtigheid, vir God te eer en Hom te gehoorsaam, terwyl ons ander bo onsself stel.

    Dink net hoe anders sou diegene wat nog nie in Jesus glo nie, Hom sien en Hom beskou, as God se mense só geleef het?

    Wat verwag die Here van jou? ...om nederig voor God te lewe.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Om Liefde en Trou te Bewys

    Send us a text

    Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God

    Hierdie week gesels ons oor wat dit beteken om in God se oë ‘goed te doen’. En in 'n era waar die streep tussen goed en kwaad nog nooit so vaag was nie, was dit nog nooit so belangrik om te weet wat dit beteken om goed te doen nie. 

    Ja, ek weet, wanneer jy soggens wakkerword en uit die bed rol, is jy van vaste voorneme om goed te doen; om die beste "jy" te wees, wat jy kan wees. Om 'n positiewe impak op die lewens van diegene rondom jou te hê. Maar wat beteken dit op ‘n praktiese vlak?

    Miga 6:8  Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    Gister het ons ondersoek wat dit beteken om "reg te laat geskied". Kom ons kyk vandag na hierdie die begrip "om liefde en trou te bewys."

    Ek hoef jou nie te vertel hoe kragtig selfs die kleinste bietjie vriendelikheid kan wees nie. Jy weet mos; jy voel dalk ‘n bietjie broos, of jy’s baie besig met die een of die ander, maar deur ‘n eenvoudige glimlag of ‘n woord van bemoediging, verander jou hele dag in ‘n oogwink. 

    Maar ek dink tog daar is 'n onderskeid tussen om vriendelik te wees en om liefdevolle vriendelikheid te bewys. Vir iemand soos ek, wat byvoorbeeld nie maklik kan sien dat die persoon daar oorkant dalk moedeloos voel nie, kan vriendelikheid soms 'n mog-het-troffe-affêre wees.

    Maar om liefdevolle vriendelikheid te bewys, beteken dat die ander persoon vir jou belangrik is. Jy sal byvoorbeeld geleenthede soek om vriendelik te wees. Jy sal daaraan werk om bewustelik enige gevoelens van vyandigheid teenoor iemand te ignoreer. Jy sal ook die slegte bui waarin jy dalk is, vir 'n daadwerklike begeerte om vriendelik te wees, verruil.

    Wat vereis die Here van jou? Dis reg - om liefdevolle vriendelikheid uit te leef.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Om reg te laat geskied

    Send us a text

    Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God

    Gister het ons gesels oor wat dit beteken om in God se oë goed te doen. En een element daarvan is om geregtigheid te laat geskied. Kom ons gesels daaroor. Wat beteken dit eintlik vir ons, om reg te laat geskied?

    Geregtigheid is nogal belangrik vir God. Want, as God God is, dan is daar sekere dinge wat jy van Hom sal verwag. Dis vanselfsprekend om te aanvaar dat Hy liefdevol sal wees. Ja, en as ons ‘n oomblik stilstaan en daaroor nadink, verwag ons ook dat Hy regverdig sal wees. Die twee gaan hand aan hand. 'n Onregverdige, despotiese God, kan kwalik liefdevol wees.

    En hierdie eienskap van geregtigheid is iets wat Hy vir jou en my beveel om uit te leef.

    Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    Ons dink gewoonlik aan ‘reg’ as 'n eienskap. Maar hier verander God dit in 'n aksie. Hy roep ons, nee Hy beveel ons, om reg te laat geskied. Wat beteken dit?

    'n Paar jaar gelede het ons 'n baie moeilike werknemer in die bediening gehad. Hy was strydlustig en oneerbiedig, iets wat my geduld tot op die uiterste beproef het. As 'n span het ons vir meer as nege maande saam met hom gewerk, ons het berading met hom gedoen; hom aangemoedig; hom vermaan wanneer dit nodig was … en hom talle geleenthede gegee om homself reg te ruk.

    Maar op die ou end het hy nie reggekom nie en ek moes hom afdank. Kyk, geregtigheid is nie altyd maklik nie, dit gaan nie altyd gepaard met liefies en soentjies nie. Maar dit is regverdig.

    Wat vereis die Here van jou? Om geregtigheid te laat geskied.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Wat Is Goed?

    Send us a text

    Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God

    Het jy opgelet hoe die wêreld deesdae daarop ingestel is om die lyn tussen goed en kwaad te laat vervaag? En dis maklik vir jou en vir my om in daardie proses meegesleur te word. Kom ons dink mooi. Wat presies is goed?

    Toe ek 'n seun was, het my pa dit sy besigheid gemaak om my baie duidelik te leer wat goed en reg is en wat verkeerd is. Soms het dit behels dat sy belt taamlik driftig met my agterkant verbind het. En hoewel dit nie noodwendig 'n benadering is, wat ek vandag sou voorstaan nie, het sy oortuiging van “wie die roede spaar, bederf die kind"- 'n kragtige uitwerking op my gehad.

    Jy het seker al besef dat ons hier in die 21ste eeu geneig is om kinders baie meer te bederf as voorheen … met die gevolg dat daar hele generasies grootword wat nie meer dieselfde sin vir reg en verkeerd het nie. Dis jammer, nè?

    As ek jou dus sou vra om vir my kortliks te sê, wat dit beteken om goed te wees, wat sal jy antwoord? Terwyl jy oor daardie vraag nadink, kyk wat sê God in :

    Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    Dit is eintlik nogal eenvoudig. Goed beteken om billik op te tree en nie op ons eie regte aan te dring nie; om seker te maak ons tree regverdig teenoor almal op; of ons van hulle hou of nie. Dit beteken om ernstig te wees oor die wyse waarop ons vriendelikheid bewys. Dit impliseer dat ons nie oppervlakkig vriendelik is nie, maar passievol vriendelik optree. En dit beteken om in nederigheid met God te wandel – om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam en om daarna te smag om Sy wil te ken en te doen.

    Dit is die betekenis van goed.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners