Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Hebreërs 10:24,25 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Wanneer jy sien dat persone in die verkeerde rigting op pad is en op die punt is om 'n fout te begaan; wat hulle, of diegene rondom hulle gaan seermaak, is dit nie maklik om hulle reg te help nie.
Ons het gister kortliks oor die feit gesels, dat dit uiteindelik net God is, wat iemand se hart kan verander. Ons kan stry totdat ons blou in die gesig is, maar so dikwels verhinder die ander persone se hardkoppigheid en trots hulle om ons goedbedoelde raad te ontvang.
Maar daar is iets anders wat hulle dikwels keer om goeie raad te ontvang. Dit is 'n blokkasie wat ons self opgestel het. Dink daaroor na. Hoe dikwels het iemand se ongenadige kritiek op iets wat jy doen, jou laat regop sit en kennis neem en positief laat verander? Nee wat, hul strydlustige stemtoon en hul meerderwaardige houding het nie 'n positiewe impak gehad nie. Maar daar is 'n alternatief:
Hebreërs 10:24,25 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Aanmoediging om liefde te betoon en goeie werk te doen, is mos baie beter. Hou jy daarvan om bemoedig te word? Ek hou daarvan. Ons hou almal daarvan. Daardie persoon wat in die verkeerde rigting op pad is, daardie “idioot” wie se kop ons op daardie oomblik graag wil afbyt, is ook na die beeld van God gemaak. Hy het gawes en vermoëns wat, as dit in die regte rigting gekanaliseer word, selfs liefde kan betoon en goeie werke kan doen.
Moenie moedeloos word nie. Moet hulle nie vermy nie. Hou aan om hulle aan te moedig.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Timoteus 2:24-26 'n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.
Een van die mees frustrerende dinge in verhoudings is dat ander mense soms so onnosel kan wees. (Natuurlik praat ons nie van onsself nie, maar van hulle.) En het jy opgelet hoe koppig hulle is? Dis byna onmoontlik om hulle van hul standpunt te laat afsien.
Ja, ek weet jy weet waarvan ek praat. Ons was almal al in daardie posisie. Jy kan sien iemand is op die verkeerde pad. Jy kan die skade wat dit veroorsaak, of gaan veroorsaak, alreeds sien kom. Hulle weier hardnekkig om te luister, al stry jy met hulle totdat jy blou in die gesig is. Hoekom is dit so moeilik om iemand te verander?
Ek het nou die dag hierdie stelling iewers raakgeloop en gedink dis in die kol: Dink hoe moeilik dit is om jouself te verander en jy sal verstaan hoe belaglik klein jou kans is om iemand anders te verander.
Is dit nie waar nie?! Hoe moet jy op 'n goddelike manier daardie moeilike persoon hanteer?
2 Timoteus 2:24-26 'n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.
Wanneer ons hulle probeer leer, het ons goddelike vriendelikheid, geduld, en sagmoedigheid nodig… sodat God met hulle kan werk. Want ons weet dis net Hy wat hulle kan verander. Net Hy kan hulle bevry van die duiwel se strikke. Onthou die drie woorde: Vriendelikheid, geduld en sagmoedigheid.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 42: 2,3 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
Daar is 'n ontstellende wanbegrip wat vandag onder Christene voorkom. Dit gaan oor die verskil om gered te word en om die gawe van die ewige lewe te hê. En ek vermoed dat baie mense op die oordeelsdag ontnugter gaan word.
Nou goed, as ek jou vra, of jy in Jesus glo. Is jou antwoord miskien "ja". Mooi. Tik die boksie. Nou ja, wat is die probleem? Hier is hoe A.W. Tozer dit stel:
Die leerstelling van vryspraak deur geloof is inderdaad 'n Bybelse waarheid. Die beginsel is dat dit die mens van ‘n steriele wettisisme en vergeefse verantwoordelikheid vrymaak. Maar dit het in ons tyd sy betekenis verloor, deurdat dit maklik geïnterpreteer word op so ‘n manier dat dit mense eintlik van die kennis van God weerhou. Godsdienstige bekering het meganies geword. Jy kan jouself as ‘n gelowige beskou sonder 'n verandering in jou morele lewe en sonder skuldbesef oor jou sondige natuur wat van Adam af kom. ‘n Mens kan Christus ‘ontvang’ sonder om enige spesiale liefde vir Hom te hê. Die persoon is “gered”, maar hy is nie honger of dors na God nie. Trouens, hy word eintlik geleer om tevrede te wees en selfs aangemoedig om met min tevrede te wees.
Hier kom ons by die kernvraag: Het jou geloof in Jesus jou lewe verander, of is die ou "jy" nog springlewendig en sterk? Het jy jouself met passie aan Hom verbind, of trek die aanloklikhede van die wêreld jou nog steeds weg?
Psalm 42: 2,3 Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
Die hart wat smag na Christus is seker van sy redding. Die een wat nie na Hom smag nie, is nie. Smag dus na Hom!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.
"Godsdiens" is 'n woord waarvoor ek eerlikwaar terugdeins. Want dit hou baie negatiewe emosies vir my in. Dit praat van rituele en reëls, klokke en reuke, as jy dit so wil stel, wat presies die soort steriele Christendom is, waarin ek grootgeword het.
En laat ek jou iets baie ontstellend vertel: nie net het daardie steriele namaaksel niks vir my gedoen nie, maar dit het my vir baie jare téén die Christendom, téén God en téén Jesus ingeënt. Trouens, dekades lank.
Ongelukkig is daar vandag nog baie mense wat hulself Christene noem, net omdat hulle ‘n verpligting teenoor die godsdiens, wat deur hul ouers aan hulle oorgelewer is, voel. Of, miskien, was hulle verhouding met Jesus aanvanklik wonderlik, tot dit uiteindelik vervang is deur ‘n hoogdrawende stel streng reëls om te gehoorsaam.
Kontrasteer daardie tragiese wettisisme teen hierdie eenvoudige stelling van God aan sy mense:
Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.
Hoor jy die passie in daardie vers? Daar is in die groot en magtige hart van God 'n verlange na sy volgelinge. ’n Verlange wat eenvoudig nie in die harte van soveel Christene beantwoord word nie. In skrille kontras het A.W. Tozer geskryf dat:
Die voortdurende en openlike wisseling van liefde en denke tussen God en die gees van die verloste mens, die kloppende hart van Nuwe-Testamentiese godsdiens vorm.
As ons nou praat van 'n "godsdiens" met 'n kloppende hart; met 'n passievolle uitruiling tussen die Skepper en sy skepsel; dan is dit iets waarby ek aansluiting kan vind. Dis iets wat ek wil hê. Wat van jou?
Moenie toelaat dat jou passie vir God deur passielose godsdiens afgestomp, gepaai en beroof word nie. Roep Hom aan en Hy sal jou antwoord!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.
Een van die grootste foute wat ‘n Christen; iemand wat in Jesus glo, kan maak, is om dít wat bedoel is om 'n lewenslange, inderdaad 'n ewige verhouding te wees, in 'n godsdiens te verander; dit wil sê om die verhouding bloot in 'n klomp reëls te verander.
Ja, ons weet almal daar is reëls in enige verhouding, beide gesproke en onuitgesproke reëls. Daar is reëls in 'n huwelik oor hoe man en vrou mekaar moet behandel. Daar is baie beslis reëls rondom getrouheid – ek gaan byvoorbeeld nie vir ete saam met 'n ander vrou uit nie. Dis tog voor die hand liggend.
Maar wanneer 'n huwelik verander in 'n situasie wat net daaruit bestaan om ‘n klomp reëls te volg, is dit tog nie meer ‘n huwelik nie, nè? In so ‘n situasie word passie deur verpligting vervang. Verhouding word vervang deur … wat?
En tog is dit uiteindelik waar die ‘geloofspad’ van menige Christen beland. Soos A.W. Tozer dit stel:
Die moderne wetenskaplike het vir God, te midde van die wonders van Sy wêreld, verloor, en ons Christene loop die gevaar om God, te midde van die wonders van Sy Woord, te verloor.
Dit is die grootste fout wat ons ooit kan maak – om God se Woord te lees asof dit 'n klomp reëls is, eerder as 'n liefdesbrief wat Hy vir ons geskryf het. In sy wonderlike gebed in die tuin van Getsemane net voordat Hy gearresteer en gekruisig is, het Jesus dit so gestel:
Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.
Let asseblief daarop dat Jesus nie die ewige lewe gedefinieer het as: om van God te weet nie, maar as om God te ken. Met ander woorde om 'n werklike verhouding met Hom te hê. En jou ewige lewe begin hier, nou. Ken God!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 14:17 Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat 'n agterbakse mens. NLV:
Ons doen soms op die ingewing van die oomblik dom dinge. Alles het klopdisselboom gegaan op ‘n rustige dag en toe skielik gebeur dit! Iets veroorsaak ‘n sneller wat ‘n golf van wisselvalligheid veroorsaak wat ons halsoorkop in die arms van die sonde injaag.
Dis ongelooflik hoe vinnig 'n perfekte dag in 'n nagmerrie kan ontaard, bloot omdat iets ons ontwrig het. Iets het ons miskien aanstoot gegee of iets het 'n ou wond se roof afgekrap en 'n uitbarsting tot gevolg gehad wat niemand, allermins onsself, verwag het.
Spreuke 14:17 Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat 'n agterbakse mens. (NLV)
Kyk mooi, koning Salomo praat hier van twee verskillende soorte boosheid. Die soort wat op die ingewing van ‘n ontwrigtende oomblik gebeur, en die soort wat langs die oppervlak borrel, terwyl ons agteraf wraak beplan. Ons sal môre oor daardie tweede een gesels. Kom ons fokus vir eers op die eerste een.
Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge.
Hier moet ek bely. Ek is van nature 'n vinnige mens. Ek doen alles vinnig. Ek dink vinnig. Ek stap vinnig. Ek reageer vinnig. Dit is net wie ek is. Miskien is jy nie so nie. Miskien dink jy mooi voordat jy reageer. Maar ten spyte hiervan, is daar tog 'n handjievol dinge wat jou bloed laat kook.
Wat is die dinge wat jou verkeerd laat optree? Wat is die snellers wat veroorsaak dat jy so erg reageer? En hoe goed het jou verkeerde optrede in die verlede vir jou gewerk? Het dit ‘n positiewe uitwerking op jou verhoudings en reputasie gehad?
’n Vinnige humeur laat ons dom dinge doen.
Identifiseer die dinge wat jou ontstel. Beplan 'n ander reaksie. En hou op om dom dinge te doen.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 46:2-4 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid.
Elke nou en dan, om sport terminologie te gebruik, gooi die lewe vir jou 'n draaibal wat jou op die krop van jou maag tref. Wanneer daardie bal jou tref, slaan dit jou wind uit. En terwyl jy op die grond lê en nie kan asemhaal nie, word jy paniekerig.
Dit het 'n paar keer in my jonger jare met my gebeur, toe ek 'n hokkiedoelwagter was, en ek kan jou sê, dit was nie lekker nie. Ek onthou tot vandag toe nog daardie gevoel van paniek om nie te kan asemhaal nie.
Ek dink wat die ervaring soveel erger gemaak het, is die verrassingselement. Die feit dat ek dit glad nie verwag het nie.
Nou ja, daar is dinge in die lewe wat gebeur wat ons paniekerig maak. Dit het in die verlede gebeur en dit sal ongetwyfeld weer in die toekoms gebeur. En het jy al opgelet; dis te midde van die paniek op daardie oomblik, dat ons geloof in die niet verdwyn? Net wanneer jy dit die nodigste het, verdamp dit.
Ek is onlangs getref deur iets wat Martin Lloyd Jones gesê het: Geloof is 'n weiering om paniekerig te raak. Kyk wat sê:
Psalm 46: 2-4 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid.
‘n Aardbewing is ‘n vreesaanjaende scenario – die grond skud, die berge val in die see, die waters dreun en skuim. Maar kyk net hier, die psalmis weier onwrikbaar, selfs koppig, om paniekerig te raak. Hoekom? Want ... God is sy toevlug en sterkte; 'n baie betroubare helper in sy tyd van nood.
Wees vasbeslote. Moenie paniekerig raak nie. Vertrou Hom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 2:9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
Een van die dinge waarmee baie mense sukkel, is dat hulle voel asof hulle nie ‘n doel in die lewe het nie. Hulle voel asof die lewe nêrens heen op pad is nie. En hierdie moedeloosheid kom selfs voor by mense, wat bely dat hulle in Jesus, die Verlosser van die wêreld, glo.
Ons almal worstel op verskillende vlakke met hierdie gevoel van doelloosheid. Ek is 'n gedrewe individu met 'n duidelike sin van God se roeping op my lewe. Maar ten spyte hiervan, kan gedagtes van twyfel my so maklik bekruip. Ek vra myself af: Maak ek regtig 'n verskil? Wat beteken dit alles in elk geval? Ek is seker jy weet waarvan ek praat.
En dan is daar diegene wat voel soos 'n kurkprop wat op die stormagtige see, met geen land in sig nie, ronddobber. ‘n Doel? Waarvan praat jy? Ek oorleef skaars!
Wat jy ook al doen, as jy 'n stewige doelwit het, maak dit jou geloof in Jesus ‘n werklikheid. Dit gooi brandstof in jou tenk en gee jou woema!
As jy enige twyfel het, hier is God se doel vir jou:
1 Petrus 2:9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
Ek weet nie wat jou spesifieke talent is of watter deure God dalk vir jou oopgemaak het om dit te beoefen nie. Wat ek wel weet, is dat as jy in Jesus glo; jy spesiaal is. So spesiaal dat jy heilig is, een van Sy priesters is, een van Sy middelaars is, iemand wat Hy uit die duisternis van sonde geroep het na Sy wonderlike lig om ander mense te vertel van die wonderlike dinge wat Hy gedoen het.
Dit is jou doel. Gaan dus nou en vertel die wêreld.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Filippense 4:8,9 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
Daar is tye in ons lewens, wanneer negatiewe gedagtes ons denkpatrone binnedring; wanneer die oortuiging dat die lewe ellendig is en dat dit nooit beter gaan word nie, ons gesonde verstand oorweldig.
Dit is baie morbied om dit so te stel, maar dit is waar, nè? Daar was tye in my en jou lewe, waar 'n donker pessimisme soos 'n kleed oor ons neergedaal het. Hierdie, onbekende bron beskryf dit perfek:
Bitterheid is die oortuiging dat God ‘n fout begaan het. Angs is die oortuiging dat God dit nie gaan regstel nie. Spyt is die oortuiging dat God nie my lewe, as gevolg van iets wat ek gedoen of iets wat met my gebeur het, weer kan herstel nie. ‘n Slagoffer mentaliteit is die oortuiging dat ek nie kan trots wees op dít wat ek bereik, totdat die omstandighede waarin ek is, verander nie.
Miskien voel jy vandag dat een van hierdie negatiewe denkpatrone jou lewe oorheers? Nou ja, wat is die antwoord? Kyk wat skryf die apostel Paulus vanuit sy klam, donker dodesel:
Filippense 4:8,9 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
Jy weet tog, dat ons self bepaal waaraan ons dink; ons beheer dit. Ons kan kies om, selfs in die donkerste dodelike oomblikke, te dink aan wat waar, eerbaar, reg, suiwer, mooi en prysenswaardig is. En dan het ons, ten spyte van ons omstandighede, die mag om daarvolgens op te tree.
En wanneer ons dit doen, belowe ons God wat vrede gee, dat Hy by ons sal wees.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 11:32 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.
Het jy al ooit gewonder hoekom ons so geneig is om ongehoorsaam en opstandig te wees? En nou praat ek nie net van ongehoorsaamheid teenoor die owerhede wat oor ons aangestel is nie, maar teenoor God self. Waar kom dit vandaan? Hoekom gebeur dit?
Dit begin vroeg in jou lewe, nie waar nie? Ek is seker alle kleuters ken daardie kort, kragtige "nee"! En as jy mooi daaroor nadink, is die geheim van die grootword-proses om te leer hoe om gesag te hanteer. Dit beteken dat jy as volwassene 'n gesonde balans tussen onderwerping en selfhandhawing het; dat jy kan kies om die reëls na te kom, of om te doen wat jy wil.
Die probleem is, baie min van ons bereik daardie gesonde balans. Trouens, die meeste mense kry dit nooit reg nie. En dit is 'n universele stryd wat baie mense verloor. Maar dit is 'n stryd wat God wil hê jy moet wen.
Romeine 11:32 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.
Ja-nee, dis universeel. Almal het geweier om God te gehoorsaam. Hoekom? Wel, hier gee Hy vir ons die “rede”. God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy barmhartigheid kan bewys. Daarom kan nie een van ons spog oor hoe goed ons op ons eie regkom nie.
Die stryd is een wat ons almal in die gesig staar - die goeie nuus is dus dat jy nie ‘n uitsondering op die reël is nie. Dit is 'n uitdaging wat God doelbewus voor die mens stel, sodat Hy sy genade kan bewys.
As jy Hom volgende keer in die steek laat, of as jy volgende keer struikel; staan op, stof jouself af, en gaan na Hom en vertrou op sy genade.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners