God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Dood Waar is jou Oorwinning?

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:54-58 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

    Terwyl ons liggaam op pad is na sy onvermydelike einde, het ons talle skete en pyne – in ons verhoudings, in ons harte en selfs in ons lywe. Dis waar, emosioneel en fisies maak dinge soms seer. 

    Ek is seker jy is al deur tye in jou lewe (of miskien gaan jy op die oomblik deur een) waar alles voel asof dit op pad is na 'n nare afgrond. Miskien is dit op die oomblik net tydelik. Dit hou net vir 'n rukkie aan en dan is dinge weer beter. Maar uiteindelik, soos jy ouer word, word dit nie so maklik nie. Miskien is die graf op die ou end al wat daar is.

    Wel, miskien is dit, tensy jy natuurlik in Jesus glo.

    1 Korintiërs 15:54-58 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Opstandingsliggaam (2)

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:44-50 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam. So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. Die eerste mens is uit die aarde en is stoflik; die tweede mens is uit die hemel. Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees. Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.

    Ek dink ons almal is dit eens dat ons ‘n fisiese liggaam van vlees en bloed het, maar dat daar ook diep binne-in 'n geestelike dimensie is. Dis 'n aspek, 'n dimensie wat nie altyd so maklik is om te verstaan nie.

    In hierdie lewe is ons in die eerste plek fisiese wesens en dan kom ons gedagtes en emosies by. Wanneer iemand nuut in ‘n vertrek instap, oordeel ons hulle op grond van hoe hulle lyk en dan op grond van wat hulle sê en doen. Dit is die nalatenskap van Adam (en Eva) natuurlik.

    Maar as jy in Jesus glo, dan sal jou opstandings-liggaam, wat vir ewig joune sal wees, 'n heel ander vorm hê.

    1 Korintiërs 15:44-50 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam. So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. Die eerste mens is uit die aarde en is stoflik; die tweede mens is uit die hemel. Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees. Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.

    Dis nou iets om na uit te sien, nè?

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Opstandingsliggaam (1)

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:37-42 En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar God gee 'n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke saadsoort gee Hy 'n eie gestalte. Die vleis van lewende wesens is nie alles eenders nie. Daar is verskil tussen die vleis van mense, van diere, van voëls en van visse. Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame. Die glans van die son is anders as dié van die maan of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander. So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek;

    Vir baie mense is dit relatief maklik om in teorie te glo in Jesus se belofte van die ewige lewe, maar in die praktyk ken ons die harde werklikheid van die dood - 'n liggaam in 'n kis. Dis onvermydelik dat ons aardse liggaam vergaan. 

    Die kern van die saak is: waar kan jy uitvind hoe die opstanding en die ewige lewe eintlik werk? Hier is Paulus se verklaring in:

    1 Korintiërs 15:37-42 En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar God gee 'n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke saadsoort gee Hy 'n eie gestalte. Die vleis van lewende wesens is nie alles eenders nie. Daar is verskil tussen die vleis van mense, van diere, van voëls en van visse. Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame. Die glans van die son is anders as dié van die maan of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander. So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek;

    Hier is die antwoord: Glo in Jesus en eendag sal jy 'n splinternuwe, pragtige hemelse liggaam ontvang wat jou vir ewig sal hou.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jou Finale Bestemming

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:35,36 Maar iemand kan vra: Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê? Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.

    Ons beleef daagliks soveel bekommernisse, sorge, spanning en druk in die lewe. Maar weet jy, hulle neem soveel aandag in beslag en steel soveel energie van ons; maar eendag ... eendag, sal hulle almal weg wees.

    Hoe dit eendag vir jou sal eindig, hang eenhonderd persent daarvan af óf jy kies om jou vertroue in Jesus te plaas, óf nie.

    Die meeste van ons weet dat Jesus die gawe van die Ewige Lewe belowe het aan diegene wat hul vertroue in Hom stel. Maar ek en jy het albei al vriende en geliefdes verloor. Ons was by hul begrafnisse. Die een dag is hulle nog hier en die volgende dag is hulle 'n koue lyf in 'n houtkis.

    In teorie klink "ewige lewe" so eenvoudig om in te glo, maar laat ons heeltemal eerlik wees, in die praktyk is dit ‘n baie moeilike ding om heeltemal mooi te verstaan.

    Ons weet dat wanneer ons sterf, ons liggame óf veras word, óf verweer in 'n kis in die grond. Maar hoe werk hierdie opstanding en ewige lewe? Die apostel Paulus, soos ons onlangs opgemerk het, wend hom dikwels tot ‘n taamlik direkte, styl – hy draai nie doekies om nie. Kyk hoe direk spreek hy hierdie vraagstuk aan in:

    1 Korintiërs 15:35,36 Maar iemand kan vra: Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê? Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.

    Dis ‘n baie praktiese beeld - die idee van saad wat lyk asof dit dood is, maar dan 'n plant voortbring. Ons sal môre meer daaroor gesels. Maar kom ons hou dit vir die oomblik eenvoudig. As jy in Jesus glo, dan is daardie onvermydelike kis nie jou uiteindelike bestemming nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wapenstilstandsdag

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. 

    Ons het die afgelope paar dae gefokus op die opstanding van Jesus. Het dit werklik gebeur en indien wel, wat daarvan? As dit werklik gebeur het, wat beteken dit vandag en tot in ewigheid vir my en vir jou? 

    Dit is ‘n belangrike vraag. Dit is alles goed en wel om te praat van wat in die verlede met Jesus gebeur het. Ja, ons moet dit verstaan om ons geloof op ‘n vaste grondslag te plaas, maar watter praktiese betekenis hou Jesus se opstanding vir die hede en vir die toekoms vir jou in?

    Vandag is Wapenstilstandsdag; 104 jaar sedert die Eerste Wêreldoorlog beëindig is. Biljoene mense het gesterf. Die gewere het stil geraak, maar watter betekenis hou dit in? Miskien nie veel vir ons nie, maar vir die mense wat omgekom het, is die plek waar hulle die ewigheid deurbring, van kardinale belang.

    Dis ‘n saak wat ek en jy nie ligtelik kan opneem nie, want eendag sal dit óns liggame wees wat in 'n kis lê, om veras of begrawe te word. As jy die werklikheid van die dood in die gesig staar: vra jouself af waar jy die ewigheid gaan deurbring.

    1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.

    Ons sonde het wesenlik oorlog teen God verklaar. Maar deur die Kruis van Christus het Hy egter 'n wapenstilstand, 'n vrede verklaar. En deur die leë graf het God vir almal wat in sy Seun, Jesus, glo, 'n ewige toekoms, 'n nuwe lewe, 'n opstandingslewe verkondig. 

    Die oomblik wat ons ons geloof in Jesus plaas, kry ons tot in alle ewigheid ‘n nuwe tuiste.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Toekoms, nie Slegs ‘n Goeie Hede Nie

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense..

    Miljarde mense het oor die afgelope tweeduisend jaar in die dood en opstanding van Jesus Christus geglo. Dis maklik om in sy dood, te glo. Maar sy opstanding? Nee wat!

    Nou ja, was daardie miljarde reg? Was daardie miljarde mense wat geglo het dat die dood van Jesus vir hulle sondes betaal het en dat hulle deur sy opstanding die gratis gawe van die Ewige Lewe ontvang het, korrek?

    Op die keper beskou ... kan dit nogal verwarrend klink. Maar hier is die kern: Die dood en opstanding van Jesus is 'n pakket. Jy kan hulle nie skei nie. Jy plaas óf jou vertroue in Jesus vir beide, óf glad nie. En dit is nie net ek wat dit sê nie. Hier is wat Paulus in ongeveer 60 n.C. gesê het in:

    1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

    Die hele uitgangspunt van die Christelike geloof – alles – berus op die waarheid dat Jesus inderdaad uit die dood opgewek is. Ons is nie veronderstel om in Jesus te glo net sodat ons 'n beter lewe op hierdie aarde kan hê nie - alhoewel hierdie nuwe lewe vanselfsprekend ingesluit is - maar vir 'n Ewige Lewe saam met Hom, juis omdat Hy die graf oorwin het.

    Ons moet in elk geval op Jesus vertrou vir 'n ryker, voller, meer oorvloedige lewe op aarde, maar dis nie vergelykbaar met die wonder wat in die ewigheid saam met Hom op jou wag nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Betekenislose Geloof

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

    Deur die eeue heen is die vraag oor die werklikheid van Jesus se opstanding heftig gedebatteer. En deesdae beskou baie mense dit as 'n mite. Ag nee, jy kan nie ernstig wees nie - opstanding uit die dood? Komaan!

    Maar weet jy, daar is vandag baie goeie mense wat hulself Christene noem, wat nie in die fisiese opstanding van Jesus glo nie en dit heeltemal verwerp. Ander Christene vind dit weer so vreemd; so ver buite hul verwysingsraamwerk, so bo-natuurlik … dat hulle dit eenkant toe skuif - ek wil regtig nie daaraan dink nie.

    Dit is egter niks nuuts nie. Trouens, dit kom al ‘n lang pad. Dit het alles begin, kort nadat Jesus op aarde geleef het, gekruisig is en weer opgestaan het. Paulus berispe die Korintiërs oor hierdie selfde onlogiese argumente in: 

    1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.

    Dit is baie reguit gestel, nè? As Jesus nie uit die dood opgewek is nie, sal jy of ek, of enigiemand anders wat Hom vertrou, ook nie sy belofte van die Ewige Lewe ontvang nie.

    Die opstanding van Jesus is iets wat jy nie kan ignoreer nie, tensy jy natuurlik jou Ewige Lewe wil prysgee.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Minderwaardigheidskompleks

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:9,10 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.

    Ek het eers op die ouderdom van ses-en-dertig, nadat ek 'n baie selfgesentreerde lewe gelei het, uiteindelik 'n Christen geword. Ek onthou nog hoe ek so minderwaardig gevoel het in die geselskap van die alte-vroom-Christene rondom my. Ek wonder, of jy ook al so gevoel het?

    Jy weet hoe ‘n mens se kop werk. Jy kyk na die mense om jou en vergelyk jouself met hulle. Nou ja, daar is ‘n paar uitsonderings, maar oor die algemeen lyk hulle soveel mooier en slimmer en beter as ons. Dit kan party dae nogal neerdrukkend wees.

    En dan, net om dinge te vererger, kom iemand soos ek en praat oor Jesus se opstanding en die vrye gawe van die Ewige Lewe vir diegene wat in Hom glo. Maar …

    Nou begin jy twyfel: Is ek goed genoeg? Regtig? Miskien nie!

    Die apostel Paulus beantwoord juis daardie vraag terwyl hy oor Jesus se opstanding praat en hoe diegene wat in Hom glo, eendag sal opstaan en vir ewig sal lewe. Hier is dit in:

    1 Korintiërs 15:9,10 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.

    Paulus het Christene vervolg! Hy bestempel homself as die slegste van die slegtes; die grootste sondaar. Maar kyk net; hier lees ons vandag, tweeduisend jaar later, steeds wat hy geskryf het.

    As jy in Jesus glo, het jy 'n ewige toekoms. Niks in jou verlede kan jou daarvan beroof nie. Gryp hierdie waarheid vas. Dit is tyd om daardie minderwaardigheidskompleks te laat vaar, goed so?!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie ‘n Fout Maak Nie

    Send us a text

    1 Korintiërs15:4-8 … Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

    Ons het seker almal al ‘n begrafnis van 'n geliefde, 'n vriend of 'n kollega bygewoon. Daardie plegtige seremonie is 'n belangrike deel van die rouproses. Dit help om vrede te maak en die verlies te hanteer.

    Ja, ek weet, om oor dood en begrafnisse te praat, is 'n somber manier om vandag se boodskap mee af te skop. Maar moenie weggaan nie, die goeie deel kom, want vandag gesels ons oor opstanding. Omdat ons almal seker al die dood van ‘n geliefde of kennis ervaar het, en oor iemand na aan ons getreur het, vind ons die idee van ‘n opstanding so 'n moeilike konsep om te begryp; so 'n moeilike ding om te glo. Neem nou vir Jesus...Ons lees in:

    1 Korintiërs 15:4-8 … Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

    Jy ken seker die geskiedenis van hoe Jesus se dissipels gesukkel het om sy opstanding uit die dood te verwerk. Dit het reg onder hul neuse gebeur. En daarby het hulle en nog honderde ander mense die opgestane Christus teëgekom.

    Onthou nou, Paulus het hierdie brief aan die Korintiërs geskryf in 'n tyd toe baie van die mense wat die opstanding beleef het, nog gelewe het en die getuienis kon weerlê. Hulle het nie. Wees dus heeltemal verseker dat die opstanding werklik gebeur het. Christus het opgestaan. Dis goeie nuus, want dit beteken dat as ons op Hom vertrou, ons ook eendag sal opstaan.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Jou Gevaarteken

    Send us a text

    Matteus 13:40-42 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. "

    Hier is 'n vraag vir jou vandag. Glo jy in die “hel”? Glo jy dat dit 'n plek van fisiese skeiding van God en 'n plek van pyniging is, of glo jy dit nie? Want wat ons glo, maak 'n groot verskil aan hoe ons leef.

    Opnames toon dat deurgaans sowat 76% van Amerikaanse Christene, in die hemel glo, maar dat net 32% glo die hel is 'n plek van ewige pyniging en lyding. 'n Joernalis van die New York Times het dit ‘n paar jaar gelede so gestel: "Die idee van ‘n ewige verdoemenis is glad nie Bybels, filosofies of moreel geregverdig nie. Dit is egter tog sielkundig aanloklik.” Dit is beslis 'n interessante perspektief. Ek is nie seker watter Bybel daardie ou gelees het nie, maar kyk wat Jesus gesê het in:

    Matteus 13:40-42 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. 

    Charles Spurgeon het dit so gestel: “Die kruis is die gevaarsein vir jou. Dit waarsku jou dat as God sy enigste Seun nie gespaar het nie, sal Hy jou ook nie spaar nie. Dit is die vuurtoring wat op die rotse van sonde geplaas is om jou te waarsku dat ‘n spoedige en besliste vernietiging op elke sondaar, wat aanhou om teen die Here in opstand te kom, wag.” 

    As die hel nie bestaan nie, dan is die hemel betekenisloos. Laat ons dus vandag hierdie openbaring verstaan. Volgens Jesus is die hel ‘n werklikheid.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners