
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Efesiërs 1:3,4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
Glo jy in Jesus? Glo jy dat Hy gesterf het om die prys vir jou sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om vir jou 'n nuwe, oorvloedige, ewige lewe te gee? Dan het ek vandag goeie nuus vir jou. Baie goeie nuus.
Gister het ons gesels oor die kragtige waarheid dat as jy in Jesus glo, jy reeds deur Hom met elke geestelike seëning geseën is. Die twee kernwoorde is "reeds" en "elke".
Maar kom ons neem dit een stap verder: Hierdie seën is 'n radikale en oorvloedige gevolg van God se genade teenoor ons.
Efesiërs 1:3,4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
Kom ons stop net vir 'n oomblik en laat dit insink. Voordat die heelal nog geskape is, is jy in Christus uitverkies, ja jy, was deel van God se hart. En nie net om geseën te word nie, asof dit nie genoeg is nie. . .
Maar om in liefde heilig en onberispelik voor Hom te wees. Met ander woorde, die bloed van Christus het jou skoon gewas. Sy bloed het jou rein gemaak soos onbedorwe spierwit, vars sneeu voor God; jou sonde is heeltemal weg gewas deur dit wat Jesus vir jou gedoen het.
En nou is die volgende stap in daardie radikale seën op jou pad na die ewigheid joune; om heilig en onberispelik te leef. Dit is die tweede deel en net so belangrik, want dit is jou bestemming in Christus. Indien jy dus wil hê volgende jaar moet beter wees as die hierdie een, leef met jou oë gevestig op die ewigheid. Leef jou lewe heilig en onberispelik.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Efesiërs1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
Ja, wanneer ons aan die einde van hierdie week terugdink aan die afgelope jaar en besin oor die jaar wat voorlê, is daar 'n hele paar dinge wat ons hoop in die komende jaar heelwat anders sal wees. Beter. Geseënd.
Aan watter spesifieke dinge in jou lewe dink jy nou? Watter seëninge sou jy graag wil hê moet oor jou pad kom? Daar sal sekerlik een of twee bo-aan jou lys wees. . .
Miskien wil jy graag hê dat dinge net 'n bietjie beter moet gaan in jou werk, in jou finansies, in jou huwelik, in jou kinders se lewens, in … wel, die lys gaan aan, nè? Maar dan is ons so geneig om op daardie een of twee onvervulde seëninge waarvoor ons wag, te fokus, dat dit amper voel asof niks anders saak maak nie.
Dit is seker nou die tyd van die jaar wanneer ons ons lewens ondersoek en hoop dat die jaar wat voorlê beter sal wees. Dis goed en wel, maar die gevaar hiervan is dat wanneer ons so konsentreer op wat ons nog nie het nie, dat ons alles wat ons wel het, heeltemal uit die oog kan verloor.
Efesiërs 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
Die waarheid is dat God ons in Christus, reeds met elke geestelike seëning wat daar is, geseën het. Hy was na die slawemark van ons sonde en daar het Hy ons deur die bloed van Jesus teruggekoop en ons verlos. Hy het ons vergewe omdat Christus die prys betaal het. Hy het sy Gees in ons geplaas en vir ons die weg na 'n ewigheid in sy teenwoordigheid gebaan.
Die waarheid is dat God, in Christus, reeds vir jou en vir my oorvloedig - met die grootste geskenk denkbaar - bederf het. Moet dit nooit, ooit vergeet nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 13:14-17 Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop 'n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.” Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie? En hier is 'n vrou, 'n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?” Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het..
Hier is ons reeds aan die begin van hierdie snaakse wekie tussen Kersfees en Nuwejaar. Dit skep ‘n gevoel van afwagting en ‘n mate van onsekerheid, terwyl ons terugdink aan die jaar wat verby is, en uitsien na die jaar wat kom.
As jy die afgelope week saam met my kon kuier, sal jy weet dat ons oor genade gesels het. Ja, God se genade is groot. Dit is lewensveranderend. Kom ons val met die deur in die huis, want hierdie radikale genade van God is daar om die lei van jou sonde skoon te vee en die deur oop te maak vir 'n radikaal veranderde lewe wat voorlê. En ons praat nie net van ‘n verandering in teorie nie, maar ook in praktyk. Wees radikaal dapper en beleef ‘n ingrypende deurbraak:
Lukas 13:14-17 Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop 'n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.” Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie? En hier is 'n vrou, 'n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?” Deur dit te sê, het Jesus al sy teenstanders laat skaam kry, maar die hele skare was bly oor al die wonderbaarlike dinge wat Hy gedoen het.
Jesus het daardie vrou genees ondanks die feit dat dit teen die godsdienstige reëls was. Dis radikale genade, dieselfde genesende genade wat Hy vir jou gereed het.
’n Radikale Jesus. ’n Radikale genade. Dit is gereed, dit wag … vir jou.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Hebreërs 4:14-16 Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
Liewe vriend, op hierdie Kersdag wil ek jou 'n wonderlike geseënde Kersfees toewens. Hierdie een dag van die jaar staan ons spesiaal stil om die ingryping van God se genade in hierdie wêreld, deur ‘n Kindjie se geboorte in ‘n stal, te herdenk.
Maar weet jy, vir baie mense was hierdie jaar 'n moeilike jaar. Om die waarheid te sê, is party mense so verpletter en gekneus deur die lewe, dat dit selfs vir hulle moeilik is om God te dank dat Hy Jesus vir ons almal na hierdie aarde toe gestuur het.
Om dit alles erger te maak, voel ons almal so onwaardig wanneer ons terugdink aan ons mislukkings en foute van die afgelope jaar. Dit maak dit moeilik om die koms van jou Verlosser te vier, nie waar nie?
As jy ook so voel, het ek wonderlike nuus vir jou. Hierdie vers handel oor Jesus wat vir jou na hierdie aarde toe gekom het:
Hebreërs 4:14-16 Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
Jesus was ‘n mens, Hy het op hierdie aarde gelewe. Hy verstaan ons uitdagings en ons swakhede want Hy is self versoek en Hy het as gevolg van Sy menslikheid gely … Hy verstaan ons probleme volkome. En daarom kan ek en jy vandag - nou dadelik - met groot vrymoedigheid voor Sy genadetroon kom om Sy guns te ontvang, om weer Sy genade, in ons uur van nood, te ontdek.
Dis wat Kersfees beteken. Dis wie Jesus is.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 2:16-19 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink
Dit is een ding om 'n skouspelagtige "gee jou hart vir Jesus "-oomblik te hê. En dis wonderlik as dit met jou gebeur het, soos dit baie jare gelede met my gebeur het. Maar dit is heeltemal 'n ander ding om uit te vind wat dit presies beteken.
Die afgelope paar dae was ons saam met die herders in die veld waar hulle hul kudde opgepas het. Kan jy jou vir ‘n oomblik in hulle posisie plaas toe hulle ‘n skouspelagtige ligvertoning beleef het, en ‘n leërskare engele, hoor sing het: hosanna in die hoogste? En wat het hulle gedoen?
Hulle het gehardloop … gehardloop … om Jesus te vind waar Hy daar in daardie vuil krip lê, presies soos die engel vir hulle vertel het. Maria en Josef was seker uit die veld geslaan toe die vreemde herders uitasem by die stal ingebars het. Kom ons kyk wat staan in:
Lukas 2:16-19 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink. (NLV)
Kan jy jou die toneel voorstel. Maria het pas geboorte gegee. . . En hier kom die herders met hierdie ongelooflike nuus van ‘n engel wat aan hulle verskyn het en vertel dat die Verlosser gebore is. Ja, Maria het van die begin af geweet dat hierdie babatjie spesiaal is, maar hierdie openbaring het haar diep geraak.
Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink.
Om die genade wat God vir jou in Jesus Christus aanbied, te verstaan, gebeur nie oornag nie. Dit sal meer as ‘n leeftyd neem om die omvang van God se genade vir jou te begryp. Moenie ophou om hierdie gebeure te oordink nie. Moenie ophou om dit te probeer verstaan nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)
Ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar die genade van God slaan my voete heeltemal onder my uit. En hoe meer ek mediteer en stil word en probeer om die diepte van God se guns, sy genade en sy liefde deur Jesus vir my, te verstaan, hoe meer onbegryplik word dit.
Hoekom voel ek so? Want aan die een kant kan ek alles sien wat Hy vir my gedoen het. Maar aan die ander kant kan ek my rebellie en my sonde sien, en ek weet ek verdien God se straf. Ons het tog almal gesondig. Ons het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar God spreek ons, sonder enige verdienste van ons kant vry op grond van die verlossing wat Jesus vir ons verkry het.
Vir baie jare was my instink om van God af weg te hardloop en om weg te kruip. Maar kyk na die instink van die herders in daardie nag, toe die engele vir hulle die Goeie Nuus van hul Verlosser se geboorte vertel het … hulle het na God toe te hardloop.
Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê.
In daardie stal, in daardie krip, in daardie stinkende trog het die herders God se wonderlike, nederige en liefdevolle genade beleef.
Daar is tye in ons lewens wanneer ons sonde so groot en duister is, dat ons voel ons wil weghardloop. Met ons hele wese voel ons hierdie drang om ons rug op God te draai, om te hardloop en om weg te kruip. Dis wat sonde aan mens doen. Maar my vriend, Jesus het vir jou na die wêreld gekom! Christus het gekom om jou Verlosser te wees.
Draai terug na Hom. Ontdek sy genade. Ontdek 'n liefde so groot dat God sy eie Seun, in nederigheid na hierdie wêreld gestuur het om te ly en vir jou te sterf, sodat jou sonde vergewe kan word; sodat jou lei heeltemal skoongevee kan word.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)
Kersfees is 'n spesiale tyd. 'n Baie spesiale tyd. Maar dit is ook 'n tyd wanneer ‘n effense onbetrokkenheid kan intree. Kom ons erken dit, ons het almal al soveel keer Kersfees gevier, dat dit moeilik is om weer daaroor opgewonde te raak.
Dit is waar. Vir baie, selfs Christene, verteenwoordig Kersfees weinig meer as 'n breek van die rotresies, 'n paar dae van uitspantyd. Kyk, ons ken die storie. Jesus is in 'n stal in Bethlehem gebore, omdat daar nie plek by die herberg was nie. Hy is ons Verlosser en . . . Ja, ons weet dit alles. Laat ons dus nie te opgewonde raak nie - neem net 'n blaaskans, rus en geniet 'n yslike lekker Kersete.
Kan ek jou vandag versigtig maar baie dringend vra, is dit al wat Kersfees vir jou geword het?
Ons het die afgelope paar dae gesels oor God se genade deurdat Hy Jesus na hierdie wêreld gestuur het. Ons het gepraat van die herders in die veld en 'n menigte engele in die lug wat Hosanna, Hosanna in die hoogste sing.
Dis tog nie alledaagse gebeure nie? Hoe het hulle gereageer nadat hulle oor die aanvanklike skok gekom het? Wat het hulle met hierdie goeie nuus gedoen? Ons sien in:
Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)
Daardie herders het God se genade tegemoet gehardloop. Hulle Messias is gebore. En hulle het gehardloop! Dit wys ons hoe groot die impak van die Goeie Nuus op hulle harte was. En hulle het hulle Verlosser gevind wat daar in 'n morsige, stinkende, vuil krip lê. Dit was die oomblik van God se ontsagwekkende genade teenoor die mensdom, teenoor jou en my. Jesus in 'n krip.
Moet dus nie net daar in jou alledaagse ou veld sit nie. Staan op. Hardloop. Hardloop na Jesus, God se onbegryplike genade vir jou.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 2:10-12 Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”
Wanneer iemand iets vir jou doen wat jy nie verdien nie - ek bedoel waarlik nie verdien nie - is dit moeilik om dit te verstaan. Dit slaan jou asem weg, nie waar nie? Nou-ja, so was dit op daardie eerste Kersfees.
Stel jou voor jy leef in die eerste eeuse Israel. Jy voer waarskynlik 'n hand in die tand bestaan sonder noodvoorraad om jou deur moeilike tye te laat oorleef. Om dinge boonop te vererger, beset die Romeine jou land. En die godsdienstige leiers, wat veronderstel is om vir jou te sorg, verryk hulself ten koste van jou, omdat hulle in baie gevalle kop in een mus met die Romeinse besetters is.
Jy is 'n Jood wat onder God se wet, die Torah, soos dit genoem is, lewe, maar dit werk nie. Dis nie volmaak nie. Eintlik is dit ver van perfek. Jy is nie bewus daarvan nie, maar God is op die punt om sy plan vir hierdie wêreld te loods. Sy genadeplan. Sy barmhartigheidsplan. Sy reddingsplan vir jou. Hierdie plan is al van die begin af, deel van sy Raadsplan.
Hoe betree Hy hierdie wêreld? Hoe kondig Hy sy voorneme aan? Hy kom met ‘n skouspelagtige lig vertoning in die naghemel, na ‘n veld waar 'n klomp skaapwagters hul kudde oppas.
Lukas 2:10-12 Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”
Hoe kondig God vir jou sy verlossingsplan aan? Deur vir jou, ’n herder, te sê dat jy jou Verlosser sal vind. Waar? In 'n krip, toegedraai in doeke. Dis hoe God sy genade aan jou aangekondig het, op daardie heel eerste Kersfees.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Kan jy glo, dis net ‘n week voor Kersfees! Vir party van ons is dit ‘n baie besige tyd. Vir ander mense is dit 'n eensame tyd. Ek wonder wat in jou gedagtes aangaan, wanneer jy aan Kersfees dink.
Terwyl ek nou die oggend gebid het, het ek God gedank dat Hy my al voor die skepping van die wêreld, uitgekies het om 'n erfgenaam van sy genade te wees. Toe ek terugkyk op my lewe, het ek weer besef dat ek dit beslis nie waardig is nie. Maar dit is die kern van die saak. God se genade is gratis en onverdiend, omdat Hy Jesus vir sondige mense na hierdie wêreld toe gestuur het.
Ek het teen God in opstand gekom. Ek het al die reëls oortree. Maar soos iemand eenkeer gesê het, genade kleur buite die lyne van godsdiens in. Dankie Here, daarvoor! God se genade reik uit tot in ons verfoeilike wêreld; ons morsige, onrein lewens sonder inagneming van "die reëls". En dit … dit is waar dit alles begin het, hierdie storie van ontstellende genade:
Lukas 2:7: Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Nie 'n paleis nie, maar 'n stal. Nie 'n bababedjie nie, maar in 'n krip, 'n trog waar beeste gevoer is. Was jy al ooit in ‘n stal? Dit ruik baie onaangenaam. Vee maak 'n gemors. Selfs hulle speeksel vloei oor die trog en die hooi waar hulle eet.
Die geboorte van ons Jesus, ons Verlosser, was nie 'n skoon, kliniese affêre nie. Dit was nie netjies en georganiseerd nie. Dit was nie vir die Koning van die konings, en die Here van die here, die Skepper van hemel en aarde 'n gepaste aankoms in hierdie wêreld nie. Nee, dit was afstootlik. Maar weet jy, genade is maar altyd so. . . . Jesus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Handelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Het jy al ooit gevoel jy is nie goed genoeg om 'n volgeling van Jesus Christus te wees nie? Het jy al ooit gevoel dat jy misluk het omdat jy nie in staat was om jou geloof met iemand, wat vyandig teenoor God gesind is, te deel nie? Ja, ek het ook.
Ek dink nie daar is 'n enkele persoon wat in Jesus glo, en Hom liefhet en besluit het om Hom alleen te volg, wat nie ontoereikend gevoel het wanneer hulle die Evangelie moet deel nie. Maar soos ons nou die dag gesien het, het Jesus vir Sy dissipels gesê in:
Markus 16:15 Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.
Dit was nie net 'n aanbeveling nie. Dit was 'n opdrag. Soos D.L. Moody dit gestel het, die Skrif is nie vir ons gegee vir ons inligting nie, maar vir ons transformasie.
En indien jy oorweeg om jou geloof in Jesus hierdie Kersfees met ander te deel, is dit daardie transformasie waaroor ek vandag met jou wil gesels. Jesus het sy dissipels nie alleen en ongewapen uitgestuur op die slagveld om 'n onverskillige wêreld van Hom te vertel nie. Nee! Hy het hulle transformerende krag belowe. Ons lees in:
Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Al is jy verskriklik lief vir Christus, en al het jy het die begeerte om te getuig, maar jy voel skaam en onsekerheid (kom ons erken dit maar) jy vrees … onthou dat jy nie alleen is nie. Die Heilige Gees self sal jou die moed, die sensitiwiteit, die wysheid, die woorde en die krag gee om vir diegene wat nog nie van Jesus weet nie, alles van Hom te vertel.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners