Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Romeine 6:10,11 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.
Waarom is dit dat God soms dieselfde ding in Sy Woord herhaal? Voel jy ook partykeer lus om daardie herhalings oor te slaan, en vir jouself te sê: ag ek ken dit, ek het dit al voorheen gelees.
Gedurende die afgelope week het ons vers vir vers deur hoofstuk 6 van die boek Romeine, wat deur die Apostel Paulus geskryf is, gewerk.
En van die begin af lyk dit asof hy dieselfde ding oor en oor sê: as jy in Jesus glo, is jy dood vir die sonde en lewend vir God. Wat dink jy was die Heilige Gees se doel om Paulus te inspireer om dit soveel keer … oor en oor te sê?
Wel, soms dink ek dat ek en jy 'n bietjie geestelik hardhorend kan wees! Jammer om dit so reguit te stel, maar dit is waar.
Romeine 6:10,11 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.
Ek weet ons voel lus om hierdie gedeelte oor te slaan, maar dink mooi … is jy werklik dood vir die sonde? Leef jy werklik vir God?
Sien jy? Sonde bly lewendig, want ons het nie toegelaat dat die Heilige Gees, ons harte met hierdie lewensveranderende waarheid vul nie. Dié waarheid, dat ons deur ons geloof in Jesus met dieselfde opstandingskrag, wat Christus uit die dood opgewek het, gevul is, en daarom dood is vir die sonde.
Wanneer jy in die versoeking kom, kan jy weier om toe te gee daaraan – want deur die krag van die bloed van Christus, wat vir jou gestort is, is jy dood vir die sonde.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:7-9 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.
Het jy al ooit gewonder hoe jou lewe vandag sou lyk, as Jesus jou nie langs jou pad ontmoet het nie? As jy nie sy stem, wat jou na sy vryheid, sy vrede en sy ewigheid roep, gehoor het nie?
Dit is iets waaraan ek al dikwels gedink het, want Jesus het na my uitgereik, op daardie oomblik, daar op ‘n balkon, op die 8ste verdieping van ‘n hotel, waar ek my lewe wou neem.
Indien Jesus nie op daardie oomblik my hart aangeraak het nie, is daar ‘n groot waarskynlikheid dat ek nie nou hier sou gewees het nie. Maar erger nog - die waarskynlikheid bestaan dat ek my ewigheid in daardie plek, wat ons die hel noem, sou deurbring en vir ewig en altyd van sy liefde geskei gewees het.
My lewe was vasgevang in sonde. Ek het vir die eerste keer oorwinning oor my sonde beleef, toe ek God se vergifnis, wat deur Christus se soenoffer aan die Kruis moontlik gemaak is, aanvaar het. Ja, ek het vry geword van ‘n onafwendbare uiteinde: die ewige dood.
Romeine 6:7-9 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.
Die dood kon Hom nie vashou nie. En as jy in Jesus glo, luister mooi na my, dit is só, só belangrik, dat jy ook jou ewigheid in die Teenwoordigheid van God sal deurbring. Dit is jou toekoms ... as jy jou vertroue in Jesus gestel het.
My vriend, ek smeek jou, waar jy ook al vandag is, om jouself op die genade en barmhartigheid van God in Jesus Christus te beroep. Want in Hom het die dood nie meer heerskappy oor jou nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
God se oorweldigende passie om mense soos ek en jy van die verskriklike mag van sonde wat al so lank ons lewens teister, vry te maak, slaan my voete onder my uit.
Ek weet nie van jou nie, maar die Paasgebeure bly vir my so ‘n onherroeplike realiteit. Ek weet die amptelike Paasviering is verby, maar die krag van wat God aan die Kruis en deur die leë graf gedoen het, behoort van nou af tot in ewigheid deur jou lewe en myne te spoel.
Dit is waarom ons die afgelope tyd gedeeltes uit God se Woord bestudeer het, en waarom ons hierdie week daarop gekonsentreer het om daardie krag regtig vas te vat. Gryp dit met albei hande vas en ontvang dit in jou lewe.
Die wonderlike oomblik wanneer jy die opstandingskrag van Christus beleef, en vir eens en vir altyd besef dat die ‘ou-ek’ finaal yskoud en so dood soos ‘n mossie is, is daar vryheid van jou sondelas.
Romeine 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
Is dit ‘n realiteit vir jou? Weet jy verseker, dat toe jy in Hom geglo het, jou ‘ou mens’ saam met Christus gekruisig is, sodat die mag van sonde oor jou, tot niet gemaak kon word?
Ons dink dikwels dat gehoorsaamheid aan God se Woord beteken dat ons dinge wat ons geniet, moet prysgee. Maar eintlik gaan dit alles oor die breek van die kettings wat ons gebind het - om ons vry te maak van die slawerny van daardie brutale oorheersing - die sonde.
Glo jy in Christus? Is jy seker? Dan, my vriend, kan jy hieraan vashou: Jy is nie meer verslaaf aan sonde nie. Deur die krag van God is jy in Christus vrygemaak!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot 'n nuwe lewe. (NLV)
Ek glo met my hele hart dat God vandag vir jou wil vrymaak van die sonde wat jou teister. Wat Jesus vir jou kom doen het – is ‘n werklikheid – die sterwe van jou ‘ou mens’, en die opstanding van die ‘nuwe mens.’
Goed, ek weet dat baie mense deesdae, as jy net van sonde praat, aanstoot neem. Hulle vra jou sommer openlik hoe jy sulke gemors kan glo, nie waar nie? Maar weet jy, God neem dit so ernstig op, dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om te ly en te sterf sodat elkeen wat in Hom glo en hulle bekeer van hul verkeerde weë, vrygemaak kan word.
Gister het ons gesien dat die een wat in Jesus glo, aan die ou sondige self sterf, sodat hulle in 'n nuwe lewe kan wandel! Halleluja!
Maar sê my, is dit waar? Ek bedoel, kyk maar om jou, so baie van God se mense word steeds geteister deur die verskriklike gevolge van sonde. Kan ons werklik van die krag van sonde vrygemaak word?
Wanneer die Heilige Gees iets wil beklemtoon, begin Hy by goed en beweeg dan na beter en beste. En so is dit met vandag se Bybelvers:
Romeine 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot 'n nuwe lewe. (NLV)
Asof dit nie genoeg is dat ons met Jesus in Sy dood verenig word nie – met ander woorde, dat ons ou sondige self dood is nie – kry ons in sy opstanding ‘n nuwe lewe soos syne!
Daardie prentjie van die opgestane Christus wat uit die graf stap … dit is die prentjie van jou lewe. Dit is die waarheid. In Christus het jy 'n nuwe lewe, gevul met dieselfde opstandingskrag wat Christus uit die dood opgewek het.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.
Vandag gaan ons inspring in een van my gunsteling gedeeltes in die Nuwe Testament – dit vertel van die oorgang van ons ou lewens, wat deur sonde geteister word, na ons nuwe lewens, vry van sonde. Absoluut wonderlik!
Ek en jy weet albei dat sonde ons lewens verwoes. Daar is altyd pynlike gevolge wanneer ons dit doen, wat sondig is.
God het ons, deur die krag van dít wat Christus vir ons aan die Kruis gedoen het, uit die ou lewe van sonde geroep, om ons van daardie pyn vry te maak. Tog het so baie Christene nog nooit daardie waarheid omhels nie, want hulle besef nie wat gebeur het nie. Hulle verstaan nie die wonderbaarlike krag wat losgelaat is, toe hulle hul harte daarop gerig het om Jesus te volg nie. Kyk hier in:
Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.
Besef jy nie? Die oomblik toe jy geglo het, die oomblik toe jy in Christus gedoop is, het die ou sondige ‘jy’ gesterf. Hoekom? Sodat, net soos Christus deur die heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.
Ek hou hiervan. Jesus het weer opgestaan om vir jou en vir my 'n hele nuwe lewe te gee. Wil jy daardie nuwe lewe hê? Wil jy vry wees van die verwoestende gevolge van jou sonde? Laat dan toe dat die Heilige Gees, vandag, hier en nou, hierdie Woord op jou hart skryf. Want …
dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?
Die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding wat ons gedurende die afgelope paar dae gevier het, is op die oog af ‘n raaisel. Aan die een kant het Jesus daardeur vir ons vrygemaak van die mag van sonde; maar aan die ander kant … lyk dit asof sonde net voortduur, nie waar nie?
Dit laat jou dink, nè? Wanneer dit so onomwonde gestel word, is dit regtig nogal ‘n raaisel. Wag nou! Het Jesus dan nie die sonde aan die Kruis oorwin nie? Ja, Hy het, beslis. Nou waarom is daar steeds sonde in my lewe? Hoekom struikel ek telkens en val ek keer op keer voor daardie selfde versoeking? En wat, indien enigiets, kan ek daaromtrent doen?
Dit is die vrae wat enigiemand wat in Jesus glo, hulself behoort te vra. Want dit bly die sentrale dilemma van die mensdom, ten spyte van die feit dat die idee van sonde vandag in die wêreld ongewild geword het. Maar weet jy dat God dit so ernstig beskou het, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om te ly en te sterf om ons vry te maak van die mag daarvan. Kyk wat staan in:
Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?
Die eerste stap is om die houvas wat sonde op ons lewens het, te vernietig, deur erns te maak met die krag van die Kruis. God se genade is nie vir jou en my gegee sodat ons kan aanhou sondig nie. Dis ook nie sodat ons dieselfde sondige lewenspatrone kan volhou en dag na dag God se vergifnis daarvoor vra nie! Geensins!
Jesus het gesterf en opgestaan om jou vry te maak. Dit is tyd om ernstig te raak oor die oorwinning van die sonde in jou lewe. Dodelik ernstig.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 5:10,11 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.
Vandag is die dag waarop ons gewag het. Die dag wat die dissipels verdwaas gelaat het. Die dag wat die geskiedenis van die mensdom totaal verander het. Die dag waarop ons vandag nog, met oorweldigende vreugde in ons harte, kan uitroep: Christus het opgestaan!
Dit is 'n vreugde om op hierdie Opstandingsondag saam met jou die Opgestane Christus te kan vier.
As ons Paasfees herdenking by die Kruis gestop het, dan sou ons net een helfte van die Goeie Nuus ontvang het. Die wonderbaarlike waarheid is dat ek en jy vergewe is, omdat Jesus deur sy offer, die prys vir ons betaal het.
Ja, dit is wonderlik, maar dit is net die een helfte van God se plan. Die ander helfte is dat, omdat Jesus die graf oorwin het, en weer opgestaan het, ons ‘n nuwe lewe, wat tot in alle ewigheid sal duur, ontvang.
Romeine 5:10,11 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.
Sien jy wat God vandag vir ons deur die apostel Paulus sê? Hy praat van iets groots en van iets nog groter. As ons deur Jesus se dood gered is, hoeveel te meer, noudat ons uiteindelik met God versoen is, word ons dan deur sy lewe gered?
Die dood kon Hom nie vashou nie. Hy het die graf oorwin. Hy het opgestaan! En daardie opstandingslewe is nou ook ons s'n. Dag vir dag word ons deur sy lewe gered. En dit is 'n werklikheid wat tot in alle ewigheid sal voortduur. Christus het opgestaan … jy ook!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 5:9 Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.
Ek weet nie of jy al dikwels gedink het aan wat gebeur het op die dag na Jesus se dood nie. Dit was inderdaad 'n somber dag toe sy dissipels getref is deur die tsoenami van die werklikheid van dít, wat pas gebeur het.
Terwyl die dissipels geweeklaag het, was daar ‘n doodse stilte agter daardie swaar klip, binne-in die graf. Daar lê die yskoue liggaam van Jesus, en dit was niks anders as enige ander liggaam in enige ander graf nie.
Maar weet jy, aan daardie kruis en in daardie graf het Hy die toorn van God verduur. Ja, Hy het die regmatige toorn van God teenoor die wêreld se sonde, teenoor jou sonde, teenoor myne … namens ons gedra. Hoekom? Hoe?
Omdat alle sonde gestraf moet word. Omdat óns sonde straf verdien. Die Woord van God is baie duidelik daaroor – Die loon van sonde is die dood. (Romeine 6:23). Die onwrikbare geregtigheid van God het geëis dat die prys van ons sonde betaal word. En Jesus … Jesus het daardie prys namens ons betaal. Hy het ons gered van die toorn van God wat ongetwyfeld, 'n verskriklike ding is.
Die realiteit is dus dat Hy namens my en jou in daardie graf gelê het. Ons sien in:
Romeine 5:9 Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.
Ons, as gelowiges wat in Jesus, en die prys wat Hy met sy bloed betaal het, glo – ja, jy en ek - word hierdeur deur God aanvaar. Ons vryspraak het dieselfde betekenis as die vryspraak wat van toepassing is op ‘n misdadiger wat sy vonnis uitgedien het.
En daardie vryspraak in Christus het ons gered van die toorn van God my vriend, Hy het namens jou en namens my in daardie graf gelê. Dis goeie nuus.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 5:7,8 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Vandag is die dag. Dis Goeie Vrydag. Die slegste en die beste dag op die Christelike kalender. Die slegste, want Jesus is aan ‘n Kruis vasgespyker en Hy het gesterf. Die beste, want deur sy offer kan ek en jy volkome vergewe word.
Ek sê ‘kan’, want dit is en bly ons elkeen se besluit. Indien ons ons vertroue in dit wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, plaas en ons geloof uitleef deur weg te draai van ons sonde; dan het ons die gratis geskenk van 'n nuwe en ewige lewe. Dit is die lewe wat Hy vir ons gekoop het deur sy dood aan die Kruis. Die keuse is ons s’n. Maar as ons dit nie wil doen nie, dan doen ons dit nie.
Dit is 'n baie duidelike en eenvoudige boodskap, maar weet jy, die ding wat my jare lank teruggehou het daarvan om daardie lewensveranderende, ewigheidsveranderende besluit te neem om Jesus te volg, was die skuldgevoelens oor my eie sonde. My lewensstyl was op daardie stadium van so ‘n aard, dat ek geglo het dat ek nooit sal kwalifiseer vir God se vergifnis nie, wat nog te sê van die gratis gawe van die ewige lewe!
Maar God het altyd geweet dat mense soos ek, so sou voel. Daarom het Hy seker gemaak dat hierdie twee verse in die Bybel ingesluit is:
Romeine 5:7,8 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Jesus het nie na die Kruis gegaan ten spyte van ons sonde nie, maar as gevolg van ons sonde. En Hy het gely en gesterf vir mense soos ek en jy, as 'n vooruitbetaling vir ons sonde, 'n daad wat op die mees onmiskenbare wyse, die omvang van sy liefde vir sondaars soos ek en jy, gedemonstreer het. Nee, ons is dit nie waardig nie. Maar, verstaan jy? Dis Genade.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Mag die liefde van God vir jou, deur ons Here Jesus Christus, jou wese totaal en al oorweldig en jou lewe van vandag af verander. Mag jy hierdie gratis geskenk van 'n ewige lewe in sy Teenwoordigheid met albei hande aangryp - 'n nuwe lewe wat hier en nou, vandag, begin. En mag jou lewe sy lig laat skyn in die harte van diegene rondom jou. Dit is my gebed vir jou. In Jesus se magtige Naam. Amen!
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Romeine 5:6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. (NLV)
Ek wonder of jy al ooit gehoor het van "Maundy Thursday." Dit word ook soms Heilige Donderdag of Verbondsdonderdag genoem. Dit word op die Donderdag voor Paasfees gevier, en herdenk die gebeure van die dag voor Jesus se arrestasie.
Wel, vandag is daardie dag, die dag voor Goeie Vrydag wanneer ons die lyding en dood van Jesus vir mense soos ek en jy herdenk. Maar wat beteken "Maundy" eintlik?
Wel, in die vroeë 14de eeu is die woord "maundy" geassosieer met die laaste Avondmaal toe Jesus die dissipels se voete gewas het, net voordat Hy in die tuin van Getsemane deur Judas verraai is.
Die Britse monarg vier nou al baie jare lank hierdie dag deur spesiale gemunte muntstukke, aan pensioenarisse uit te deel, om die simboliese betekenis van Jesus, wat die dissipels se voete was, te herdenk.
Die betekenis van hierdie "maundy"- konsep is dat die een met ‘n baie hoër status, in 'n sekere sin afbuig na diegene met ‘n laer status om hulle te dien; om dus simbolies aan diegene wat dit nie verdien nie, iets te gee.
Dink baie mooi daaroor na: Jesus, die Seun van God, kniel neer om die stinkende, vuil voete van die twaalf dissipels te was en jy weet mos dat Judas, wat op die punt was om Hom te verraai, een van hulle was. Petrus het probeer protesteer: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
Het jy al ooit heeltemal onwaardig gevoel oor dít wat Jesus vir jou gedoen het? Wel, my vriend, dit is die kruks van die saak. Dit is die rede waarom ons môre Goeie Vrydag gaan vier.
Romeine 5:6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. (NLV)
Ek en jy was absoluut onwaardig en hulpeloos. Maar ten spyte van ons sonde en rebellie, nee; eintlik as gevolg daarvan, het God die inisiatief geneem. Terwyl ons nog swak was, terwyl ons nog sy vyande was, het Christus vir ons gesterf. Dit is nie net goeie nuus nie, dit is fantastiese nuus.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners