God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Moenie Oordeel Nie

    Send us a text

    Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. 

    Dit is regtig ontstellend hoe dikwels ons ander mense oordeel en veroordeel. Ons oordeel hulle op grond van hoe hulle lyk, hul gesigsuitdrukkings, hul lyftaal, wat hulle sê en wat hulle doen. Trouens, ons oordeel ander mense sommer ‘n hele paar keer elke dag.

    Kom ons dink daaroor na: Jy ontmoet iemand nuut. Wat is jou eerste indruk? Hulle voorkoms! En hoe wreed dit ook al mag klink, behandel ons die meeste “aantreklike” mense anders as dié wat ons as “onaantreklik” beskou.

    Maar dit geld ook vir iemand wat ons dalk redelik goed ken. Wat doen ons wanneer hulle iets sê waarmee ons nie saamstem nie? Ons veroordeel hulle. Net daar laat ons ons aannames en ons vooroordele toe om húlle perspektief af te skiet. En op daardie oomblik begin die konflik. Maar dink net, kon ons dinge nie anders hanteer het nie?

    Lukas 6:37 Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

    Kon ons nie maar ons oordeel weerhou het nie? Wat sou gebeur het, as ons die persoon vergewe het, eerder as hom te veroordeel? En as ons hom op daardie oomblik kon sien as ‘n feilbare mens – met al sy hoop en drome, swakhede en gebreke (net soos ons s’n) – en hom met die deernis wat hy verdien, behandel het? Hoe anders sou ons verhoudings dan gewees het? Hoe anders sou ons wêreld dan nie gelyk het nie?

    Konflik begin op die oomblik wat ons oordeel. Deernis begin wanneer ons besluit om nie te oordeel nie. Konflik begin wanneer ons onsself van hulle feilbaarheid as mense afsluit en hulle soos 'n voorwerp, wat gemanipuleer moet word, behandel. Liefde begin wanneer ons daarna smag om te verstaan waarom hulle iets sê of doen.

    Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Verskillende Perspektiewe

    Send us a text

    Handelinge 15:37-39 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek. 

    Dit verbaas my hoe twee mense twee heeltemal verskillende dinge kan sien, wanneer hulle na dieselfde kwessie, na dieselfde saak, selfs na dieselfde voorwerp kyk. Hoekom gebeur dit? Sê my, hoe gebeur dit?

    Ek was onlangs by 'n konferensie en die vrou wat langs my gesit het, het presies dieselfde model selfoon as ek gehad. Ons het hulle albei met die gesig na onder op die tafel voor ons neergesit.

    Myne het 'n netjiese vlootblou omslag gehad. Hare – o my aarde, ek ys as ek net daaraan dink – het 'n deurskynende omslag, vol verskillende plakkers wat sy lukraak daaroor geplak het, gehad. Aaaaklig! Ek sou nooit met so ‘n deurmekaarspul kon saamleef nie!

    Twee identiese fone, wat aan twee heeltemal uiteenlopende mense, met heeltemal uiteenlopende perspektiewe, behoort. En dis maar hoe die lewe is. Maar dis niks nie. 

    Handelinge 15:37-39 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek.

    Ja, hier het ons vir Paulus en Barnabas - twee groot karakters uit die Bybel - wat kragtig deur God gebruik is. En tog was hulle sondaars, net soos ek en jy. Hul verskille het op 'n hewige argument uitgeloop.

    Mense gaan altyd - glo my, altyd! - dinge vanuit verskillende perspektiewe bekyk. Maar ons moet nie toelaat dat dit argumente veroorsaak nie. Ons kan van mekaar verskil, maar ons kan dit in liefde doen.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God se Genade

    Send us a text

    1 Petrus 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop 

    Ek is heeltemal oortuig daarvan dat ons nooit, ooit, genoeg oor die opstanding van Jesus Christus kan nadink en daaroor praat nie. Want die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het, verander absoluut alles!

     

    Ongelukkig maak baie mense nie tyd om die wonder van Jesus se opstanding hulle eie te maak nie, en dan verstaan hulle nie waarom hulle lewe nie hulle geloof weerspieël nie en waarom dinge so hopeloos voel nie.

     

    Maar weet jy, ons staan elke dag op, doen die gewone ou dingetjies, en al glo ons in Jesus en in Sy dood en in Sy opstanding … lyk dit so ver verwyder van ons alledaagse lewens.

     

    Ingeval jy voel asof daar ‘n gaping tussen jou geloof aan die een kant en die realiteite van die lewe aan die ander kant is, hoor wat sê Petrus in:

    1 Petrus 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop.

     

    Die verband tussen die opstanding van Jesus meer as tweeduisend jaar gelede en die tegnologiese, vinnige lewe wat ons vandag leef, is dat Hy deur Sy genade vir ons 'n nuwe lewe gegee het!

     

    Luister na my: Ons is nie gemaak om in ons ou lewe van sonde en selfsug te leef nie; maar om 'n nuwe lewe van opoffering en lyding ja, maar ook 'n lewe van heerlikheid, van vreugde, van vrede en van krag, te leef. En … hierdie nuwe lewe is vir ons geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.

     

    Christus het opgestaan! En jy het ook!

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Pasop vir Hierdie Slagyster

    Send us a text

    Spreuke 29:25 Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.(NLV) 

    Was jy al ooit bang? Ek was! Ja, ek weet, dit is 'n natuurlike, ingeboude reaksie om ons veilig te hou. Maar as ons te lank in daardie toestand leef, kan dit ons heeltemal in die verkeerde rigting lei.

    Ek was al in my lewe in 'n paar motorongelukke betrokke, en ek onthou goed hoe my adrenalien vlakke gestyg en vrees oorgeneem het. Daardie reaksie is 'n goeie ding - want dit gee jou energie en dit laat jou besluit of jy moet veg of vlug.

    Maar wanneer daardie vrees, te midde van 'n hoë mate van onsekerheid voortduur, veral wanneer ons in ‘n baie moeilike situasie is, kan ons verkeerde besluite neem wat die saak vererger. Wat is dan die oplossing wanneer jy in daardie vreeslike toestand vasgevang is? Hoe hanteer jy dit?

    Spreuke 29:25 Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou. (NLV)

    Ja, vrees kan 'n lokval wees; dit kan rampspoedig wees as ons reageer op dit wat in ons lewens aangaan. Maar as jy op die Here vertrou, sal jy veilig wees.

    Beteken dit dat niks ooit verkeerd sal gaan nie? Dat ons nooit sal seerkry nie? Dat ons nooit iets sal verloor nie? Dat ons nie sal sterf nie? Natuurlik nie! Maar as jy in Jesus glo, sal jy selfs op die dag van jou dood, veilig in sy hande wees.

    En die enigste oplossing wat ek ken, is om daardie vers vir myself toe te eien. Ek ervaar te midde van daardie ontstellende situasies die vrede van God, wanneer ek my Bybel oopmaak en die Heilige Gees toelaat om God se beloftes op my hart te skryf; en om Hom te vra vir sy vrede wat alle verstand te bowe gaan.

    En God het my, selfs te midde van die vreeslikste tye van my lewe, nog nooit, ooit in die steek gelaat nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ware Hoop

    Send us a text

    Filippense 3:10,11 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. 

    Krag en lyding is nie woorde wat ons so dikwels in een sin gebruik nie. En tog wanneer ons swaarkry, is dit juis wanneer ons God nodig het om sy onbegryplike groot krag in ons vry te stel.

    Gister het ons gesels oor Paulus se begeerte om Christus te ken en die krag wat Hom uit die dood opgewek het, te hê. Opstandingskrag. Heilige Gees krag. Ons kan almal 'n dawerende halleluja en amen daarop sê!

    Maar die kinkel in die kabel kom in die laaste deel van die versie, wanneer hy kom by die idee van lyding. Is dit nou regtig nodig, Paulus?

    Filippense 3:10,11 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

    Ag nee man, moes jy dit nou kom bederf deur lyding daarby te voeg? Maar ons weet almal dat lyding in hierdie gevalle sondige wêreld waarin ons leef, 'n realiteit is.

    En weet jy, God het self lyding ervaar toe Hy ter wille van ons na die aarde gekom het om as mens te lewe en aan die Kruis te ly. Maar Hy het nie daar aan die kruis vasgespyker, of dood in die graf gebly nie, want die dood kon Hom nie vashou nie. Dit is daardie opstanding waarna Paulus smag, daardie wonderlike belofte waarop hy sy hoop vestig.

    En dit is dieselfde opstanding uit die dood waarna ek en jy kan uitsien wanneer ons tyd hier op aarde verby is. My vriend, wanneer jy dus swaarkry, soos jy, voordat jou tyd verby is, ongetwyfeld sal, smag na Christus. Ja, smag om soos Hy te wees in sy lyding, want jy kan, wanneer jou lydensdae verby is, op die rotsvaste, sekere hoop van jou opstanding, die ewigheid lewe, vertrou. 

    Verlang na Christus.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ken Christus en Wees Soos Hy

    Send us a text

    Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood 

    Ek het al dikwels oor die jare gewens dat ek, as pa, aan my kinders die wysheid van my jare lange ondervinding en dit wat ek vir hulle kan doen, kan oordra.

    En dit is maar hoe vaders is, nè? Maar as ek, as sondige mens daardie begeerte kan hê, hoeveel te meer het ons Vader in die Hemel nie daardie selfde begeerte nie?

    En hoeveel meer suksesvol, dink jy, sal Hy wees, as wat ek ooit kan wees? Wysheid en krag. Dit is om daardie rede dat die apostel Paulus, aan sy vriende in Filippi skryf: 

    Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.

    Paulus smag daarna om Jesus te ken en die krag wat Hom uit sy dood opgewek het, te smaak. Hy smag daarna om sy Here en Verlosser so intiem en so persoonlik te ken, dat die onbegryplike groot krag, daardie Heilige Gees krag wat Jesus uit die dood opgewek het, in hom, in sy lewe, in sy bediening en in sy wandel, aan die werk sal wees.

    ...Maar nou kom die tweede helfte van daardie vers:

    en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.

    Wanneer ervaar ons meer van God se krag? Daar is geen plek, geen tyd in ons lewens waar ons sy krag so daadwerklik beleef, as wanneer ons in lyding verkeer nie. Ons weet dat Hy gedurende daardie tye sy magtigste karaktervorming in ons doen. Ja, wanneer ons dit nodigste het, sal Hy meer as enige ander tyd, sy krag vrystel.

    Om Christus te midde van lyding te ken, is om soos Christus te wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Vryspraak van God

    Send us a text

    Filippense 3:9 ...sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. 

    Enige huwelikspaar sal vir jou vertel dat argumente een ding is, maar wanneer jy daardie onenigheid vir ‘n lang tyd in stilte laat broei, word dit 'n ramp. Dit is die pad na ‘n egskeiding.

    In baie opsigte is dit dieselfde in ons verhouding met God. Daar gaan tye wees wanneer ons Hom teleurstel. Hopelik kom dit vandag minder voor as wat dit miskien vyf jaar gelede voorgekom het. En soos ons meer en meer soos Jesus word, sal dit oor vyf jaar nog minder kere voorkom.

    Maar as ons, wanneer ons teen Hom sondig, toelaat dat dae, weke en selfs maande verbygaan sonder om terug te draai en om sy vergifnis te vra … dan loop ons verhouding 'n ernstige risiko om op die rotse te loop.

    Indien jy ooit in daardie situasie is, hou vas aan hierdie kragtige en bemoedigende versie wat jou sal herinner dat jy altyd ... altyd na Hom kan terugdraai en sy vergifnis kan vra.

    Filippense 3:9 ...sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.

    Ons vryspraak voor God hét nooit en sál nooit bepaal word deur ons vermoë om die regte dinge te doen nie. Ons vryspraak voor God kom slegs deur ons geloof in die feit dat Jesus gesterf het, om die prys vir ons sonde te betaal, en dat Hy weer opgestaan het, om ons 'n nuwe, ewige lewe te gee. Dit is 'n gratis geskenk van ons Vader in die hemel, aan die kinders vir wie Hy lief is.

    Moet nooit bang wees om na God terug te draai en Hom om vergifnis te vra nie. Dis hoekom Jesus vir jou gesterf het!

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Bring dit aan die Lig

    Send us a text

    Johannes 3:21 Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” 

    Wanneer ons iets het om weg te steek, behels dit gewoonlik sonde. Nie altyd nie, maar die meeste kere. As jy iets het wat jy vir mense wil wegsteek, dan is die belangrikste vraag wat jy jouself moet afvra: "Hoekom wil ek dit wegsteek?"

    Gister het ons gekyk na die verdagte transaksies waarby mense betrokke raak. Hulle haat die lig, het Jesus gesê, want dit sal hulle bose dade blootlê. Dit is 'n waarskuwingsein vir my. Watter dinge waarmee ons besig is, sal ons in die skande steek, as dit aan die lig gebring en openbaar gemaak word?

    Johannes 3:21 Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

    Jesus het gesê: Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Die “ware weg” is dus die weg van dié wat Jesus volg. 'n Groot deel van jou groeiproses in Christus, is om uit die duisternis, na die lig te stap. Wat beteken dit?

    Kan ek jou vandag vra, watter dinge in jou lewe doen jy, wat jy sou verkies om verborge te hou? Komaan, wat is hulle? Wel, dit is tyd om hulle aan die lig te bring.

    Al is ek die Hoof Uitvoerende Beampte van ons bediening, word ek deur ’n sterk en onafhanklike direksie aanspreeklik gehou; ons het 'n eksplisiete gedragskode. Ons het selfs 'n veilige fluitjieblaserbeleid, wat vereis dat enigiemand in die bediening hul bekommernisse met die voorsitter van ons direksie moet deel. Waarom?

    Want dit is daar om my aanspreeklik te hou. Dit beteken dat daar toesig is om seker te maak dat my optrede en my gedrag daar buite, in die lig is; sodat daar nie verborge dinge in my lewe is wat in die duisternis uitbroei nie.

    Wat het jy nodig om aan die lig te bring?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Verdagte Transaksies

    Send us a text

    Johannes 3:20 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 

    Ons het almal dinge gedoen waarop ons nie trots is nie. Ek het, en jy het ook. Die vraag vir elkeen van ons is egter: sal ons aanhou om daardie dinge te doen, of sal ons uit die duisternis kom om in die lig te lewe?

    Dit is 'n verskriklike ding wanneer ons politieke leiers verdagte transaksies aangaan. Soms sien jy persone aan bewind wat so ryk is, dat almal weet dat dit onmoontlik is dat die geld regmatig oor hulle pad gekom het. Daardie magsmisbruik, ja, daardie korrupsie ontstel ons almal.

    Maar kom ons wees eerlik. Ons het self ook al verdagte transaksies aangegaan. Miskien het jy 'n mate van voordeel verkry deur oneerlikheid, of miskien het jy die volle waarheid so effe verswyg, of dalk het jy deur een of ander geheime sonde 'n ooreenkoms met die duiwel gesluit? Ons is sekerlik almal skuldig daaraan. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (Romeine 3:23 NLV) 

    En hier lê die probleem: Wanneer ons praat van die eer waarvan ons God beroof, beteken dit dat ons God in die skande steek. En wanneer ons besig is om verdagte transaksies aan te gaan, doen ons dit in die geheim - ons bly in die duisternis, uit die lig, sodat ons oneerlikheid nie blootgelê word nie.

    Johannes 3:20 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie.

    Mag ek jou vandag, met die liefde van Christus, ‘n baie indringende, maar ernstige vraag vra: Met watter onderduimse transaksies is jy op die oomblik in jou lewe besig? Watter verborge sonde veroorsaak dat jy die lig vermy? Daardie sonde hou jou van God af weg. Jy weet dit baie goed en ek weet dit ook. . .

    Maar God se heerlikheid skyn helderder as ‘n duisend sonne; helderder as enigiets anders in die heelal. Kom na die Lig toe.

    Dit is tyd om daardie oneerlike transaksies te stop en weer in die lig te leef.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Boodskap

    Send us a text

    Jesaja 61:1 Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, 

    Dis lekker om goeie nuus te ontvang, dit maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie. Maar die beste tyd om goeie nuus te kry, is wanneer dinge nie so goed gaan nie; wanneer ons daar onder in 'n gat, eerder as op 'n bergtop, is.

    Ek weet nie wat jou omstandighede tans is nie, maar jy kan absoluut seker wees dat God baie beslis daarvan weet. En as jy dalk vasgevang is in 'n plek waarin jy, as jy kon kies, jy nie sou wou wees nie, dan is dit nou beslis die regte tyd om goeie nuus te ontvang.

    God weet dit. Daarom het God die profeet Jesaja na Israel, wat op daardie stadium reeds vir drie geslagte as slawe in ballingskap in Babilon gesit het, gestuur, om dít vir hulle te sê:

    Jesaja 61:1 Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is,

    En dink net, omtrent 700 jaar later, het Jesus aan die begin van sy openbare bediening, daardie spesifieke Skrifgedeelte gekies om by die plaaslike sinagoge te lees. Toe Hy klaar was, het Hy gesê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul. Met ander woorde, Hy het gekom om goeie nuus aan die armes te bring, om diegene wat hartseer is, te troos en om vir die gevangenes te vertel dat hulle vrygelaat is.

    My vriend, dit maak nie saak waar jy is nie, hoe vasgevang jy mag voel nie; maak nie saak waarmee die wêreld jou probeer beproef nie … Jesus het vir jóú gekom. En ek smeek jou vandag om sy belofte met albei hande vas te gryp en styf vas te hou. Jesus het gekom om vir jou hierdie goeie nuus te bring.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners