Goeie More Kruispadders

Goeie More Kruispadders

Download on the App Store

Goeie More Kruispadders episodes

  • Matteus 10:24–33 – Julle is meer werd as baie mossies

    In Matteus 10:24–33 berei Jesus sy dissipels voor om verkeerd verstaan en teëgestaan te word.

    Drie keer sê Hy dat hulle nie bang moet wees nie: mense het nie die laaste woord nie, die Vader sien hulle raak, en hulle is vir Hom kosbaar.

    Hierdie gedeelte nooi ons om openlik aan Jesus te behoort en te onthou: ons is meer werd as baie mossies.


    11 min
  • Matteus 10.16–23 – Wanneer dit moeilik word om Jesus te volg

    In Matteus 10:16–23 berei Jesus sy dissipels eerlik voor op teenstand en vervolging.

    Hy roep hulle om wys én opreg te leef en belowe dat die Gees van die Vader by hulle sal wees wanneer hulle bang of onseker voel.

    Hierdie gedeelte herinner ons dat volharding nie beteken dat ons altyd sterk voel nie, maar dat ons steeds ons vertroue in Jesus plaas.


    10 min
  • Matteus 10:1–15 – Jesus stuur sy dissipels

    In Matteus 10:1–15 roep Jesus twaalf gewone, onvolmaakte mense nader en stuur hulle uit om sy boodskap en vrede te dra.

    Hulle moes verniet uitdeel wat hulle van Hom ontvang het en leer om Hom te vertrou met dit wat hulle nie kon beheer nie.

    Hierdie gedeelte herinner ons dat Jesus ons ook na die mense naby ons stuur.


    9 min
  • Matteus 9.35–38 – Wanneer Jesus na die mense kyk

    In Matteus 9:35–38 sien Jesus nie net ’n skare nie, maar mense wat seerkry, weerloos en sonder leiding is.

    Hy word diep deur hulle nood geraak en roep sy dissipels om vir arbeiders in God se groot oes te bid.

    Hierdie gedeelte nooi ons om mense deur Jesus se oë te sien en beskikbaar te wees vir dit waarmee God reeds besig is.


    12 min
  • Matteus 9.18–34 – Jesus sien die mens agter die nood

    In Matteus 9:18–34 ontmoet Jesus mense vasgevang in verlies, langdurige siekte, blindheid en gebrokenheid.

    Hy sien die mens agter die nood, hoor hulle roepstem en tree met deernis en gesag op.

    Hierdie gedeelte nooi ons om met ons werklike nood na Jesus toe te kom en op sy teenwoordigheid te vertrou.


    12 min
  • Matteus 9:1–17 – Jesus bring vergifnis en ’n nuwe begin

    In Matteus 9:1–17 ontmoet ons Jesus as die Een wat sondes vergewe, gebroke mense nader trek en gewone mense roep om Hom te volg.

    Deur ’n verlamde man, Matteus by die tolhuis en die beeld van nuwe wyn ontdek ons dat Jesus nie net ’n paar dinge in ons lewe wil regmaak nie—Hy bring ’n nuwe begin.


    12 min
  • Matteus 8:28–34 - Wanneer Jesus die donkerste plek binnestap

    In Matteus 8:28–34 stap Jesus ’n donker en gevaarlike plek binne en bevry twee mans wat deur bose magte beheer word.

    Selfs die demone erken sy gesag, maar die inwoners vra Hom om weg te gaan.

    Hierdie gedeelte wys dat niemand buite Jesus se bereik is nie en vra of ons Hom sal verwelkom wanneer sy teenwoordigheid ons lewe ontwrig en verander.


    11 min
  • Matteus 8:18–27 - Om Jesus te volg, ook deur die storm

    In Matteus 8:18–27 ontdek ons dat navolging nie altyd ’n gemaklike of stormvrye pad is nie.

    Jesus roep ons om Hom sonder uitstel te volg en wys dat Hy ook in die storm by ons is.

    Wanneer die dissipels oorweldig word, ontdek hulle opnuut Wie saam met hulle in die boot is—die Here aan wie selfs die wind en die see gehoorsaam.


    12 min
  • Matteus 8:1–17 - Jesus kom naby

    In Matteus 8:1–17 sien ons hoe Jesus se woorde in dade sigbaar word.

    Hy raak ’n melaatse aan, genees ’n centurio se slaaf met ’n woord en neem Petrus se siek skoonmoeder aan die hand.

    Hierdie ontmoetings wys dat Jesus met gesag én ontferming na gebroke mense kom—ook na dié wat deur ander as buitestanders beskou word.


    11 min
  • Matteus 7.24–29 – Bou jou lewe op Jesus se woorde

    Jesus sluit die Bergrede af met die beeld van twee huise wat deur dieselfde storm getref word.

    Die verskil lê in hulle fondamente. Hy nooi ons om nie net sy woorde te hoor nie, maar Hom te vertrou, daarvolgens te leef en ons lewe op ’n vaste fondament te bou.


    11 min

About Goeie More Kruispadders

From the publisher's feed

“Goeie More, Kruispadders!”