Johan van Lill gesels met Wilna van Rooyen, hoof van die Leeuwenhof se pre-primêre afdeling, oor outydse speletjies wat jy met jou kinders kan speel – dis nou die speletjies wat ons ma's en pa's, oupas en oumas as kinders gespeel het.
Johan van Lill gesels met Lizanne du Plessis, arbeidsterapeut en skrywer, oor hoe om jou kind se sosiale vaardighede van 'n jong ouderdom af te ontwikkel. Hoe help ek my skaam kind om maatjies te maak?
Johan van Lill gesels met Gretie Luyt, hoof van die Laerskool Jan Cilliers se pre-primêre afdeling, oor die eerste skooldag. Hoe kan ek verseker dat alles glad verloop wanneer my kind Graad R of Graad 1 toe gaan?
Johan van Lill gesels met Fanie Kriel, 'n pastorale sielkundige, oor langpad vat met kinders en hoe moderne en saamgestelde gesinne die feestyd kan hanteer.
Johan van Lill gesels met twee arbeidsterapeute, Anneri Oosthuizen en Liana Austin, oor wat gebeur as jou kind vir arbeidsterapie verwys word. Hoe werk dit, wanneer word 'n kind daarvoor verwys en wat behels so 'n terapie-sessie?
Johan van Lill gesels met Petro Thamm, 'n professionele slaapkonsultant, oor kinders se slaapgewoontes en wat ouers kan doen wanneer hulle kind slaapprobleme het. Hoeveel is genoeg slaap vir elke ouderdomsfase?
Johan van Lill gesels met Anel Allandale, opvoedkundige sielkundige, oor die rol wat opvoedkundige speelgoed en apparaat speel om jou kind te ontwikkel en skoolgereed te kry. Watter speelgoed kan ek vir my kinders koop om hulle breine te ontwikkel?
Johan van Lill gesels met dr. Melody de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor speletjies en ontwikkelingsaktiwiteite wat ma's, pa's en versorgers met ouer babas (vier maande plus) kan doen om hulle te stimuleer.
Johan van Lill gesels met sielkundige Joanita Olivier oor hersaamgestelde gesinne. Hoe gemaak as ek weer trou en ek het kinders van my eie en kry nog my nuwe lewensmaat se kinders ook by?
22 min
About Groeipyne
From the publisher's feed
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige…
een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!