Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 606 episodes available.
January 22, 201522 JanJohan van Lill praat met Hettie Brittz, skrywer en oueropleidingspesialis, oor hoe gemaak as jou kind die verkeerde maats kies. Sekere temperamente lok sekere maats aan, en dis belangrik dat ouers en kinders met goeie gesprekvoeringsvaardighede sal weet hoe om dit te hanteer....more24minPlay
January 15, 201515 JanJohan van Lill praat met Elmarie Stofberg, 'n onderwyskundige, oor hoe om die angel uit Graad 4 te haal. Ouers sit baie keer met hulle hande in die hare, omdat hulle kinders in graad 4 sukkel om te leer. Die ouers wil help, maar weet nie hoe nie. Die oorgang van die grondslagfase na die intermediêre fase is vir baie kinders en ouers 'n groot kopseer....more24minPlay
January 08, 20158 JanJohan van Lill praat met Elmarie Stofberg en Beryl Botman, onderwyskundiges, oor hoe ouers die radio kan gebruik om hulle kinders se luistervaardighede te ontwikkel. Lizelle de Bruin, regisseur van sommige van die kinderprogramme op RSG, en Christelle Webb-Joubert van Poen en Toekie-faam, verduidelik hoe die programme saamgestel word om aan kinders se luisterbehoeftes te voldoen....more28minPlay
December 31, 20141 JanJohan van Lill praat met dr. Gillian Arendse, Hoof: Sentrum vir Mentor-, Tutor- en Leierskapontwikkeling by die Universiteit Stellenbosch, oor die rol wat kombuiservarings in kinders se wiskundige en wetenskaplike ontwikkeling speel. Drie koskenners, Herman Lensing (kosredakteur by SARIE), Errieda du Toit (RSG se Huiskok) en Marinda Engelbrecht (Van Kokkedoor-faam), gee elkeen 'n resep wat jy met jou kinders in die kombuis kan aanpak....more22minPlay
December 11, 201411 DecJohan van Lill praat met Hettie Brittz, bekende skrywer en oueropleidingspesialis, oor wat om te doen as jou kind nog 'n slegte en ongelukkige jaar op skool gehad het. Wanneer haal ek my kind uit, en oorweeg tuisskoolonderrig? Watter uitdagings hou tuisskoolonderrig in vir ouers, kinders en gesinne?...more25minPlay
December 04, 20144 DecJohan van Lill praat met Monique Strydom, bekende motiveringspreker en baie betrokke by nie-regeringsorganisasies wat kinders in nood bystaan, oor wat om te doen as jy vermoed 'n kind in die gemeenskap se veiligheid word bedreig....more27minPlay
November 27, 201427 NovDie meeste ouers kan nie wag dat hulle kinders begin praat nie. Maar dan kom die groot verrassing – net omdat daar nou woorde uit jou kleinding se mond kom, beteken dit nie noodwendig dat jy en jou kleinding mekaar kan of wil verstsaan nie! Johan van Lill praat met Heidi Malan, 'n oueropleidingspesialis, oor hoe om met jou kinders te praat dat hulle na jou sal luister....more24minPlay
November 20, 201420 NovDis eksamentyd en almal weet dat 'n gebalanseerde dieet in hierdie stresvolle tye vir jou kind baie belangrik is – maar wat gee ek my kind om te eet tydens eksamentyd? Johan van Lill gesels met dieetkundige Andrea du Plessis oor breinkos en aanvullers tydens die eksamen. Andrea gee ook 'n heerlike smoothie-resep wat ideaal is vir eksamentyd....more27minPlay
November 06, 20146 NovJohan van Lill gesels met Wilna van Rooyen, hoof van die Leeuwenhof Akademie se preprimêre skool, oor wat belangrik is vir ouers en versorgers om te weet voor jou kind Graad 1 toe gaan. Wat kan 'n mens by die huis doen om die oorgang van informele na formele leer so glad moontlik te laat verloop? Hoe hanteer ek dit as my kind emosioneel nog nie reg is vir Graad 1 nie? Hoe lees ek die verslag wat ek van die Graad R onderwyser af kry....more25minPlay
October 30, 201430 OctJohan van Lill vertel hoe jy jou kind kan help om te studeer vir die eksamen. Hoe help jy jou kind om feite te onthou, moeilike begrippe baas te raak en om hulle werksgeheue te ontwikkel sodat hulle makliker kan leer? Baie kinders ondervind probleme om meer as drie tot vier goed op 'n slag te onthou, en Johan gee wenke oor hoe ouers hierdie vermoë van kinders kan ontwikkel....more26minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 606 episodes available.