In die laaste aflewering van Slat die Sport gesels Stephen en Arnie met Springbok-legende Corne Krige oor sy rugbyloopbaan en die stand van die spel vandag. Daarna sluit atletiekkenner Sean Falconer aan om alles oor die Comrades-marathon te bespreek. Ruben loer in en deel van sy gunsteling Slat die Sport oomblikke.
Dankie dat jy saam gesluister het! – hierdie was ’n laaste een vir die boeke!
Doepie en Nina gesels met Liezel van Intiem vir hulle maandelikse insetsel oor die huwelik. Hierdie maand is deel een van 2. Die Top 5 huweliksprobleme in SA vs die Wêreld, hoe en hoekom dit verskil. Hulle gesels ook oor die vreugdes van die huwelik, net om seker te maak Doepie kom darem eendag by die kansel uit.
Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
Tony Leon gesels oor sy nuwe boek, Being There. Hulle praat oor alles van Trump en Ramaphosa tot die moontlike RNE destyds en die gesprekke rondom ons huidige RNE, asook so 'n bietjie Zuma.
Hennie Fourie, Gesertifiseerde Welvaart Bestuurder van PSG Pretoria Oos het met Francois op die Lunch Punch kom gesels oor hoe belangrik dit is vir vroue om Finansieël Gesond te wees. Back-a-buddy
12 min
About GROOTfm 90.5
From the publisher's feed
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.
Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.