Ons verken die ITP J60 tennistoernooi wat vanjaar in Pretoria plaasvind. Berry Ferreira kyk saam met ons na die nuwe F1-seisoen wat hierdie week begin. Stephen Cook deel insigte oor die SA20 Schools-toernooi, en Marlie Viljoen, deel van die 4 x 400m-aflosspan wat 'n nuwe SA-rekord opgestel het, vertel ons meer oor hierdie merkwaardige prestasie.
Demi-Lee Moore het op #DieGROOTBrekfis kom inloer om te gesels oor haar nuwe enkelsnit en album wat oppad is. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag (1 Tessalonisende 5:18).
Van al die maniere om God te aanbid, is dankbaarheid waarskynlik die een wat die meeste misgekyk word. Een van die geheime van ‘n gelukkige lewe is dankbaarheid. As ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
Louis Brittz in die land en het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike kom inloer om bietjie te gesels oor Nuwe lof en ook nuwe musiek wat oppad is. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Eldon Flare kom kuier op #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor sy nuutste enkelsnit, 'Rebelleer'. Hy vertel vir Venita dat 'n spontane liedjieskryfsessie in 'n kar saam met een van sy vriende gelei het tot sy eerste enkelsnit en die begin van sy musiekdroom
21 min
About GROOTfm 90.5
From the publisher's feed
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.
Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.