GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Loufi
    Loufi en Annelie gesels verslawing, sy bekering en hy wat 'n verskil wil maak.
    14 min
  • #ALT-Fokus Met Venita – Carla Franco, Donderdag 6 Maart
    Hierdie week op #ALT-Fokus gesels Venita met Carla Franco as deel van Wêreldgehoordag. Carla deel haar liefde vir musiek en die struikelblokke wat sy moes oorkom om haar droom te kan uitleef. As ‘n groot aktivis vir vroue in die industrie, vier sy hul talent en het ‘n spesiale boodskap vir haar luisteraars oor hoe ons hierdie ongelooflike kunstenaars kan ondersteun.
    28 min
  • #SlatDieSport - 6 Maart
    Charne Swart is slegs die sesde Suid-Afrikaanse vrou wat die 800m in minder as twee minute voltooi het. Haar afrigter, Ilze Wicksell, was die eerste vrou wat hierdie mylpaal bereik het – reeds in 1983! Beide kampioene kuier vandag saam met ons in die ateljee.

    Verder gesels ons met Jaco van der Westhuyzen oor sy sportiewe gesin, sy indrukwekkende rugbyloopbaan en sy diepgewortelde passie vir sy geloof.
    44 min
  • Oppinuus - Prof Rouaan Maarman oor die doeltreffendheid van huiswerk in die Laerskool
    Prof Rouaan Maarman van die Universiteit van die Wes Kaap gesels met Annelie oor die doeltreffendheid of nie van huiswer in die Laerskool.

    Navorsing in die Wes-Kaap het bevind dat die uitskakeling van huiswerk in die Laerskool, leerdermotivering en -welstand verbeter het en het kommer uitgespreek oor die versterking van leergewoontes. Nog 'n studie wat agt openbare primêre skoolhoofde in Johannesburg betrek het, het aan die lig gebring dat hoewel huiswerk klaskameronderrig ondersteun het, teenstrydige beleide en wisselende vlakke van ouerbetrokkenheid die doeltreffendheid daarvan belemmer het.

    Kenners van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) glo 'n meer gestruktureerde en doelbewuste benadering is nodig om skoolwerk en huislewe te balanseer. Professor Rouaan Maarman, Medeprofessor en Adjunkdekaan van Navorsing en Nagraadse Studie in die Fakulteit Opvoedkunde, sê dat gestruktureerde skoolbeplanning deurslaggewend is vir betekenisvolle opvoedkundige betrokkenheid.
    25 min
  • #GROOTtrauma - 5 Maart
    Die derde Maart was Wereld gehoor dag. Ons gesels met oudioloog, Bronwyn van Wyk van Specsavers oor simptome, behandeling en vroee voorkoming van gehoorverlies.
    28 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.