GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • Die Hart van 'n Ma - Daniëlla van Heerden
    ’n Nuwe boek, Die Hart van ’n Ma, verskyn binnekort en beloof om diep in ma-wees se emosies en realiteite te delf. Die boek is gebaseer op die gewilde podsending ’n Ma & ’n Mikrofoon, aangebied deur Daniëlla van Heerden en bring eerlike, eg Suid-Afrikaanse stories van ouerskap – van eerste swangerskap tot die leë nes. Sarina gesels met die skrywer en joernalis Daniëlla van Heerden oor dié besondere publikasie en die hart agter dit alles.
    13 min
  • Aktualiteit: Hantavirus - moet ons bekommerd wees?
    Gesondheidsowerhede maan dat daar tans geen rede vir openbare paniek is oor hantavirus nie, ondanks berigte van twee buitelandse toeriste wat dood is en ’n derde wat in ’n Johannesburgse hospitaal behandel is nadat hulle siek geword het aan boord van ’n passasierskip. Die Departement van Gesondheid sê hy is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in kennis gestel van gevalle op die MV Hondius, wat van Ushuaia in Argentinië na die Kanariese Eilande onderweg was. Volgens die departement is slegs twee van die geraakte passasiers in Suid-Afrika. Hantavirus bly ’n skaars maar potensieel ernstige siekte wat deur knaagdiere versprei word. Ons gesels nou met dr. Angelique Coetzee, Ondervoorsitter UFFP (Unity Forum for Family Practitioners.
    7 min
  • Aktualiteit: moontlike kragkrisis op hande in Tshwane metro, meen VF+
    Die Vryheidsfront Plus doen ’n beroep op die Stad Tshwane om dringend aandag te gee aan ’n ernstige tekort aan vaardige personeel in sy Energie- en Elektrisiteitsafdeling. Volgens die party het die hersteltempo van kragfoute tot net 37% gedaal, met duisende tegniese klagtes wat al maande lank wag vir aandag. Ons gesels nou met Nick Pascoe van die VF Plus oor dié krisis en wat dit vir inwoners beteken.
    8 min
  • Logan Pietersen
    Logan Pietersen het op #MIRRAG kom kuier by Annelie Bouwer oor sy nuwe enkelsnit, ‘Help My Glo’.
    Met eerlike woorde, rou emosie en ‘n boodskap wat gaan bly!
    15 min
  • ABC van Ouerskap: A - ADHD (Dr Annemarie Olivier)
    Vandag skop ons 'n splinternuwe reeks, die ABC van Ouerskap, af met die letter A vir ADHD. Dis ’n term wat baie ouers al gehoor het, maar wat dikwels misverstaan word. Wat presies is ADHD? Wat veroorsaak dit, en hoe raak dit ’n kind se daaglikse lewe? Om ons hiermee te help, gesels ons met Dr Annemarie Olivier, wat spesialiseer in kinders met ADHD.
    18 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.