Isobel Fowler (EQiGate) gesels oor wat besighede moet weet itv die rampbestuurswet oor hoe om 'screening stations' te implementeer en ook wat van hulle vereis word volgens wet. Dr Jaco van Niekerk kuier ook saam.
Kan CRISPR help om ons teen Covid-19 en toekomstige virusse te beskerm? Hoe werk genoom-editing en is dit eties? Dr Sheetal Soni (University van KwaZulu-Natal) gesels saam Dr Jaco van Niekerk en Dr Jacques Koning oor die etiek en tegnologie van genoom-wysiging.
Danie van Loggerenberg (Toys for Africa & Child Protection Helpline) en prokureur Annemie Foure gesels oor die regte van kinders in 'n tyd waar inperking hulle die meeste kan beinvloed.
Gys Pitzer (Gys Pitzer motors), Derrik van der Veen (YouDriveWeSell) en Faan van der Walt (WeBuyCars) gesels oor die stand van sake ivm die motorhandelbedryf en Covid-19.
Dr Tasnim Suliman van die Universiteit van die Wes-Kaap gesels oor haar grondverskuiwende werk om die Covid-19 (SARS-cove-2) virus te isoleer en so dit van nader te kan bekyk. Dit is ook internasionale hipertensie bewusmaking en brandwond-bewusmakings maand. Dr Jaco van Niekerk en Dr Jacques Koning gesels meer hieroor.
Gerhard van der Merwe (Hoof uitvoerende beampte) en Gerard Dormel (Besturende direkteur) van Weavind & Weavind gesels oor: Kan die regering jou reg om te rook weg vat, en is jou werksplek reg vir die nuwe Covid-19 regulasies?