
Sign up to save your podcasts
Or


Daar is geen groter voorreg en seën in hierdie lewe, as om ’n kind van God genoem te wees nie! Onder baie druk en spanning vergeet ons soms hierdie sentrale realiteit - ek is ’n kind van God!
Ons lewe in ’n wêreld met so min deernis en empatie! Mense is hard, en genadeloos, sommige word op sosiale media openlik verkleineer, en ons skinder van mekaar sonder grense of feite.
"Verstaan die geestelike krag van empatie in tye van kulturele, etniese, godsdienstige, en ideologiese mededinging."
Chantal Oosthuizen bedien vanoggend die Woord van die Here om ons te bemoedig in tye van swaarkry en nood! Jesus se aanraking was altyd sag en liefdevol, Hy sien dieper as die menslike oog. Hy sien jou!
Jy is welkom om hierdie AANLYN BELEWENIS saam met ons meetemaak!
Een van die raaisels van ons menslike bestaan, is dat almal se goed nie goed genoeg vir almal is nie. Almal sê hulle doen goed, maar bring skade soms sonder dat hulle dit weet. Ander doen werklik goed, maar sommige mense soek hierdie goeie persone se ondergang!
ry nuwe HOOP vir RSA deur God se teenmiddel van pragmatiese interpreneurskap in elke mens te ontgin - Ons is geskape om 'n SEËN vir die mensdom te wees. Die pendalum van humanistiese, liberale sekulêre humanisme het sy verste swaai geswaai. Ons gaan regoor die wêreld 'n terugswaai begin sien in denke vir 'n meer progressiewe behoudende waarde gedrewe samelewing.
In ’n wêreld wat jou gereeld probeer omvergooi - BEHOU jou BALANS. Die lewe is nie maklik nie, baie kronkelpaaie met styl opdraandes, en gladde afdraandes.
Wat is die Bloudruk na God se onwankelbare GUNS is ’n eeue oue soeke en begeerte vir baie. Veral as dit mos sleg gaan, wonder ons oor God se GUNS.
Regoor die wêreld is daar ’n diepe verlange en afwagting vir die koms van die HERE, nie net omdat daar pandemies, OORLOË, en hongersnood of tekens van die tye tans ervaar word nie, maar omdat ons harte SUG en UITROEP vir verlossing!! KOM HERE JESUS KOM!!
From the publisher's feed