Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • BO ALLES DIEN DIE HERE!

    Hierdie laaste paar maande voel soos 'n wipwa rit van uitgelate vreugdevolle hoogtes, en dreigende onheilspellende laagtes! Na jare se pogings, begin dit voel of ons gemeenskap stadig maar seker nader aan mekaar beweeg, soos ook met die onlangse Ramskop Natuurtuin heropening en opgradering te danke aan DANKIE LOTTOLAND se belegging in ons dorp. Ons glo hulle het moontlik iets gesien wat ons lankal nie meer raakgesien het nie: hier woon wonderlike mense in Clanwilliam! #BloomingAmazingMense

    Ek dink aan die honderd en vyftien kindertjies wat vyf dae 'n week 'n voedsame ete kry as gevolg van 'n anonieme vermoënde man se maandelikse kontribusie, al voel dit soos 'n druppel in die emmer in die lig van die nuutste syfers wat ons met ons SAFERKIDS samesprekinge verkry het. Minstens 150 kinders onder 12jr oud in ons dorp, gaan nie meer skool nie, en dwaal honger in ons strate rond.
    Ek sit ek en kyk in die moedige oë van 'n kleuterskool onderwyseres Maryke Davids in ons Ubuntu ECD in Citrusdal, Riverview Plakkerskamp, en moet skaam verduidelik dat ons nie meer geld het om die deure oop te hou nie. Dit voel of vyftien jaar se onbaatsugtige wonderlike werk verdwyn soos water uit 'n stukkende glas in die droë grond. Ek het nie al die antwoorde nie!
    Op 'n ander dag sit 'n paar honderd mense dorstig en wag in die NGK saal vir Minister Mchunu dat ons versekering kan kry dat bouwerk aan die Clanwilliam Dam inderwaarheid nou begin het! Ons voel onseker maar opgewonde, dinge is besig om te draai! Ons is onseker, want volgens Dawie Roodt, die onlangse spreker by ons Sakekamer, is ons land nog nie deur die kantelpunt nie, hier wag nog 'n paar reuse uitdagings op ons, veral in die lig van volgende jaar se verkiesing!
    Dit alles terwyl ons daagliks die beelde oral op die media sien van die oorlog in Israel! Toe hierdie nuus op 7 Oktober breek, staan ek in Bloemfontein tussen 'n paar duisend gelowiges en roep die Here aan, dat HY ons nog 'n kans sal gee!! Daar op 'n heuwel buitekant die Rosestad, buig ons ons knie, en hou hande vas, Ons GEE weer ons land aan JESUS!!
    Saterdagaand 29 Oktober wen die bokke hulle 3rde wêreldbeker wedstryd, met net een naelskraap punt!! Die somtotaal van al die punte van hierdie 3 wedstryde is 111. Toeval? Nee, toe val die lig! Die Here geen ons nog 'n kans, maar dit is 'n dun garing draadjie van hoop!! Ons gaan nie op die arm van die vlees kan staatmaak nie, nee ons staan in nederige verootmoediging: "Here ons het U nou meer as ooit so baie nodig!"
    Godsdienstigheid gaan nie die merk haal nie!
    Die dae van toeskouer lidmaatskap is verby!
    Vir 23 jaar preek ek op elke denkbare platform en plek in hierdie streek!! Ek is betrokke en sigbaar op feitlik elke komitee en raad in die dorp!! Ons gemeente is Sout en Lig!! Hier en daar klop iemand my op die skouer! Dankie Pastoor! Twee keer hierdie week is ons kerk propvol mense, die een was vir Dawie Roodt se toespraak die ander was vir Eddie Casey se begrafnis.

    45 min
  • Bedrieglike Spieëls

    Ons is geskape om dit wat ons om ons waarneem te spieëlbeeld. Ons taal, kultuur, geloofopvattings, en waardes word oor jare gevorm deur die mense en situasies waarin ons onsself bevind. Hoe tragies moet dit wees, as jy jou lewe lank jou selfbeeld geformuleer het deur in ’n verwronge spieël te kyk.

    Ons is geskape na God se beeld, en is die mooiste mense wanneer ons Hom reflekteer. Tog verloor ons soms so maklik fokus, en word betower deur ’n false beeld, van wie ons werklik is… wat lei tot ’n misrekende identiteit en bewussyn.
    Kom kyk in die refleksie van God se Woord en sien jouself soos HY jou sien!
    #waarheid #bewussyn #identiteit #reaksie #misleiding #valshede #JesusChristus #refleksie #beelddraers

    40 min
  • Die 1ste ding wat jy altyd eerste moet doen!

    The acronym VUCA, which stands for Volatility, Uncertainty, Complexity, and Ambiguity, can be translated to Afrikaans as:

    Volatiliteit (V)
    Onsekerheid (U)
    Kompleksiteit (C)
    Ambiguïteit (A)
    Dit is hoe mens elke dag VOEL - ONSEKER en MAGTELOOS
    Jesus verkondig ’n nuwe leefstyl! ’n Gans anderse perspektief en blik op die wêreld! “Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Mat 6:33
    Kom LEER en ondek JESUS se geheim vir ’n vervulde LEWE!
    🎁 die GESKENK van SY Geregtigheid 🎁
    #KerkisLekker #JesusisLewe #Eerste #Exchange #NewOperatingSystem

    43 min
  • OORLOPENSTOEVOL VAN DIE HEILIGE GEES

    ense probeer allerhande dinge om innerlik tevrede en vervuld tewees… stokpertjies, beroepsukses, rykdom, status, vakansiewegbreek… OM EINTLIK NOG STEEDS LEEG EN ALLEEN TE WEES!!!

    Dalk is dit nou tyd om terug te keer na die HERE toe, en VOL te word van die HEILIGE GEES!!!
    Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul!! (Efe 5:18)
    Preeknotas: https://hrco.co.za/sermons/overflow-b...#Herlewing #DraaiTerug #HeiligeGees #Volheid #Volkome

    37 min
  • Hoe om in TYE van STORMS te FLOREER

    Ons almal beleef tans die storms van die lewe. Ons kom nie uit met ons geld nie, mense om ons roep uit vir hulp, want daar is nie werk nie. Reuse vloede en verwoesting! Politieke onsekerheid! Misdaad en Korrupsie! Sosiale verval! Net waar jy kyk is daar storms, mens voel oorweldig!!


    Dit is hoe n samelewing lyk wat kies om SONDER GOD n bestaan te probeer maak!!


    Vir die gelowige is dit egter nie die einde nie!! Vir meer as 5000 jaar, van Noag en Abraham tot Paulus en Johannes, vertel die Bybel verhale van gelowiges wat in tye van storms FLOREER!


    #Hoop #Glo #StaanVas #Toewyding #Fokus #Lighuis #storms #omgee

    1 hr 10 min
  • Bou Jy of BREEK jy.

    Nehemia se storie inspireer vandag nog! Jerusalem se vervalle mure wat in puin le vir 70 jr, word in 52 dae herbou! Vandag dank ek die HERE vir BOUERS in ons gemeenskap. Kinders van die Here wat by Sy naam geroep is, elkeen in sy of haar spesifieke plek en rol, bnesig om te bou. Ons lewe in CHRISTUS skep n positiewe atmosfeer van OPBOUING, bemoediging, en bevestiging. Selfs ons swaarkry, is om ander te bemoedig en te versterk...#Skepmoed #Bou #Bemoediging #Versterking #Opheffing #Opbouing #Hoop #Geloof #Liefde

    1 hr 14 min
  • Die samekoms van Gelowiges vanuit n REGERING perspektief

    Terwyl Daniel voor die magtige maar ook wrede Koning Nebukadneser verskyn verklaar hy:"Sy koninkryk is n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!" (Dan 4:3) God se Koninkryk is n onverganklike ewige (Ps 145:13) onwankelbare (Heb 12:28) en REGERING. Die regerings van die mens is tydelik en wispelturig, gebaseer op die arm van die vlees...#Regering #Onwankelbaar #Versterking #Barmhartiging #Mandaat #Vrede #Reformasie #Hemels #Koninkryk

    1 hr 25 min
  • Die Kerk as SOUT en LIG in 'n toksiese wêreld

    Die wêreld wat ons bewoon is belaai met morele verval en geestelike duisternis. Ons is opdrag gegee om die sout en lig in hierdie wêreld te wees. Jy is in die wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.

    Sout was in antieke tye gebruik as bemesting in grond om plante beter te laat groei, en op ontlasting hope om kontaminasie en verspreiding van gevaarlike organismes te keer.
    Ons is dus God se AGENTSKAP in hierdie Wêreld om die verspreiding van immorele, anti-christus, verwoestende idees, woorde en dade te keer. Asook ’n gesonde leefwyse van geregtigheid te laat floreer.
    Leer hoe elke saligspreking in Mat 5:1-12 'n slag van goddelike genialiteit is om morele verval te keer en geregtigheid te laat seëvier.
    https://hrco.co.za/sermons/the-church...
    #NuweLewe #InChristus #Waarheid #Geregtigheid #Heilig #Anders #Standaarde

    56 min
  • Discover Your Divine Destiny: Unveiling Your Role in Christ's Spiritual House

    In the midst of the relentless pressures exerted by society, it's all too common to feel compressed and molded into shapes that don't truly reflect who we are. Just like trying to fit square pegs into round holes, we often find ourselves attempting to conform to norms and regulations that don't align with our values and beliefs.
    The prevailing sentiment is that a sense of disconnection, confusion, and disorientation prevails. Amid this search for genuine purpose and significance, we often traverse misguided paths, seeking fulfillment in all the wrong corners of life.
    Much like wanderers without a homeland, citizenship, community, or family, we all share the feeling of being adrift. It's as if we're seeking a place to belong, yearning for an anchor that secures our identity in a rapidly changing world.
    Here is the GOOD news!!!
    YOU HAVE A HOME!!!

    46 min
  • Jesus Christus IN en ONDER julle!

    Jare gelede voor ’n mannekamp op Gobabis, vertel ’n paartjie vir my hulle slegte belewenis toe hulle vir ’n paar maande ’n sendeling gesin in hulle huis geneem het. “soos ek hier sit weet ek nie eers of ek ooit gered is nie!” Vertel die vrou onder trane. Die man rook pyp… hy is van die begin af verdoem, want ware kinders van God rook nie! Niks wat hulle gedoen het was reg nie. Van die wyse hoe hulle, hul kinders opvoed, tot hoe hulle kos maak.

    Terwyl ek hulle storie hoor… soek ek in my gees antwoorde… en begin saggies bid: Here hoe maak ons wat hier gebeur het reg? Sekerlik het hierdie sendelinge hulle bes probeer doen, en geglo hulle help.
    “Sommige mense probeer hulle weergawe van Jesus in mense forseer, in plaas daarvan om dié Jesus wat alreeds daar is te laat na vore kom” Ek het nog nooit hierdie sinnetjie gelees of van gehoor nie! Hierdie perspektief het egter my lewe en bediening verander!!
    Kom hoor more meer oor hierdie onderwerp: “Christus in/onder julle die hoop op Heerlikheid” (Kol 1:27)
    Sermon NOTES:
    https://hrco.co.za/sermons/christ-wit...

    52 min

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)