Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • Siege the Gates

    In 'n tyd waarin dit makliker is om deur vrees, twyfel, en apatie oorweldig te word, daag Jesus se tydlose woorde in Matteus 16:18 ons uit om op te staan ​​en die hekke van die HEL aan te val en ons familie en vriende wat deur die mag van satan vasgevang is te gaan bevry! “Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.." Matteus 16:18. Hierdie Skrif bevestig dat wanneer ons ons geloof kombineer met radikale dade van verlossing daar geen beperking is tot wat ons kan bereik nie.

    #boldness #radikaleGeloof #Aksie #Verlossing #Bevryding #Onverskrokke #Vreesloos #Deurbrake #Oorwinning
    Ons onthou ook die ONVERSKROKKE Heldinne van die Geloof op MOEDERSDAG - Ester, Debora, Rut, Prescilla, Joan of Arc, Moeder Teresa, Corrie Ten Boom!

    31 min
  • The Full Spectrum of LOVE

    Sermon Series #1 Abiding in the Throne-Room

    Love is the ONLY way to sustain LIFE and live a meaningful life. Life without LOVE is HELL. By remaining in HIS LOVE we experience continual Heaven on Earth.
    https://hrco.co.za/sermons/the-full-s...#LoveIs #TrueLove #Love #JesusChrist #GodIsLove #LoveTest #AbideInHim

    45 min
  • Die Gekruisigde Lewe

    Jesus het 'n lewe van selfverloëning geleef lank voor Sy kruisiging. Hy het Sy aardse feilbare ouers gehoorsaam tot Hy 30 jaar oud was. Hy het verkies om as 'n ambagsman Sy bestaan te maak eerder as om 'n priester, fariseër, skrifgeleerde of deel van die godsdienstige elite - Die Sanhedrin te word. Hy het gekies om in die klein berugte dorpie Nasaret te bly, eerder as in die weelderige Sephoris of Tiberius. Hy het min wonderwerke gedoen gedurende hierdie vroeë jare en het geen ambisie gehad om bekend te word voordat die tyd reg was nie. LEER hierdie Paasnaweek die geheim van die OPSTANDINGLEWE in JESUS CHRISTUS… #surrender #selfabondonment #selfloos #selfforgetful #contentment #meekness #selfdenial #takeupyourcross #bearYourCross

    41 min
  • Koninkryk Gereedskap

    Die Here laat ons nooit WEES te midde van krisis en swaarkry nie. Hy bekragtig ons met Geestelike Gereedskap wat elke moeilike situasie kan ontsluit. Die sleutels van die koninkryk is nie vir ’n vertoon kas nie. Dis ’n hemelse goddelike benadering tot die lewe. Die wat hierdie sleutels gebruik kry die onmoontlike reg! (2 Kor 6:1-10)

    Sermon NOTES: https://hrco.co.za/sermons/kindgom-to...#Deurbrake #Oorwinning #OopDeure #JesusChristus #Koningkryk

    29 min
  • Die voordele om ten spyte van LYDING aan te hou om die Here te DIEN

    Iemand vra die vraag: "Hoekom kry die kinders van die Here so swaar?"  Waarheid is paradoksaal en 'n antinomie: God is Liefde, maar God is Regverdig.  Jesus was volkome mens soos ons, maar Hy was ook God.    Die oorvloedsteologie staan in kontras met lydingsteologie, en blyk op geen manier versoenbaar te wees nie.  Die een groepering verheerlik voorspoed as die hoogste vorm van spiritualiteit, die ander armoede.    In hierdie boodskap word daar deur 10 NT skrifgedeeltes gewerk om te sien hoe BEIDE lyding en voorspoed agente in God se hand is om ons Sy mooiste juwele te maak tot Sy eer!    As jy nie regdink oor die lewe nie, kan jy nie reg glo nie en derhalwe nie reg handel nie! Laat die Woord jou denke vernuwe om deur lyding gehoorsaamheid te leer - GELOOF wat dié wêreld te oorwin!   NOTAS: https://hrco.co.za/preke/ten-spyte-va...

    44 min
  • Profetiese Rigtingwysers in tye van Onsekerheid

    In hierdie onsekere ekonomiese tye is ons almal bekommerd oor die toekoms.  Ons is letterlik seker van niks nie.  In die laaste dekade is al die fondamente van ons moderne samelewing geskud: Klimaatverandering en gevolglik meer uiterse droogtes en vloede; die 2008 Bankkrisis met reuse finansiële instellings wat oornag in duie stort; die 18 maande inperkings van Covid 19 en geliefdes wat skielik van ons weggeruk is sonder dat ons hulle fisies kon groet, oorlog in die Oekraine met skynbaar geen einde in sig nie, op ons tuisfront is ons uitgelewer aan beurtkrag en soms gepaardgaande water tekorte, asook landswye swak dienslewering.  Staatskaping en politieke onstabiliteit laat elke belastingbetaler wat moet swoeg en sweet vir oorlewing se bloed kook!!   Die werklikheid is ook, dat daar geen kitsoplossing vir hierdie probleme nie.  Is ons hulpeloos uitgelewer aan hierdie omstandighede of het ons as gelowiges insig of enige ander perspektief op die wyse hoe die mensdom tans ontwikkel?    Ons begin Maandag aan met 'n nuwe AANLYN BYBELSKOOL waar ons die 12 kleiner profete gaan bestudeer, en antwoorde en rigtingwysers soek om God se Hart en Wil te verstaan in tye van ontwrigting en onsekerheid.    VANDAG SE BOODSKAP IS 'N LUSMAKER en INLEIDING tot hierdie KURSUS.   https://hrco.co.za/bybelskoolkursusse... #Profesie #Toekoms #onsekerheid #ontwrigting #Eindtye #Perspektief #Rigting

    35 min
  • Profetiese Rigtingwysers in tye van ONSEKERHEID.

    In hierdie onsekere ekonomiese tye is ons almal bekommerd oor die toekoms.  Ons is letterlik seker van niks nie.  In die laaste dekade is al die fondamente van ons moderne samelewing geskud: Klimaatverandering en gevolglik meer uiterse droogtes en vloede; die 2008 Bankkrisis met reuse finansiële instellings wat oornag in duie stort; die 18maande inperkings van Covid 19 en geliefdes wat skielik van ons weggeruk is sonder dat ons hulle fisies kon groet, oorlog in die Oekraine met skynbaar geen einde in sig nie, op ons tuisfront is ons uitgelewer aan beurtkrag en soms gepaardgaande water tekorte, asook landswye swak dienslewering.  Staatskaping en politieke onstabiliteit laat elke belastingbetaler wat moet swoeg en sweet vir oorlewing se bloed kook!! Die werklikheid is ook, dat daar geen kitsoplossing vir hierdie probleme nie.  Is ons hulpeloos uitgelewer aan hierdie omstandighede of het ons as gelowiges insig of enige ander perspektief op die wyse hoe die mensdom tans ontwikkel?    Ons begin Maandag aan met 'n nuwe AANLYN BYBELSKOOL waar ons die 12 kleiner profete gaan bestudeer, en antwoorde en rigtingwysers soek om God se Hart en Wil te verstaan in tye van ontwrigting en onsekerheid.    VANDAG SE BOODSKAP IS 'N LUSMAKER en INLEIDING toto hierdie KURSUS.

    47 min
  • Wandel in die Gees - toegang tot die Genialiteit van God

    In die OT was die fokus op wetsonderhouding, in die NT is die fokus op “wandel in die Gees”.  “ Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” Gal 5:16 Telkemale lees mens hoe die apostels en eerste gelowiges in/deur die Gees natuurlik bonatuurlike dinge vermag het.  Leer in hierdie boodskap om ook meer deur die Heilige Gees beheer te word.

    27 min

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)