
Sign up to save your podcasts
Or


DIe groot misleiding van GOED genoeg. Jesus skok ‘n goeie, welvarende, wetsgehoorsame jongman wat voor Hom op sy knieë val en vra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. (Mark 10:18) #misleiding #goed #beter #beste #gehoorsaamheid #waarheid
Ons vier die geboorte van Jesus Christus ons Heer, en Verlosser! Wat is die Ware gebeure rondom Jesus se Geboorte? Wanneer ons Jesus in menslike konteks reg sien en verstaan, word die bonatuurlike wêreld meer toeganklik. Hoe meer ons onsself inleef in die normale menslikheid van die gebeure rondom Jesus se geboorte, hoe meer werklik word Sy bestaan, en word ons geestelike oë geopen tot die realiteit van hoe bonatuurlik menslik Hy vandag nog in ons lewens werk.
Laaste samekoms vd Jaar in persoon. 18:00 Blommekerk Kom beleef en word gevul met Sy teenwoordigheid in ons saamwees! Welkom ook om AANLYN deel te neem!!
Iemand vra my onlangs: "Wat gee jou hoop op hierdie tydstip in Suid Afrika en die Wêreld?" My HOOP is in Jesus! Maar dit is te simplisties gestel. My hoop is in JESUS se manier van LEEF!! Jesus preek en leef 'n filosofie van REGLEWE wat deur die eeue die toets van tyd deurstaan het! Sy manier van dink, handel en ingesteldheid is die beste manier om te leef, en deur die dramas van die lewe sterker anderkant uit te kom.
God se liefde vir ons, en ons liefde vir mekaar is die somtotaal van die lewe. Dit is vervat in die groot gebod. Die opsomming van die hele wet volgens Christus. As ons God lief het met ons hele hart, siel krag en verstand, en ons naaste soos onsself word die lewe 'n lied, 'n simfonie van goddelike heerlikheid hier op aarde!
Ons lees gewoonlik die boek Job wanneer dit met ons baie sleg gaan. Maar die boek gaan nie net oor hoekom slegte goed met goeie mense gebeur nie, dit beantwoord die groot vrae oor die lewe: Bestaan daar 'n satan, en hoekom? Wie is God regtig? Wie is ek regtig? Hoe kan ons hoop hê vir 'n beter toekoms?
Daar kom 'n tydstip in elkeen se lewe, waar ons die lewe nugter in die oë moet kyk. Die boek prediker dryf hierdie nugterheid tot op 'n spitspunt. Hy vra al die moeilike vrae. Hy ondersoek elke motief en rede vir bestaan. Wat die prediker se skrywe mees besonders maak, is hierdie vrae word nie net filosofies gevra en beredeneer nie, hierdie vrae word fisies uitgeleef! Salomo het fisies hierdie perspektiewe op die lewe getoets en deurleef. Hy is pessimisties eerlik en gebruik nostalgiese donker skaduwees om die gesig van God te skilder. Elkeen beleef 'n tydstip in ons lewe waar die duisternis van teleurstelling en die trauma van ons verdriet ons juis nader aan God bring, of weg laat deins in bitterheid en woede. Jy kan bloot nie verder 'n outomatiese robot bestaan volvoer nie! Soos in die Matrix film, moet jy 'n besluit neem om die Rooi pil te sluk! Die pil van ontwaking tot die Waarheid!
Only the products of the highest value are counterfeited. It takes skill and effort to produce a counterfeit. Professional counterfeiters are always looking out for the products in the highest demand, so they can reap the market benefits. The devil is not a creator; he is the father of lies. He specializes in counterfeiting! He has manufactured thousands of 'same-same but different' illusions of peace that do not last, nor does it have God's authorization. Learn and awaken to the PEACE that God gives!!
Die Judeo-Christen denke en lewensstyl is sedert die begin van tyd in stryd met die slang – ‘n argetipe van vertwyfeling in wat God sê. Hierdie stryd hou op aarde nooit op nie. Vandag nog vra meer en meer mense, “Het God regtig gesê?” Is daar regtig ‘n hemel en ‘n hel, en ‘n hiernamaals? Is die Woord van God, regtig waar en betroubaar? Het Jesus regtig bestaan en opgestaan uit die dood? Is die God van Abraham, Isak en Jakob, die enigste ware God? Is homoseksualiteit sonde? Die VYAND van VERTWYFELING bleik al hoe meer grondgebied in ons harte te wen… — If any of you lack wisdom, let him ask of God, that giveth to all men liberally, and upbraideth not; and it shall be given him. But let him ask in faith, nothing wavering. For he that wavereth is like a wave of the sea driven with the wind and tossed. For let not that man think that he shall receive any thing of the Lord. A double minded man is unstable in all his ways. (James 1:5-8) Twyfel Twyfel word hier (KJV) vertaal met “wavering” in plaas van “Doubt” en gee ons ‘n baie mooi visuele beeld van hoe twyfel lyk.
From the publisher's feed