Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • Meer as OORLEWING

    Daar is ver meer in stoor vir die kind van God, as om net te oorleef! Dit is so dat baie mense geestelik dood is, en nie eers weet wat hulle mis nie.  Tragies egter is die talle kinders van God wat nooit die volle erfporsie, krag en skeppingsdoel wat in Christus se geregtigheid opgesluit lê ooit in besit neem nie! Ons oorleef soos weeskinders van die krummels wat van die tafel af val!

    Die Siro-Fenisiese vrou Mark 7:24-30

    Die Kanaänitiese vrou Mat 15:21-28

    Deur REG TE GLO ontsluit jy HEMEL op AARDE!

    30 min
  • Wanneer oorlewing skadelik raak.

    Krisisse vra nie 'n adres nie.  Die skielike dood van 'n geliefde, of kind. Die ontrouheid van 'n  lewensmaat. Die biopsie uitslag van kanker. Oeste word deur die wind verwoes, terwyl jou buurman se vrugte ongeraak aan hulle bome hang. Die bietjie wat jy gedink het jou gaan deurdra is ook nou

    45 min
  • Wanneer die Here STIL is.

    Andrew Peterson se liedjie "the silence of God" praat met mens se hart, oor die rou oomblikke waar God ons gebede en versugtinge antwoord met stilte. Hierdie juk is sag, maar die las is bitter swaar.  Hoekom voel dit soms asof God gans afwesig is?  Ons weet Hy is alomteenwoordig, en altyd DAAR,

    43 min
  • NAGMAAL - 'n Triomfmaal van Goddelike Gemeenskap.

    Die aards vaders, Abraham, Isak en Jakob se seuns was selfregerende grond baronne.  Hulle slawerny onder die Egiptenare staan in donker en skreiende kontras met hulle eertydse glorie as onafhanklike alleenheersers.  Daarom toe die Jode deur ‘n bonatuurlike goddelike ingryping

    40 min
  • Vestig 'n DEUGSAME Kringloop In Jou Lewe

    As daar bose kringlope is waarin mense vasgevang raak, dan is daar ook siklusse wat deugsaam, gesond en goed is vir ons! Inteendeel gesonde en geestelike sterk mense se lewe is gegrondves op DEUGSAME gewoontes.

    44 min
  • Breek die BOSE KRINGLOOP in jou LEWE

    Ons is die produk van ons gewoontes! Daar is goeie en slegte gewoontes. Ons gewoontes bekragtig ons IDENTITEIT, wie is ek! Ons is tans besig met 'n 50dae "verbeter jouself" fokus. Sommige is al besig met nuwe goeie gewoontes, en al sterk op pad na 'n NUWE JY! Ander voel

    54 min
  • Sosiale ENTROPIE en die ROL van die KERK

    In eenvoudige terme meet entropie die hoeveelheid wanorde in 'n sisteem.  Entropie neig altyd om toe te neem: 'n Huis neig om te verval en moet in stand gehou word. Dinge by 'n hoë energietoestand neig om na 'n laer energietoestand te beweeg. Die son brand uit. Erosie maak

    49 min
  • Die gevaar van 'n samelewing sonder STRAF

    Na COVID 19 wil niemand enige iets hoor oor INPERKING, straf of oordeel nie.  Tog sal baie mense getuig dat dit soms 'n dramatiese insident of ongeluk gekos het, om tot die besef te kom EK SAL MY LEWE MOET VERANDER!!! Ons as mens verander nie maklik 'n slegte gewoonte, totdat ons soms nie met die harde werklikheid van 'n ernstige siekbed gekonfronteer word nie!! STRAF vanuit 'n BYBELSE oogpunt is nie die finale oordeel nie, inteendeel dus 'n intervensie, om jou te probeer red van die pad na selfverwoesting! Luister na hierdie boodskap van NUGTERE HOOP en PRAKTIESE daadwerklike VERLOSSINGSDADE om jou te help om koers te hou in die tye van KOSMIESE STRAF.  "Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie." (1 Joh 4:18) 


    47 min
  • Die Ongetemde EGO

    LEER EN VERSTAAN HOE DIE HERE ONS GENEES VAN 'N ONGETEMDE EGO!!  80% van al menslike DRAMA is a.g.v. ons ongetemde EGO.  The big I in the word sIn.  TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.  Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel? (Mat 16:24 - 26)  Dit is juis hierdie ongetemde EGO van die mens, wat deur die eeue ons meeste probleme van onmin, jaloesie, wedywering, en konflik veroorsaak het.  Die probleem is nie dat ons ‘n ego het nie, dit is dat ons dit nie tem nie!   U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ’n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God. (Jer 31:18)  

    Preeknotas


    45 min
  • Bevry jouself van die strik van satan

    Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.  (2 Tim 2:25-26) Ons almal staan die gevaar om vasgevang te raak in die strik van die duiwel sonder dat ons dit besef.....  VANDAG MAAK DIE WAARHEID JOU VRY!

    1 hr

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)