
Sign up to save your podcasts
Or


#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn
Chantál Oosthuizen bedien die Woord van die Here.“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.””
JOHANNES 8:12 AFR83
HOEKOM DIE REGTE VRIENDE NOODSAAKLIK IS.
Dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4
In 'n wêreld vol misverstande, verskille en oppervlakkige aannames, het ons as Christene 'n verantwoordelikheid om anders te oordeel as wat die wêreld doen. Ons word geroep om met wysheid, regverdigheid en liefde te oordeel, en nie op grond van voorkoms of vinnige gevolgtrekkings nie. Jesus waarsku teen die gevare van oppervlakkige oordeel en daag ons uit om die hart en motiewe van mense te fynkam voordat ons moontlik 'n verkeerde oordeel vel. Daar is niks so sleg as om deur veral die mense wat jou die beste behoort te ken, verkeerd beoordeel te word.
#oordeel #vooroordeel #verwerping #aanklag #klagtes
Preek Notas:
Die wêreld dink hulle is geseënd as hulle iewers bietjie geld verniet kry, of ’n groot geskenk, ’n nuwe motor of huis bekom, of sukses, aansien of status verkry! Jesus het heeltemal ’n ander definisie van die seën van die Here!
Kom leer vanoggend saam met Chantál Oosthuizen wat God as geseënd beskou, en word verryk met Sy genade en guns!!
#Seën #Blessing #Genade #Guns #Waarheid
#3 Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander? 🕊️
Ons almal ken die natuurlike neiging: As iemand jou seermaak, wil jy terugseermaak. As iemand onreg teenoor jou pleeg, wil jy geregtigheid hê. Dis hoe die wêreld werk—daar is 'n sterk gevoel van "oog vir 'n oog." Maar Jesus kom en stel 'n totaal ander beginsel voor: Liefde vir jou vyand. Hoe radikaal is dit nie?
Jesus se benadering is eenvoudig: Heilig die mens-tot-mens, van aangesig-tot-aangesig interaksie. Elke mens wat in die beeld van God geskape is kyk mekaar in die oë en onderhandel met mekaar totdat
'n ooreenkoms bereik is - dan word daar 'n besluit geneem wat vir elkeen wederkerig reg en waar is.
Hierdie interaksie is heilig en bindend!
"Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee.
Enigiets meer as dit is uit die bose." (Mat 5:33-37)
Die liggaam is soos 'n ongetemde dier: Ons moet leer om elkeen ons eie liggame te leer ken, sy seine en siklusse te verstaan, en soos 'n sportsman/vrou onsself te ontwikkel om voluit in Sy volheid die potensiaal wat die Here ons gegee het te ontsluit.
From the publisher's feed