
Sign up to save your podcasts
Or


Ek kyk op na die berge
Kom my hulp daarvandaan?
Nee, my hulp kom
van die Here,
wat hemel en aarde
gemaak het.
Psalm 121:1-2
Hou jy ook daarvan om op 'n hoogte, 'n berg te gaan sit en die uitsig te bewonder? Sedert die begin van menslike geskiedenis het berge ‘n simboliese betekenis gedra van mag, gesag en die woning van die gode. Van die hoë pieke van die Himalajas tot die piramides van antieke beskawings, het die mens natuurlik hoë plekke geassosieer met geestelike verheffing, transendensie en nabyheid aan die gode.
Ondek in hierdie preek hoe Jesus God se berg van heerskappy in ons harte oprig!!
#oorwinning #deurbrake #geloof #NuweHoogtes
Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG.
Die meeste mense hou glad nie van wag nie. Geestelike mense, daarenteen, is geoefen in 'n houding van geduldige afwagting op die Here. Hulle leer om in afhanklikheid te wag totdat Hy die teken gee, en beweeg dan met oortuiging en krag in Sy wil en tydsberekening.
#oorwin #Sukses #akkuraatheid #Heiligmaking #Ootmoed #meekness
Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart?
Een van die grootste misleidings in die lewe is om so besig te raak met dinge wat onbelangrik is, maar skynbaar dringend lyk, dat ons die werklik belangrike aspekte van die lewe verwaarloos. Neem byvoorbeeld die opvoeding van kinders—dit behoort die nommer een prioriteit te wees vir regerings en sakelui, aangesien dit die fondament van ons samelewing en toekoms vorm. Tog staan dit in die meeste gevalle laaste op die lys van belangrikheid. Kyk maar net na hoe en waar geld gespandeer word.
Jesus se hele bediening is gefokus op die hart—die kern van wie ons is, die bron van ons denke, gevoelens en keuses. Tog is ons as samelewing geneig om ons fokus op die intellek te plaas. Ons spandeer die meeste van ons geld in kinder opvoeding op hulle intellekteule ontwikkeling! (Skool, universiteit en akademiese prestasies)
Verder belê ons groot bedrae geld in die versorging van ons liggame—of dit nou deur gesondheid, skoonheid of fisieke prestasie is—maar ons vergeet dikwels van die hart. Die hart is die oorsprong van ons geestelike lewe, en om dit te verwaarloos, is om die belangrikste aspek van ons menswees agterweë te laat.
"Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe." (Spreuke 4:23)
"The world has yet to see what God can do with a man fully consecrated to Him." Dwight L Moody
Soos ons gereed maak vir 'n nuwe jaar, vol belofte en uitdagings, moet ons ons prioriteite eerste reg kry!
Om te leef vanuit SY geregtigheid is die absolute deurbraak en oorwinning vir elke gelowige!
Trotseer elke uitdaging, krisis, onsekerheid, donker boosheid in jou lewe IN SY GEREGTIGHEID!
Ons gaan in hierdie preek 1 Johannes 2:1-15 bestudeer en oopbreek.
Last Gathering in person of 2024 !
“Cheerfulness” “Joy” “Gladness”
The best relaxation in the world IS IN CHRIST!
The Lord does not want us to serve Him like slaves without joy. (Deut 28:47) That is why the Jewish Calendar was filled with 7 festivals. God wants us to be able to celebrate! (Ezra 6:22)
Who doesn't like PLEASURE and FUN?
However, it is sad to see, how few people are "happy" and "stay" without tools like alcohol, drugs and wild parties!?!
Children of the LORD have access to an inner source of “Joy” “Joy” “Gladness” in Christ, which helps us to see the silver lining in every dark cloud.
#Vreugde #Pret #Plesier #Vrolikheid #Blydskap #Ekstase
Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice.
Our victory in this life begins with hearing God's voice. When we, like Jesus, just do and say what we hear from the Lord, we will never commit mistakes.
The ability to listen deeply is becoming a lost art! In this sermon, learn how to break down the barriers that prevent you from hearing God's voice.
Preeknotas:
Gebede vanuit ‘n regeerders-posisie
Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, ’n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer. Hy het wat God klaar vir Hom beveel het met geloof verklaar. Hierdie boodskap is ’n uitnodiging om jou gebedslewe te herkalibreer—van smeekgebede na kragtige verklarings, gebaseer op God se wil en beloftes. Hoe bid jy? As ’n bedelaar of as ’n mede-erfgenaam, kind van God?
#Gebed #intersessie #oorwinning
Jesus het die mees ondenkbare lyding verduur, deurdat Hy alreeds die heerlikheid en oorwinning gesien het.
Droom weer opnuut nuwe drome saam met die Here, en laat toe dat Hy jou verbeelding vernuwe en heilig om te sien wat Hy sien.
Preek Notas:
#geloof #sien #droom #openbaring #heerlikheid
Die kerk geskiedenis is ryk aan uitstaande geloofshelde wat nie net onverskrokke in God se roeping en woord geglo het nie, maar presidente en konings getrotseer het, en selfs regeringsbesluite help verander het. Dink aan William Wilberforce, Hans Hauge, David Livingstone, Moeder Sabrina en onlangse figure soos Reinhardt Bonke en Billy Graham. Die teendeel is ongelukkig ook waar, Christene is 'n reuse groot getal mense regoor die aarde, en die meeste wandel nie in die gesag en outoriteit wat die Here vir ons in Christus beskikbaar gestel het nie.
Hierdie boodskap volg op die vorige twee boodskappe, want iemand wie se innerlike wêreld gesond is, en hom of haarself oefen in godsaligheid in die geestelike formering gimnasium sal wandel in die gesag wat God vir elkeen bestem het, volgens ons onderskeie roepings.
Veral in 'n tyd soos hierdie is dit soveel te meer belangrik dat ons in Sy gesag sal lewe en wandel.
Preeknotas:
Deel 2 van die reeks oor LEEF IN OORWINNING
Ons leef in ’n tyd met al hoe meer mense wat worstel met geestesgesondheidskwessies ten spyte van al die tegnologiese uitvindsels van die moderne wêreld.
In hierdie boodskap beklemtoon Jan Oosthuizen die geestelike praktyke soos gebed, meditasie, gemeenskap en selfrefleksie, en nog baie meer wat volgens studies 'n beduidende afname in spanning en angs toon, terwyl dit terselfdertyd 'n verhoogde sin van betekenis en innerlike vrede bevorder.
Kom sluit aan in God se GEESTELIKE GIMNASIUM vir geestelike groei.
From the publisher's feed