Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • Immigreer of nie? Dit is 'n kwessie v.d. HART.

    Onlangs, tydens Dr. Braam Hanekom se besoek, het hy vermaan dat immigrasie nie maklik is nie en teen ’n groot prys kom. Baie mense kan ook nie immigreer nie… maar ’n groter tragedie is om in RSA te bly, terwyl jy in jou hart alreeds geëmigreer het!


    Die teendeel is ook hartseer: hoe baie Suid-Afrikaners is tans in vreemde lande, maar hulle hart is eintlik hier!


    “Want ons weet dat as ons aardse huis, hierdie tentwoning, afgebreek word, ons ‘n gebou van God het, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele. Want in hierdie woning sug ons ook, terwyl ons verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word—… Want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie…”


    As gelowiges is ons ALMAL pelgrims… mense van die WEG… nie mense wat iewers VERTOEF nie. Ons Burgerskap is in die HEMELE! Dit beteken egter nie dat ons hande sit en vou, en wag vir die wegraping nie!! Ons is aangewese AMBASSADEURS om waar God ons ookal plaas SY KONINKRYK en EDEN-wêreld te leef en te demonstreer!


    Preeknotas:



    #immigrasie #immigreer #xpats #foreigners #immigrants #calling #roeping

    49 min
  • Meer as LIEFDE... ingestel om te harmoniseer


    In ’n wêreld waar mense elke dag nader aan mekaar behoort te leef, voel dit soms asof ons verder en verder uitmekaar dryf…


    🧍‍♂️ Oud en jonk.

    🧍🏾‍♀️ Verskillende kulture en etnisiteite.

    🧍🏿 Verskillende ekonomiese klasse.

    🧍🏼‍♂️ Geslote klieks en harde harte.


    Ware sosiale kohesie is op ’n laagtepunt.

    Ons sê ons is gekonnekteer — maar hoeveel mense voel regtig gesien, verstaan en aanvaar?


    Hoe vind ons mekaar weer?

    Hoe bou ons brûe in plaas van mure?

    Hoe bring ons die liefde van Christus in ’n wêreld wat al hoe meer verdeel word?


    👉 Hierdie Sondag kyk ons saam na God se antwoorde:

    • Wat sê Jesus oor ware gemeenskap?

    • Hoe genees God die afstand tussen mense?

    • Hoe begin versoening in die klein dinge van elke dag?


    Kom luister, kom leer, kom behoort.



    42 min
  • Herdenk die Nagmaal as jou Bevrydingsmaaltyd

    Die volk Israel, vasgevang as slawe in Egipte. Hulle werk hulleself dood, kry geen respek, geen regte, niks. Toe stuur God vir Moses om hulle uit slawerny te lei. Net voor hulle vry kom, gee God vir hulle ’n spesiale ete: die Pasga. Hulle moes ’n perfekte lam slag, die bloed aan hulle deurposte smeer, en die ete eet soos mense wat reg is om op ’n oomblik se kennis te vlug. Daardie nag beskerm God elke huis met bloed aan die deur, en Egipte sê uiteindelik: “Gaan!”


    Daardie maaltyd was nie net kos nie – dit was bevryding op 'n bord.


    Net voor Sy kruisiging hou Hy ook ’n Pasga-maal met Sy vriende. Maar Hy gee dit ’n nuwe betekenis:

    🫓 “Hierdie brood is My liggaam.”

    🍷 “Hierdie wyn is My bloed.”


    Hy sê eintlik: “Ek is die ware Lam. Hierdie hele storie het na My toe gewys.”


    Destyds het die mense uit slawerny in Egipte gekom. Nou sê Jesus: “Ek kom jou losmaak van iets nog dieper – sonde. Die goed wat jou vasvang: skuld, skaamte, verslawing, leë godsdiens, seer herinneringe, vrees, en die gevoel dat jy nooit goed genoeg is nie.”


    So... wanneer ons Nagmaal gebruik, is dit nie net ’n kerk-gewoonte nie - dis ’n bevrydingstafel.


    Jy is nie meer ’n slaaf nie.

    Jy’s vry. Jy’s gesalf. Jy’s my kind.



    57 min
  • Die opstanding van Jesus Christus

    Die opstanding van Jesus Christus was die historiese vonk wat die Jesus-beweging ontbrand het — die begin van die Kerk — en dit bring al byna 2000 jaar lank lewe, geloof en transformasie aan volgelinge regoor die wêreld.


    Meer nog… die opstandingskrag van die Here gee ons nie net hoop vir die lewe ná die dood nie — dit is ook die morele, heilige, goddelike transformerende krag van God wat nou reeds in ons werk. Dit is die genade van God wat in ons in werking kom wanneer ons aan die einde van onsself gekom het. Die einde van al ons eie geregtigheid, selfverbeteringspogings en vleeslike mensgerigte godsdiens. In daardie plek van total oorgawe, waar ons niks meer het om te bewys nie, begin sy opstandingslewe kragtig in en deur ons werk!



    46 min
  • WEERSTAAN DIE STORMS van die Lewe in Christus

    Sedert die COVID-pandemie verander die wêreld teen 'n ongekende tempo. Natuurrampe soos aardbewings, brande en orkane neem toe, terwyl politieke en ekonomiese krisisse wêreldwyd verskerp. President Donald Trump het op 2 April 2025 “Liberation Day” aangekondig met nuwe handelstariewe tot Amerika se voordeel. In Suid-Afrika is daar toenemende spanning oor die moontlike ineenstorting van die Regering van Nasionale Eenheid, uitgestelde begrotingsgoedkeuring en diplomatieke druk van die VSA. Intussen sukkel burgers met beurtkrag, hoë lewenskoste en onsekerheid. Tog gaan die lewe aan—met werk, gesinne en gesondheid as daaglikse prioriteite. Gelowiges bly standvastig, gewoond aan teenspoed en hoopvol te midde van chaos.



    36 min
  • In verbondenheid met Christus

    “Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur ’n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.”


    “Die uitdrukking ‘in Christus’, ‘deur Christus’ of ‘met Christus’ verskyn meer as 160 keer in die Nuwe Testament — dit is nie bloot ’n teologiese frase nie, maar die absolute kern van die evangelie, die goeie nuus self! Mag die Heilige Gees hierdie heilige geheimenis diep in ons harte, denke, bewussyn en lewensstyl inkerf en anker, sodat ons vas en standvastig kan leef — selfs te midde van ’n wêreld wat al hoe meer onstuimig en donker word.”


    Notas


    51 min
  • Die toekoms van n gelowige

    Wat hou die toekoms vir ons in?  Dis ’n vraag wat in hierdie tyd al hoe meer in ons harte opkom. Daar is vandag geen tekort aan doemprofete nie—mense wat voortdurend die einde van die wêreld aankondig. Soms, as ons luister na die chaos van die nuus, die verwarring van politieke ontleders, en die morele verval in die samelewing, vul ons harte met angs en onsekerheid. En dan wil die wêreld ons nog vertel hulle weet wat kom? Die sogenaamde “toekomsvoorspellers” kan nie eers ’n plaaslike verkiesing reg voorspel nie, maar wil namens ons hoop of wanhoop verkoop.


    In Rom 13:8-14 gee Paulus vir ons ’n padkaart na ’n vaste en seker hoop en toekomsverwagting. Luister gerus hierdie boodskap om jou siel te versterk in Christus Jesus ons Here!



    34 min
  • Praktiese maniere om God se stem te onderskei

    'n era van internet soek enjins en AI maak ons nog tyd om God te raadpleeg? Vra ons na Sy Raad? Soek ons Sy wil? Hoor ons Sy stem?


    Om God se stem te hoor en te herken, is ’n kernonderwerp in byna elke kerk wêreldwyd. Ten spyte van ons verskille, is dit die diepste rede hoekom ons kerk toe kom—ons begeer om God se wil vir ons lewens te verstaan. Ons wil Hom beter leer ken, Sy hart begryp, en self Sy stem hoor! Dit is nie net ’n aspek van geloof nie, maar die hartklop en middelpunt van ons bestaan as kerk.  


    Vir die wat ORE HET OM TE HOOR hier volg ’n paar praktiese maniere om God se stem te onderskei, in ’n wêreld van te veel stemme en geraas.



    41 min
  • OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

    OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

    “Ordinary Radicals”


    The Church needs to do three things right to have lasting cultural impact:

    BELIEF - BELONG - BEHAVIOR. 


    Hoe vaar ons in hierdie snelbewegende inligtingsera om mense te laat voel dat hulle werklik behoort? Het ons dalk die kuns verloor om ‘n diep, betekenisvolle gemeenskap te skep? Sonder ‘n egte gevoel van behoort, bly geloof dikwels abstrak en intellektueel, en mense sukkel om ‘n werklike transformasie in Christus te ervaar. Behoort is nie ‘n bysaak nie—dit is die konteks waarin dissipelskap, groei en geestelike verandering plaasvind.


    HERE BOU U KERK!!!



    45 min
  • Teruggeval, afgedwaal, moeg geraak in die wedloop van die geloof?

    DRAAI VANDAG TERUG NA DIE HERE!

    Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”

    Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir 25 jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—op elke moontlike manier, vanuit gebroke kruike. Ons sien vrug, daar is sukses, maar steeds bly so baie mense koud en ongevoelig teenoor die geloof. Dit bly ‘n diepe hartseer en ‘n roepe tot aanhou bid en werk.

    Ek word egter bemoedig deur die Woord, wat my herinner dat hierdie teenstand niks nuuts is nie. Selfs die Volmaakte Een, Jesus die Heilige, is deur mense verwerp. As hulle Hom, die Lig van die wêreld, nie wou aanvaar nie, hoe veel meer sal ons weerstand ervaar? Tog weet ek: Sy Woord keer nooit leeg terug nie.

    Kom ons kyk na die redes wat die mense aangevoer het, hoekom hulle nie glo nie, en selfs die wat eens geglo het, afvallig geword het. Die Woord geeLIG!



    45 min

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)