Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • Heilige Grense - Hoe God die Wêreld Genees deur Tuine van Orde

    Die meeste mense in die Westerse wêreld hou nie van enige beperkinge nie. Ons wil ons eie lewens lei, op ons eie manier. Grense is nie tralies nie; dit is die randstene van wysheid. Soos sypaadjies 'n pad veilig hou, 'n skildery eers tot sy reg kom in 'n raam, en musieknote jou gemoed streel wanneer dit in 'n bepaalde ritme en akkoord is. Sonder grense raak liefde goedkoop, werk 'n afgod, en plesier leeg. Hierdie generasie wil alles ervaar, vrees om iets te mis (FOMO - "fear of missing out"), met almal vriende wees, plesier najaag en bly lekker voel in die proses.


    In hierdie preek gaan ons kyk na die belangrikheid van GODDELIKE HEILIGE grense in ons lewens. Ons gaan ondersoek hoe God se grense ons nie beperk nie, maar ons bevry om in sy volheid te leef. Kom ons ontdek saam hoe ons deur die aanvaarding van God se grense, 'n lewe van oorvloed en vreugde kan lei. 



    44 min
  • Ontwikkel jou Geestelike Sintuie!

    Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar ’n honger — jou gees weet: daar is meer…


    Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met ’n bewussyn vir die ewige — ’n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God.


    En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie geestelike sintuie afgestomp. Ons hoor, maar luister nie. Ons kyk, maar sien nie.

    Ons sing, maar voel nie meer nie.


    Hierdie Sondag ontdek ons saam hoe om weer daardie innerlike sintuie te herkalibreer — Ons gaan leer om Hom te sien, hoor, proe, ruik en voel — met die oë van die hart, die ore van die siel, en die aanraking van die Gees.


    Hierdie boodskap gaan jou help onderskei tussen emosie en openbaring, tussen die “gevoel van iets” en die werklikheid van Iemand — die Drie-enige God wat sigbaar word vir diegene met geopende oë.




    #Openbaring #Herlewing #Verkwikking #Vernuwing #GeestelikeDiepte

    38 min
  • Herlewing-'n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike Welsyn

    Herlewing—’n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike Welsyn

    HERLEWING, VERNUWING, TRANSFORMASIE, VERANDERING, NUWE LEWE!


    Ons hoor gerugte en getuienisse van HERLEWING regoor die aarde, soos mense terugkeer na die Here toe!!


    Ons vervang die TEENWOORDIGHEID en INSPRAAK van die Heilige Gees so maklik met videogrepe, prentjies en inspirerende woorde hier en daar… terwyl Hy wag om ons TE VUL met Sy HEERLIKHEID!


    “Lord Whatever You’re doingIn this seasonPlease Don’t do it without medo it without me”


    Herlewing is nooit net ’n emosionele hoogtepunt of ’n kerkdiens wat langer aanhou nie. Dit is ’n kollektiewe openbaring—’n hele gemeenskap wat die erns van sonde erken, in berou terugkeer, en weer die ou paaie van toewyding aan God begin loop.


    Notas:

    www.harvestercederberg.co.za/herlewing-n-godgesentreerde-raamwerk-vir-ware-menslike-welsyn/


    Let us pray that He would find us WORTHY to impart His glory and grace as we empty ourselves to be filled with His Glory.


    #herlewing #vernuwing #nuwedinge #nuwelewe #ontwaking #transformasie #ingryping

    36 min
  • DIE OORLOG TEEN VALSE PERSEPSIES

    Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar ’n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31).


    👉 Hoekom draai ’n skare se bewondering binne minute in haat?

    👉 Hoe kan één woord só uiteenlopende emosies losmaak?

    👉 En watter wapens het Jesus gebruik om die kultuuroorlog van sy tyd te oorwin?


    Ons leef vandag in dieselfde wêreld van vals persepsies, haatspraak, verdeeldheid en kultuuroorloë. Woorde soos “Apartheid, Boer, Malema, ANC, Beurtkrag” maak harte óf jubel óf kook van woede. Hoe antwoord ons as gelowiges hierop?


    ✝️ Ontdek saam met ons hoe Jesus se wapens – die Woord, die Gees, waarheid, liefde en gehoorsaamheid – ons leer om nie toe te gee aan die gees van die wêreld nie, maar om ’n nuwe pad van vryheid te stap.

    47 min
  • Verslaan die draak deur HEILIGMAKING en NAASTELIEFDE


    'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25


    Ons leef in ’n wêreld vol storms:

    Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep.

    Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar.

    Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië.

    Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie ken nie, net geld, plesier, status en eiebelang jaag. Huwelike word leeg, siektes neem toe, en miljoene voel vasgevang in wanhoop en vra: Waar is God?


    En tog, juis in só ’n wêreld laat die apostel Petrus sy stem hoor. Hierdie man wat Jesus verloën het, wat oorhaastig die oor van Malgus afgeslaan het, wat by die verheerliking tempels wou bou skryf nou – deur die Gees – met diepte, wysheid en gesag. Sy boodskap: daar ís hoop, daar ís ’n onverganklike erfenis wat nie gesteel of vernietig kan word nie (1 Pet. 1:4).


    👉 In Christus ontvang ons ’n nuwe identiteit:

    • Wedergebore tot ’n lewende hoop (1 Pet. 1:3).

    • Erfgename van ’n onverganklike erfenis (1 Pet. 1:4).

    • Losgekoop deur die kosbare bloed van Christus (1 Pet. 1:18–19).

    • Gebore uit onverganklike saad deur die lewende Woord van God (1 Pet. 1:23).

    • ’n Uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie, God se eiendomsvolk (1 Pet. 2:9–10).


    ⚡ Hierdie nuwe lewe beteken:

    • Moenie vasval in sondige patrone nie (1 Pet. 1:14–16).

    • Leef nugter en paraat, met jou “lendene omgord en jou lampe brandend” (1 Pet. 1:13; Luk. 12:35).

    • Dra mekaar se laste en leef liefde (Gal. 6:2; 1 Pet. 1:22).


    💡 “Waar ware liefde is, sal jy heiligmaking sien; waar ware heiligmaking is, sal jy ongeveinsde liefde sien.”


    ✝️ Kom ons verslaan die draak van sonde, vrees en wanhoop – nie deur ons eie krag nie, maar deur die lewende en gesproke Woord van God wat tot in ewigheid bly.


    Notas:

    48 min
  • Die oorwinning is 'n WEG

    Ons almal soek daardie geheime resep vir sukses – die kortpad wat al ons probleme oplos. Maar die waarheid is: daar is nie een “magiese sleutel” vir elke slot nie. Die lewe is te kompleks. Tog belowe God: daar is ’n weg – ’n pad wat na lewe lei.


    Moses bid: “Here, maak my tog U weg bekend, dat ek U kan ken” (Eks. 33:13). En uiteindelik openbaar Jesus daardie weg volkome: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe” (Joh. 14:6). Hy is nie net die gids wat vir jou wys nie – Hy ís die pad self.


    Kom ontdek saam met ons hoe God Hom nie as ’n standbeeld wys om net te bewonder nie, maar as ’n lewenspad om op te loop. ’n Pad van liefde, waarheid, geregtigheid en oorvloedige lewe.


    Bring jou familie en vriende. Hierdie boodskap gaan jou wys hoe om ingestem te word op die frekwensie van die hemel – en lewe te ontvang wat jou en jou wêreld verander!



    46 min
  • Die Krag van die Evangelie-Sy vermoë om te kán.

    Voel jy leeg, moeg of vasgevang? Jou foon het battery nodig, jou motor brandstof—en jou siel het geestelike energie nodig. Depressie, angs, moedeloosheid en self-kritiek is energie-rowers.

    Maar die Evangelie skaam jou nie-dit dra jou.

    "Want ek skaam my nie oor die evangelie van

    Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo" (Romeine 1:16). En: "God werk in julle om te wil sowel as om te doen" (Filippense 2:13).

    Kom luister/lees hierdie boodskap: "Die Krag van die

    Evangelie: Sy vermoë om te kán."

    In hierdie boodskap praat ons eerlik oor die draak wat elkeen van ons in die oë moet kyk-sieke, vrees, verslawing, finansiële skuld, skande of net 'n nuwe vermoë wat jy sukkel om te bemeester. Nie "probeer harder" nie, maar ontvang Sy krag: die Gees wat in jou 'n nuwe wil vorm (Romeine 8:1-4; Galasiërs 5:16-18). Dis nie self-dwang nie; dis Gees-gedrewe

    -heiligmaking met werklike "horsepower".

    42 min
  • 🌟 Herontdek die Geestelike Waarde van die Heilige Samekoms! 🌟

    Van die begin af was dit God se begeerte om saam met Sy mense te wees — om saam met hulle te wandel, sodat ons Sy stem sal hoor, en Sy heerlikheid beleef. Maar te dikwels het ons die heilige samekomste van gelowiges vervlak tot blote rituele en vervelige godsdienspleging van sing dieselfde liedjie, preek ’n bietjie, en gee ’n tikkie oor en oor.


    Dit is tyd om weer honger te word vir die werklike teenwoordigheid van God tussen Sy mense — tyd om die krag, genesing, versoening en vreugde te beleef wat Hy belowe wanneer ons in sy Naam vergader.


    🤝 Kom saam… en beleef weer die wonder van wanneer God onder sy kinders wandel. “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.” (Matteus 18:20)


    KOM EN BELEEF EN ERVAAR JESUS HIER!!


    Preeknotas:


    48 min
  • Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid?

    Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid?


    'n Goddelike OPROEP tot BEKERING!! Nou is die TYD!!! Is jou saak reg met die Here? Is jy gereed? Is jy ’n volgeling van Jesus? Is jy waaragtig ’n kind van die Here? Het jy innerlike VREDE?


    Die tye waarin ons leef — met oorlog, ramp, morele verval en massasterftes — is nie ‘n tyd vir stilte nie.


    #eindtye #nuusgebeure #rampe #oorlog #vloede #onrus #oproerigheid #onsekerheid #nuusflitse #tekensvandietye #wederkoms #bekering #

    46 min
  • Die Alchemis – Hoe Jesus ons gebrokenheid in GOUD verander

    Ons leef in ’n wêreld wat mal is oor “formules vir sukses.” Van dieetplanne tot beleggingstrategieë, van geestelike oorwinning tot emosionele genesing – oral soek mense na die perfekte geheime resep.

    in hierdie Eksegetiese oordenking uit 2 Korintiërs 3 & 4 gaan ons leer dat God se WENRESEP - Gehoorsaamheid aan JESUS is! So bid mense dat die Here hulle huwelik of finansies deur ’n towerwoord sal verander… terwyl Jesus Sy heerlikheid in ons harte wil uitstort sodat ons vanuit sy krag en genade REG SAL LEWE.


    Mag elke mens ontwaak tot die realiteit van die persoon en lewe van Jesus Christus ons Here!



    31 min

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)