
Sign up to save your podcasts
Or


Jesus is ons vaste ANKER in (VUCA - Volitile, Uncertain, Complex and Ambigious) Onrustige, Onseker, Komplekse en Wisselvallige tye. NOU meer as ooit het die wêreld JESUS nodig!! SO baie uitdagings! So baie probleme! Jesus is ons ANKER PUNT - ons vaste Rots. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn. Heb 6:19 www.harvestercederberg.co.za/jesus-ons-anker-in-storm-tye/
20 ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Mat 12;18-21Hierdie gedeelte verwoord die wonderlike paradoks van Jesus as die Seun van God, die uitdruklike beeld van God (Heb 1:3) se deernisvolle sagtheid en sensitiwiteit as die Waarheid! Hy is immers die volle vleeswording van Waarheid, die Logos, die volmaakte geregtigheid, heiligheid en volmaaktheid van God. Matteus sien Jesaja 42:1-4 vervul word voor sy oë, in hoe Jesus met mense werk. Jesus laat toe dat sy dissipels handevol koring eet op die Sabbatsdag, en genees 'n man met 'n verdorwe hand op die Sabbat. Die fariseers en skrifgeleerdes veroordeel Jesus se dade. Jesus se verweer is: “Sou enigeen van julle, as sy enigste skaap op die Sabbatdag in ’n sloot val, versuim om hom te gryp en uit te trek? Natuurlik nie! 12Hoeveel kosbaarder is ’n mens nie as ’n skaap nie! Daarom is dit mos niks meer as reg om op die Sabbat goed te doen nie.” (Mat 22:11) Die fariseers het REËLS bo mense gestel. Jesus herinner hulle: “Die sabbat is gemaak vir die mens en nie die mens vir die sabbat nie.” Markus 2:27www.harvestercederberg.co.za/jesus-se-sagtheid-as-die-waarheid/
Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie — maar deur Gees-geïnspireerde aksieDaar is ’n oorlog wat nie op fisiese slagvelde plaasvind nie.Geen bloed.Geen geraas.Geen sirenes.En tog eis dit meer slagoffers as enige oorlog in die geskiedenis. Dis die oorlog binne-in.
👉 En ons grootste fout? Ons probeer hierdie oorlog wen deur nog harder te dink.www.harvestercederberg.co.za/die-oorlog-in-jou-kop-word-nie-in-jou-kop-gewen-nie-maar-deur-gees-geinspireerde-aksie/
Ons almal droom—van ’n beter lewe, meer sukses, groter invloed en erkenning—maar die meeste drome bly net drome, as jy nie die werk insit om 'n droom te verwesenlik nie. Baie drome is egter net selfsugtige ambisie is en nie roeping nie. Daar is ’n wêreld se verskil tussen om jou eie droom na te jaag en om God se droom te leef: ambisie bou ’n naam, roeping bou ’n nalatenskap. Ambisie vra wat ek kan kry; roeping vra wat ek kan gee. Miskien voel jy vandag soos Josef in die put, of in kettings, of soos Jesus in Nasaret—ongesien en onderskat. Maar hoor dit: God se droom vir jou lewe is groter as jou huidige seisoen; sy woord oor jou is sterker as jou omstandighede; sy roeping is dieper as jou eie ambisie. Moenie net jou drome droom nie—droom God se droom, en leef dit met geloof, gehoorsaamheid en heilige oorgawe.www.harvestercederberg.co.za/droom-die-here-se-droom-deur-profetiese-input/
Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig Reeks #2 Goddelike Visualisering Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik? Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterdog—soos ’n privaat speurder wat altyd ’n “bedekte agenda” soek. In hulle wêreld het almal ’n motief om jou skade te doen; elkeen soek glo sy eie gewin. Hoe jy die lewe sien, bepaal hoe jy die lewe leef. In Mat 6:22-23 leer Jesus ons om reg te sien, met die oë van die hart wat skoon gewas is in Sy heerlike LIG!! Mag ons liefdevolle geestelike oogarts Jesus Christus ons sig kom aanraak en Heilige Gees oogdruppels ingooi in ons oë sodat ons kan sien soos Hy sien! Notas: https://www.harvestercederberg.co.za/sien-reg-met-n-hart-vol-van-sy-lig/
God verkoop nie ’n maklike pad met ’n geestelike “be blessed” plakker nie. Die Bybel maak nie mooi praatjies om jou toewyding te koop nie—dit vertel die waarheid.
Moses het vooraf geweet daar gaan weerstand wees. Paulus het vooraf geweet daar gaan lyding wees. En tog… God was met hulle.
Spreuke 13:12: “’n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ’n mens mismoedig…”
Joh. 16:33: “In die wêreld sal julle verdrukking hê…”
Kom hoor hoekom seën nie altyd gemak beteken nie, en hoekom die lewe se “op en af” dalk net bewys: jy’s nog lewendig—God skryf nog jou storie.
(Een flop maak nie ’n villain nie – Cancel of genade?)
Jy ken my nie, jy ken net daai een oomblik
Ons leef in ’n wêreld van screenshots, snippets en stories.
Iemand sê één ding verkeerd in ’n WhatsApp-groep, maak één fout by die werk, laat jou één keer sleg voel – en skielik het jy ’n “final opinion” oor daardie persoon
Notas:
Het jy al gevoel: “Here… waar is U? Hoekom lyk dit of U ander antwoord en ek hoor net stilte?”
Jy is nie alleen nie. ✨
Hierdie Sondag bestudeer ons een van die mees eerlike en bemoedigende stories in die evangelies:
Johannes die Doper – God se gunsteling – in die tronk… en Jesus bly stil.
🔹 Hoekom red Jesus sommige mense… en ander nie?
🔹 Wat doen jy wanneer jou omstandighede jou geloof wil steel?
🔹 Hoe hanteer Jesus ons twyfel – regtig?
🔹 Wat beteken Sy woorde: “Salig is hy wat aan My nie aanstoot neem nie”?
📅 Hierdie Sondag
⏰ 09:30
📍 Harvester Gemeente Blomkerk Clanwilliam
⏰ 17:00
📍 Pomario Privaatskool Citrusdal
🚸 Kinderbediening beskikbaar
☕️ Koffie en gemeenskap
Bring jou vrae. Bring jou pyn. Bring jou twyfel.
Jesus het ’n woord vir juis jou seisoen. 🌟
Moet dit nie misloop nie.
Voel jy geestelik uitgehonger? Dis omdat jy nie net ’n liggaam het nie — jy ís ’n siel. En jou siel kan net versadig word deur die Woord wat lewe bring.
“Die mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” – Matteus 4:4
Ons vergeet dikwels wat ons lees, omdat ons dit nog nie ingeneem en geinternaliseer het nie. Dis soos om kos te proe, maar nooit in te sluk nie. God se Woord wil nie net in jou oë bly nie — dit wil in jou bloed, jou denke, en jou lewe ingaan!
Wanneer jy Sy Woord toelaat om jou te vul, verander jy van binne af:
🕊️ Jou gedagtes word helder en nugter
🔥 Jou hart brand weer vol geloof en passie
🌱 Jou geloof word sterker
👉 Sluit aan hierdie Sondag by Harvester Cederberg vir die boodskap:
“Laat jou siel gevoed word deur God se Woord.” Laat die Woord nie net op papier bly nie — laat dit vlees word in jou lewe!
📍 Sondag, 09:30 | Harvester Kerk, Blom Kerk, Hoof Str, Clanwilliam
💬 Koffie, aanbidding, en ware gemeenskap wag op jou.
#WoordVanGod #SielVoeding #HarvesterCederberg #LeefDieWoord #JesusLeweInMy
Preek Notas:
Het jy al agtergekom — die oomblik as jy vir iemand “nee” sê, word jy die slegte ou? Maar selfs God het grense gestel.
Grense hou lewe in, en chaos uit.
Elke keer wat jy “nee” sê, herwin jy grond wat die duiwel huurvry beset het. Elke grens is ’n geestelike oorlogsverklaring teen wanorde!
From the publisher's feed