Harvester Cederberg Preke

Harvester Cederberg Preke

By Jan OosthuizenReligion & Spirituality
Download on the App Store

Harvester Cederberg Preke episodes

  • Die Gevaar van die Enkel Storie Beeld

    Ons het almal al die pyn beleef wanneer iemand ons van iets beskuldig wat ons eerlikwaar nie gedoen het nie! Of wanneer ons 'n skinderstorie hoor wat heeltemal van die waarheid ontbloot is! Dit maak seer.Omdat ons almal deesdae op een of ander manier swaarkry, raak ons maklik selfgefokus. Voeg daarby die ure wat ons op skerms deurbring en na mekaar se stories kyk sonder om werklik kontak te maak – en dit lei daartoe dat ons al hoe meer ENKEL-STORIE-BEELDE van mekaar vorm.Leer in hierdie boodskap om met nuwe oë na God, jouself en jou medemens te kyk, en dalk vir die eerste keer regtig die mens agter die prentjie raak te sien!www.harvestercederberg.co.za/die-gevaar-van-die-enkel-storiebeeld/

    51 min
  • #3 Watter Geestelike Beginsels Kan Ons Leer van die ATLEET

    Die “atleet” taal en metavoor word dikwels gebruik in die NT, met goeie rede. DIe atleet is die beste voorbeeld van die beginsel van ONTHOUING, weerhouing, terughou, opoffering en dissipline wat die verg om ’n olimpiese medalje te verower. “Onthou hom van alles” vertaal die Grieks enkrateuetai, van enkrateia — selfbeheersing. Dit is nie ’n toevallige eienskap wat sommige mense het en ander nie besit nie; dit staan later in Galasiërs 5:22-23 as vrug van die Gees, langs liefde en vreugde en vrede. “Ek kasty” is hupopiazo — bokstaal, letterlik om iemand ’n blouoog te gee. Paulus verklaar nie oorlog teen sy liggaam as vyand nie; hy plaas dit onder bevel as rekruut en dissipel. Dit moet leer volg, nie lei nie.Ons het almal nodig om geestelik FIKS en STERK te wees in hierdie tye wat ons leef! Leer in hierdie preek hoe om dit reg te kry! Preeknotas: www.harvestercederberg.co.za/watter-geestelike-beginsels-kan-ons-leer-van-die-atleet/

    42 min
  • #2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT?

    #2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT? 'n Soldaat gee sy lewe weg lank voor hy ooit 'n vyand sien. Die oomblik wat hy die eed aflê, hou hy op om aan homself te behoort.Paulus gebruik presies daardie beeld vir jou: "Ly saam met my as 'n goeie soldaat van Christus Jesus" (2 Tim 2:3)."Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my." — Galasiërs 2:20Ons kyk hierdie Sondag na een van die kwaaiste vormingsprosesse waaraan mense hulleself onderwerp, die opleiding van 'n Amerikaanse Navy SEAL — en wat dit ons leer oor wat dit werklik beteken om Christus te volg. Preeknotaswww.harvestercederberg.co.za/wat-se-geestelike-beginsels-kan-ons-leer-van-die-soldaat/

    34 min
  • #1 Watter geestelike beginsels kan ons leer van Boer?

    Hierdie is nogal regtigwaar 'n boodskap wat elke landbou produsent moet hoor of lees... om hulle moed in te praat oor hulle GELOOF wat hulle beter verstaan as die meeste mense!6Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet. 7Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp. 2 Tim 2:6 Boerdery is GELOOF in AKSIE. Kom ons leer van die BOER die geestelike beginsels en lesse wat ons nodig het om in hierdie lewe te oorwin! Lees gerus die Preek Notas:www.harvestercederberg.co.za/wat-leer-die-boer-ons-oor-die-geestelike-lewe/

    37 min
  • Goed Toegerus vir elke Goeie Werk

    'n Besinning oor 2 Petrus 1:3-8Toe jy in 'n oomblik wederbaar is as kind van God, is jy bestem om 'n heerser te wees. Nie oor 'n paleis nie – oor 'n domein, invloedssfeer, 'n “metron” en area, of gebied waaroor jy outoriteit het. Jou eerste heerskappy is oor jou eie hart en verstand. Daarvandaan brei dit uit: jou liggaam, jou huwelik, jou gesin, jou besigheid, die kringe waarin jy invloed dra. Elkeen van hierdie areas wag vir 'n regeerder. Die vraag is nooit óf jy sal regeer nie – die vraag is met watter gehalte heers jy in daardie gebied. Elkeen van hierdie "domeins" sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. (Rom 8:19) En hier's die goeie nuus, jy is alreeds Goed Toegerus vir elke Goeie Werk.
    www.harvestercederberg.co.za/goed-toegerus-vir-elke-goeie-werk/

    49 min
  • Hoe die Kerk 'n teenmiddel vir Chaos en anargie kan wees.

    HOE DIE KERK 'N TEENMIDDEL VIR CHAOS EN ANARGIE KAN WEESHoekom voel dit asof die wêreld uitmekaar val?Skakel die nuus aan, blaai vyf minute op jou foon, en jy sal dit oral vind — leiers wat nie vertrou kan word nie, stelsels wat nie werk nie, en 'n stygende vloed mense wat eenvoudig opgehou het om te glo dat enigiets reggemaak kan word. Ons het 'n woord hiervoor in Grieks. Dit is anomie — "sonder wet." Dit is presies die woord wat Paulus gebruik wanneer hy praat van "die misterie van wetteloosheid" wat reeds in die wêreld aan die werk is (2 Tessalonisense 2:7). Maar hier is die vraag waarmee ek vanoggend worstel: as wetteloosheid die huidige realiteit is, is die kerk bloot bedoel om dit te oorleef — of kan ons iets daaromtrent doen? www.harvestercederberg.co.za/hoe-die-kerk-n-teenmiddel-vir-chaos-en-anargie-kan-wees/

    49 min
  • Die Ware Betekenis van Sout wat Laf geword het

    Wanneer laas het iets presies reg gelyk – en toe nie die funksie verrig waarvoor dit vervaardig is nie?Dink aan 'n brandblusser wat, op die oomblik toe jy dit tydens 'n vuur moes gebruik, tot jou skok niks by die spuit uitkom nie.  Of die selfoon se ekstra battery wat jy gedink het nog vol gelaai is, maar wat morsdood is wanneer jy dit wil gebruik. Of die noodnommer wat teen die yskas geskryf staan, maar wat, toe jy dit tydens 'n krisis bel, nie meer bestaan nie.  Dit is teen hierdie agtergrond dat Jesus hierdie vreemde enkel sinnetjie aankondig.  Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word? Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Lukas 14:34-35Preek Notas www.harvestercederberg.co.za/die-ware-betekenis-van-sout-wat-laf-geword-het/

    35 min
  • JEREMIA die onversetlike, volhardende, en onwrikbare PROFEET

    JEREMIA die onversetlike, volhardende, en onwrikbare PROFEETDie wêreld het vandag meer Jeremias nodig. In 'n tyd waarin die waarheid relatief geword het tot elke mens se opinie en die gewete 'n opoffering is wat min wil dra, smag ons na stemme wat onwrikbaar die waarheid praat — nêrens meer as hier in Suid-Afrika nie. Ons het manne en vroue van morele oortuiging nodig wat die waarheid sal spreek in elke situasie waarin hulle bevind. Leuens, bedrog, verkeerde gesindheid, verkleinering, groep identiteit rasisme, skinder, en selfgeregtigheid gebeur soms reg voor ons oë, en dan bly ons liewer stil.  www.harvestercederberg.co.za/jeremia-die-onversetlike-volhardende-en-onwrikbare-profeet/

    37 min
  • Jy is presies op die regte plek waar God jou geplaas het

    Is Ek Op Die Regte Plek? 

    Daar's 'n oomblik wat ons amal al op 'n tydstip beleef het: jy staan in die kombuis, of staan in 'n ry by SPAR, of sit agter 'n rekenaar, of in 'n kerk, en 'n stemmetjie vra of jy nie eintlik êrens anders moet wees nie. 

    Elia voel verlate onder ’n besembos (1 Kon. 19:4).
Moses swerf in die woestyn ver weg van sy mense (Num. 11:15).
Jona vlug van die bose stad Ninevé (Jonah 4:3).
Job sit op die ashoop (Job 3:11).
Jeremia in treur oor die sonde van sy volksgenote wat nie wou luister nie (Jer. 20:14). Paulus onder ondraaglike druk (2 Kor. 1:8).

    Ons kyk na drie mense wat nooit eers tyd gehad het om die vraag te vra nie – 'n seun met padkos, 'n diensmeisie sonder naam, 'n skinker in 'n vreemde land .

    Meeste Bybelse karakters het nie geweet hulle gaan geskiedenis maak nie. Hulle was net beskikbaar presies op die plek waar God hulle geplaas het.  


    https://www.harvestercederberg.co.za/jy-is-presies-op-die-regte-plek-waar-jy-moet-wees/

    59 min
  • Lewe vanuit 'n Oop Hemel Belewenis In Christus

    Die wêreld word by die dag meer en meer verdeeld. Die komende lokale verkiesing gaan mense nog meer verdeel in kampe. Verder groei die agterdog, wedywering, self-beskerming en ambisie ten koste van ander by die dag. In Christus is ons op ’n manier verbind aan mekaar, dat ons soms letterlik soos mekaar klink, in harmonie en liefde en omgee vir mekaar, versigtig om mekaar nie te na te kom nie, maar tog eerlik te wees. Die Bybel beskryf in die OT dit as ’n oop hemel ervaring, in die NT word hierdie goddelike openbaring en nabyheid normatief in Christus Jesus ons Here, en later verdiep en geanker deur die uitstorting van die Heilige Gees. Die voorhangsel is geskeur! Kom BELEEF Jesus IN en ONDER ons!


    https://www.harvestercederberg.co.za/lewe-vanuit-n-oop-hemel-belewenis-in-christus/

    24 min

About Harvester Cederberg Preke

From the publisher's feed

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)