
Sign up to save your podcasts
Or


Aktiewe Geraasonderdrukking om die Heilige Gees te kan hoor. Hoe Jesus die stilte gevind het — en hoe ons dit ook kan vindDaar is 'n nuwe merkwaardige tegnologiese wonder - Apple AirPods Pro. Aktiewe geraasonderdrukking. Die mikrofone luister vir die geraas wat om jou gebeur — die motors, die mense, die lawaai van die alledaagse — en skep 'n teenklank. Geraas plus teenklank is gelyk aan stilte. Die fisiese wet van destruktiewe inmenging in diens van geestelike ruimte van STILTE.Maar hier is die ironie wat ons oor moet dink: ons het 'n instrument uitgevind wat geraas kanselleer — en dan vul ons die stilte wat dit skep met nog meer geraas. Podcasts. Musiek. Nuus. Inhoud. Ons is so gewoond aan die lawaai dat ons nie meer weet wat om met die stilte te doen nie.→ Wanneer laas het jy doelbewus in stilte gesit — nie om iets te doen nie, behalwe om te luister? Na die Here se stem in jou hart? www.harvestercederberg.co.za/aktiewe-geestelike-geraasonderdrukking/
'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK van GOD se PERSPEKTIEF - Soms benodig ons 'n heeltemal gans anderse perspektief op die realiteit van die Lewe! Preek Notas: www.harvestercederberg.co.za/n-algehele-nuwe-orientasie-vanuit-die-koningkryk-van-god-se-perspektief/
#2 Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God ’n Studie het ondersoek hoe gereeld ’n gemiddelde Amerikaanse universiteitstudent werklik aandag gee aan enigiets. Die wetenskaplikes betrokke het dophousoftware op hul rekenaars geplaas en gemonitor wat hulle gedurende ’n tipiese dag doen. Hulle het ontdek dat ’n student gemiddeld elke vyf-en-sestig sekondes van take verwissel. Die mediaan tyd wat hulle op enige een ding gefokus het, was slegs negentien sekondes.Met meer mense wat al hoe meer tyd op skerms spandeer, raak ons behoefte vir ware KONNEKSIE meer akuut! Ware konneksie verg AANDAG GEE, ’n fyn aanvoeling vir mekaar ontwikkel, teenwoordig wees! Mag die Here ons help om in hierdie tegnologiese gerigte wêreld, relevant te bly sonder om ons siel te verkoop. Ons gesels vandag oor Bybelse maniere om jou AANDAG weer te leer fokus.
“You will keep him in perfect peace,Whose mind is stayed on You,Because he trusts in You.Trust in the LORD forever, — Isaiah 26:3Die onlangse vloede en oorstromings wat ons hier in die Cederberg en Matzikama beleef het, riviere wat vir jare droog was, het oornag water monsters geword. Paaie en verskeie brue is weggespoel. Plaashuise en gemeenskappe is geïsoleer. En in daardie oomblik — het almal stilgestaan.Nie omdat hulle wou nie. Maar omdat die natuur ’n vraag gevra het wat nie geïgnoreer kon word nie. Dieselfde vraag wat God in die tuin gevra het toe alles verkeerd gegaan het:Genesis 3:9 “Adam Waar is jy?” Soos Adam word ons nog steeds gevang met die slapriem van die slang… “dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken” ons jaag kennis na… op google en AI, ons eet van die boom van kennis van goed en kwaad… Ons is só besig, ons aandag vasgevang op verskeie skerms… ons is gevolglik meer ANGSTIG, ALLEEN en ONVERGENOEGD!! ons het lanklaas net STIL GEWORD… alles afgesit en geluister! Nou is die TYD!! FOKUS!!
Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEIDJesus het eenmaal gesê dat in die laaste dae "die liefde van baie sal verkoel omdat die wetteloosheid vermeerder" (Matt. 24:12). Let op die volgorde — eers verkoel die liefde, dán neem wetteloosheid oor.Die antwoord op anargie is dus nie strenger reëls nie. Dit is 'n hart wat totaal gerig is op die Here! Hom liefhê met ons hele hart, siel, krag en verstand! Chantál Oosthuizen deel hoe ons daardie vlam weer aanblaas — deur die Gees, die Woord, en die gemeenskap van gelowiges.Hoe lyk jóú vlam vandag?
BRANDSTOF VIR GELOOF
Hoe Voed en Beskerm Jy Jou Geloof?
Elke mens leef vanuit 'n geloofstelsel en oortuiging. Mens dit 'n wêreldbeskouing, 'n lewensfilosofie, jy is 'n produk van wat jy glo. Nie 'n produk van jou omstandighede nie. Jou omstandighede is die produk van jou geloof.Geloof is 'n kosbare juweel, kosbaarder as goud... Daarom moet jy dit oppas, beskerm, en verdedig teen die leuens van satan. Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. 1 Pet 1:7
Terwyl die wêreld BRANDSTOF tekorte in die gesig staar, moet ons as gelowiges seker maak ons GELOOFSTENK is vol!
Dr. Jan Oosthuizen | Harvester Church Cederberg
Preeknotas: www.harvestercederberg.co.za/brandstof-vir-geloof/
KRUISIGING EN OPSTANDING: Die Asemhaling van die Gees. Jesus het nie net vir ons gesterf en opgestaan nie. Hy het ons gewys hóé om te leef. Die kruis en die leë graf is nie net teologie om te glo nie — dit is 'n bloudruk om te leef. 'n Lewenspatroon. 'n Templaat vir die diepste, mees volledige lewe waarvoor jy en ek geskape is."As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry." — Matteus 16:24–25Die AsemhalingVoortdurend. Elke Dag. Elke Sekonde.Haal asem in. Nou blaas uit.Die geestelike lewe werk presies so. Kruis en opstanding. Sterwe en lewe. Loslaat en ontvang. Oorgee en opstaan. https://www.harvestercederberg.co.za/kruisiging-en-opstanding-die-asemhaling-van-die-gees/
Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk. Siel, Waarom is jy So Neerslagtig?Psalms 42 & 43Het jy 'n onversadigbare honger en dors na die teenwoordigheid van die Here? Voel jy soms paradoksaal naby en tog ver van die Here. Jy is in Christus, en tog voel jy op 'n gegewe oomblik verlate van Christus. Hierdie psalm begin met 'n soeke en begeerte ('n passievolle, emosionele werkwoord) na die lewende God. Ons soek Nie godsdiens, dooie gode en tradisies nie... maar na die lewend-makende bruisende Gees van die lewende God, die oorsprong van alle lewe!
https://www.harvestercederberg.co.za/die-kuns-om-in-god-se-aangesig-jouself-te-versterk/
Verhoog jou ONDERSKEIDINGSVERMOË volgens Jesus se Perspektief: Ons staan op ’n wesenlike kantelpunt in die geskiedenis. Watter wêreldbeskouing gaan in die volgende eeu die sterkste staan? Ons leef tans in ’n tyd waarin die drie groot monoteïstiese, Abrahamitiese godsdienste—Judaïsme, Christendom en Islam—teenoor mekaar staan en as’t ware meeding oor watter een die mees positiewe en volhoubare bydrae tot die beskawing lewer. Hoe elkeen hierdie oorloë en krisisse deurstaan en daaruit te voorskyn kom, sal uiteindelik óf vir hulle, óf teen hulle getuig.Die Westerse wêreld, wat oor eeue heen deur die Christelike geloof gevorm is, al is dit vandag in baie opsigte sekulêr, bevind hom grootliks aan die kant van Israel en die Sionistiese projek, terwyl die Islamitiese rewolusionêre regime in Iran homself sien as die verdediger van die Moslemwêreld teen Westerse LIberale invloed en Israeliese oorheersing. Hoe moet gelowiges DINK oor hierdie huidige gebeure? Vir wie moet ons bid? Wie moet ons ondersteun? Wat moet ons doen? Wie moet ons steun? Inderdaad Moeilike Vrae - Wat is JESUS se perspektief en benadering in tye soos hierdie. Sien die Preeknotas: http://www.harvestercederberg.co.za/verhoog-jou.../
Die Skaal van die Lewe: Plesier en Betekenis in Goddelike Balans. Leef jy net vir die volgende lekker oomblik… of net vir die volgende verantwoordelikheid? Te veel plesier maak ons leeg. Te veel plig brand ons uit.Jesus sê: “Julle is die sout van die aarde… die lig van die wêreld.”Sout gee smaak én bewaar. Lig gee warmte én rigting.Kom ontdek hoe om jou tyd, jou besluite en jou lewe in Goddelike balans te bring — sodat jy nie net oorleef nie, maar floreer.
From the publisher's feed