Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.... more
FAQs about Huisgenoot Ware Lewensdramas:How many episodes does Huisgenoot Ware Lewensdramas have?The podcast currently has 30 episodes available.
November 09, 2023Episode 20: Die moord op kankerlyer Debbie VenterIn Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem....more37minPlay
November 06, 2023Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar susterHulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip....more33minPlay
October 26, 2023Episode 18: Huurmoord op PofadderDaar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld....more34minPlay
October 19, 2023Episode 17: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleegColin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . ....more31minPlay
October 16, 2023Episode 16: Die ‘teregstelling’ van Brett Goldin en Richard BloomDie een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom....more32minPlay
October 06, 2023Episode 15: Die tragedie en wonderwerk van ’n longoorplantingNadat een ma se seun dood is, het ’n ander ma se seun sy longe ontvang. Nou deel die twee ma’s hul lief en leed as hegte vriendinne....more34minPlay
October 01, 2023Episode 14: Die saak van Jannie BeukesToe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe wat iemand na die ondankbare kan dryf....more29minPlay
September 21, 2023Episode 13: Terreur in PalmaVroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander....more30minPlay
September 18, 2023Episode 12: Die sluipmoord van Anton LubowskiOp 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord....more33minPlay
September 11, 2023Episode 11: Die Sizzlers-slagtingEen aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika....more30minPlay
FAQs about Huisgenoot Ware Lewensdramas:How many episodes does Huisgenoot Ware Lewensdramas have?The podcast currently has 30 episodes available.