Pinkster // Wat gebeur wanneer God opdaag? In die Bybel lees ons dat Jesus deur die Heilige Gees verskeie dinge gedoen het, soms het Hy wonderwerke gedoen, soms net mense geleer, soms net ;n vreugdevolle tyd saam mense spandeer en ander kere selfs rusie veroorsaak. Een ding is wel seker; Wanneer God opdaag gee Hy ‘n opdrag. Om meer van die Heilige Gees te beleef moet ons daardie opdrag gehoorsaam. So wat vra God dan van ons? Leer saam. Boodskap deur Morné Steenekamp