
Sign up to save your podcasts
Or


Ek moes na 'n verskriklike vernederende gesprek met Lianca gesels om uit te vind wat presies is 'n spelterpeut en waar pas dit in. Dis ongelooflik hoe belangrik hierdie beroep is en dit is so great om te sien hoe baie sy dit geniet!
Maak dit lekker!
So, meeste van ons sien akteurs op TV of die verhoog en dis die einde.
In die episode gesels Vilje Maritz oor sy pad, wat moeilik en sleg is, wat hom opgewonde maak en hoekom hy sekere besluite geneem het.
Maak dit lekker
Okay, so hierdie beroep het ek al baie van gehoor, maar het nog nooit regtig verstaan wat dit behels nie, dalk omdat ek nog nooit met 'n make up artist te doen gehad het nie. Nie te min, dit was ongelooflik interessant om 'n klein bietjie van die beroep en industrie te leer ken. Wilna is 'n ongelooflike talentvolle persoon en haar energie is aansteeklik.
Geniet!
Hierdie gesprek met Werner is iets waarvan ek min tot niks weet en ek't baie vrae. Metalurgie is 'n kombinasie van 'n paar dinge en ongelooflik interessant.
Luister en maak dit lekker!
Net omdat ek dalk al by 'n fisio was of een ken, beteken duidelik nie ek weet wat hulle beroep of paadjie behels nie.
Ek en Alyssa gesels oor vakkeuses, universiteit, plasings na studies en presies wat 'n fisio elke dag doen.
Sy gesels lekker en maak dit lekker, geniet ons gesprek!
Waaroor gaan ek elke week gesels? Ek probeer inligting bekom oor die verskillende beroepe en die pad wat elke beroep verg om te doen.
Ek wil lag en (veral) jongmense 'n beter idee gee van die lewe wat voorlê.
Maak dit lekker
From the publisher's feed