KLETS

KLETS

Download on the App Store

All KLETS episodes

  • Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter
    In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings.

    Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons vermoed hy bedoel nie vir Suid-Afrika nie, maar hey, dis mos nie nuus nie.

    Wat wel nuus is: as jy ’n lesbeen is, kan jy volgens nuwe gerugte bietjie ligter asemhaal, want jou kans vir HIV-blootstelling is glo heelwat laer as jou ander broers en susters. En natuurlik kry Matthys sy weeklikse Steenhuisen-steek in, want tradisie is tradisie.

    DSTV bloei steeds subskripsies soos ’n kraan met ’n strip oopgedraai, en nou gaan daar waarskynlik nog 12 kanale van die boeket verdwyn net betyds vir Kersfees. MultiChoice, baie dankie vir die geskenk.

    Maar gelukkig is dit nie net slegte nuus nie. Die Top 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar is aangekondig. En as jy in jou middeljare is, het jy ten minste een van hulle gelees – óf onder protes op skool, óf omdat Daleen Matthee se bostriologie jou hart in jou borskas laat bons het. En kom nou… watter Afrikaanse huis is volledig sonder Kook en Geniet van tannie SJA de Villiers?

    Intussen maak Isabella Niehaus en Louis Janse van Vuuren weer internasionale nuus. Hulle boek There’s a Vegan on my Verandah het nóg ’n Gourmand World Cookbook Award ingepalm, hierdie keer as die beste vegan kookboek van die afgelope 30 jaar. Luister weer na ons onderhoud uit 2023 met Isabella Niehaus - https://afrikaans.radio/klets/die-grande-madame-langebaan/

    Bartho Eksteen Wynlandgoed, saam met Maroela Media, het ’n reeks unieke wynbottels geskep wat Afrikaanse ikone vereer. Nou kan jy met trots én tanniene ’n glasie klink op ’n Suid-Afrikaanse legende. En as jy ons gesprek met Bartho en Pieter Willem gemis het, luister hier: https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-waardes/

    Colene sluit die episode af met die 2025 trending Kersgeskenke, én die lys van die mees gekaapte voertuie in Suid-Afrika. Moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie.

    Dis politiek, kultuur, bietjie krisisbestuur en ’n hele sak vol idees vir Kersgeskenke. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr
  • Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate
    In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!"

    Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste ekonomiese stad oor ’n naweek toe te sluit nie.

    Maar was dit werklik so suksesvol… of was dit net suksesvol omdat Trump nié daar was nie? Die VSA het die Suid-Afrikaanse G20 openlik geboikot, en op die elfde uur probeer om tog ’n afgewaterde afvaardiging te stuur, ’n versoek wat Suid-Afrika afgekeur het.

    Intussen het die wêreldleiers sonder Amerika voortgegaan en die G20-verklaring onderteken, terwyl Trump duidelik gemaak het die VSA sal dit glad nie ondersteun nie. So wat beteken dit vir Suid-Afrika, en die ander G20-lande, vir my en jou, en die wêreld… en natuurlik vir Trump se ego?

    Met die wêreld se oë op Suid-Afrika het Suid-Afrikaanse vroue regoor die land die Vrydag voor die G20 “opgestaan” teen geslagsgebaseerde geweld deur te gaan “lê.” GBV is een van die land se ergste en mees volgehoue krisisse, en Cyril het geen ander uitweg gehad as om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tot ’n nasionale ramp te verklaar nie. Maar was “gaan lê” die regte simboliek?

    En omdat Suid-Afrika nooit net een of twee dramas of "commissions of enquiry" op ’n slag het nie, kyk ons na nog ’n effens vetter storie, letterlik. Die DA-moddergeveg tussen John Steenhuisen en Deon Gorge is in volle swang, en Matthys se vraag oor John se gewig word uiteindelik beantwoord. Spoiler: hy het nie gewig verloor nie… maar sy DA-kredietkaart se Uber Eats-aankope verduidelik baie.

    Dis Black Friday. Met die kenmerkende “afslag” prysstrategieë wat nie heeltemal afslag is nie, en selfoonkontrakte wat soos ’n wiskunde-eksamen saamgestel is, word jy gelos om te wonder of die doel is om jou te verbind… of te verarm.

    Gelukkig het ons darem iets om oor ’n glasie te klink: die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat glansryk internasionaal presteer. Twee Suid-Afrikaanse wynplase is onder die top 10 in die wêreld erken, en vier ander in die top 100.

    En dan iets nuuts vir die kultuur- en joernalistieke landskap: ’n splinternuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, wat op 6 Maart 2026 sy verskyning maak, word aangekondig – ’n historiese nuwe asem in ’n ouderwetse gedrukte mediavorm. Baie vensters gaan na 7 Maart 2026 weer skoon wees in Suid-Afrika.

    Dit is wêreldpolitiek sonder Amerika, plaaslike politiek met te veel kalorieë, pryse wat nie sin maak nie, pynlike realiteite en ’n wynbedryf wat almal se waardigheid red.

    Dis politiek, pryse, pyn en Papier.
    Dis Suid-Afrika.
    Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    54 min
  • Wie is Ons Nou? ’n Gesprek oor Identiteit en Verantwoordelikheid
    In hierdie kragtige en eerlike KLETS-episode grawe ons diep in die veelvlakkige vraagstuk van Afrikaanse identiteit en wat dit vandag beteken om ’n Afrikaner in Suid-Afrika te wees. Ons begin by die omstrede “Nie in ons naam” brief, wat ’n hele veldbrand aan gesprekke in en buite die Afrikaanse gemeenskap begin het. Van daar af ontleed ons die rol en verantwoordelikheid van organisasies soos Solidariteit en AfriForum, en waarom gemeenskapsbetrokkenheid meer is as net kommentaar op sosiale media.

    Die gesprek beweeg na die breër landskap van Suid-Afrika vandag: die G20-beraad, die nalatenskap van Apartheid, rassisme, vryheid van spraak, swart ekonomiese bemagtiging, en hoe korrupsie sistemies ons toekoms stuit. Dit is ’n onverskrokke duik in geskiedenis, konteks en ongemaklike waarhede, maar ook ’n uitnodiging om te dink oor nuwe patrone van samewerking en gedeelde vooruitgang.

    Deur al die temas loop een duidelike lyn: ons kan die land nie herstel sonder mekaar nie. Identiteit, verantwoordelikheid en die uitdagende pad vorentoe word breedvoerig verken in ’n gesprek wat eerlik is, soms rou, maar altyd noodsaaklik.

    Skakels genoem in die episode:
    - Afrikaners vir Suid-Afrika (Nie in ons naam brief):
    https://www.afrikanersvirsa.co.za/
    - Willem Petzer se onderhoud met Gareth Cliff:
    https://www.youtube.com/watch?v=oWUlXVZpUlM Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    58 min
  • Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies
    Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar.

    In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die onophoudelike gedruis van tegnologie wat jou brein nooit laat afskakel nie.

    Ons KLETS oor hoe tegnologie ons kommunikasie, aandag en empatie verander het en hoekom menslike gesprekke nou belangriker is as ooit.

    Maar dis nie net die persoonlike stres wat tel nie. Suid-Afrika se politieke landskap bly ’n movie. Ons kyk na die Madlanga-kommissie en die Parliament Ad Hoc Committee, die soort stories wat jou laat wonder of enigiemand nog weet wie vir wie of wat verantwoordbaar is.

    Leierskap, daardie groot woord wat al hoe meer soos ’n meme voel, is onder die vergrootglas. Wat beteken dit om ’n leier te wees in ’n land waar korrupsie, beloftes en toeskouers die politiek oorheers? En in ’n wêreld waar Donald Trump "vrede maak” in die Midde-Ooste. Is Trump op hierdie stadium die toonbeeld van leierskap, of net nog ’n hoofstuk in die politieke sirkus van die eeu?

    Ons KLETS ook oor die krisis in universiteitslewe, waar Fort Hare Universiteit onlangs skade gely het - nie net fisies nie, maar ook simbolies. Dis ’n herinnering dat kennis, integriteit en vrae vra nie net akademies is nie, maar noodsaaklik vir die toekoms van ’n nasie.

    En te midde van al hierdie geraas bly een ding duidelik: die soeke na waarheid. Dis moeilik, ongemaklik, soms gevaarlik – maar dis nodig. Want sonder waarheid is daar geen toekoms nie.

    Dis ’n episode oor stres, tegnologie, politiek, opvoeding en die menslike gees se ongelooflike vermoë om steeds op te staan.

    Oktober is dalk moeilik. Maar dis ook die maand waarin ons onsself herinner: jy kan nie altyd die wêreld beheer nie, maar jy kan kies om teen korrupsie, teen leuens en teen wanhoop op te staan.

    So haal diep asem. Dis tyd om weer te KLETS – oor die dinge wat saak maak. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    55 min
  • Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik
    In hierdie week se KLETS raak ons bietjie meer ernstig, maar moenie worry nie, dis steeds met n bietjie lag, lewenslesse en ’n paar nuwe woorde wat selfs Matthys en Colene moes Google.

    Ons KLETS met Petra Labuschagne van PGL Trustees oor iets wat almal weet hulle móét doen, maar aanhou uitstel - jou testament.

    Petra bring haar regskennis én empatie na die tafel en verduidelik hoekom jou testament nie net vir rykes of oumense is nie, dis vir almal wat iets of iemand liefhet. Sy vat ons deur die regte en verpligtinge wat saam met testamentêre dokumente kom, hoe jy jou wense duidelik neerskryf, en hoekom ’n testamentêre trust so belangrik is – veral as jy minderjarige kinders het of digitale bates besit wat nie sommer net “verdwyn” as jy nie meer daar is nie.

    Petra verduidelik die invloed van huwelike en regimes, die waarde van 'n lewende testament, en selfs hoekom dit slim is om jou begrafniswense neer te pen - want dis die een geleentheid waar jy beslis nie self gaan opdaag nie.

    Petra deel ook haar ervaring met internasionale boedels en die realiteite van moderne lewe, waar e-posse, kripto en wolkrekeninge nou deel van jou nalatenskap is.

    Van die wetlike fynskrif tot die lewensgroot vrae, hierdie episode help jou om oor moeilike dinge te praat sonder om moedeloos te raak met die nodige deernis, insig en ’n tikkie humor.

    Want as jy nie jou storie self neerskryf nie, gaan iemand anders dit vir jou doen en hulle spel dalk jou naam verkeerd.

    Kontak Petra Labuschagne by:
    - https://pgltrustees.co.za/
    - 012 342 1240 PGL Trustees · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    55 min
  • Van broederskap tot Psigopate: Jimny’s, politiek en Jacaranda hoop
    In hierdie week se KLETS haal ons asem tussen die chaos deur. Dis Oktober – die maand van jacarandas wat soos pers konfetti oor Pretoria se strate val. ’n Tyd om mooi te sien, selfs al voel dit soms of die res van die land in ’n donker sitcom vasval.

    Colene vertel van haar nuwe liefde – die Jimny – en hoe sy agterkom dat Jimny-bestuurders eintlik ’n geheime broederskap vorm. As jy ’n Jimny ry, is jy familie. As jy nie een het nie, wel… jammer vir jou.

    Maar ons parkeer nie net in die lig nie. Ons gesels oor die noodsaaklikheid van ontkoppeling van tegnologie, die eindelose jaag na geluk wat mense uitput, en natuurlik die harde realiteite wat Suid-Afrika steeds jaag: korrupsie, ’n disfunksionele Gauteng gesondheidsorgstelsel wat die inwoners van Tembisa in die steek gelaat het, en ’n polisie wat te veel keer jou eerder laat sug as veilig laat voel.

    Ons kyk ook na die rol van die ANC en DA in ’n politieke landskap wat al hoe meer soos ’n draaiboek vol clichés lees. Waar is die die burgers van Suid-Afrika se regte in hierdie stories? Waar is die menslike element in politiek, dié wat gemeenskappe regtig dien en nie net 'n magspel speel nie?

    En toe besluit Colene en Matthys om self te toets wie van hulle die grootste psigopaat is. Want kom ons wees eerlik: dis mos die soort CV wat jou regtig ver in die regering kan vat.

    Maar die episode eindig waar dit begin: met die erkenning dat ons moet aanhou kyk na die jacarandas, dat ons moet aanhou die mooi raaksien, selfs wanneer die lelike so oorweldigend voel. Dit is nie om die werklikheid te ontken nie, maar om jou menslikheid te behou. Want as ons net fokus op alles wat stukkend is, vergeet ons dat daar steeds dinge is wat die moeite werd is om vir te veg.

    Suid-Afrika in Oktober 2025 is 'n land van kontraste: ongelooflike skoonheid en onvoorstelbare korrupsie, oomblikke van menslike goedheid en sistemiese verraad, jacaranda-blomme en gekaapte instellings.

    Colene en Matthys nooi jou uit om saam met hulle te KLETS, om albei werklikhede te erken, en om te vra: hoe leef ons met integriteit in 'n land waar korrupsie so diep gewortel is? En belangriker: hoe behou ons hoop? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    59 min
  • Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans
    As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self?

    In hierdie episode KLETS ons saam met Prof Jacques du Plessis, Medeprofessor in Inligtingskunde aan die Universiteit van Wisconsin-Milwaukee, waar hy Afrikaans in die Midwest van die VSA doseer.

    Jacques deel sy pad van Suid-Afrika tot in die VSA, hoe dit is om Afrikaans vir Amerikaners te leer, en die verrassende emosionele verbintenisse wat mense in Amerika (en elders) met Afrikaans vorm. Van die stereotipes en persepsies, tot die rykdom en diversiteit van ons taal. Hierdie gesprek wys hoekom Afrikaans baie meer is as net “’n taal van die verlede of onderdrukking.”

    Ons gesels oor die diaspora van Afrikaanssprekendes, die rol van identiteit en kultuur, en hoekom nuwe woorde en kreatiewe taalgebruik ’n teken van lewe is en nie van verval nie. Jacques se projek, afrikaans.us, bied reeds ’n internasionale spilpunt vir leerders, liefhebbers en expats wat nie hul taal wil verloor nie.

    Wat jy in die KLETS kry, is nie net akademiese praatjies nie. Dis passie. Dis liefde. Dis ’n herinnering dat Afrikaans ’n wêreldtaal in wording is, vol stories, vol mense, vol moontlikhede.

    So ja, terwyl jy vanaand ’n tjoppie draai, onthou: Afrikaans leef – nie net in Pretoria of Paternoster nie, maar selfs in Milwaukee. www.afrikaans.us · www.jacquesduplessis.com · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 40 min
  • Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?
    In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae.

    Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat oor patriotisme, politieke stemme en of vryheid van spraak ooit werklik bestaan het, of net ’n mooi storie was vir die handboek.

    Intussen raak die strate in die VK ook warm met 'n optog. Onwettige immigrasie druk gemeenskappe op hul breekpunte, en die vlam van patriotisme steek oral hoër. Dis nie meer net lawaai nie – dis generasies wat mekaar in die oë kyk en sê: “Hier trek ek my streep.”

    En kyk jy suid, dan sien jy dit ook hier. Suid-Afrikaanse jongmense wat nie meer stilbly nie. Gen Z’s wat begin stem, baklei en hul eie spasie in die politiek opeis. Is hulle die hoop wat ons soek, of net nog ’n golf wat met lawaai gaan breek sonder om iets te bou?

    En natuurlik die ANC – ’n party wat al hoe meer soos ’n stokou sitcom voel: jy weet die volgende episode gaan dieselfde wees, maar tog kyk jy weer, want dalk… dalk is daar ’n plot twist.

    Colene deel haar luukse wenk van die week oor oggendroetines en hoekom jou derms dalk die eintlike baas van jou brein is.

    Dis politiek, patriotisme en ’n bietjie probiotika. Net nog ’n dag in die KLETS-kantoor. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    59 min
  • Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn
    In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en warmte.

    Suzaan het pas haar eie potgooi bekend gestel genaamd "Met Almal. Oor Alles." en van Vrydag af kan jy dit ook luister op Afrikaans.Radio. Ons KLETS met haar oor die ontstaan van die projek, die temas en mense waarmee sy gesels, en hoekom daar vandag meer as ooit ’n behoefte is vir eerlike, insiggewende gesprekke.

    Suzaan deel met ons haar kleurryke loopbaan in radio en TV en die lesse wat sy oor dekades van uitsaai geleer het.

    En as jy gedink het dis net mikrofone en kameras, dink weer. Suzaan vertel ook van haar beste finansiële raad, wat sy op die RSG program Rand en Sent geleer het wat steeds goud werd is vir enigeen wat probeer sin maak van geld. Sy deel ook haar top gesondheidswenk, en jy sal dit wil hoor, want in haar 60’s lyk sy nie net ongelooflik nie, sy straal.

    Colene deel met ons haar wenk van die week vir 'n ekstra bederf om jou dag of week net ’n bietjie meer luuks te maak.

    Dis ’n episode wat tussen herinnering en vernuwing, tussen raad en lag, tussen luuks en leefbaar. ’n Gesprek met een van die groot stemme van ons tyd, en ’n kans om te hoor hoe sy steeds inspireer, leer en ons vermaak. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr 11 min
  • Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal
    Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos min ander kon.

    Maar die lewe staan nie stil nie. By die Silwerskermfees wen Hannon en die Tannies juig. Maar die einste vasgespykerde aanhangers besluit om die gay boer van Boer Soek ’n Vrou aan te vat op socials.

    Curro word deur die Mouton Trust oorgeneem. ’n Paar miljarde verander van hande, en ons wonder of dit die toekoms van leer red, of net nog ’n mooi belegging is.

    Militêre oefeninge is weer op die agenda. Groot woorde, groot speelgoed, maar die impak vir Suid-Afrika se gewone burger is iets anders.

    Greta Thunberg klim weer op ’n boot, vol nuwe planne en vars vaart. Sy probeer die planeet red; ons probeer net deur die week kom. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
    1 hr