KLETS

Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate


Listen Later

In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!"

Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste ekonomiese stad oor ’n naweek toe te sluit nie.

Maar was dit werklik so suksesvol… of was dit net suksesvol omdat Trump nié daar was nie? Die VSA het die Suid-Afrikaanse G20 openlik geboikot, en op die elfde uur probeer om tog ’n afgewaterde afvaardiging te stuur, ’n versoek wat Suid-Afrika afgekeur het.

Intussen het die wêreldleiers sonder Amerika voortgegaan en die G20-verklaring onderteken, terwyl Trump duidelik gemaak het die VSA sal dit glad nie ondersteun nie. So wat beteken dit vir Suid-Afrika, en die ander G20-lande, vir my en jou, en die wêreld… en natuurlik vir Trump se ego?

Met die wêreld se oë op Suid-Afrika het Suid-Afrikaanse vroue regoor die land die Vrydag voor die G20 “opgestaan” teen geslagsgebaseerde geweld deur te gaan “lê.” GBV is een van die land se ergste en mees volgehoue krisisse, en Cyril het geen ander uitweg gehad as om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tot ’n nasionale ramp te verklaar nie. Maar was “gaan lê” die regte simboliek?

En omdat Suid-Afrika nooit net een of twee dramas of "commissions of enquiry" op ’n slag het nie, kyk ons na nog ’n effens vetter storie, letterlik. Die DA-moddergeveg tussen John Steenhuisen en Deon Gorge is in volle swang, en Matthys se vraag oor John se gewig word uiteindelik beantwoord. Spoiler: hy het nie gewig verloor nie… maar sy DA-kredietkaart se Uber Eats-aankope verduidelik baie.

Dis Black Friday. Met die kenmerkende “afslag” prysstrategieë wat nie heeltemal afslag is nie, en selfoonkontrakte wat soos ’n wiskunde-eksamen saamgestel is, word jy gelos om te wonder of die doel is om jou te verbind… of te verarm.

Gelukkig het ons darem iets om oor ’n glasie te klink: die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat glansryk internasionaal presteer. Twee Suid-Afrikaanse wynplase is onder die top 10 in die wêreld erken, en vier ander in die top 100.

En dan iets nuuts vir die kultuur- en joernalistieke landskap: ’n splinternuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, wat op 6 Maart 2026 sy verskyning maak, word aangekondig – ’n historiese nuwe asem in ’n ouderwetse gedrukte mediavorm. Baie vensters gaan na 7 Maart 2026 weer skoon wees in Suid-Afrika.

Dit is wêreldpolitiek sonder Amerika, plaaslike politiek met te veel kalorieë, pryse wat nie sin maak nie, pynlike realiteite en ’n wynbedryf wat almal se waardigheid red.

Dis politiek, pryse, pyn en Papier.
Dis Suid-Afrika.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

KLETSBy Afrikaans.Radio

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

3 ratings


More shows like KLETS

View all
Friday Night Comedy from BBC Radio 4 by BBC Radio 4

Friday Night Comedy from BBC Radio 4

2,103 Listeners

Focus on the Family Equipping Parents Podcast by Focus on the Family

Focus on the Family Equipping Parents Podcast

1,077 Listeners

The Money Show by Radio 702

The Money Show

34 Listeners

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett by DOAC

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett

8,469 Listeners

TRIGGERnometry by TRIGGERnometry

TRIGGERnometry

2,126 Listeners

The Gareth Cliff Show by The Real Network

The Gareth Cliff Show

70 Listeners

BizNews Radio by BizNews

BizNews Radio

18 Listeners

The Mel Robbins Podcast by Mel Robbins

The Mel Robbins Podcast

19,800 Listeners

Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

5 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

'n Ma & 'n Mikrofoon by Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon

2 Listeners

My Neus in jou Besigheid by Afrikaans.Radio

My Neus in jou Besigheid

0 Listeners

Nagsê Here by Afrikaans.Radio

Nagsê Here

0 Listeners

Siel by Afrikaans.Radio

Siel

2 Listeners

Net nog enetjie by Maroela Media

Net nog enetjie

0 Listeners

The Relocated South African by Jan Hugo

The Relocated South African

0 Listeners

Môre onder die Soeklig by Afrikaans.Radio

Môre onder die Soeklig

0 Listeners