Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons... more
FAQs about Klipkouers:How many episodes does Klipkouers have?The podcast currently has 333 episodes available.
September 19, 2018Episode 91: Gideon GallowayGideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou se storie inspireer. Webwerf...more1h 35minPlay
September 12, 2018Episode 90: Marinus Du PlooyMufasa Biltong het ‘n leeu-moed sweep slag. Dit is ‘n biltong groep in Perth. Met 6 winkels en ‘n fabriek het hierdie familie besigheid vernuf getoon in ‘n vreemde land. Marinus Du Plooy is saam met sy pa en die res van die familie in Perth, en deel met ons hul entrepreneur storie wat in 2009 begin het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 20minPlay
September 05, 2018Episode 89: Jak De PriesterJak De Priester, liedjieskrywer - entrepreneur - digter-blogger - televisiepersoonlikheid - sanger te veel koppeltekens. Saam met hierdie ou wil jy die lewe doen. Ons gesels oor die besigheid van vermaaklikheidskunstenaar en hoe so 'n tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 13minPlay
August 29, 2018Episode 88: Adrie SmitAdrie het ‘n passie om klein en medium besighede in te lig rondom arbeidsake. Sy het ‘n handleiding hieroor geskryf saam met Quintin Davies, met die titel Understanding SA Labour Law, en lig besighede landwyd in. Met 22 jaar se nasionale en internasionale ondervinding rondom arbeidsake kom vertel sy Klipkouers die moets en moenies oor Arbeidswetgewing, want soos sy “Dit is nie ‘n kwessie van of jy ‘n arbeids geskil op jou tafel gaan hê nie, dit is wanneer”. Kom luister verder hoe ons hieroor gesels. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 4minPlay
August 22, 2018Episode 87: Rianette LeibowitzSaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou op die Internet en sosiale netwerke. Rianette Leibowitz is ’n geakkrediteerde kommunikasie spesialis en kuberveiligheid aktivis wat daarop fokus om bewusmaking te skep en om lewens te red. Sy gebruik haar passie vir verhoudings om maatskappye en groepe te help om digitale spasie verantwoordelik te bestuur. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 11minPlay
August 15, 2018Episode 86: Chrisna van RensburgChrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land in privaat besit. Sy roem haar op goeie dienslewering en uit haar 15 000 boeke kan jy boeke vind wat ons nie meer vandag in gewone handel kry nie. Haar liefde vir kinderliteratuur, en kunstenaars maak hierdie vrou 'n lopende ensiklopedie en haar storie is bindend. Kom luister hoe hierdie entrepreneur uit 'n stokperdjie 'n winsgewende bedryf kom maak het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 7minPlay
August 08, 2018Episode 85: Mia KrugerSy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as mentor in die CFA internasionale intervarsity kompetisie gedien. As professionêle beleggers bestuur hulle die bates van drie en ‘n half miljard rand. Kom luister hul storie van internasionale afdrukke. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 2minPlay
August 01, 2018Episode 84: Chimae GoncalvesChimae het haar besigheid, Supply Chain Partner, binne drie jaar opgebou tot ‘n internasionale besigheid met kantore in Kanada en Ilse of Man. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 14minPlay
July 25, 2018Episode 83: Jacques BassonHierdie week gaan ek die geleentheid gebruik om jou te vertel waarmee ek besig is, die finansiële deurbrake vir Klipkouers as potgooi, my tweede potgooi wat ek binnekort gaan loods (genaamd BOS) en twee haai stories! Lekker luister en onthou: Aanhouer Wen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more27minPlay
July 18, 2018Episode 82: Nelius DannhauserNelius is 'n handelsvlieënier wat Boeings vir Comair vlieg, maar sy dag tot dag funksie het verander. Hulle vlieëniers opleidings skool het besef dat hulle opleiding, veral om stresvolle en lewensgevaarlike situasies te hanteer , ook geleer en toegepas kan word in die korporatiewe wêreld. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...more1h 3minPlay
FAQs about Klipkouers:How many episodes does Klipkouers have?The podcast currently has 333 episodes available.