Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Episode 114: Cornelia van Niekerk
    Oud-onderwyseres, Cornelia van Niekerk, is die stigter van FINES4U. Vir die afgelope dertien jaar hanteer hulle verkeersboetes names individue en besighede wat van die grootste motorhandelaars insluit. Hulle het beslis my lewe ‘n bietjie minder kompleks gemaak!
    24 min
  • Episode 113: Omri Van Zyl
    Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man se broek nie. Webwerf
    25 min
  • Episode 112: ‘n Paar gedagtes van Jacques Basson
    Ek was bietjie “baie” stil die afgelope paar weke en wou net vinnig inloer en jou vertel waarmee ek besig bv.

    – hoe ek geld maak;

    – ‘n nuwe besigheid genaamd CommWealth;

    – ‘n Landbou Potgooi wat in wording is;

    – ‘n nuwe potgooi onderhoud struktuur en produksie proses;

    – help Hannon produkte aanlyn verkoop en;

    – ‘n paar Japanese wyshede vir ‘n ekstra huppel in jou knuppel! Webwerf
    17 min
  • Episode 111: Martin Schoeman
    Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die ‘Wildteler van die Jaar 2018’ titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie voer, vir die wild wat hulle self teël. Jag hulle wild en verwerk die vleis in hulle eie slaghuis. Webwerf
    1 hr 4 min
  • Episode 110: Dawie Swart
    Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd met kantore in Suid-Afrika en North Carolina. Hulle belê in eiendomme, hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer. Webwerf
    57 min
  • Episode 109: Morné Smit
    Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n Londen gebaseerde besigheid en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees. Webwerf
    56 min
  • Episode 108: Jannie Putter
    Jannie Putter is 'n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as 'n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die outeur van ses boeke. Webwerf
    42 min
  • Episode 107: Ben Liebenberg
    Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is trots om anders te wees en gemotiveerd om op ‘n konstante basis die standaarde te lig - vir hulself sowel as die industrie. Webwerf
    56 min
  • Episode 106: Louis Albertyn & Abie Kohn
    Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na 'n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker is. Webwerf
    1 hr 3 min
  • Episode 105: Dr Cobus Oosthuizen
    Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr. Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op die besigheids- en korporatiewe sektore fokus en ‘n gróót, positiewe verskil maak! Webwerf
    1 hr 9 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…