Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Episode 123: Meksikaanse Bier Gogga
    Wat 'n mal tyd! Hierdie Meksikaanse Bier Gogga is besig om groot amok te maak. Ek dink die wêreld het laas met 9/11 so baie ontwrigting en onsekerheid ervaar. Maar, chaos skep geleenthede. Moet net nie perspektief verloor nie en meer belangrik: Leer, Reflekteer en Implementeer Webwerf
    15 min
  • Episode 122: Isak Marais
    Ontmoet Isak Marais, ‘n entrepeneur met ‘n passie vir innovasie en bemagtiging. Marais het twee dekades gelede die groot sprong gewaag om sy eie besigheid op die been te bring. Dit het aanvanklik ‘klippe kou’ gekos, maar vandag sit hy aan die stuur van die toonaangewende Bramhope Groep.

    Bramhope spesialiseer in die lewering van MRO (Maintenance, Repair, Operations) bestuursdienste en sagteware, en is ook invoerders en verspreiders van meer as 150,000 industriële produkte.

    Die meet en voorspel van verbruikersgedrag is vir Marais van belang, asook die vermoë om waarde toe te voeg. Waardetoevoeging vereis ‘n omvattende paradigmaskuif van tradisionele baksteen-en-sement ondernemings na digitaal-gebaseerde platformbesighede, asook hope buigsaamheid.

    Marais is ‘n strateeg en visioenêre sakeleier wat kreatiwiteit in elke aspek van besigheidsgroei toepas. Soos sy bekroonde Bramhope International School of Innovation (BISI) geloods, wat studente produktief in die maatskappy oplei.

    Bramhope Outdoor & Leisure het onlangs ook die invoer- en verspreidingsregte bekom vir National Geographic se eksklusiewe reeks van produkte.

    Hoewel hierdie wêreldberoemde handelsmerk op toerisme gemik is, is die plaaslike reeks ‘n prys-sensitiewe reeks, waarvan die inkomste teruggeploeg word in natuurbewaring.

    Altyd daardie waardetoevoeging. Webwerf
    38 min
  • Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson
    En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe! Webwerf
    14 min
  • Episode 121: Jacques Taylor
    Jacques Taylor is die besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se welvarende landboumark tot, uiteindelik, die bestuurstoel van John Deere in Boksburg. Webwerf
    42 min
  • Episode 120: Alishia van Deventer
    Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy. Webwerf
    41 min
  • Episode 119: Henk Pretorius
    Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek. Webwerf
    30 min
  • Episode 118: Hennie Ferreira
    Osidon is die wêreld se eerste digitale Rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die toekoms van boekhouding. Webwerf
    30 min
  • Episode 117: Annette Muller
    Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie. Webwerf
    29 min
  • Episode 116: Hannon Bothma
    Hannon Bothma en Julius Swart is die mede-stigters van die baie suksesvolle HANNON-handelsmerk. Hannon is veral 'n bekende gesig op die televisie program Glam Guru. Hulle storie is inspirerend en weereens 'n herinnering dat passie en harde werk gevolg word deur sukses! Webwerf
    27 min
  • Episode 115: Pepe Marais
    Pepe Marais, is die mede-stigter van Joe Public United, een van die grootste advertensie agentskappe in SA met 'n jaarlikse omset van R700 miljoen. Nadat die besigheid bankrot gespeel het in 2009 (omdat Pepe 'n waardegedrewe besluit geneem het), het hulle die besigheid honderdvoudig begin groei deur ‘n duidelike "purpose" te hê of wat hy noem “een woord” en nie deur winste na te jaag nie. Webwerf
    28 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…