Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Episode 129: Corbèr Viljoen
    Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors.

    Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop.

    En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep.

    Sy onderneming, Wat Swaai Jy, in Menlyn, spesialiseer in die koop en verkoop van klassieke motors, en hulle is ook spesialiste op die gebied van restourasie. Volgens Corbèr is sy kliënte meestal entoesiaste wat sy passie vir karre deel.

    Gaan kyk gerus ook na Corbèr se vrou, Nadia, se Instagram blad wat meer op die skoner geslag van klassieke motor entoesiaste gemik is: https://www.instagram.com/classiccargirl/ Webwerf
    1 hr 6 min
  • Episode 128: Kallie Carlsen
    The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is.

    Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings.

    Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika. Webwerf
    1 hr 22 min
  • Mini-reeks Eps 5: Samesmeltings en Oornames
    Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit.

    Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word.

    Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer. Webwerf
    22 min
  • Episode 127: Theo Prinsloo
    Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van GuanoBoost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien.

    GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo.

    GuanoBoost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is. Webwerf
    57 min
  • Mini-reeks Eps 4: Afleggings en onderhandelingsprosedure
    Die COVID-19-pandemie het die arbeidsmark op sy kop gekeer, met die wankelrige ekonomie wat oral noodgedwonge afleggings tot gevolg het.

    Edward Coleman van Stratlaw regsadviseurs is ‘n kenner op die gebied van die arbeidswet, en bespreek ‘n aantal noodsaaklike aspekte rondom afleggings en die onderhandelingsprosedure wat gevolg behoort te word.

    Edward benadruk onder andere dat afleggings ‘n absolute laaste uitweg behoort te wees, en bespreek voorts die moontlike alternatiewe tot afleggings wat eers oorweeg moet word, asook die kriteria vir afleggings en voorskrifte t.o.v. afleggingspakkette. Webwerf
    20 min
  • Episode 126: Leonie Marques
    Met ‘n agtergrond in boekhou, het Leonie Marques aanvanklik by die Ontvanger van Inkomste gewerk, en ook sowat 40 maatskappye se boeke van die huis af behartig.

    Daarna het sy ‘n ander koers ingeslaan deur ‘n tuindiens-besigheid te koop, wat sy van 100 na 300 tuine per maand uitgebrei het.

    Haar seun se huiswerklading, tesame met sy sport, het haar genoodsaak om te begin help met opsommings, sodanig dat sy vir maats ook begin opsommings maak het. So het Studiemeester™, 'n innoverende leerlingondersteuningsplatform wat ouers die geleentheid bied om hul kinders se leerwerklading te verlig sonder om hul akademiese groei te stuit, die lig gesien. Webwerf
    36 min
  • Mini-reeks Eps 3: Nakoming van Vlak 3 Covid-19 regulasies in die werksplek
    Ek gesels met Sasha-Leigh Burggraaf van Stratlaw oor:

    - Wie mag of mag nie terugkeur werk toe nie.

    - Watter stappe moet geneem word deur werkgewers ten einde die werksplek voor te berei.

    - Wat moet die Moniteeringsbeampte doen.

    - Wat moet alles bevat word in die infaseerings plan vir werknemers.

    - Waar vind ondernemings uit hoe hulle beheermaatreels moet implementeer.

    - Watter stappe moet geneem word voor die nodige beheermatreels geimplementeer word.

    - Watter beheermaatreels kan geimplementeer word (4 kategorieë).

    - Hoe moet ondernemings die nodige beheermaatreels implementeer (groot en klein ondernemenings). Webwerf
    21 min
  • Episode 125: Sarel du Plessis
    Sarel du Plessis kan met reg beskryf word as ‘n ghoeroe van die Suid-Afrikaanse media- en bemarkingsbedryf.

    Met 32 jaar ervaring in die advertensiewese, bemarkingsaangeleenthede en die drukkers- en uitgewersbedryf, weet hierdie 64-jarige boorling van Edenvale so ‘ietsie’ van die media-industrie, en dra hy ook eerstehandse kennis van krisistye in die geskiedenis, soortgelyk aan die huidige COVID-19 pandemie, en hoe die mensdom weer anderkant uitgekom het.

    Sarel was onder andere besigheidsbestuurder van Business Day en verkope- en bemarkingsdirekteur van Times Newspapers. In die Media24-stal het hy die poste as onderskeidelik uitgewer en hoof-uitvoerende beampte van sowel die Sondagkoerant-afdeling, RCP Media, as News Media North, die uitgewers van Rapport, Beeld en Volksblad, beklee.

    Sarel was ook die stigter van Ads24 en algemene bestuurder van Groot FM (‘Die Groot Ontbyt), terwyl Rapport se uiters gewilde ‘Ons Sing Jou Taal’-reeks van CD’s sy breinkind was.

    Deesdae bedryf Sarel sy eie konsultantbesigheid, Lekker Media. Webwerf
    1 hr 31 min
  • Episode 124: Mike Bolhuis
    Misdaad is buite beheer.

    En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute...

    Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg.

    Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug.

    Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’.

    Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad.

    Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly.

    Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"! Webwerf
    1 hr 20 min
  • Mini-reeks Eps 2 : UIF: COVID-19 -bystandsfonds
    UIF: COVID-19 -bystandsfonds aansoeke kan slegs gedoen word gedurende die "lockdown" periode. Ek gesels met Arno Jansen Van Vuuren van Stratlaw (https://stratlaw.co.za) oor:

    1. Wie aansoek kan doen;

    2. Waarvoor jy aansoek kan doen en;

    3. Hoe jy aansoek kan doen Webwerf
    13 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…