Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Episode 148: Deon Meyer
    Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte.

    Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is.

    Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai.

    In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, afkeuring en mislukking wat daarmee gepaardgaan, te verwerk.

    Nie eens vlymskerp kritiek, soos ‘Hierdie ou sal nooit kan skryf nie’, kon hom egter van stryk bring nie, en na sy deurbraak met die TV-reeks, Orion, in 1998, het Deon Meyer nooit weer teruggekyk nie. Webwerf
    1 hr 17 min
  • Episode 147: Dr. Abraham Brink
    Hierdie is 'n fassinerende onderhoud oor oa SASOL en Suid-Afrika se chemikalieë industrie geskiedenis.

    Dr. Abraham Brink was vir dekades ’n toonaangewende rolspeler in die vervaardigingsbedryf. Daarvan getuig die feit dat hy in 2014 verkies was tot president van die International Institute of Synthetic Rubber Producers in Houston.

    Brink het in 1977 by die Karbochem-afdeling van Sentrachem aangesluit as hoof van navorsing en ontwikkeling, en meer as 30 jaar later sou hy as direkteur van Karbochem ’n sleutelrol speel in die bestuursuitkoop van Dow SA in 2003.

    Brink glo dat daar vir elke probleem, ongeag hóé groot, altyd ’n oplossing is, maar hy is ook van mening dat Suid-Afrika tans nie oor die spesifieke nisvaardighede beskik om groot projekte te hanteer nie… Webwerf
    1 hr 22 min
  • Episode 146: Heinrich Strydom
    Heinrich Strydom se aanvanklike droom om vir die Proteas krieket te speel, het mettertyd omgeswaai na ‘n ambisie om een van die top administrateurs in SA sport te word.

    As die jongste hoof-uitvoerende beampte van ’n plaaslike krieketfranchise, toe hy vyf jaar gelede op 34-jarige ouderdom aangestel was as baas van die Dolphins, is Heinrich besig om homself uitmuntend van sy taak te kwyt. Sy kontrak is onlangs met ’n verdere vyf jaar verleng.

    As ’n gebore en getoë Potchefstromer, is hy ’n alumnus van die NWU Besigheidskool - wat hy meen hom toegerus het met die visie en strategiese bestuursvernuf wat nodig is in die genadelose wêreld van professionele sport. Webwerf
    1 hr 18 min
  • Episode 145: Heinrich Becker
    Die wyse waarop myne funksioneer is besig om radikaal te transformeer.

    Digitale oplossings help om ’n mynbou-omgewing te skep wat veilig en volhoubaar is, met ’n geïntegreerde werksmag wat stimulerende take verrig.

    Heinrich Becker is die Uitvoerende Direkteur en mede-stigter van Krypton Mining, ’n innoverende maatskappy wat spesialiseer daarin om wêreldklas digitale mynbou-oplossings aan die Afrika-mark bekend te stel.

    Heinrich beskik oor uitgebreide ervaring in terme van besigheidsontwikkeling, en spesifiek die definiëring en implementering van besigheidsbevordering en optimiseringsinisiatiewe.

    Volgens hom is behoefte-analise egter ‘n deurslaggewende stap wat geneem moet word alvorens ’n maatskappy op ’n tegnologiese oplossing besluit. Webwerf
    1 hr 9 min
  • Episode 144: Dr Jacques Faul
    Jacques Faul benodig geen bekendstelling as suksesvolle hoof-uitvoerende beampte van die Titans nie.

    As iemand met ’n passie vir die bestuur van belangegroepverhoudings, is Jacques ook ’n akademikus van formaat, met ’n doktorsgraad in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en is hy onlangs aangestel as medeprofessor by die NWU Besigheidskool.Hy glo dat die besigheidskant van sport beslis kan baat by akademiese insette van ’n instansie soos die Besigheidskool.

    Verder praat Jacques padlangs oor sy opspraakwekkende wedervaringe as waarnemende HUB van Krieket SA ’n paar jaar gelede, en lug hy die mening dat dit ideaal sou wees om sport en politiek heeltemal te kon skei. Maar is dit haalbaar? Webwerf
    1 hr 4 min
  • Episode 143: Dr Cobus Oosthuizen
    Die mens is nie veronderstel om ’n gevangene van ’n voorafbepaalde stel keuses te wees nie, aangesien die toekoms ’n magdom van uitkomste bied. Aldus Dr Cobus Oosthuizen, dekaan van die Milpark Business School in Johannesburg.

    Cobus is ’n deskundige op die gebied van leierskap, entrepreneurskap en strategie. Die voltooiing van sy MBA aan die NWU Besigheidskool het Cobus se horisonne dramaties verbreed, en die droom om ’n besigheidskool te lei, en ’n agent van positiewe verandering te word, laat posvat.

    Hy glo dat die leermeester self meer leer wanneer hy ander leer, en dat jy bloot ’n ontdekkingsreis fasiliteer wat ook jou eie intellek strek. Webwerf
    1 hr 12 min
  • Episode 142: Melanie van Rooy
    Bemarking is nie bloot ‘n integrale deel van besigheidsukses nie.

    Dit is die besigheid. Melanie van Rooy staan aan die hoof van bemarking by Clicks, en was vroeër in dieselfde hoedanigheid betrokke by sowel Makro SA as Dis-Chem.

    Met ‘n doktorsgraad in ekonometrie, het sy ‘n passie vir bemarkingsanalise ten einde verbruikersgedrag beter te verstaan en bemarkingstrategieë te verbeter.

    En, Melanie, wat ‘n paar jaar gelede by die dood omgedraai het vanweë ‘n gewas in haar kolon, beskou haar besluit om ‘n MBA te voltooi aan die NWU Besigheidskool, as die insiggewendste hupstoot vir haar loopbaan in die korporatiewe wêreld... Webwerf
    1 hr 5 min
  • Episode 141: De Wet Bisschoff
    Dis belangriker as ooit dat besighede hul denkwyses wysig om aan te pas by die nuwe normaal. Dit beteken dat die wonderlike wêreld van tegnologie optimaal benut moet word. Met ‘n kwarteeu se ervaring juis in die lewering van tegnologie oor ‘n verskeidenheid van industrieë, het De Wet Bisschoff homself onderskei as ‘n sakeleier van formaat in Afrika.

    Met ‘n MBA verwerf aan die NWU se Besigheidskool, is De Wet die direkteur van Accenture se Afrika-operasies, en hy gesels onder andere oor die ongelooflike besigheidsgeleenthede wat voorheen onontginde lande soos Rwanda en Zambië bied. Webwerf
    1 hr 8 min
  • Episode 140: Pieter Geldenhuys
    Pieter Geldenhuys is ‘n bekroonde akademikus en geleentheidspreker met ‘n uitgebreide kennis van innovasie, toekomstige tendense en tegnologiese ontwikkeling.

    Sy gewildheid as spreker spruit uit sy vermoë om die verlede en hede te kombineer, ten einde ons in te lig oor die toekoms. Pieter is ‘n internasionaal befaamde futuris, en stigter en direkteur van die Institute for Technology Strategy and Innovation - ‘n organisasie wat top maatskappye help om hul innoverende potensiaal te ontgin.

    Pieter het ‘n MBA verwerf aan die NWU Besigheidskool, en dien tans ook as dosent in Tegnologie Strategie aan die Besigheidskool. Webwerf
    1 hr 20 min
  • Episode 139: Dewald Olivier
    Dewald Olivier is sedert 2018 die hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker.

    Dewald het ‘n MBA met lof verwerf aan die NWU Besigheidskool, wat hy as ‘n bepalende ervaring beskryf, en dien ook as voorsitter van sowel die MBA Alumni-vereniging as die Adviesraad van die Besigheidskool.

    As iemand met jarelange ervaring in die landbou-industrie, spog Dewald met ‘n bewese baanrekord in die omskakeling van besigheidsdoelwitte in strategieë en taktieke. Webwerf
    1 hr 24 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…