Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Episode 138: Quentin van den Heever
    Die Synthetic Latex Company (SLC) is ‘n sleutelspeler in die SA chemiese industrie. Besturende direkteur en mede-eienaar, Quentin van den Heever, vertel van SLC se oorsprong as ‘n gesamentlike onderneming met Rivertex SA in 1967, en hoe hulle hulself 50 jaar later as ‘n onafhanklike maatskappy kon posisioneer.

    SLC spesialiseer in die vervaardiging van lateks polimere vir die verf-, konstruksie-, papier & bord- en mat & tekstiel-industrie, en het uitgebrei na chemiese verspreiding, geïntegreerde pakhuise, industriële skoonmaakdienste, tolvervaardiging, grootmaat stoor en stofonderdrukking.

    Hulle beskik ook oor ‘n samewerkingsruimte, naamlik WorkZone@SLC, terwyl die Shared Services Company (SSC) ‘n opwindende inisiatief is wat korporatiewe dienste bied aan entrepreneurs. Webwerf
    58 min
  • Episode 137: Cobus van der Merwe
    Volgens Cobus van der Merwe, stigter van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening.

    Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n direkte skakel skep tussen boere en kopers van hul gewasse, en dus sowel bewuswording as tydsberekening aanspreek.

    Verder werp Cobus ook meer lig op die kontroversiële onderwerp van vervoerdifferensiaal, ‘n tameletjie waarmee SA Landbou reeds vir die afgelope 25 jaar worstel.

    Besoek hulle webwerf: https://skudu.co.za/ Webwerf
    1 hr 18 min
  • Episode 136: Koos Janse van Rensburg
    Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri.

    Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat toe, toe hy as Besturende Direkteur van VKB in Reitz aangestel is.

    Koos praat padlangs oor die 150-jarige geskiedenis van koöperatiewe landboubesighede, soos VKB, in Suid-Afrika, en hy wil graag sien dat VKB as maatskappy homself as die onbetwiste leier in plaaslike landboubesigheid vestig. Webwerf
    59 min
  • Episode 135: Gerda van Schalkwyk
    Gerda van Schalkwyk, sjarmante eienares van die Isigidi Group, het oor die jare voortdurend nuwe vaardighede aangeleer. Dit het haar in staat gestel om gereeld te diversifiseer - soos dit ‘n ware entrepreneur betaam.

    Nadat sy aanvanklik as ‘n skoonheidsdeskundige opgelei was en uiteindelik haar eie salon vanuit die huis bedryf het, het Gerda deur Damelin verder as ‘n funksie koördineerder gekwalifiseer, en daaruit het Isigidi voortgespruit.

    Isigidi koördineer funksies groot en klein, maar verkoop ook eksklusiewe damesuitrustings, wat Gerda aanvanklik van Bangkok ingebring het maar nou self ontwerp. Energie, geesdrif en oorspronklikheid is inderdaad die sleutel tot hierdie dinamiese dame se sukses. Webwerf
    1 hr 25 min
  • Episode 134: Prof. De Wet Swanepoel
    De Wet Swanepoel het homself nie alleen die afgelope paar dekades onderskei as ‘n vooraanstaande kundige op die gebied van oudiologie nie, maar sy ondernemingsinstinkte het een van die wêreld se suksesvolste digitale gehoor-gesondheidsondernemings tot gevolg gehad.

    De Wet, ‘n Professor in oudiologie aan Tuks, is die stigter en wetenskaplike adviseur van die hearX-groep, ‘n gehoor-gesondheidsfirma wat bekostigbare toegang tot gehoorversorging bied deur die aanwending van slim digitale gesondheidsoplossings wat enigiemand, op enige plek, kan gebruik.

    Volgens De Wet, het hearX in 2015 ontstaan as ‘n sosiale onderneming, en onlangs ‘n allemintige US$8.3 miljoen Reeks-A fondsinsameling voltooi. Webwerf
    1 hr 28 min
  • Episode 133: Johan Badenhorst
    Suid-Afrikaners is die afgelope dekade reeds vertroud met en versot op Voetspore, die reeks van reisdokumentêre programme op SABC 2.

    Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige sitkamers regoor die land, vanweë die epiese togte wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder - selfs so ver as Indië.

    Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat

    daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria.

    Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het... Webwerf
    1 hr 26 min
  • Episode 132: Roland van der Walt
    Om entrepreneurskap, tegnologie en bemarking byeen te bring is Roland van der Walt se kos. Hy is passievol daaroor om voortdurend nuwe oplossings te vind vir die wêreld se immer-ontwikkelende vraagstukke.

    Met meer as twee dekades se ervaring in bemarking en verkope, waarvan ‘n hele paar jaar oorsee, dien en bestuur Roland verskeie maatskappye op direksie-vlak, insluitende Rateweb, GoRugged en RaakRof, en, natuurlik, die moedermaatskappy Instacom, wat fokus op Push-to-Talk tegnologie.

    Roland van der Walt is inderdaad ‘n reeks-entrepreneur, met ‘n oneindige stroom van nuwe idees en die bemarkingsvernuf om daardie idees te verkoop. Webwerf
    54 min
  • Episode 131: Neels Grieshaber
    Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid.

    Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings.

    ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’... Webwerf
    1 hr 20 min
  • Klipkouers - ‘n Kersfees 2020 boodskap deur Jacques Basson
    En daar is "Covid 2020" op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2021 toe! Webwerf
    20 min
  • Episode 130: Morné Basson
    Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa.

    Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska!

    Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike fisiese uithouvermoë nie, sy geestelike deursettingsvermoë is onlangs ook deeglik op die proef gestel met die skielike heengaan van die groot liefde in sy lewe.

    Hier is sy hartroerende en inspirerende verhaal. Webwerf
    1 hr 24 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…