Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Klipkouers SON | W2E2 | Digitale Bemarking
    Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie.

    Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit.

    Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225

    Luister die potgooi op:

    Spotify:

    https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6

    Apple Podcasts:

    https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065

    Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf
    34 min
  • Klipkouers SON | W2E1 | Volle Onderhoud
    In hierdie aflewering van Klipkouers SON, val die soeklig op kliëntediens en skuld.

    Hoewel daar ’n verskeidenheid van digitale kanale is om na kliënte uit te reik, is die paneel dit eens dat dit wat jy bied, jou kliënte se behoeftes aanspreek.

    Skuldinvordering bly ’n netelige aangeleentheid, en, volgens Marais, is die groot probleem dat mense ‘overcommit’ en daarom oorbestee.

    In aansluiting hierby, bespreek Ernes ’n aantal strategiese stappe om skuld te delg.

    Luister na die episode hier:

    Spotify:

    https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6

    Apple Podcasts:

    https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065

    Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf
    1 hr 55 min
  • Klipkouers SON | W1E4 | Finansies
    Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie.

    Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit.

    Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225

    Luister die potgooi op:

    Spotify:

    https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6

    Apple Podcasts:

    https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065

    Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf
    28 min
  • Klipkouers SON | W1E3 | Regspraak

    23 min
  • Klipkouers SON | W1E2 | Digitale Bemarking

    31 min
  • Klipkouers SON | W1E1 | Volle Onderhoud
    In die eerste aflewering van Klipkouers SON (Sake-Ondersteuningsnetwerk) bespreek die paneel potgooie as bemarkingsinstrument; die impak van en koste verbonde aan sekere regsbeginsels; en finansiële beplanning en oplossings vir boere en Afrikaanssprekende sakelui.

    Die gemene deler in aldrie hierdie gesprekke is die belangrikheid van waardetoevoeging…

    Luister na die episode hier:

    Spotify:

    https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6

    Apple Podcasts:

    https://podcasts.apple.com/za/podcast/klipkouers/id1076156065

    Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com Webwerf
    1 hr 32 min
  • Episode 152: Charles Back
    Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra.

    Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel.

    Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf.

    As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan… Webwerf
    57 min
  • Episode 151: Ben Groot
    Ben Groot is ’n prokureur wat spesialiseer in handelsreg.

    Hy is egter van skooldae ook reeds passievol oor entrepreneurskap en besigheidsbestuur, en het, benewens sy eie, florerende regspraktyk, wat selfs na Namibië uitgebrei het, ook Lexa, ’n innoverende toep wat oop kommunikasie en tydige terugvoer tussen regsfirmas en hul kliënte bevorder, van stapel gestuur.

    Dit was ’n uitvloeisel van sy MBA-studies aan die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool, maar verál ook omrede kliëntverhoudings vir Groot, as prokureur, voorop staan.

    In sy vrye tyd leer hy besigheidsbeginsels vir sy kinders deur Springwêreld, ’n klein tuisonderneming wat springkastele uitverhuur. Webwerf
    1 hr 10 min
  • Episode 150: Victor Adendorff
    Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar.

    As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings.

    Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe.

    Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besigheid, en vernaam in landbou. Boerdery is huidiglik waarskynlik die moeilikste bedryf in Suid-Afrika, maar, soos die gesegde lui, ‘’n Boer maak ’n plan…’

    Juis daarom het Scisan ook vorendag gekom met Sani-99™ for AGRI, ’n uiters effektiewe landboukundige ontsmettingsmiddel. Webwerf
    1 hr 38 min
  • Episode 149: Pieter Groenewald
    Van Prieska tot Nfinity.

    Dit, in kort, is die Pieter Groenewald-storie.

    As kind het Groenewald se pa, wat ’n aantal besighede op Prieska besit en as die ‘Afrikaanse Jood’ op die dorp bekendgestaan het, ’n blywende indruk gelaat.

    Bykans ’n kwarteeu later, sou ’n oproep van ene Ken Varejes vir Groenewald se loopbaan ’n radikale hupstoot gee, en deesdae is hy landswyd bekend as HUB van die vooraanstaande Influencer Marketing Division by die Nfinity Media Group.

    Soos Groenewald verduidelik, dra konvensionele advertensiestrategieë nie meer dieselfde gewig nie, met aanlyn mondelinge-bemarking, verwysings en sosiale bewys wat deesdae reklame dryf.

    En, influencer marketing, oftewel beïnvloedersbemarking, staan aan die voorpunt hiervan! Webwerf
    1 hr 24 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…