Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • KPS Episode 5: Johan Stemmet
    Dis ongelooflik om te luister as ‘n suksesvolle besigheidsman en ikoon soos Johan Stemmet oor sy loopbaan en sukses gesels – nederig en plat op die aarde, maar steeds passievol na al die jare. Webwerf
    22 min
  • Episode 54 (Deel 2): Johan Stemmet
    In deel twee van my potgooi met Noot vir Noot vervaardiger en aanbieder Johan Stemmet gesels hy verder oor die unieke proses om ‘n episode op die kassie te kry – dis vreeslik interessant en bevat waardevolle lesse oor uithouvermoë, geduld en vernuwing. Webwerf
    25 min
  • Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 2
    Dis amper tyd vir deel twee van my onderhoud met sekerlik die bekendste Afrikaanse televisiepersoonlikheid van ons tyd – Johan Stemmet! Nederig. Aangenaam. Ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad. ‘n Gedugte kombinasie, en ‘n resep vir ‘n briljante potgooi! Webwerf
    3 min
  • Episode 54 (Deel 1): Johan Stemmet
    Wat ‘n wonderlike voorreg om met ‘n Suid Afrikaanse ikoon te kon gesels! Behalwe dat Johan Stemmet ‘n baie nederige en aangename mens is, is hy ‘n ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad en boonop self ‘n baie suksesvolle besigheidsman. Webwerf
    23 min
  • Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 1
    Sekerlik elke Afrikaner ken vir Johan Stemmet en het al ten minste één keer in hul lewens die mees suksesvolle Afrikaanse televisieprogram, Noot vir Noot, gekyk. Wie sal ooit daai snoesige Saterdagaande saam met die gesin voor die televisie kan vergeet? Webwerf
    3 min
  • KPS Episode 4: Johan Eksteen
    Die beste manier om te leer is by die bestes, en ons vorige potgooi bevat ‘n onderhoud met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen – Klipkouers ontleed sy fassinerende storie en bekyk verskeie faktore wat die kern vorm van moderne entrepreneurskap. Webwerf
    22 min
  • Episode 53: Johan Eksteen
    Hierdie week gesels Klipkouers met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen. Sy besigheid, Agricon Pelleting, vervaardig verpillingstoerusting en is tans ‘n wêreldleier in hierdie bedryf. Die dryfveer agter Agricon is om gedurig nuwe oplossings te vind en waarde vir sy kliënte toe te voeg. In Johan se wyse woorde: “Ons voeg waarde by, maar ons skep ook waarde.” Webwerf
    36 min
  • KPS Episode 3: Antoinette Badenhorst
    Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Vandag gesels ons oor aanlyn kursusse en –opvoeding en hoe dit besig is om ou-wêreldse denkwyses onherroeplik te verander – en dis ‘n baie goeie wending! Deur hierdie middele te benut, kan énige persoon hom- of haarself opvoed en praktiese kennis opbou, wat baie voordelig in die werkplek is, asook vir aspirant entrepreneurs. So ook kan kenners hulle vaardighede en kennis op ‘n baie eenvoudiger en effektiewe manier met die massas deel. Webwerf
    19 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…