Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,501 episodes available.
October 19, 2021Kompas 19 Oktober 2021Met matriekleerders wat binnekort hulle finale praktiese eksamen in inligtingstegnologie moet skryf, gesels Francois van der Merwe met Juffrou Louise Bezuidenhout oor hierdie vak. Sy gee insig in die wêreld van programmering....more18minPlay
October 18, 2021Kompas 18 Oktober 2021Athina Jansen praat met Lenishia Davids en Chante Adams van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die tel van stemme en die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing wat op 1 Novermber plaasvind....more18minPlay
October 15, 2021Kompas 15 Oktober 2021Chrislynn Sias gesels met twee kunstenaars, wie se liefde vir die kunste tasbaar is. Een is ‘n rymkletser en aspirantakteur en die ander een woeker reeds op die kassie – een georganiseerd en gedisiplineerd en die ander glo dat jy die olifant stukkie vir stukkie moet opeet. Albei het egter een doel voor oë: Om stories te vertel wat mense se lewe verryk....more21minPlay
October 14, 2021Kompas 14 Oktober 2021Athina Jansen praat met Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, en met dr. Janine Raubenheimer oor die tekens van spanning by leerders voor die eksamens begin. Hy verduidelik hoe leerders angs en stres kan beheer....more28minPlay
October 13, 2021Kompas 13 Oktober 2021Athina Jansen praat met Frank Rumboll oor hoekom skole verhoudingsgesentreerd moet wees. Sy gesels ook met Charlea Hieberhagen-Grey oor ‘n gratis program wat Huisgenoot op 27 Oktober vir matrieks aanbied....more19minPlay
October 12, 2021Kompas 12 Oktober 2021Baie leerders woons steeds nie die skool bywoon nie weens die Covid-19-pandemie. Ons praat met juf. Elsa Ward om meer insig te kry in die wêreld van aanlyn leer....more18minPlay
October 11, 2021Kompas 11 Oktober 2021Hoekom is 1 November 2021 ‘n nasionale vakansiedag? Want dit is wanneer die plaaslike regeringsverskiesing plaasvind, en jy kry die kans kry om jou kruisie te gaan trek. Athina Jansen praat met Lenishia Davids en Chante Adams van die OVK oor hoe die stemproses werk....more21minPlay
October 08, 2021Kompas 8 Oktober 2021Chrislynn Sias gesels met twee jongmense wat woeker met hulle talente. Hulle glo vas dat dit voordelig is om jouself op verskillende mediums te vestig, om by te bly met die pas waarteen die lewe verander en ontwikkel. Die twee skrik nie vir harde werk nie, en glo vas dat harde werk en toewyding nog nooit iemand seergemaak het nie. Ons bespreek hoekom dit belangrik is om al jou opsies en denke oop te hou....more21minPlay
October 07, 2021Kompas 7 Oktober 2021Athina Jansen gesels met rymkletsers Clarence Wentzel (Clairnote) en Luigi Lewis (Mad CPT) oor hoe ‘n mens gefokus moet bly op jou passies, en hoe jy elke dag nuwe vaardighede kan aanleer....more23minPlay
October 06, 2021Kompas 6 Oktober 2021Athina Jansen gesels met Didi Didlof van Kuilsrivier. Sy is ‘n musikant en onderwyser. Die Kompas-span het haar besoek by Soneike Hoërskool en het die geleentheid gehad om met die onderhoof en musiekstudente te gesels. Didi deel met ons haar inspirerende storie en hoe hard ons moet werk om ons drome te bereik....more25minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,501 episodes available.